BB 9 Oktober 2016 - NG Kerk Durbanville-Bergsig...2016/10/09 · 16 Oktober 2016, KONINKRYKSTYD...
Transcript of BB 9 Oktober 2016 - NG Kerk Durbanville-Bergsig...2016/10/09 · 16 Oktober 2016, KONINKRYKSTYD...
-
NUUSFLITS:
10 Okt: Skole Open 14 Okt: CHARGE 16 Okt: Regeneration Graad-aand 21 Okt: Rib en Tjips Gemeente- kuier & Historymaker kamp 27 Okt: Seniors byeenkoms 28-29 Okt: Fresh Expressions Betesda Kos-en- Kunsmark 30 Okt: Nagmaal & Hervormingsfees 31 Okt: Gebedsvuur
9 Oktober 2016 9 Oktober 2016 Bergsig Boodskap
08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Johan Els
10:00 In formele d iens Oudi tor ium Ds. Johan Els GLOW Kidz (Saal) Mizelle Prinsloo
18:00 Aanddiens Ds. Johan Els
Deuroffer: Borg -’n-Kamer
16 Oktober 2016, KONINKRYKSTYD Biddag Gesondheidsdienste
Durbanville kom saam!
Ons gaan lofprysing doen op
14 Oktober vanaf 18:30 by
Oakhill Kerk (oorkant Cobble
Walk winkelsentrum).
Hier is ’n geleentheid om
voluit jou lewende God te
prys met sang.
Twee van Bergsig se eie
orkeslede is ook in die groter
orkesgroep: Marina du Toit
en Erik Botes. Die eerste
100 persone kan op die
kerkterrein parkeer. Daar is
ook by Cobble Walk parker-
ing.
Deure open: 18:30
Lofprysing begin: 19:30
Eindig: 21:00
Navrae: [email protected]
RIB EN TJIPS KUIERAANDRIB EN TJIPS KUIERAAND 21 Okt. om 18:0021 Okt. om 18:00
R100 VolwassenesR100 Volwassenes
R50 Hamburgers / KindersR50 Hamburgers / Kinders
9:00 Familiediens Ouditorium Ds. Schalk van Wyk
Deuroffer: Hugenote Kollege
9 Oktober 2016, KONINKRYKSTYD
-
Bladsy 2 Bergs ig Boodskap
Ek en Annemie is in 2005 getroud en
soos dit maar is, het mens hierdie per-
fekte idee van hoe jou lewe gaan uitspeel. Noudat mens die lewensmaat
van jou drome gekry het, is die volgende
stap mos oulike kinders om die prentjie
te voltooi. Maar God het ‘n ander idee met ons lewenspad gehad wat vir ons ‘n
ware worsteling was vir baie jare.
Jare het verby gevlieg en ons het net nie
swanger geraak nie. Soos al ons
vriende en familie rondom ons geseënd was met kinders, het ons net meer
opstandig geraak met ons situasie. Daar
is menig male gevra waarom ons nie
met ‘n gesin begin nie en was soos ‘n dolk deur ons harte.
In 2015 het ons dringend hulp gaan
soek en omdat ons so lank gewag het,
was die venster van sukses nie groot
nie. Die statestieke was ook nie in ons
guns nie, wel, menslik gesproke. Vir God is NIKS onmoontlik nie!
Dit was ‘n lang emosioneel uitputtende
pad van KI, hormoonbehandelings (IVF)
en hospitaal in en uit. Die newe effekte
was ook ‘n uitdaging en niemand berei jou daarvoor voor nie. Na die eerste IVF
het ons ‘n “breek” gevat. Ons moed was
in ons skoene. Maar nog net een laaste
keer – heel laaste keer! Na die hor-moonbehandeling kon die dokter slegs
een goeie eiersel sien, dalk ‘n tweede.
Tipies met so ‘n hormoonbehandeling is
daar ‘n hele paar goeies, maar nie in ons geval nie. Annemie het van die dok-
ter af gery en was ontsteld. Sy het be-
noud vir die Here gevra, Wat nou Here?
Wat gaan ons nou doen. Ons is in ‘n
doodloopstraat. Daar het ‘n kalmte oor
haar gekom met die wete…Alles sal ok
wees.
Wonderwerke gebeur: Op 20 September
2015 daag ons op vir die asperasie. Ek sit en huil in die hospitaalsaal - ek weet
ons kanse op sukses is uiters skraal.
Terwyl sy in teater is, bid ek dat die
Here ons sal seën. Ek stoei ook met die Here, want ek verstaan nie hoekom ons
so moet sukkel nie. Met rooigehuilde oë
loop ek in een van die dokters vas. Hy
deel my mee dat die asperasie suksesvol was en dat hulle 4 eierselle
kon oes. Ek kan dit nie glo nie en
probeer hom oortuig dat hy my seker
met die ander vrou se man verwar! Hy bring my tot bedaring en verseker my
dat sy feite reg is.
23 September 2015 kry ons die goeie
nuus dat twee eierselle gereed is vir te-
rugplasing. Loof die Here! Die woorde
bly ons by…Alles sal ok wees, maar mens twyfel steeds, want soveel dinge
kan nog skeefloop.
8 Oktober 2015 en Annemie kon nie
wag nie. Ons doen ‘n tuistoets en won-
derwerk…ons is swanger. Nog ‘n won-derwerk!
Hy het ons deur ons swangerskap
gedra, elke dag! Ons het die perfekte
swangerskap gehad en Hy het die kleine
baba beskerm en laat groei tot ‘n per-fekte mensie. Elize Cloete is 15 Junie
2016 gebore – ‘n hele 3.7kg, met elke
vingertjie en elke toontjie sorgvuldig
geskape.
Ons prys die Here elke dag wanneer ons in haar ogies kyk vir Sy genade en
dat Hy haar aan ons toevertou het.
Ons wil vir elke persoon dankie se wat
vir ons gebid het. Ons ouers en familie,
Tannie Marie, ons Tekkies selgroep familie, Luzaan en haar selgroepvrien-
dinne, selfs mense wat ons nie van weet
nie of ken nie.
Moenie die krag van gebed onderskat
nie – bid vir mekaar en glo in God se wonderwerke. Niks is vir Hom onmoont-
lik nie.
Ons wil graag ook ons ondersteuning
aanbied vir enige iemand wat raad/
ondersteuning soek i.v.m. fertiliteits-behandeling. Ons weet beslis nie alles
nie, maar sal graag deel dit wat ons
geleer het.
Jan Cloete 083 2326929 (na ure) Anne-
mie Cloete 083 2539859
Elize Cloete 15 Junie 2016
’n Storie van hoop uit die pen van Jan Cloete
-
Wees deel van
Bergsig se
Facebook-blad
Durbanville-Bergsig kerk - Sy
ligdraers
Klik op “hou hiervan”.
(926 hou van Bergsig)
Bladsy 3 Bergs ig Boodskap
Moederskamergeriewe
Die moederskamer by die damesbadkamer is ingerig vir
pasgebore babas tot 1 jaar oud.
Die tweede moederskamer is agter die liturgiese ruimte vir 1-2 jariges. (Hier is ook ’n gesinsbadkamer). Die sydeur
bied direkte toegang.
Daar is klank– en beeld in albei vertrekke.
Die gebedskamer is slegs vir mammas wat borsvoed. ’n Stil
atmosfeer met geen ander ouderdom kinders teenwoordig
nie moet daar gehandhaaf word. Wanneer klaar met voed-ing kan mammas weer na die moederskamer vir babas tot 1
jarige ouderdom gaan.
Die week se program:
DAMES
TGIF
05:30 11 Oktober
www.bergsigdv.co.za
GOLDEN GAMES 2016 Ons hou weer Golden Games op die 26ste Oktober. Die dag is vir seniors uit Fisantekraal, Morningstar en Bergsig.
Ons wil kyk of ons nie hierdie jaar meer van Bergsig se lid-mate vir deelname kan trek as verlede jaar nie.
Seniors wat gaan deelneem kan hulle name by Elize ingee.
Die seniors doen heerlike handwerk aktiwiteite, speel spe-letjies en eet lekker by die geleentheid.
MANNE TGIF VRYDAE 05:30
Hoe gemaak as jou antwoorde opraak, jou vrae meer raak en jou verstaan wegraak…hoekom moes my kind sterf Here?
Kom luister as Beau de Klerk hul gesin se getuienis van hoop na die dood met ons kom deel op 14 Okt 2016.
MANS TGIF
Vrydag oggende om
05:45 Luister ook na getuienisse
by www.tgifcape.co.za
KOMMUNIKASIE:
Ons probeer om voortdurend
kommunikasie met die ge-
meente uit te brei. Ons het nog ’n e-poskanaal geskep.
Indien jy oor belangrike kerk-
raadsake wil gesels benut die
e-posadres:
-
NG Kerk Durbanville-Bergsig NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810
Straatadres Posadres 24 uur noodnommer Kantoor-ure
H.v. Boland- en Proteaweg Posbus 479 vir geestelike & emo- Ma tot Vry 08:00 - 1400 t 021 976 4106 Durbanville 7550 Durbanville 7551 sionele ondersteuning Leraars en kantoorperso- f 021 976 9606 S33 48.966 O18 39.728 071 196 4191 neel kan daagliks by die [email protected]
[email protected] kerkkantoor gebel word. www.bergsigdv.co.za
Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers
Die muur van verbintenis ondervang die
Koninkrykbestuurveldtog.