B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel...

50
BASISLITURGIE VIR PAASTYD Inleiding Paasfees, nie Kersfees nie, is die oudste fees van die Christendom en ook die enigste wat die eerste drie eeue gevier is. Die eerste Christene het nie Kersfees geken nie, maar wel Paasfees waar hulle die opstanding van Christus met juigende vreugde gevier het. H Jonker sê dat eintlik nie Paasfees nie, maar die weeklikse terug-kerende Sondag as dag van opstanding gevier is. Die Nuwe Testament noem nie die “gewone” feesdae nie, maar dui wel die eerste dag van die week as “dag van die Here” aan (1 Kor 16:2; Hand 1:10, 20:7; Op 1:7). Die Jode het met Paasfees die uittog uit Egipte herdenk. Die Joodse Christene in die gemeente van Jerusalem het saam met die Jode, op die veertiende Nissan, Paasfees gevier, maar terselfdertyd by die fees aan Hom gedink, wat op hierdie fees gekruisig is, gesterf en weer opgestaan het. Paasfees staan sentraal in al ons kerklike vieringe. Dit is die “hoogtepunt-fees”, die fees van alle feeste. Beide die Ou en Nuwe Testament verkondig Pase as die hart van God se handeling met mense. Dirk Monshouwer sê Pase is juis die uittog uit ballingskap op pad na ’n nuwe lewe. Om die volle betekenis van die dood en opstanding van Jesus te bevat, moes die dood en opstanding van Jesus op hierdie fees plaasvind. Dit is waarom Paulus, wat heel eerste oor die dood en opstanding skryf in 1 Korintiërs 5:7b kon sê: “Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus.” Melito van Sardes begin sy Christelike Paaspreek, die oudste opgetekende Paaspreek, so: “Die Skrif van die Joodse eksodus is voorgelees en die woorde van die geheimenis gaan uitgelê word: hoe die skaap geslag en die volk gered is.” Die Joodse Pasga met sy gemeenskaplike maaltyd is ’n liturgiese na doen van die verlossing uit Egipte. Dit is ook in hierdie konteks dat die sterwe en opstanding van Christus die eerste keer ervaar word. Hierdie opstanding word onmiddellik op die nuwe liturgiese heilige dag van die Christendom, naamlik die eerste dag van die week, gevier. Daar is dus ’n nou verband tussen die Joodse Pasga en die Christelike Paasfees waaraan ons ook in ons Paasliturgieë moet vashou. Sterwe en opstanding is saam deel van Pase. Monshouwer waarsku selfs teen ’n te sterk onder-skeiding tussen kruis en opstanding. Hy sê: “Goede Vrijdag is niet de vrijdag vóór maar ván Pasen, kruispasen. Daar geschiedt Pasen.” Deur die swaar klem op die lyding en sterwe van Jesus (Lydensweke) kan Paassondag nogal ’n antiklimaks wees alhoewel dit die sentrale en vormende gebeurtenis in die Christelike kerk is. Vreugde – na die klimaks op Goeie Vrydag – loop vinnig af ná Paassondag en is byna vergete op die eerste Sondag van Paastyd. Dit het seker ook met ons ervaring as mense te doen. Pase bly in laaste instansie ’n misterie, ’n wonderlike oorweldigende misterie en as mense hou ons nie lank uit met dit wat ons nie kan verstaan nie. Ons ken die wonder van geboorte as nuwe lewe. Ons ken ook die dood as die einde van die lewe. Ons ervaar gebore word en sterwe bykans elke dag. Maar mense wat weer lewendig word nadat hulle gesterwe het, ervaar ons nooit. Is dit dalk waarom Pase dwarsdeur die jaar, elke Sondag, nie vir ons ’n realiteit bly nie, omdat dit ingaan teen dit wat ons elke dag ervaar. Intussen ervaar ons nie Jesus as die Een wat elke dag tot in ewigheid vir my die lewe gee nie. Soos die Joodse Pasga met sy gemeenskaplike maaltyd ’n liturgiese 120

Transcript of B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel...

Page 1: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

BASISLITURGIE VIR PAASTYDInleidingPaasfees, nie Kersfees nie, is die oudste fees van die Christendom en ook die enigste wat die eerste drie eeue gevier is. Die eerste Christene het nie Kersfees geken nie, maar wel Paasfees waar hulle die opstanding van Christus met juigende vreugde gevier het. H Jonker sê dat eintlik nie Paasfees nie, maar die weeklikse terug-kerende Sondag as dag van opstanding gevier is. Die Nuwe Testament noem nie die “gewone” feesdae nie, maar dui wel die eerste dag van die week as “dag van die Here” aan (1 Kor 16:2; Hand 1:10, 20:7; Op 1:7). Die Jode het met Paasfees die uittog uit Egipte herdenk. Die Joodse Christene in die gemeente van Jerusalem het saam met die Jode, op die veertiende Nissan, Paasfees gevier, maar terselfdertyd by die fees aan Hom gedink, wat op hierdie fees gekruisig is, gesterf en weer opgestaan het.

Paasfees staan sentraal in al ons kerklike vieringe. Dit is die “hoogtepunt-fees”, die fees van alle feeste. Beide die Ou en Nuwe Testament verkondig Pase as die hart van God se handeling met mense. Dirk Monshouwer sê Pase is juis die uittog uit ballingskap op pad na ’n nuwe lewe. Om die volle betekenis van die dood en opstanding van Jesus te bevat, moes die dood en opstanding van Jesus op hierdie fees plaasvind. Dit is waarom Paulus, wat heel eerste oor die dood en opstanding skryf in 1 Korintiërs 5:7b kon sê: “Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus.” Melito van Sardes begin sy Christelike Paaspreek, die oudste opgetekende Paaspreek, so: “Die Skrif van die Joodse eksodus is voorgelees en die woorde van die geheimenis gaan uitgelê word: hoe die skaap geslag en die volk gered is.”

Die Joodse Pasga met sy gemeenskaplike maaltyd is ’n liturgiese na doen van die verlossing uit Egipte. Dit is ook in hierdie konteks dat die sterwe en opstanding van Christus die eerste keer ervaar word. Hierdie opstanding word onmiddellik op die nuwe liturgiese heilige dag van die Christendom, naamlik die eerste dag van die week, gevier. Daar is dus ’n nou verband tussen die Joodse Pasga en die Christelike Paasfees waaraan ons ook in ons Paasliturgieë moet vashou.

Sterwe en opstanding is saam deel van Pase. Monshouwer waarsku selfs teen ’n te sterk onder-skeiding tussen kruis en opstanding. Hy sê: “Goede Vrijdag is niet de vrijdag vóór maar ván Pasen, kruispasen. Daar geschiedt Pasen.”

Deur die swaar klem op die lyding en sterwe van Jesus (Lydensweke) kan Paassondag nogal ’n antiklimaks wees alhoewel dit die sentrale en vormende gebeurtenis in die Christelike kerk is. Vreugde – na die klimaks op Goeie Vrydag – loop vinnig af ná Paassondag en is byna vergete op die eerste Sondag van Paastyd. Dit het seker ook met ons ervaring as mense te doen. Pase bly in laaste instansie ’n misterie, ’n wonderlike oorweldigende misterie en as mense hou ons nie lank uit met dit wat ons nie kan verstaan nie. Ons ken die wonder van geboorte as nuwe lewe. Ons ken ook die dood as die einde van die lewe. Ons ervaar gebore word en sterwe bykans elke dag. Maar mense wat weer lewendig word nadat hulle gesterwe het, ervaar ons nooit. Is dit dalk waarom Pase dwarsdeur die jaar, elke Sondag, nie vir ons ’n realiteit bly nie, omdat dit ingaan teen dit wat ons elke dag ervaar. Intussen ervaar ons nie Jesus as die Een wat elke dag tot in ewigheid vir my die lewe gee nie.

Soos die Joodse Pasga met sy gemeenskaplike maaltyd ’n liturgiese na doen van die verlossing uit Egipte is, is Pase ’n liturgiese na doen van die uittog uit ballingskap op pad na ’n nuwe lewe.

Tydseie elementeKleureWit en goud as kleure van oorwinning en vreugde word elke Sondag tydens Pase gebruik.

SimboleDie Paaskers is die bekendste simbool en word tydens Pase sentraal in die liturgiese ruimte geplaas. Dit simboliseer die lig wat met Pase verskyn en word ook soms met ’n prosessie die kerk ingedra (hoogkerlike gebruik). Musiek en blomme verhoog die fees atmosfeer verder. Die leë kruis in wit en goud gedrapeer, herinner aan die lewende Jesus wat nuwe lewe vir die mense aan die kruis bewerk het.

Die tekste19 April 2009Tweede Sondag van PaastydQuasi Modo Geniti –“Soos pasgebore kindertjies”

Psalm 133

1 Johannes 1:1-2:2

Johannes 20:19-31

Handelinge 4:32-35*

“Waar broers saamwoon, skenk die Here sy seën . . .”

Volkome blydskap: God is lig en Jesus is ons voorspraak.

Jesus verskyn aan sy dissipels en stuur hulle uit.

Onderlinge mededeelsaamheid.

26 April 2009Derde Sondag van PaastydMisericordias Domini –“Die troue liefde van dieHere”

Psalm 4

1 Johannes 3:1-7

Lukas 24:36b-48

Handelinge 3:12-19

1 Petrus 1:17-23

Die Here alleen laat ons veilig woon.

Die groot liefde wat God aan ons bewys – ons is nou reeds sy kinders.

Jesus verskyn aan sy dissipels.

Leidsman na die lewe sterf, maar God laat Hom opstaan.

Losgekoop met die bloed van Christus.

120

Page 2: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

3 Mei 2009Vierde Sondag van PaastydJubilate“Juig”

Psalm 23

1 Johannes 3:16-24

Johannes 10:11-18

Handelinge 4:5-12

Die Here is herder, gids en gasheer.

Jesus bewys sy liefde deur sy lewe vir ons af te lê – ons moet nou met die daad dié liefde aan ander bewys.

Jesus die goeie herder ken sy skape en hulle Hom.

Verlossing alleen in die naam van Jesus.10 Mei 2009Vyfde Sondag van PaastydCantate“Sing”

Psalm 22:25-31

1 Johannes 4:7-12

Johannes 15:1-8

Handelinge 8:26-40

Mense oor die hele wêreld sal die Here erken as koning en voor Hom kniel.

God het sy liefde aan ons bewys, nou moet ons mekaar liefhê.

Jesus die ware wynstok laat ons vrugte dra.

Filippus en die Etiopiër.17 Mei 2009Sesde Sondag van PaastydRogate“Roep”

Palms 98

1 Johannes 5:1-6

Johannes 15:9-17

Handelinge 10:44-48

Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here.

Liefde en geloof.

“Julle moet mekaar liefhê.”

Mense wat nie Jode is nie, ontvang die Heilige Gees.21 Mei 2009 Hemelvaart – Pinkstertyd begin24 Mei 2009Sewende Sondag van PaastydExaudi“Luister”

Psalm 1

1 Johannes 5:9-13

Johannes 17:6-19

Handelinge 1:15-17, 21-26

Die Here lei die regverdiges.

“God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun.”

Jesus bid vir sy dissipels.

Mattias gekies as twaalfde apostel.* Die teks in swart druk by elke Sondag is die fokusteks vir daardie bepaalde Sondag.

InleidingDie onderstaande diensorde is die moontlike verloop van ’n erediens tydens Pase en bevat onder andere elemente wat elke Sondag van Paastyd as tema gebruik kan word.

DiensordeGOD VERSAMEL ONS VOOR HOM

MusiekvoorspelVra die begeleier om op hierdie Sondae van die bekende Gloria’s, liedere soos Laudate Dominum van W A Mozart of verwerkings van Paasliedere in die Liedboek as voorspel te speel.

PaaskersDie Paaskers word terwyl die aanvangslied gesing word op ’n sentrale plek in die liturgiese ruimte geplaas en aangesteek.

AanvangsliedLied 417:1, 2 “Jesus ons eer U, opgestane Heer”; NSG 114:1, 2, 3 (Gebruik as temalied vir al die Sondae van Pase.)

Paasroep – AanvangswoordVoorganger: Die Here het opgestaan.Gemeente: Die Here het waarlik opgestaan.Doen die Paasroep elke Sondag net voor die seëngroet.

Seëngroet

Loflied

Skuldbelydenis en vryspraakPaassondag is, soos by die eerste Christelike gemeentes, by uitnemendheid ook Doopsondag. Die doop is ’n viering en sigbare bewys van die nuwe lewe in Christus. Dit is goed om elke Sondag van Paastyd wanneer daar nie gedoop word nie ’n doopherinnering te doen of aan gemeentelede geleentheid te gee om hulle doopbeloftes te hernu. Die skuldbelydenis en vryspraak vorm dan deel hiervan en dit word na die seëngroet en voor die loflied gedoen. (Sien onder vir voorbeeld.)

Antwoord op vryspraak Lied 167:1 “Jesus, bron van al my vreugde”/NSG 160

DIENS VAN DIE WOORD

SkriflesingLees al vier die tekste.

Prediking

Antwoord

DIENS VAN DIE TAFELDat ons tydens Pase ons hand uitsteek na die brood en wyn en dit gebruik, is ons belydenis dat ons van harte glo dat Christus lewe en vir elkeen van ons die nuwe lewe gee. Dit vul ons met vreugde wat geen perke ken nie. Hierdie waarheid word veral in die derde en vyfde betekenis van die nagmaal onderskryf en herinner ons aan die nuwe lewe in gemeenskap met Christus en aan die vreugde wat Pase bring. Gebruik veral hierdie gedeeltes by die viering van die nagmaal tydens Pase.

121

Page 3: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

UITSENDINGDie nuwe lewe wat ons in Christus ontvang, dring ons om in ’n nuwe verbintenis met Christus te lewe en met almal rondom ons (ver en naby) – in sy Naam moet ons bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig, van Jerusalem af en verder (Luk 24:47). Die Paasgebeure laat ons nie met verbasing, verwondering en vreugde alleen nie, maar vra ook van ons ’n verbintenis om as getuies daarvan te gaan leef.

Seën

Voorbeeld –Hernuwing van doopbelofteVoorganger: Halleluja! Christus het opgestaan.Gemeente: Christus het waarlik opgestaan. Halleluja!

Voorganger: Laat ons bid.God van die verbond,

Gemeente: ons dank U vir die gawe van waterdit maak die landerye vrugbaar en verfris en reinig U kinders.

Voorganger: Water het getuig van u goedheidtoe U u kinders deur die see gelei en hulle dors uit rots geles het.U het die Gees op u Seun laat kom

in die water van die Jordaan. Gemeente: Deur water

laat U ons van omhoognuut gebore word. Laat die water ons herinner aan ons doop,laat ons deel in die vreugde van almal wat tydens hierdie Pase gedoop is.

Almal saam: Ons vra dit in die Naam van die opgestane Christus.Amen.

Die voorganger sprinkel water in die rigting van die gemeente en sê: “Onthou jou doop en wees dankbaar.”

Gebaseer op ’n gebed in “With all God’s people: The New Ecumenical Prayer Cycle–Orders of Service,” John Carden.

BibliografieJonker, H sonder datum. Liturgische Oriëntatie; Soards, M, Dozeman T, McCabe, K 1994. Preaching the Revised Common Lectionary; Monshouwer, D 2001. Pasen en de ander feesten, in Oskamp, P & Schuman, N 2001. De WWeg van de Liturgie.

122

Page 4: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

19 APRIL 2009TWEEDE SONDAG VAN PAASTYD

LITURGIESE VOORSTELLeesroosterteksteFokusteks: Handelinge 4:32-35

Ander tekste: Psalm 133; 1 Johannes 1:1-2:2; Johannes 20:19-31

InleidingNaam van Sondag: Quasi Modo Geniti – “Soos pasgebore kindertjies” uit 1 Petrus 2:2

Geloof verander ons lewe. In ons ontmoeting met God in Jesus Christus maak Hy ons nuut. Terwyl ons Hom volg, laat Hy ons heel anders leef en maak ons bereid om ons besittings, met ander wat in nood is, te deel. Hy maak ons lede van sy huisgesin wat as broers met vreugde in vrede en harmonie toe eer van die Here kan saamwoon. Jesus se offer was ons heeltemal skoon sodat ons tot eer van die Here kan leef. Hy gee ons vrede en stuur ons om die vrede wat Hy bring verder te dra.

God versamel ons voor HomAanvangslied: Paaskers word aangesteek.PaasroepSeëngroetLofliedDoopherinnering: Onthou: God bemaak met die doop sy volledige testament aan die gemeenskap van gelowiges. Ook jy wat gedoop is, is nou ’n volwaardige erfgenaam van al God se beloftes. Jesus se opstanding bevestig elke belofte van God. Leef dan in hierdie wêreld as volwaardige erfgenaam van God.

Diens van die tafelNagmaalsherinnering of inleiding tot die gebruik van die nagmaal.Al getuig die tekens van die lyding en sterwe van Jesus Christus, ons Here, vul dit ons met ’n onuitspreeklike blydskap, want dit is juis ook die tekens van verlossing. Die brood en wyn getuig daarvan dat ons met God versoen is en dat ons as sy kinders kan leef. Loof die Here dat Hy lewe en ons saam met Hom.

Diens van die WoordLees na die preek 1 Johannes 1:7-2:2 as aansporing om te gaan leef soos wat die Woord van ons vra, naamlik om met sonde te breek en aan God gehoorsaam te wees.

UitsendingSeën Laat die vrede wat Christus gee die deurslag in julle lewe wees. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom, want Hy het beloof “Ek sal met julle wees tot aan die einde van die wêreld”.

Musiek en sang

Aanvangslied: Lied 417:1, 2/NSG 114:1, 2, 3Lof: Lied 547; 422; 200; Flam 57; NSG 43; 113

Diens van die tafel: Lied 421/NSG 114Slotlied: Lied 284; 526; NSG 271; 281

122

Page 5: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

PREEKSTUDIE – HANDELINGE 4:32-35Teks

Verskeie geleerdes meen dat ons die boek Handelinge moet verstaan in die lig van die inleiding daarvan, te wete Jesus se belofte en opdrag in Handelinge 1:8: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Die res van die boek is dan die vertelling van hoe hierdie beloftes in vervulling gegaan het. Handelinge kan volgens hierdie teorie oorhoofs soos volg ingedeel word: (1) die getuienis en vestiging van die kerk in Jerusalem (1:1-7:60); (2) die getuienis in Judea en Samaria (8:1-9:31) en; (3) die getuienis tot aan die uithoeke van die wêreld (9:32-28:31).

Handelinge 4:32-35 vorm dus deel van die verhaal van die getuienis en vestiging van die kerk in Jerusalem (dl 1 van die boek). Hierdie teks staan tussen twee spanningsvolle verhale, naamlik 4:1-31, Petrus en Johannes voor die Joodse Raad en 5:1–11 die bedrog en straf van Ananias en Saffira. In Handelinge 4:32-35 wil die skrywer die ywer en toewyding van die eerste Christene sterk beklemtoon te midde van vervolging (4:1-31) en probleme selfs binne die eerste gemeentes (5:1-11). ’n Deurlopende tema egter is die sterk teen-woordigheid van die Heilige Gees wat die kerk elke keer deurdra (sien 4:31 as vervulling van 1:8). J B Phillips som dit mooi op: “in no comparable period of human history has any small body of ordinary people so moved the world that their enemies could say, with tears of rage in their eyes, that these men ‘have turned the world upside down!’”

Belangrike konsepte of frases in die perikoop a. Vers 32: “Gelowig” (Gr pisteuoo) wat beteken “om absoluut oortuig te wees van” of “om totaal toegewyd te wees aan” of “om totale vertroue te hê in” (Eng committed). Kyk ook na die definisie van “geloof” in Hebreërs 11:1. Dit is duidelik dat die eerste Christene ’n onverskrokke geloof gehad het dat Christus ’n werklikheid is en hulle sal onderhou.

“(E)een in hart en siel” Die Griekse woordjie mia of “een”, kan ook “heel” (Eng “whole”) beteken. Dit gaan dus hier oor passievolle liefdesverhoudings (“hart en siel”) gekenmerk deur eenheid en shalom (harmonie) tussen Christene. Dit was nie bloot net toleransie of verdraagsaamheid van mekaar nie.

“(H)ulle het alles met mekaar gedeel” (Gr huparchonta). Beteken letterlik alle aardse besittings (geld, eiendom, goedere). Niks is teruggehou nie.

b. Vers 33: “Kragdadig getuig” (Gr dinamies – beteken “krag”; megas – beteken “groot”). Letterlik vertaal “(met) groot krag gegee . . . die getuienis.” Sonder om te skroom, met oortuiging is daar getuienis gelewer (belangrik in die lig van 4:1-31). Let op die inhoud van die Getuienis: “dat die Here Jesus uit die dood opgestaan het, en die genade van God was groot oor hulle almal” (vgl 1 Kor 15:17).

Konteks

Wat die datering van Handelinge betref word gemeen dat Lukas dit in 60 tot 62 nC gefinaliseer het. Hierdie skatting blyk akkuraat te wees, omdat die verwoesting van Jerusalem in 70 nC, die dood van Paulus in 66 nC en die vervolging van die Christene onder Nero (na die groot vuur in Rome in 64 nC) glad nie in Handelinge genoem word nie.

1. Een van die belangrikste temas in Handelinge wat ook in hierdie teksgedeelte na vore kom, is die besondere eensgesindheid wat hierdie Christengemeenskap geken-merk het (v 32 “hulle was een van hart en siel”). Hierdie eenheid van gelowiges het sy Ou-Testamentiese wortels in die geloofsbelydenis van Israel in Deuteronomium 6:4-5: “(D)ie Here is God en die Here is een.” Omdat Israel sy volk is, moet hulle één wees soos Hy. Jesus sluit by hierdie gedagtegang aan, in sy bekende gebed vir sy dissipels in Johannes 17:21, as Hy pleit: “Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.” So is die eenheid van gelowiges ’n waarmerk of kenmerk van ’n ware toegewyde geloofsgemeenskap (sien ook Gal 5:13-26 se vrug van die Gees, teenoor die sondes van die vlees. (Skeuring teenoor vrede!)

Die Griekse woord homothumadon word meer as twaalf keer in Handelinge gebruik om die Christengemeenskap mee te beskryf en kan vertaal word met “een van gedagtegang” of “eensgesind”. Die woord bestaan eintlik uit twee dele, naamlik “snelle beweging” en “harmonie”. Die beste voorstelling hiervan is waarskynlik musieknote wat almal verskillend van mekaar is, maar tog in toonhoogte harmonie met mekaar vind om ’n melodie te vorm (Strong).

Ons vind hierdie eenheid die eerste keer in Handelinge 1:14 waar die 11 dissipels en die vroue in die bovertrek “almal eensgesind volhard in die gebed”. Die onderlinge struwelinge van vroeër was nou vergete en die eens-gesindes wag op die uitstorting van die Heilige Gees. Ons kry die gelowiges weer in 2:1 saam op een plek vergader wanneer die Heilige Gees uitgestort word en in 2:46 wanneer hulle “. . . dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk” (OAV). Selfs in hulle lof en aanbidding van die Here was daar ’n sterk beklemtoning van saam aanbid en God prys (soos in 4:24). Reg deur die boek Handelinge vind ons hierdie “een van hart en siel” in 4:32. Voeg daarby dat in Handelinge die evangelie juis na nie-Jode uitgedra is, is die eenheid te midde van verskil juis nog meer indrukwekkend (sien Paulus se opmerking in Gal 3:28). Die eenheid in Christus transendeer ras en geslag. Johan Cilliers sê in dié verband: “Die kerk moet in ’n verbrokkelde en verskeurde samelewing die beliggaming van ware eenheid wees, ’n toonbeeld van verbondenheid en

123

Page 6: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

versoening. Want ons word saamgebind deur meer as menslike faktore. Ons is een deur die bloed van Christus. En ’n sterker band is daar nie.”

2. ’n Tweede belangrike hermeneutiese vraag is “hoe” die mededeelsaamheid van hierdie eerste Christen-gemeenskap in Handelinge vandag nog vir ons as geloofsgemeenskap normatief is? Twee uiterstes met die interpretasie moet vermy word.

a. Dat die teks aan die eenkant so “vergeestelik” word dat dit nie regtig meer praktiese implikasies inhou nie. Argumente wat hier gebruik word, is om te sê dat die eerste Christene ’n immanente wederkomsverwagting gehad het en daarom al hulle goed verkoop het. Ons weet egter “van beter” en kan nie “bekostig” om so “onverantwoordelik te wees nie”. Ons kan hier en daar help, maar dis dit. Ons moet darem aan die toekoms ook dink.

b. ’n Tweede uiterste is om te sê hierdie teks is letterlik net so van toepassing vandag. Dan word Christene gewoonlik aangemoedig om een of ander kommune te vorm wat goedere en rykdom, na gelang van behoefte, met mekaar deel. Die beste voorbeeld hiervan is waarskynlik die Amish van Pennsylvania in Amerika.

Die kerk in Suid Afrika moet juis soek na ’n geloofwaardige balans tussen hierdie twee posisies, veral in die lig van brandende kwessies soos grondhervoming, restitusie, regstellende aksie en armoede. Die Joodse Midrash leer dat “baie kerse kan van een vlam aangesteek word sonder dat dié vlam ooit minder helder brand”(“Groot Aanhalingsboek”). Hierdie leer gaan glo terug op Deuteronomium 15:10 waar ’n lening aan armes gepaard gaan met God se voorsienigheid. Augustinus van Hippo (354-430) leer “dat as jy twee paar skoene het, behoort die een paar outomaties aan iemand wat nie skoene het nie”(“Groot Aanhalingsboek”).

Preekvoorstel

Dis is eintlik relatief “maklik” om geraak te word deur die gebeure van Paasnaweek wat ons so pas gevier het. Kyk weer ’n keer na Mel Gibson se “The Passion of the Christ” en jy sal binne minute ervaar hoe jy die “tissues” wil nader trek oor dié gebeure! Dat ons so oop is en maklik geraak word deur die passie van die kruis en die wonder van die opstanding op Paassondag, is ook reg. Dis immers die hart van die evangelie wat ons as Christene bely en wil verkondig in die wêreld. As dit ons nie meer raak nie, is daar inderdaad fout! Het ons dalk afgestomp geraak?

Maar die gevaar bly altyd dat ons die weke na Paasfees nog steeds net geraak of beweeg sal wees in ons gemoed, maar nie regtig verander in ons manier van wees en doen nie. Dat ons die emosie en intensiteit van Paasfees regtig beleef en glo, maar dat dit nie ons lewenstyl, as volgelinge van die Christus van Paasfees, sal verander nie. Oswald Chambers maak nogal hierdie punt duidelik as hy in sy boek “My beste vir sy Allerhoogste” (vertaal) skryf: “Dit is relatief maklik om een keer met waagmoed uit die boot te klim en op water te loop. Dis egter

moeiliker om elke dag op droëland soos ’n getroue volgeling van Jesus te leef.”

Hierdie oproep om nie net geraak of beweeg te word nie, maar inderdaad toe te laat dat die Heilige Gees ons prakties anders laat leef, is nogal ’n uitdaging as jy kyk na die teks van Handelinge 4:31-37. Dis soos ons sê “nie ’n grap nie!” Want Handelinge 4 vertel die storie van hoe die eerste Christene radikaal met hulle lewe op die Paasgebeure reageer het. Hoe die lewe van Jesus, sy kruisdood en opstanding, sy hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees, letterlik die eerste Christene se lewe omgedop het!

Oorweeg net die volgende radikale dinge wat die eerste Christene beleef en van getuig het:a. Onthou dat die Christene nie regtig godsdiensvryheid beleef het soos ons vandag nie. In die voorafgaande gedeelte (Hand 4:1-21) beland Petrus en Johannes voor die Joodse Raad omdat hulle van Jesus getuig het. Maar dit het nie die Christene gestuit om met oortuiging en gevoel die evangelie te verkondig nie! Hulle het nie politieke korrektheid verkies of eerder probeer om op meer subtiele manier die regering van die dag te beïnvloed nie. Daar staan in vers 33: “Die apostels het kragdadig getuig.”

b. Let ook op die inhoud van dit wat hulle verkondig het! Net so kontroversieel – dat die Here Jesus uit die dood opgestaan het en dat die genade van God groot oor hulle almal was (v 33). Party mense sê tot vandag toe nog ons weet mos (met wetenskaplike bewyse) “maagde kan nie swanger raak nie”, of “Jesus kon nie fisiek opgestaan het nie”. Maar oënskynlik was die eerste Christene nie skaam nie en het nie gevoel hulle is laf as hulle hierdie dinge kragdadig aangekondig nie. (Hulle het waarskynlik die Saterdag tussen die Vrydag en die Sondag van Paasnaweek so verslae gevoel oor Jesus se dood dat sy opstanding soveel te meer ’n kragdadige impak op hulle gehad het en dit die kern van hulle getuienis geword het.) Dat die “genade bedoel is vir almal”. Net so verregaande! Voorheen was dit net die Jode wat “gered of uitverkies is”, teenoor die heidennasies! Maar nou in Handelinge word heidene wat tot bekering kom ook deel van die kerk!

c. Asof dit nie erg genoeg is nie, tree die eerste Christene heeltemal in stryd met die heersende kultuur op en het mekaar oor ras- en geslagsgrense heen lief! Onthou dat in Handelinge 2, toe die 3 000 tot bekering kom, was daar baie nasies teenwoordig (sien v 7-13). Vers 32 van ons gelese gedeelte sê: “die groot getal wat gelowig geword het was een van hart en siel.” Baie keer hoop ons tog net dat die lidmate in ons gemeentes oor generasies of kultuurgrense heen mekaar net sal verdra of tolereer! Dat niemand sal uitstap as daar weer Engels gesing word of die hawelose die kerk binnekom nie. “(E)en van hart en siel” is ’n radikale droom!

d. Dan die kersie op die koek: geld en goed verwissel van hande tussen Christene na gelang van elkeen se behoefte. En nie hoe nie! Vers 32: “Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel.” Hopeloos te radikaal vir ons bloed! Ons

124

Page 7: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

sal dit dalk op ’n goeie dag oorweeg om ons tiende te gee, maar alles te deel?

As ’n mens na hierdie waardes kyk wat die eerste Christene so radikaal gekenmerk het, kan ’n mens nogal verstaan hoekom hulle so alternatief was tot hulle eie kultuur. So anders, so vreemd! Dat hulle werklik sout was en lig vir die wêreld. Nou is die vraag: Hoe sal ons reageer op Paasnaweek? Sal dit net by die “tissues” bly van “The Passion” of sal ons dit ook waag om radikaal anders, dalk half “laf” te wees? Radikaal lief te wees vir mense oor kleurgrense heen en te sorg vir armes in Suid-Afrika met alles wat ons het? Is die koste dalk te hoog of sal ons graag eerder hierdie dinge wil vergeestelik, sodat dit iets anders kan beteken?

Henri Nouwen herinner ons daaraan dat hierdie eenheid en mededeelsaamheid van Christene onder mekaar begin by die viering van die nagmaal (onthou jy Goeie Vrydag se nagmaal?) Hy sê: “Die nagmaal is die sakrament van eenheid. Dit maak ons tot een liggaam. Die nagmaal is

baie meer as ’n plek waar ons eenheid vier. Die nagmaal skep hierdie eenheid. Deur van dieselfde brood te eet en van dieselfde beker te drink word ons die liggaam van Christus in die wêreld. Net soos Christus in die breek van die brood werklik teenwoordig word, word ons werklik teenwoordig vir mekaar as die broers en susters van Christus, lede van dieselfde liggaam.”

Bibliografie

Die Groot Aanhalingsboek. 2004. Lux Verbi.BM; MacDonald, W & Farstad, A 1997, c1995. Believer's Bible Commentary: Old and New Testaments (Ac 1:1) Nashville: Thomas Nelson; Nouwen, H 2000. Drie minute stilte op die lewenspad. Wellington: Lux Verbi. BM; Strong, J (1996). The Exhaustive Concordance of the Bible: Showing every word of the test of the common English version of the canonical books, and every occurence of each word in regular order. (electronic ed) (G3661) Ontario: Woodside Bible Fellowship.

125

Page 8: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

26 APRIL 2009DERDE SONDAG VAN PAASTYD

LITURGIESE VOORSTELLeesroosterteksteFokusteks: Lukas 24:36b-48

Ander tekste: Psalm 4; 1 Johannes 3:1-7;Handelinge 3:12-19

InleidingNaam van Sondag: Misericordias Domini – “Die troue liefde van die Here” uit Psalm 33:5-6.Die opstanding van die Here is te goed om waar te wees. Tog kom God in sy troue liefde ons, twyfelaars, tegemoet deurdat Jesus Hom na sy opstanding onbetwisbaar aan sy dissipels getoon het (Lukas 24). Deur die getuienis van die dissipels (Hand 3) kan ons ook nou in God glo en weet dat ons kinders van God is (1 Joh 3). Die funksie van die liturgie is om ons geloof so te versterk dat ons heilig leef en teen sonde bly stry.

God versamel ons voor HomAanvangslied: Paaskers word aangesteek.PaasroepSeëngroetLofliedDoopherinneringMet jou doop het God belowe om jou God te wees. Vir sy volgelinge sê die opgestane Here: “Vrede vir julle” en verder: “Ek, die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, in my Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, van Jerusalem af en verder. Julle is getuies van hierdie dinge.” Geliefdes, as gedooptes, ken ons die verhaal van Jesus se opstanding en is ons die enigstes wat dit aan die wêreld kan oorvertel.

Diens van die tafelNagmaalherinnering of inleiding tot die gebruik van die nagmaalDie Here het die nagmaal aan al sy kinders gegee. Hier op die tafel sien ons die brood en die wyn. Die brood en die wyn wys soos vingers na die troue liefde van die Here. Die brood sê dat Jesus sy liggaam vir ons sondes laat breek het. Die wyn sê dat Jesus sy bloed vir ons sondes laat vloei het. As ons die brood eet en die wyn drink, sê ons dat ons dit glo. Ons sien met ons eie oë wat Jesus vir ons gedoen het. Ons proe hoe lief die Here ons het. As ons die brood eet en die wyn drink, loop ons harte oor van blydskap, want Jesus het ons so lief en ons het Hom net so lief. En ons het mekaar ook lief. Laat ons Hom loof vir sy liefde.

Diens van die WoordGebruik 1 Johannes 3:1-7 as antwoord op die prediking om lidmate aan te spoor om rein en heilig te gaan lewe, want God het ons met die kosbare bloed van Jesus vry gekoop en ons sy kinders gemaak.

UitsendingSeën: Die Here Jesus Christus sal sy genade in oorvloed op julle uitstort. God ons Vader sal julle toevou in sy liefde en die Heilige Gees sal altyd by elkeen van ons bly sodat ons God persoonlik kan ken (2 Kor 13:13, Die Boodskap).

Musiek en sang

Aanvangslied: Lied 417:1, 2; NSG 114:1,2,3Lof: Lied 411; 212; 203; Flam 65; NSG 33; 56; 112

Diens van die tafel: Lied 334; Flam 144; NSG 77Uitsending: Lied 250; 523; NSG 190; 272

126

Page 9: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

PREEKSTUDIE – LUKAS 24:36b-48Inleiding

Hierdie perikoop word deur sommige in twee gedeel. In die eerste deel val die lig op die verskyning van Jesus Christus aan die dissipels (Luk 24:36-43), terwyl die tweede deel die slotgedeelte van Lukas se evangelie (Luk 24:44-53) uitmaak. Vers 44-48 kan moontlik Lukas se beskrywing van Jesus se afskeidswoorde wees (vgl Hand 1:4 voor Jesus se Hemelvaart). Ter wille van die fokus op die gebeure tydens Paasfees word volstaan met die hermeneutiek van die eerste gedeelte; die verskyning van Jesus.

Hoofmomente van die teks1. Jesus staan meteens tussen hulle (v 36).2. Jesus se groetwoorde: “Vrede vir julle”.3. Hulle skrik en is bang – dink dis ’n gees (v 37).4. Jesus is verwonderd oor hulle vrees en twyfel

(v 38).5. Hy gee fisieke bewyse: Kyk my hande en voete

(v 39) en Hy wil eet (v 41).6. Dis Ek. Kyk en voel (v 39).7. Hulle blydskap. Verwondering en ongeloof (v 41).

Vers 36: Terwyl hulle babbel (Gr laleo) oor die nuus wat die Emmausgangers vir hulle gebring het, staan Jesus meteens sonder enige aankondiging tussen hulle. Sy verheerlikte, opgestane liggaam word nie deur toe deure of vensters gekeer nie.

Vers 37: Hulle skrik geweldig (Eng “terrified”; Gr emphoboi) en kom in vrees (Gr en phobos). Hulle bly verskrik en bevrees te spyte daarvan dat Jesus hulle verskeie kere daarop voorberei het en ook reeds aan ’n aantal ander verskyn het (vroue, Petrus, Emmaus). Om hulle onsekerhede en twyfel finaal te besweer, verskyn Jesus persoonlik aan hulle met die bemoedigende woorde: “Vrede vir julle” (’n algemene groet van die tyd). Maar vir hulle is hierdie woorde baie meer as net ’n algemene seëngroet. Dit is woorde wat volle vergifnis vir al hulle mislukkings rondom die kruisgebeure insluit. Hy vergewe hulle ten volle daarvoor dat hulle weggehardloop het (Matt 26:56), in die openbaar ontken het dat hulle Hom ken (Matt 26:70), verraad teenoor Hom gepleeg het (Matt 26:49) asook vir hulle ongeloof en twyfel oor die hele opstandingsgebeure (Luk 24:38).

Vers 38: Jesus se verwyt/beswaar is dat hulle so verskrik is (Gr tetaragmenoi). Hierdie woord kan ook beteken: emosioneel opgewerk of opgewonde. Saam met die gebabbel (Gr laleo) van vers 36 lei mens af dat daar baie emosie by betrokke was. “Twyfel” beteken hier letterlik: “baie gedagtes wat opbou in jul harte.” Jesus ken egter hulle twyfel nog voordat hulle dit self opper. So ken Hy ook ons twyfel van elke dag.

Vers 39: “Voel” is ’n ou werkwoord wat gebruik is om iets met die hand te vat. Saam met die bewoording “vleis en bene” (Gr sarka kai ostea) besweer hy die vrees dat dit ’n gees of spook kon wees. Wat dus fisiek voor hulle staan is die manifestasie van sy opgestane liggaam. Hy

gebruik doelbewus nie die woord “bloed” nie omdat laasgenoemde die lewe van die verganklike liggaam impliseer (Gen 9:4) en wat nie die ewige koninkryk van God kan beërf nie (1 Kor 15:50). Jesus se liggaam is ’n verheerlikte, hemelse liggaam (vgl Paulus in 1 Kor 15:35-58).

Vers 40: Dié vers kom in baie manuskripte nie voor nie.

Vers 41: Blydskap en ongeloof wys hier nie op hulle verwerping van Jesus nie, maar veel eerder op die “menslik ongeloofwaardige” van die besondere moment. “It is too good to be true!”

Vers 42: Die vraag waarom Jesus iets te ete vra, laat die moontlikheid bestaan dat Hy wel honger was. Verskeie kommentatore ontken dit tereg, want die verheerlikte, opgestane liggaam van Jesus het nie kos nodig gehad nie, alhoewel dit kos kon inneem. Dit moet veel eerder gesien word as net ’n verdere poging van Jesus om sy eie werklikheid en bestaan aan die klompie in die bovertrek te bevestig.

Konteks

InleidingDaar is die verhaal van die dogtertjie wat die eerste keer skool toe moes gaan en vir weke al met groot opgewondenheid uitgesien het na die aanbreek van die eerste skooldag. Ongelukkig val sy die Sondag voor die skool begin en terwyl die bloed uit die sny op haar knie vloei, merk haar sussie op: “Toemaar, as jy doodgaan sal jy Hemel toe gaan!” Waarop sy uitroep: “Maar ek wil nie Hemel toe gaan nie, ek wil skool toe gaan!” In ’n meer ernstige luim kan gevra word of ons as gelowiges vandag werklik ernstig en gereed is vir Jesus se wederkoms en die hiernamaals. Of selfs of sy opstanding ons elke dag aanmoedig tot ’n nuwe leefwyse, ywer en diens in sy koninkryk. Kan die wêreld dit sien?

Die gevolgtrekking word maklik gemaak dat dit ’n klomp ongelowiges is wat daar in die bovertrek bymekaar was. Dat hulle veel eerder ’n lewe sou wou beplan sonder Jesus wat soveel probleme vir hulle veroorsaak het. Inteendeel, hulle saam wees in die bokamer wys duidelik dat hulle eerder gesmag het na Jesus se teenwoordigheid! In hulle menslikheid, vrees en swakheid, het hulle egter nog baie leiding, selfvertroue en oortuiging kort gekom. Jesus se verskyning was dus nie om hulle te verwyt nie, maar te help om Hom as die opgestane Heiland te herken sowel as erken. So sou daar by hulle ’n geloofsoortuiging kom wat hulle meer bruikbare getuies vir Hom kon maak (Luk 24: 48). Dit was inderdaad ook wat daar in die bovertrek gebeur het. Daar verdwyn hulle vrees langsamerhand en ontstaan ’n meer innige verhouding tussen hulle en Jesus, en word hulle roeping duideliker gedefinieer.

Die prosesTen einde hulle te oortuig, neem Jesus hulle deur vier fases.

127

Page 10: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

1. Hy verskyn fisiek aan hulle. Hy staan tussen hulle en kalmeer hulle met die woorde: “Vrede vir julle.”

2. Hy wys hulle sy hande en voete. Hoekom? Omdat die wonde daaraan sy werklikheid en opstanding bevestig. Sy kruis en opstanding is nie van mekaar te skei nie en uit sy dood wil Hy lewe bring. “Dis tog Ek.” Sy hele liggaam is ter sprake.

3. Hy laat hulle aan Hom voel. Hy is nie ’n gees nie, want dié het nie hande en voete nie. Sy visuele verskyning word met die fisieke aanraking versterk.

4. Hy eet vis. Sommige geskrifte voeg hier ook by dat Hy ’n heuningkoek geëet het. Jesus kon vir hulle geen duideliker bewys gee van sy eie identiteit as juis die eet van die vis nie. Hy doen dit voor hulle oë.

Sy merktekensJesus kon baie maniere gebruik om sy opstanding en verskyning geloofwaardig te maak. Vir die dissipels, in hulle toestand van verwarring en vrees, was die toon van die merktekens aan sy liggaam en sy liggaamlikheid die beste metode. Hy gebruik dit om:1. Te bewys dat Hy een en dieselfde Een is wat aan die kruis gesterf het. Hy moes sy identiteit aan hulle openbaar, sodat hulle geloof weer versterk kon word. Hy bewys Hom as dieselfde persoon vir wie hulle eens gevolg, vertrou, verloën, gesien sterf en graf toe gedra het. Hy staan voor hulle met ’n verheerlikte liggaam van vleis en bene, maar wat tog ook bepaalde kragte het soos om in ’n vertrek in te kom sonder om ’n deur oop te maak.

2. Hy gebruik sy merktekens as sy “medaljes/trofeë” wat Hy tydens sy triomftog op aarde verower het. Dis die bewyse van sy oorwinning oor sonde, die dood en Satan. Dis sy trofee van liefde vir ’n verloregaande wêreld. Soos ’n soldaat wat triomfantelik terugkeer vanaf die slagveld en vir wie die merke van sy wonde ’n groter prestasie as die verkreë medaljes vir diens en opoffering is. Die merktekens is die woordelose getuies van sy verlossingswerk op aarde, sodat ons nooit sal kan vergeet wat Hy alles vir ons gedoen het nie.

3. Deur hulle ongeloof en twyfel aan te spreek, wys hy ook sy merktekens as waarskuwing vir elkeen wat Hom wil verwerp of nie in Hom wil glo nie. Sy tekens sal dus ook dien tot veroordeling van die ongelowige (Matt 27:25: Laat die skuld vir sy bloed op ons en ons kinders rus!) Die boodskap is: Kyk na my hande en voete, glo en maak gereed.

Bepaalde lesse vir ons uit hierdie gedeelteLes een: Om Jesus te volg en in Hom te glo, sal koste meebring. Elke keuse wat mens maak, dra sy eie gevolge. Om Jesus aan te neem en te glo, vra oorgawe en die bereidheid om te ly. Vir elke gelowige is die pad soortgelyk aan die van ons Verlosser. Ook ons sal getuig van sy wonde en selfs bereid moet wees om dit te dra. (vgl die drie aan die kruis: Die totaal ongelowige sterf vir sy dade; die een wat vergifnis ontvang het, sterf ook sowel as die Een wat geheel en al onskuldig was.)

Les twee: Met sy ervaring van pyn en lyding wil Hy in sy verskyning juis kom bevestig: Ek is by julle al die tyd.

Hy het die pad vooruit geloop. (Vgl die nagmaals-formulier: Hy het uitgeroep: “My God, My God, waarom het U my verlaat? (Mark 15:34), sodat ons nooit deur God verlaat sal word nie”). Sy wonde was nie meer oop bloeiende wonde nie, maar merktekens wat genees is. So sal Hy die wonde wat ons ter wille van ons geloof sal kry, ook genees.

Les drie: Om wonde te dra ter wille van jou geloof is eerbaar. Vir die wêreld is dit eerbaar om ander te laat sterf. Vir die gelowige is dit eerbaar om vir God te sterf.

Preekvoorstel

TemaHy lewe, glo in Hom.

InleidingReël vooraf dat iemand sy/haar toekennings/medaljes/ sertifikate kom wys. Laat hulle vertel hoe hulle dit verwerf het en wat die toekenning vir hulle beteken.

Waarom Jesus moes verskyn Omdat die dissipels bang was vir (a) die Jode en vervolging (hulle kruip weg in die bovertrek), (b) vanweë Jesus se onverwagse verskyning aan hulle (vgl hulle innerlike vrees vir die bose/gees/onnatuurlike) en (c) omdat hulle bang was vir die gevolge van hulle mislukkings rondom die kruisgebeure en hulle onbetrokkenheid by Jesus se lewenstryd en lyding (Hy groet: Vrede – julle is vergewe).

As gevolg van hulle onsekerheid: Wat nou? Dis nie soos ons dit verwag het nie.

Omdat hulle verward was: Hulle het alles gelos ter wille daarvan om Jesus te volg. Hulle hele bestaan is nou geskud deur die gebeure rondom Golgota.

Hulle is uitsigloos: Wat van die toekoms? Hoe nou vorentoe (hulle opleiding is voltooi, maar die hoe van die praktiese uitvoering daarvan makeer).

ToepassingDui aan: Ons eie vrees (misdaad, werkloosheid, politiek, druk op ons huwelik en gesinslewe, toekoms van ons kinders, ens); ons onsekerhede (alles verander so vinnig, bv die tegnologie, in die ekonomie word alles by die dag duurder); ons verwardheid (dit raak al hoe moeiliker om besluite te neem); ons uitsigloosheid (ons beplan nie meer vir die langtermyn nie en lewe al meer van dag tot dag).

Jesus se metode van oortuiging (Sien hierbo die vier fases van verskyning).Waarom Hy hulle moes oortuig (sien hierbo drie redes vir sy merktekens).Wenke vir ons eie pad vorentoe (sien die drie lesse uit sy verskyning).

SlotDie wêreld vra: Wat glo julle? Watter bydrae kan julle lewer om van hierdie aardse bestaan iets werklik konstruktief en die moeite werd te maak? Laat ons prakties sien hoe julle dit uitlewe. Wat kan ons vir hulle wys? Die grootste waarheid is dat ons ’n godsdiens het

128

Page 11: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

met ’n God wat lewe en vandag nog steeds sy kinders bystaan. Die vraag is: Is ons in of is ons uit?

3 MEI 2009VIERDE SONDAG VAN PAASTYD – ARBEIDSONDAG

LITURGIESE VOORSTELLeesroosterteksteFokusteks: Handelinge 4:5-12

Ander tekste: Psalm 23; 1 Johannes 3:16-24; Johannes 10:11-18

InleidingNaam van die Sondag: jubilate – “Juig tot eer van God, almal op die aarde . . .” (uit Psalm 66:1-2).

In hierdie erediens moet die gelowige beleef dat hy waarlik en volledig uit die krag van die opgestane Here leef. Sonder Hom kan ons niks doen nie. Dit is Hy wat ons met sy Gees vul sodat ons kan leef, werk en getuig. Hy lei ons ook na rus en veiligheid. Ons ken die Here en volg Hom deur mekaar lief te hê en hulp te verleen aan die wat in nood verkeer. Uit Hom leef en werk ons.

God versamel ons voor HomAanvangslied: Paaskers word aangesteek.PaasroepSeëngroetLofliedDoopherinneringToe jy gedoop is, het God sy testament aan jou toegesê, daarmee het Hy hom vir altyd aan die gelowige verbind. Hy beloof om jou God te wees. Psalm 23 beskryf wat dit vir ons in hou. Lees Psalm 23:1b-5.

As antwoord op hierdie wonderlike beloftes bely die gemeente hulle geloof.

Diens van die tafelIn die nagmaal bevestig die Here dat Hy sy lewe vir jou afgelê het. Met sy bloed het Hy jou silwerskoon gewas sodat jy heilig en rein aan sy feesmaal, wat Hy vir jou berei het, kan aansit.

Soos ’n goeie gasheer doen, sit Hy net die beste aan jou voor. Behandel Hy jou soos ’n spesiale gas. Jy geniet alles in oorvloed en kan naby die Here leef tot die dag dat jy doodgaan. (verwerk uit Die Boodskap).

Antwoord met lied.

Diens van die WoordVandag se erediens leen hom goed daartoe dat daar aan ’n lidmaat of lidmate geleentheid gegee word om te vertel van God se besondere sorg in hulle lewe. Saam met Petrus kan ons nie stilbly oor die groot dade van God nie.

UitsendingGebruik 1 Johannes 3:16-24 as riglyn hoe die gemeente in die week tot eer van die opgestane Heer gaan leef.

Seën Die Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees is vir julle die Algenoegsame in alles, te alle tye en in alle omstandighede, van nou af tot in ewigheid. Hy sal julle seën en vul met sy Lig sodat julle die lig vir die wêreld kan wees

Musiek en sang

129

Page 12: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

Aanvangslied: Lied 417:1, 2; NSG 114:1, 2, 3

Lof: Lied 23 (Kyk gerus na die ander berymings.); 208; 263; 544; 577:1-3; Flam 6; NSG 41; 50

Diens van die Woord: Flam 39; Lied 486; 187

Diens van die tafel: Lied 295:2, 3; 577:4-5; NSG 48

Slotlied: 406; 579; 580; NSG 111; 63; 309

PREEKSTUDIE – HANDELINGE 4:5-12Teks

Ons afgebakende teksgedeelte vorm ’n onderdeel van ’n lang paragraaf (vers 1-22) wat in die NAV onder die opskrif “Petrus en Johannes voor die Joodse Raad”, staan. In die NAV begin vers 5 met die woorde: “Die volgende môre . . .” (Gr egeneto de epi tén aurion; NIV – The next day). Hierdie tydsaanduiding kondig ’n nuwe moment in die verhaal aan en bied ’n logiese merker vir die afbakening van ons teksgedeelte. In vers 5-12 is die fokus op die vergadering voor die Joodse Raad, die aankondiging van die saak en Petrus se openbare toespraak. Vers 13 beskryf die reaksie van die Joodse Raad op die apostels se openbare getuienis. Hier verskuif die fokus na hulle en is die basis vir afbakening die klem op die verskillende akteurs in die verhaal. Eers die apostels en nou die Joodse Raad.

Vers 5 bevat ’n aantal merkers wat noodwendig aandag moet kry om beter insig in die groter literêre konteks van ons teksgedeelte te verkry. Vers 5 maak melding van tyd en plek, prominente rolspelers en ’n spesifieke gebeurtenis (aktiwiteit). Die tydsaanduiding is “die volgende môre” en die plekaanduiding “in Jerusalem”. Die rolspelers word in terme van bepaalde groepe geïdentifiseer: “raadslede, familiehoofde en skrif-geleerdes.” Die spesifieke aktiwiteit (gebeurtenis) waarom hulle in Jerusalem saam is, word beskryf met die woord “vergader”.

Vers 6 bied ’n verdere omskrywing van die merkers in vers 5. Die groepe word in groter besonderhede beskryf hulle ampte en die name van individue aan te dui: “hoëpriester Annas, Kajafas, Johannes, Aleksander en al die ander lede van die hoëpriesterlike familie.” Hiermee word die indruk bevestig dat dit ’n belangrike geleentheid was. Vers 7 beskryf nou die prosedure van hierdie vergadering asook die rede daarvoor. Die apostels is voor hierdie groep vername mense gebring en ondervra. Die ondervraging het te doen met die gesag waarmee die apostels opgetree het. Die vergadering wou weet met watter krag (Gr dunamei) en in wie se naam (Gr onomati) die apostels opgetree het.

Vers 8 beantwoord die vraag van die raadslede na die krag waardeur die apostels opgetree het, as daar gesê word dat Petrus vol van die Heilige Gees (Gr pléstheis pneumatos hagiou) was toe hy gepraat het. Die vrymoedigheid en openheid waarmee hy die raadslede aanspreek, is ook aanduiding van die werking van die Heilige Gees in sy openbare optrede. In vers 13 word die Griekse woord parrhésian gebruik vir hierdie vrymoedige optrede. M Zerwick en M Grosvenor verklaar dié woord as ’n samestelling (Gr pas + rhésis),

met die betekenis van volledige spraak (vryheid van spraak) – om vry en met vertroue te praat.

Wanneer Petrus in vers 9 die aard van en motivering vir die sogenaamde “vergadering” interpreteer, beskryf hy dit as ’n verhoor wat die gevolg is van ’n weldaad (Gr euergésia) wat hulle verrig het; die genesing (Gr sesoostai) van ’n siek man. Wanneer hierdie inligting aan die leser van ons kort teksgedeelte bekend word, word ons uitgenooi om in die groter verband van die perikoop terug te lees. Ons moet meer lees om die agtergrond van die gebeure te verstaan.

In Petrus se woorde en sy beskrywing van die weldaad, kom egter ’n tweede aspek van die kragtige werking van die Heilige Gees (die krag waardeur hulle opgetree het) na vore. Naas die krag om vrymoedig en openlik in die publieke sfeer te getuig en te praat (sien v 13 vir die raadslede se reaksie op Petrus se toespraak), ontvang hulle ook die vermoë om siekes gesond te maak.

In vers 10 beantwoord Petrus die tweede deel van die vraag waarmee die klag omskryf is, naamlik in wie se naam hulle opgetree het. Hulle tree op in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Dit is in sy Naam wat die man genees is. Petrus gaan verder om Jesus se identiteit te beskryf. Hy doen dit in terme van twee verhoudinge waarin Jesus staan. Jesus se verhouding tot die raadslede en Jesus se verhouding tot God. Hierdie verhouding word verder omskryf in terme van die spesifieke dade wat die raadslede en God verrig het. Die raadslede het Jesus gekruisig en God het Jesus uit die dood opgewek.

In sy getuienis draai Petrus as ’t ware die klag om en word die raadslede in die beskuldigde bank geplaas. Die apostels se identifisering met Jesus van Nasaret en daarmee ook met God wat vir Jesus met krag uit die dood opgewek het, dra die boodskap aan die raadslede oor dat hulle nie in staat is om die krag wat in die apostels werk, te neutraliseer nie. Petrus gaan verder in sy beskuldiging teen die raadslede, ook ten opsigte van hulle positiewe identifisering met Jesus van Nasaret, as hy die klagstaat teen die raadslede grond op ’n aanhaling uit die Ou Testament, Psalm 118:22: “Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword.”

Met hierdie aanhaling uit Psalm 118 vind ’n dubbele ontmaskering en identifisering plaas. Die raadslede word geïdentifiseer as die bouers wat die klip afgekeur het en Jesus word gelyktydig geïdentifiseer as die klip wat deur hulle afgekeur is. Die raad staan dus voor ’n dubbel klag, naamlik dat hulle Jesus nie herken het vir die een wat Hy

130

Page 13: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

is nie en ook dat hulle Hom verwerp het as die Een wat van God kom.

In vers 12 gaan Petrus verder om in helder en duidelike taal te beskryf wie Jesus van Nasaret werklik is en wat Hy hier op aarde kom doen het. Hy is die enigste Messias wat aan Israel verlossing bring. Net in sy Naam gee God verlossing vir die mense. Daarmee word Jesus se identiteit beskryf, die inhoud van die apostels se getuienis geformuleer en die vraag van die raad aan die apostels beantwoord. Jesus van Nasaret is God se verlosser vir die mense. Coenie Burger se artikel in “Kruisgewys”, is hier van toepassing. Hy sluit naamlik aan by Douglas Farrow se boek oor die verhoogde Christus, waarin Farrow skryf oor twee vrae waaroor die kerk gereeld moet dink en praat. Die eerste is Bonhoeffer se vraag: “Wie is Jesus Christus vir ons vandag?” Die tweede vraag is: “Waar is Jesus Christus vandag as ons Hom nodig het?”

Konteks

1. ArbeidsondagMet die oog op Arbeidsondag, bring ek twee artikels van J L Lord oor “Labor Day” en “Harvest Day” ter sprake – twee kerklike feesdae wat nie oral op dieselfde tyd en manier gevier word nie. Die inhoud van die twee artikels is gepas vir Arbeidsondag.

a. J L Lord se sleuteltemas vir “Labor Day”: “The relationship between new life (die beginsel van die Paasseisoen kom hier ter sprake) in Christ and human work; The relationship between local and global economies; The economy of the Trinity” (onderlinge verhoudinge van/in God drie-enig).

Lord beskryf die agtergrond van die Amerikaanse “Labor Day” en sê dat dit vir baie mense die aankondiging is van die einde van die somer, ’n geleentheid wat geskep is “to honor the achievements of American workers for the well-being of the country”. Vroeg in die 1880’s het die New York Unionkomitee ’n dag “vry van werk” georganiseer, vir optogte en familie ontspanning. Teen 1885 het dit in talle industriële sentra voorgekom en uiteindelik erkenning by staatsowerhede verkry en is in baie state as vakansiedag aanvaar.

Die vroeë vieringe van “Labor Day was to laud the social and economic achievements of these workers. Some of the issues in the early days were fair wages, decent working conditions and management-worker relationships, and training for unskilled work”.

Vandag het ons steeds dieselfde lys kwessies. Ons wil beide werker en goeie werk waardeer; verlang werksgeleenthede vir almal; wil die waarde van die werker bo wins stel; begeer dat alle werk tot voordeel sal wees van die gesondheid en welsyn van ’n goeie en regverdige gemeenskap, asook ’n goeie en regverdige globale gemeenskap.

“What is our work in God, in this lifetime we have? Some of us do not have the work we want; it is drudgery and we are demeaned.” Tog praat sommige van ons die taal van seën en roeping om ons werk te beskryf. Sommiges werk uit vrye keuse te hard.

Ander kan nie die werk vind wat hulle wil hê of nodig het vir oorlewing nie. Nog ander het goeie verhoudinge in die werkplek, terwyl ander weer bevreemdende werksomstandighede ervaar – wat pyn veroorsaak, selfs gevaar meebring. Sommige word deur hul werk van ander geïsoleer en dan is daar diegene wat hulle volledig identifiseer in terme van hul daaglikse beroep.

“What are the dynamics about the congregation’s context that shape their attitude toward work? What are the dynamics of individuals’ occupations that will give the preacher insights about work situations and values about work?” Volgens Lord beskryf dié dinge die operatiewe teologie van werk in ons konteks.

Lord haal David H Jensen aan wat verband lê tussen nagmaal en werk: “One paradox of the Eucharist is this: in breaking, we are made whole. As bread is fragmented, the body of Christ draws together. Work that is broken open no longer belongs to itself or to a single worker, but to the whole world. Our work becomes whole, too, as it is broken for others, as the work of one draws on the work of many.”

b. Die tweede feesdag waarop ons aandag gevestig word, is “Harvest Day”. Lord se sleutel temas vir dié dag is: “The relationship between abundance and benevolence; The global dynamics of food production and availability; Theological understandings of church as both labourer and harvest.”

Die kerk gebruik landboutaal as sy van dissipels praat wat plant, water gee en saai. Ons is ook diegene “whom the triune God plants, waters, and sows”. “Harvest Day” bied geleentheid om binne hierdie beelde te lewe.

Die Bybel verbind Israel se landbou aktiwiteite aan Israel se verhouding tot God (“God is the landowner; Israel is God’s vineyard; God desires plentiful harvests; poor harvests are God’s punishment for sin; God is praised for good harvests”).

Die jaarlikse godsdienstige feeste van die verbonds-volk is baseer op die landbousiklus van hulle lewensmiddele. “In the Old Testament, Pentecost is the harvest festival of first fruits, and Tabernacles is the festival of ingathering from threshing floor and wine press. Passover occurred at the time of the barley festival.”

In die Nuwe Testament word hierdie landboutaal oorgeneem en met Christelike betekenis gevul. “Paul speaks about the resurrection of Christ in terms of first fruits. And in the Christian life we give our best and first to God and God’s work in the world: our first-fruit offerings.” Beide Christus en ons, is die oes van God.

2. Die kerklike seisoen van Pasea. In sy inleiding tot “The Season Of Easter” vir die 2003 kerkjaar in “New Proclamations”, wys Ben Witherington III daarop dat die tekste wat vir die Paasseisoen van die kerklike jaar gekies is, basies fokus op temas wat meer van toepassing is op diegene wat reeds Christene is, as vir soekers. “The issues of testifying to one’s faith,

131

Page 14: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

praying, choosing church leadership, and the like give a communal focus to things.”

Die gekose Nuwe-Testamentiese tekste onderstreep die feit van die verlossing in en deur Christus. “The christological focus of so many of these texts means that one has the opportunity to really explore the church’s relationship with the risen Lord and the appropriate response to the one who is ‘the Head of Body’.”

Witherington sê dat die gekose tekste in hierdie seisoen van die kerkjaar vir predikers geleentheid skep om die oomblik aan te gryp en werklik reflektief te kommunikeer oor die Christologiese hart van die evangelie en die magsdade van God in die geskiedenis, asook in individuele lewens.

b. In haar inleiding tot “The Season Of Easter” vir die 2000 kerkjaar in “New Proclamations”, vra Linda Maloney: “What does it mean to live in a post-Easter world?”

Maloney wys daarop dat ons weliswaar sê Paasfees is die “great high feast of the Christian year”, maar dat die meeste van ons moet erken dat ons Kersfees bo Paasfees verkies.

Sy argumenteer Jesus se opstanding beteken dat Hy vir altyd een van ons bly, omdat Hy nie as ’n liggaamlose gees – ’n eksmenslike wese – opgewek is nie. Hy is “in die vlees”, in sy verheerlikte opstandingsliggaam opgewek, weliswaar anders, maar uiteindelik deur sy vriende en selfs vroeëre vyande, herkenbaar.

Waar laat dit die kerk? “The mission of his followers from that point forward is to ensure that the universe becomes more and more truly the enfleshment of the risen Christ.”

3. Skrywer het al by twee geleenthede oor dele van Handelinge 4:1-22 gepreek.a. Die eerste geleentheid was die bevestiging van kerkraadslede – Skriflesing uit hele gedeelte.

Die tema vir die prediking was: Gemeentediens in ’n tyd van spesialisasie en waardetoevoeging. Die agtergrond vir die tema was die rol van die konsepte “spesialisasie” of “kundigheid” aan die een kant en “waardetoevoeging” aan die ander, in ons leefwêreld. In die kerklike konteks roep “waardetoevoeging” blykbaar die vraag op: Watter voordeel is daar byvoorbeeld vir my om op die Kerkraad te dien? Die konsepte “spesialisasie” of “kundigheid” weer, stel mense blykbaar tevrede dat hulle nie kundig genoeg vir dienswerk in die gemeente is nie! Ander mense kan dit beter as ek doen!

Die Bybel gee egter riglyne vir ons dienswerk in die kerk en die koninkryk. Handelinge 4 vertel van eenvoudige en ongeletterde manne wat deur God gebruik word. Die verhaal beskryf ’n gebeurtenis wat tot die “eerste” vervolging van die Christene aanleiding gegee het.

Ons lees in vers 13 van verbasing onder die Joodse Raad oor Petrus en Johannes, toe die raadslede hulle vrymoedigheid sien. Die Raad het geweet dit is maar

eenvoudige mense en het hulle herken as volgelinge van Jesus. Daarom vra die Joodse Raad (deskundiges): Hoe kon mense wat geen gespesialiseerde opleiding ontvang het nie (ongeleerde en eenvoudige mense) met soveel kundigheid en vrymoedigheid ’n teologiese diskussie met die hoogste vergadering van die volk voer? Die Joodse Raad was immers die leermeesters van die volk. Kenners van die Torah – die Wet van Moses.

Tog praat hulle met vrymoedigheid, deur die krag van die Heilige Gees en met die gesag van Jesus Christus. Waar kom hul kundigheid vandaan? Watter waarde voeg die Heilige Gees tot hul lewe toe? Hy maak hulle vrymoedig om van Christus te getuig. Die inhoud van hul verkondiging is Jesus as enigste verlosser van God vir die wêreld: “Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.”

Dit was ’n ongewilde boodskap. Die Joodse Raad wou hulle verbied. Dit was ’n boodskap wat ’n keuse gevra het. Petrus sê: “Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie.”

Vir dié wat kies om die Here te dien, voeg God self waarde toe. Hulle ontvang die Heilige Gees van Christus. God maak hulle bekwaam en kundig deur sy Heilige Gees.

b. Die tweede preek was uit onder andere Handelinge 4:1-13 (Pinksterreeks) oor die werk en rol van die Heilige Gees in die vroeë kerk, volgens Handelinge.

Dié oordenking gee ’n oorsig oor die breër literêre konteks van ons teksgedeelte.

Die kerk is in sy babaskoene. Pinksterdag met sy aangrypende gebeure is pas verby. Die gelowiges is entoesiasties. Die apostels het baie wonders en tekens gedoen (2:43), waarvan die gebeure in hoofstuk 3-5 ’n voorbeeld is. Een middag om drieuur het Petrus by Mooipoort ’n verlamde man genees (3:1-10). “Al die mense” het dit gesien, was verwonderd en verbaas, en het met nuwe oë en ore na Petrus en Johannes gekyk en geluister. Petrus gebruik egter die geleentheid om van Jesus Christus te getuig en aan Hom die eer te gee. “(I)n die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop” (3:6). Al die mense het gesien dat hy loop en God geprys (3:9). Terwyl die mense oor die wonderwerk verbaas staan (3:11ev), het Petrus sy derde toespraak begin lewer.

Maar die Joodse Raad het nie van die apostels se boodskap gehou nie (4:1ev). Die priesters en die ander was onthuts omdat die apostels die mense geleer en verkondig het dat die opstanding uit die dood deur Jesus se opstanding ’n werklikheid geword het. Nieteenstaande die teenkanting van die Joodse leiers, het baie van die mense wat hul prediking gehoor het, gelowig geword en die getal gelowiges het aangegroei.

Die Joodse leiers vergader en roep die apostels tot verantwoording (4:7). Hulle het die apostels voor hulle laat bring en hulle ondervra: “Deur watter krag en in wie se naam het julle dit gedoen?” Dis toe dat Petrus “vol van die Heilige Gees” sy vierde toespraak

132

Page 15: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

lewer (4:8 ev) en die Joodse Raad met sy woorde verstom. Die Joodse Raad was verbaas toe hulle Petrus en Johannes se vrymoedigheid sien, want die Raad het geweet dit is maar ongeleerde en eenvoudige mense. Die raadslede het hulle ook herken as volgelinge van Jesus.

Petrus het vir hierdie besondere omstandighede die nodige toerusting, wysheid en inspirasie ontvang. ’n Vervulling van Jesus se belofte in Lukas 12:11: “Wanneer hulle julle voor sinagoges en owerhede en gesagvoerders bring, moet julle julle nie bekommer oor hoe of waarmee julle julle gaan verdedig of wat julle gaan sê nie, want die Heilige Gees sal julle op daardie oomblik leer wat gesê moet word.”

Die Heilige Gees gee vrymoedigheid om sonder beskroomdheid van Jesus te getuig. Die reg om onomwonde, onverskrokke en in die openbaar alles te sê wat op jou hart is. Dié vrymoedigheid kom van die Heilige Gees. Hy gee krag om Jesus se getuies te wees (1:8).

Petrus en Johannes gaan doen verslag aan die medegelowiges (4:23 ev). Toe bid hulle tot God en dank en verheerlik Hom. Hulle gebed toon besondere insig in die Skrif. Hulle haal Psalm 2:1-2 aan en sê: U het deur die Heilige Gees by monde van ons voorvader Dawid, u dienaar gesê . . . En dat die woorde nou vervul word.

Die Skrif is die taal van die Heilige Gees. Hy praat, by monde van mense, met ons wanneer ons die Skrif hoor en lees (Hand 1:16). Hy gee ook aan ons insig om te verstaan wat Hy sê. Vir Petrus, Johannes en die ander gelowiges het Psalm 2 nuwe betekenis gekry. Hulle verstaan nou dat hierdie woorde op Jesus betrekking het. Vir die gelowiges in die tyd van die Nuwe Testament was die Ou Testament vol verwysings na Jesus. Die Heilige Gees het hulle oë geopen om dit raak te sien.

Die gelowiges word toegerus vir hul taak (4:31). Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig. Nie noodwendig herhaling van Pinksterdag nie. Eerder teken van spesiale toerusting vir hul taak en die skudding/ aardbewing teken van God se teenwoordigheid.

*Die verhaal van Ananias en Saffira (5:1-11) is ’n voorbeeld van mense wat vir die Heilige Gees lieg en Hom uittart. Ananias se hart is vol van Satan (5:3). Hy wil ’n goeie indruk skep, maar huigel en veins (vgl Judas).

Aan die Joodse Raad sê Petrus en die ander apostels dat God Jesus verhoog het (5:31). God het Hom verhoog tot Leidsman en Verlosser aan sy regterhand, sodat Hy Israel tot bekering kan bring en hulle sondes kan vergewe. Daarvoor is daar twee getuies: Die Heilige Gees en ons is getuies, sê Petrus (5:32).

Gelowiges moet dieselfde oor Jesus sê as die Heilige Gees. Daar is een maatstaf oor hoe en wie Jesus was. Die getuienis van die Heilige Gees, soos vasgelê in die Skrif (5:30-31: God het Jesus uit die dood opgewek en Hom verhoog tot Leidsman en

Verlosser. Hy sit aan God se regterhand. Hy bring bekering en vergewe sondes – die Paasboodskap).

Ons getuienis oor Jesus moet, ten spyte van die sterkste teenstand en besware, uitgedra word. God eis dit van ons! Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense (5:29). Handelinge 6:1-7 beklemtoon die eis van gehoorsame diensbaarheid wanneer die Gees mense se lewe in beslag neem.

Namate die getal Christene gegroei het, het die taak van hulpverlening aan armes die aandag van die apostels in beslag begin neem. Sewe mans is benoem om as diakens die versorgingswerk te behartig. Drie vereistes word ten opsigte van hul karakter gestel: mense van goeie getuienis (integriteit en onbesproke Christenskap); vol van die Heilige Gees (invloed, krag en gawes van die Heilige Gees sigbaar in hul lewe); moet wysheid besit.

Die vrug van die Heilige Gees in gelowiges se lewe hang saam met die roeping om te dien.

Preekvoorstel

Die voorstel vir ’n preek uit die bogenoemde inligting, binne die konteks van die kerkjaar en die uitdaging wat Arbeidsondag aan die volgelinge van Christus stel, is baseer op drie fokusse, naamlik: (a) Paasfees; (b) Werk as konteks vir die kerk se getuienis in die wêreld en; (c) Getuienis in die lig van Handelinge 4 se verhaal.

Eerstens kan die prediker fokus op die besondere karakter van hierdie Sondag, aangesien die vierde Sondag van Paastyd en Arbeidsondag saamval. Hier moet die grootste klem op die kerklike seisoen en die wese van Paasfees val, maar die verband wat daarmee ook met Arbeidsondag gemaak word, moet ook aan die lig gebring word.

Tweedens kan die prediker die kwessie van werk en die uitdagings van die ekonomie en werkplek aan die getuienis van die kerk, aandag kry. Hier behoort die spesifieke karakter van werkpraktyke en die rol van werk in ons lewe, aandag te kry. Watter aspekte van ons bekende werkomgewing vandag roep om die getuienis van Christene.

Derdens kan die prediker wys op die sensitiwiteit en die uitdagende aard van ons getuienis in die wêreld deur Handelinge 4 se verhaal oor Petrus en Johannes as Bybelse gevallestudie te gebruik. Predikers moet hier versigtig wees om nie direkte lyne van Petrus en Johannes na die hedendaagse werkplek te trek nie. Die kenmerk van geloofsonderskeiding in omstandighede van openbare getuienis, soos in werk en ekonomie, is baie belangrik.

Die verhaal van Handelinge 4 lig wel sekere elemente uit wat vir ons doel vanpas is. Vers 8 lê die klem op die krag waardeur die apostels opgetree het. Petrus het vol van die Heilige Gees gepraat. Die vrymoedigheid en openheid waarmee hy die raadslede aanspreek, is aanduiding van die werking van die Heilige Gees in sy openbare optrede. Tweedens sê vers 10 in wie se naam hulle opgetree het; in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, wat die raadslede gekruisig, maar deur God uit die dood opgewek is.

133

Page 16: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

Ten slotte kan die prediker die Christologiese klem van vers 12 aandui as die saak waarom alles gaan in die openbare getuienis en lewe van gelowiges en die kerk. Petrus sê helder en duidelik wie Jesus van Nasaret werklik is en wat Hy hier op aarde kom doen het. Hy is die enigste Messias wat vir Israel verlossing bring. Net in sy Naam gee God verlossing vir die mense. Op dié punt kan verwys word na Coenie Burger se artikel in “Kruisgewys” en die vraag na waar dit alles die kerk laat, gestel word. Maloney se stelling kan dan as uitdaging aan die gemeente gestel word: “The mission of his followers from that point forward is to ensure that the universe becomes more and more truly the enfleshment of the risen Christ.”

Bibliografie

Burger, Coenie 2008. Waar is Jesus vandag as ons Hom nodig het?, in Kruisgewys Februarie 2008; Bruce, F F 1970. The Acts of the Apostles. The Greek text with Introduction and Commentary; Lindijer, G H 1975.

Handelingen Van De Apostelen I; De Villiers, L 1977. Die handelinge van die Apostels. Deel I. NG Kerk-Uitgewers; Lord, J L 2007. Labor Day, in Lott, D B. New Proclamation. Commentary on Feasts, Holy Days, and Other Celebrations. Fortress Press; Lord, J L 2007. Harvest Day, in Lott, D B. New Proclamation. Commentary on Feasts, Holy Days, and Other Celebrations. Fortress Press; Marshall, A 1975. The Interlinear KJV-NIV Parallel New Testament In Greek and English. Zondervan; Marshall, I H 1983. Acts. Tyndale; Meiring, P 2007. Die wind en die vuur. 8 Bybelstudies uit Handelinge oor die Heilige Gees. Bybelkor; Odendaal, A 2005. Luister na die Gees. Die Heilige Gees in die Evangelies en Handelinge. Bybelkor; Zerwick, M & M Grosvenor 1981. A Grammatical Analysis Of The Greek New Testament. Rome; Maloney, L M 2000. The Season of Easter, in New Proclamation, Easter Through Pentecost, Year B, 2000; Witherington, B III 2003. The Season of Easter, in New Proclamation, Easter Through Pentecost, Year B, 2003.

134

Page 17: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

10 MEI 2009VYFDE SONDAG VAN PAASTYD

LITURGIESE VOORSTELLeesroosterteksteFokusteks: Handelinge 8:26-40

Ander tekste: Psalm 22:25-31; 1 Johannes 4:7-12; Johannes 15:1-8

InleidingNaam van die Sondag: cantare – “Sing ’n nuwe lied . . .”(uit Psalm 98:1).Die teenwoordigheid van die Gees van die lewende Here en sy missionêre gerigtheid word in die liturgie gevier. God stuur sy kerk die wye wêreld in na soms vreemde plekke en randfigure. Dit is alleen wanneer ons in Jesus bly dat ons deur sy Gees dié vrug kan dra. God se liefde is vir alle mense. Almal behoort welkom te wees in ons erediens al verskil hulle soos dag van nag van ons. Almal sal kom na die wonderlike maal van die koninkryk van God.

God versamel ons voor HomAanvangslied: Paaskers word aangesteek.PaasroepSeëngroetLofliedDoopherinneringMet jou doop het God jou aangeneem as sy kind. Luister hoe leef kinders van God.Lees 1 Johannes 4:7-12Skuldbelydenis met ’n lied

Diens van die tafelOorweeg dit ernstig om vandag ’n spesiale ekumeniese nagmaal te vier. Nooi verskillende mense om aan die tafel te sit. Gebruik die Oud-kerklike nagmaalsfomulier in “Vir die Erediens, ’n handleiding” bladsy 84.

Alternatief indien nagmaal nie gevier word nie. Doen ’n nagmaalsherinnering.Die nagmaal is die ete van die koninkryk van God. Hier wil God graag al sy kinders verwelkom soos die digter van Psalm 22 dit sien.Lees Psalm 22:25-31.Antwoord met ’n lied.

Diens van die WoordGebed om opening van die WoordLewende Here, ons bid nou dat u lewende woorde nie by ons ’n hart van klip en ’n kop van yster sal aantref nie, maar ’n leergierige gees wat werklik soek na die betekenis van die nuwe lewe in U.Laat ons hier werklik ervaar dat U ons Vader is wat ons as u kinders aangeneem het, dat U ons Verlosser is wat namens ons gesterf en weer opgestaan het en dat U deur u Gees ons harte verlig om u stem reg te hoor en oor grense heen na mense uit te reik (verwerk uit “Gebedeboek met liturgiese voorstelle”).

UitsendingGeliefdes, as ons nou die wêreld ingaan, is ons liefde maar yl. Dit reik glad nie so ver soos God se liefde oor alle grense heen nie. Daarom moet ons in Jesus bly, want dit is alleen as ons soos lote in ’n in wingerdstok bly, in Jesus bly dat ons die liefdesvrug wat God van ons verwag kan dra. Bly dan in die Here en dra baie vrugte.

Musiek en sangAanvangslied: Lied 417:1, 2; NSG 114:1, 2, 3Lof: Lied 146; 329; 334; 456; Flam 15; NSG 30; 67; Skuldbelydenis: Lied 130:2, 3 (Lina Spies); 387; NSG 103.

Diens van die tafel: Flam 119 (Jeugsangbundel 1:41); Lied 478:2; 526; NSG 379:2Slotlied: Lied 485; 523; NSG 187; 190

135

Page 18: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

PREEKSTUDIE – HANDELINGE 8:26-40

Teks en konteks

Handelinge vertel hoe die evangelie van Jerusalem na die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld (waarskynlik Rome) versprei het (1:8). Die boek kan in die breë in twee verdeel word, met Petrus (1:1-12:24) en Paulus (12:25-28:31) as die hooffigure. In die eerste deel berig Lukas oor die totstandkoming en uitbreiding van die kerk. Nadat Stefanus gestenig is, begin hoofstuk 8 met Saulus se hewige vervolging van die eerste gemeente. Vanweë die vervolging het die gelowiges na Judea en Samaria gevlug. So het die goeie nuus verder versprei, grense oorgesteek, op nuwe grond wortel geskiet en in Afrika beland.

Die perikoop (8:26-40) is ’n tipiese Lukasvertelling, wat soos die res van die boek nie net ’n klomp historiese feite oor die geboorte en groei van die Christelike kerk weergee nie, maar die leser met die evangelie op weg neem. Die vertelling in hoofstuk 8 word soos volg ingedeel:

1. Agtergrond: Die vervolging deur Saulus (8:1b-3).

2. Filippus in Samaria (8:4-25):a. Evangelie deur Filippus verkondig (8:4-8).b. Simon die towenaar word gelowig (8:9-13).c. Die koms van Petrus en Johannes (8:14-25).

i) Die skare ontvang die Heilige Gees (8:14-17).ii) Simon die towenaar verstrik in sonde (8:18-24).iii) Die terugkeer van die apostels (8:25).

3. Filippus en die Etiopiër op die pad na Gasa (8:26-39).

4. Filippus langs die kuslyn van Asdod tot Sesarea waar hy die evangelie verkondig (8:40).(Die vertelling sou ook met vers 39 kon eindig.)

Die Heilige Gees se onsigbare teenwoordigheid is van die begin af ’n werklikheid. Die werking van die Gees getuig van God se instaatstellende krag en missionêre fokus. Die voorspraak staan hier, soos in die res van Handelinge, voorop. Dié boek staan ook bekend as die handelinge van God deur sy Gees (Du Plessis in Du Toit). Die leser word uitgenooi om, soos die eerste volgelinge van die opgestane Jesus, die krag van die Heilige Gees te ervaar en saam met Filippus in die Gees aan die Missio Dei deel te neem.

Filippus was ’n Griekssprekende Jood en een van die sewe (21:8). Hy was nie die apostel Filippus nie, maar soos die ander ses helpers vol van die Gees en wysheid. Hy en Stefanus het nie hul taak tot die sosiale en fisieke versorging van die randfigure in die eerste gemeente beperk nie, maar hulle het ook gepreek en wonders gedoen. Sy storie kom na die marteldood van Stefanus aan die beurt. Dit word so vertel dat dit die leser vir die oorgang van Petrus na Paulus se bekering en bediening voorberei. God neem die inisiatief en leiding in elke deel van sy storie.

Dit is opvallend dat die apostels in Jerusalem agterbly, terwyl die ander gelowiges vlug. Petrus wat ’n sentrale posisie in die vroeë kerk beklee het, het sy evangelisasie hoofsaaklik tot die tempelgangers in Jerusalem beperk. Hy was nie gemaklik met God se oop hart vir die nie-Jode nie. God sou eers later sy oë oopmaak waarna hy sou bely: “God maak nie onderskeid nie . . .” (10:34). Filippus was gereed om God se inklusiewe weg te volg. Hy was een van die eerstes wat buite Jerusalem die goeie nuus gebring het en is ’n baanbreker in die vroeë ontwikkeling van ’n multinasionale kerk. Filippus se groot evangelisasieveldtog in Samaria word deur God onderbreek, om na een persoon om te sien (laat my aan Luk 15 dink). Vroeër het Lukas ook vertel van ander groot getalle mense wat tot bekering gekom het. Op Pinksterdag het 3 000 mense en in die pilaargang van Salomo 2 000 mense tot bekering gekom.

Die bekende opdrag in Handelinge 1:8 voor Jesus se hemelvaart wek die indruk dat die verspreiding van die evangelie in wyer wordende sirkels sal uitkring. Met die vervolging van die gelowiges het sommige in Judea versprei en ander na Samaria gevlug en daar die goeie nuus verkondig. So is die tweede deel van Jesus se opdrag nagekom. Maar hierna word die sendingpatroon duidelik, dit is nie in konsentriese sirkels nie, maar van verskillende kante afkomstig. So gaan Filippus van Jerusalem na Samaria, dan na Gasa, Asdod en Sesarea. Petrus het na Lidda en Joppe gegaan. Die vlugtelinge uit Jerusalem het ook na Fenisië, Siprus en Antiogië gegaan en die goeie nuus verkondig. Barnabas het van Antiogië na Tarsus gegaan. Timoteus is onder andere na Listra (Wright).

Die Christendom het nooit ’n territoriale sentrum gehad nie (die kerk wel). Die sentrum is Jesus Christus. Waar Hy ook al bekend word, is daar ’n potensiële sentrum van geloof en getuienis aanwesig. Die Etiopiër in Lukas het nie in Jerusalem tot bekering gekom nie, maar iewers as ’t ware “tussen niks en nêrens”. Die historikus Andrew Walls (in T C Tennent) skryf dat die verskyning van ’n ware wêreld-Christendom, met die einde van die Weste as aanmatigende heersende hartland, die terugkeer van die normale Christendom aandui. Dit is meer Nuwe-Testamenties. Die kruiskulturele oordrag van die Chris-telike geloof was nog altyd ’n integrale deel van die Christendom se oorlewing (Tennent).

Die goeie nuus het ’n inklusiewe karakter en getuig van God se genade en liefde. Dit breek deur alle mens-gemaakte grense en vooroordele. God roep en stuur sy volgelinge na vreemde plekke, ander mense en buite-standers, want almal aan Hom behoort. Die evangelie bereik Afrika (in Hand is dit agt hoofstukke) voor Europa. Lidia van Filippi was die eerste Christen op Europese bodem (16:11-15). Ons vergeet graag dat die eerste Christen in Afrika nie wit was nie. En, dit was in elk geval God se sending. Die Etiopiër is die een buitestander wat God wil hê Filippus moet ontmoet. Die Engel van die Here (26) gee die opdrag. In die ontvouing van die storie hoor ons nie weer van die Engel nie, maar

Page 19: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

van die Gees (van die Here – 29, 39). Dit is moeilik om enige onderskeid tussen die twee te maak (Bruce). Tog, volgens die Westerse teks verwys vers 39 na die Engel van die Here wat Filippus, na sy ontmoeting met en doop van die Etiopiër, wegneem. Alhoewel die Westerse teks meer Lukas se styl vertoon, geld dit nie van vers 39 nie. Dit is onwaarskynlik dat Lukas enige fisieke handeling aan die Gees van die Here sou koppel, daarom sou die nie-Westerse teks ’n beter opsie wees (Strange).

Inligting oor die naamlose reisiger laat uiteenlopende menings, vrae en spekulasies ontstaan. Hy was ’n swartman uit Afrika wat in die gebied van Etiopië suid van Egipte, bekend as Nubië, woonagtig was. Die land staan vandag as Soedan bekend. Hy was waarskynlik ’n afstammeling van Gam. Hy was ’n hooggeplaaste amptenaar en iets soos ’n minister van finansies van die koningin van Etiopië. Hy het die titel kandake (soos farao) gehad. Hy word herhaaldelik as eunug beskryf. Dit lyk of Petrus klem lê op die Etiopiër as eunug. Die benoeming kom vyf keer (26, 34, 36, 38 en 39) in die Griekse teks van die perikoop voor. Dit is jammer dat die woord in die meeste Afrikaanse tekste met “ontmande” in plaas van “eunug” (minder bekend, tog erkende Afrikaanse woord) vertaal word. “Ontmande” is nie die enigste betekenis van “eunug” nie. Eunug is ’n generiese woord. Dit kan na selibaat, impotensie of bloot ’n hofbeampte verwys. Kyk ons na Jesus se drie verklarings van eunug in Matteus 19:12 is sommige so gebore, ander is deur menslike (mis)handeling so gemaak, nog ander verkies om so te wees ter wille van hul toewyding aan God. Die verklarings kan ruimte vir kontroversie skep. Daar is goeie argumente dat Jesus se eerste verklaring van eunug “as so gebore”, die naaste beskrywing in die Bybel is wat ons vandag as homo-seksueel verstaan (J J Mc Neill). Christen gays sou aanklank by die storie vind en sal met die eunug kan identifiseer. Boonop was hy ’n Afrikaan. Dit is veral op die Afrika kontinent waar gays geteister word.

Eunugs is gewoonlik as hofbeamptes aangestel. Hulle het onder andere die vroue in die paleis bedien en beskerm. Dit verklaar die etimologie (lett betekenis) van eunug as bedoppasser. Hulle was dus “veilig” omdat hulle nie seksueel aangetrokke tot vroue was nie. Ons lees in Jeremia 38 van Ebed-Melek, slaaf en eunug met toegang tot die vrouekwartiere in die paleis, wat die profeet Esegiël se lewe red. Na aanleiding van die konteks waarin die Etiopiër hom bevind, lyk dit meer of eunug na sy amptelike posisie verwys as sy fisieke toestand. Tog, met die beperkte aanvaarding van eunugs in die Joodse godsdiens, mag dit Lukas se teologie goed pas as dit na die fisieke verwys (Louw en Nida). As mens mooi daaroor nadink, waarom sou Lukas enigsins eunug herhaaldelik meld as dit nie betekenisvol is en dit ’n belangrike boodskap het nie. Sy status as eunug is heel waarskynlik die fokus van Lukas se vertelling.

Die eunug se geloofstatus is nie duidelik nie. Dit was waarskynlik nie vir Lukas belangrik om sy godsdienstige assosiasie aan te dui nie. Hy was ’n nie-Jood en vroom, wat geen koste ontsien het om na Jerusalem te gaan om te aanbid nie. Hy was nie ’n proseliet nie (C H Lindijer; J L de Villiers), weens sy status as eunug. Dit is nie

duidelik of hy wel in die tempel toegelaat is nie. Indien wel, sou hy waarskynlik net in die voorhof van die heidene toegelaat word. Volgens Joodse wet (Deut 23:1) word eunugs uit die vergadering van Israel uitgesluit. Hy kon ook nie deur die besnydenis tot die volk van Israel toetree nie. Mens sou die afleiding kan maak dat sy geestelike behoeftes nie in Jerusalem bevredig is nie. Klaarblyklik het hy nie in Jerusalem gevind wat hy gesoek het nie (De Villiers) en teleurgesteld die lang pad terug huis toe aangepak. Iewers het hy ’n Jesaja-boekrol bekom, waarskynlik in Egipte duur gekoop. Hy was, volgens die Joodse godsdiens, ’n randfiguur al was hy as welgestelde en geletterde in sy land waarskynlik ’n hooggeplaaste.

Filippus, as gestuurde van die Here, vind die eunug op die verlate pad tussen Jerusalem en Gasa op ’n wa sit en hardop uit die boek Jesaja lees. ’n Gesprek ontstaan rondom die deel wat hy gelees het. Filippus het nie vir die eunug Jesaja 53 uitgelê soos die eerste hoorders in die sesde eeu voor Christus dit gehoor het nie. Filippus, vol van die Gees, het op “voetsoolvlak” Jesaja 53 uitgelê. Jesaja 53 kan as die kern van die vertelling beskou word. Die verse (6-8) wat die eunug gelees het, het verwys na die lydende kneg van die Here, wat onskuldig gely het, sy lyding gelate gedra en daarom deur God verhoog is. Hy het dit omskep om die geloofsidentiteit van die eunug te verander. Aanhalings uit Jesaja 53 (lied van die lydende kneg) kom nie net hier voor nie, maar is ’n voorkeurteksgedeelte in die Nuwe Testament. Daar word meer as tagtig keer in die Nuwe Testament na Jesaja 53 verwys.

As Jesaja 53 vir ander doeleindes as die oorspronklike betekenis, met die Babiloniese ballingskap as agtergrond verklaar word, dan word dit verstaan as iets om te doen. Dit kan ’n simboliese wêreld skep waartoe ’n leser kan toetree en ’n deelnemer word. Die teks kan die basiese identiteit van die leser transformeer (Clines in Melugin). Bybelskrywers het ander reëls gebruik. Hulle was meer besorg oor die manier waarop taal die gemeenskap van gelowiges vorm of hervorm, as hoe korrek taal gebruik word om die werklikheid te verduidelik (Melugin).

In dié vertelling, soos in die res van Handelinge en Lukas, is die veronderstelling dat Ou-Testamentiese profesieë in die oorvertelde ervarings en aktiwiteite van Christus en die vroeë Christendom vervul is. Daarom is dit nie vreemd nie dat Filippus op die eunug se vraag, van wie die profeet praat, na Christus verwys. Christus is by uitstek die dienaar wat verlossing vir die wêreld bring (dit herinner aan Fil 2:5-11). Dit is dus nie verregaande om Christus (Jes 53) as nog ’n verteenwoordiger van die dienaar te sien nie. Die roeping van dienskneg behoort eerstens aan die volk van God, maar hulle kon nie daarin slaag om dit uit te leef nie. Tweedens word die profeet as kneg geroep. Maar die profeet besef sy tekortkominge wat sy roeping oortref (Goldingay). ’n Ander dienskneg was nodig. Filippus ontmoet die eunug by dié Skrifgedeelte. In Jesaja 53 begin die evangelie van Jesus, maar Jesus is meer as Jesaja 53.

Mens kan Jesaja 56 ook op die skerm van dié vertelling plaas. Jesaja 56-66 (derde-Jesaja) fokus op God se

Page 20: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

universele verlossingsperspektief. God se verlossing is nie beperk tot die Jode nie, maar tot almal wat met Hom identifiseer. Mense wat voorheen as “onrein” beskou is –soos eunugs (56:4) – is nie uitgesluit uit God se volk nie (sien Hand 10:15). Hulle wat in die tempel verbied is, kry nou ’n erenaam. Die vreugde van verlossing is vir almal bedoel.

Lukas se teologiese siening van die goeie nuus aan buitestanders, wat soos ’n goue draad deur sy boeke loop, kom ook hier na vore. Jesus Christus breek finaal met die partikularisme van die Jodedom. God is ’n vrymaker; sy heil word oor grense heen na alle mense, ongeag hulle etniese, religieuse, fisieke en seksuele agtergrond, uitgedra. Dit is sinkronisiteit, ’n bestiering. Op die regte oomblik daag Filippus op en word die eunug se vraag oor Jesaja 53 beantwoord. Die afleiding word tereg gemaak dat die eunug tot bekering gekom het. Sy bekering soos met die bekerings van Kornelius en Paulus is ingevolge die voorsienige bestel van God (De Villiers). Die eunug het die goeie nuus van Jesus Christus sy eie gemaak en as ’t ware belydenis van geloof afgelê, deur te vra of daar enige verhindering is dat hy gedoop sou word (De Villiers). Sy behoefte as voorheen benadeelde en buitestander om in die geloofsgemeenskap opgeneem te word, word met sy doop bevestig. Die betekenis van die goeie nuus van aanvaarding en insluiting word met die teken van die doop bevestig. Hy het lid van die een nuwe mensheid (Paulus) geword. Hy kon met sy nuutgevonde geloof sy reis in groot vreugde voortsit met die onsigbare hoofkarakter, die Gees.

Preekvoorstel

God se reddingsending word sigbaar in ons gemeente wanneer ons grense oorsteek en vooroordele laat vaar. Sy verlossing stuur my en jou met die goeie nuus na ander, veral hulle wat totaal anders as ek is. Die goeie nuus van Jesus getuig van God se genade en liefde vir die wêreld en al sy mense.

Een van die maniere om te verduidelik wat gebeur wanneer ons gemeente God se sending na buitestanders ernstig opneem, is om dit met ’n opvoering te vergelyk:

God is tegelyk die hoofkarakter en regisseur. Hy neem die inisiatief en leiding. Deur sy Gees word die toneel gereed gemaak en karakters voorberei. Jesus het die voorbeeld om na te volg reeds gestel. Boonop is geloof ’n geskenk van God (Calvyn en Barth).

Die buitestander is ’n belangrike karakter. Hy/sy is kwesbaar, moeg, en ontvanklik vir goeie nuus (soos die eunug). Hy/sy is nie noodwendig doer nie, maar net om die draai, of om die hoek, dalk langs die pad of bloot in my pad.

Ons is die mede- en noodwerker(s) van God (soos Filippus). Ons houding en optrede veral teenoor die buitestander(s) weerkaats Jesus se gesindheid van liefde, deernis, nederigheid en diens. Ons word gestuur om dalk net in ons eie omgewing die goeie nuus te bring; om aan mense wat ons pad kruis die eenvoud van die evangelie te deel en/of om mense in hul nood by te staan en ’n

verskil te maak. Dit is belangrik dat ons as bevrydes en verlostes leef, en liefde onder mekaar beleef.

Die gemeente is die “basiskamp waar ’n mens krag kry en stories van geloof, hoop en liefde hoor” (Van Niekerk). Dit is ’n gestuurde gemeente wat God se stem hoor en nie net oor kwantitatiewe aspekte, soos die instandhouding en groei van getalle en skatte van kerkwees besorg is nie. Dit is waarskynlik die klein dinge en op die oog af die onbelangrike of anderste mense en buitestanders, wat God verwag sy gemeente moet veral besorg oor wees.

Die wêreld is die verhoog waarop God se redding afspeel. Dit is waar mense op stil paaie seer en soekend is en in groot stede tussen die massas eensaam verdwyn. Dit is in die donker waar die lig die nodigste is. Dis in God se wêreld waar die grense van ras, klas en seksuele oriëntasie nie geld nie en waar Jesus met vreemde karakters meng.

Die Leesrooster van 2000 bied dieselfde teks vir die vyfde Sondag van Paastyd aan. Fanie Herholdt se tema is: “God se liefde en sorg word telkens en konkreet gedemonstreer by hulpeloses en randfigure. Sy gehoor-same volgelinge deel in die voorreg om sy hande, voete en stem by sulkes te wees.” Hy verwys na “soekers en dieners” in sy preek.

Daar bestaan onder andere volgende preektemas oor die eunugvertelling: “Die evangelie trek buitestanders na binne”; “Van ver word hy nader gebring”; “God kyk Afrika nie mis nie”; “Die vroeë kerk verwelkom ’n gay”. Daar kan aan ’n paar ander moontlikhede gedink word dink soos: “God rig sy verlossingsbaken in Afrika op”; “God bepaal sy sending in die wêreld”; “Jesus diskrimineer teen niemand nie, almal is syne”; “Die Gees waai waar Hy wil”; “Wat Jesus van my verwag teenoor vreemdelinge uit Afrika?”; “Die Gees maak Filippus kleurblind”; “Eunugs, gays en ander buitestanders is almal by God in tel”; “’n Bedreigde kerk word ’n gestuurde kerk.” Murray Janson skryf in ’n dagstukkie oor die teks: “As ek my verhouding tot mense deur velkleur laat verkleur, dan het my geloof die verkeerde kleur.”

Die teks wat op Paastyd fokus kan met die volgende metafore ingekleur word: ’n Lig wat helder skyn kan aangebring word, dit simboliseer die lig wat deurbreek; musiek (en liriek) en lofprysing getuig van die vreugde van die tyd; deur die doop te bedien en nuwe lidmate te bevestig word die nuwe lewe gevier.

Bibliografie

Bruce, F F 1977. The Book of Acts. New London Commentaries; De Villiers, J L 1977. Handelinge van die Apostels Deel 1; Du Toit, A B (red) 1980. Handleiding by die Nuwe Testament Band IV; Goldingay, J 1984. God’s prophet. God’s servant. Lindijer, C H 1975. Handelingen van de Apostolen I. De Prediking van het Nieuwe Testament; Louw, J P & Nida, E A 1989. Greek-English Lexicon of the New Testament, vol 1; McNeill, J J 1988. The Church and the Homosexual; Strange, W A 1992. The Problem of the

Page 21: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

Text of Acts. Society for New Testament Studies. Tennent, T C 2007. Theology in the context of world Christianity: how the global church is influencing the way we think about and discuss theology; Melugin, R F 1999. Texts to Transform Life: Reading Isaiah as

Christians. Word & World; Van Niekerk, A 2008. Godsbegrip bepaal kerkbegrip. Kruisgewys 8/1; www.christianitytoday.com; Wright, C J H 2007. An Upside-Down World. Distinguishing between home and mission field no longer makes sense.

Skets van Filippus en die eunug deur Heinrich Jenny (1824-1891)

Page 22: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

SONDAG 17 MEI 2009SESDE SONDAG VAN PAASTYD

LITURGIESE VOORSTELLeesroosterteksteFokusteks: Handelinge 10:44-48

Ander tekste: Psalm 98; 1 Johannes 5:1-6; Johannes 15:9-17

Liturgiese verstaanPsalm 98 jubel oor God se liefde wat deurbreek en volke, wat eers uitgesluit was, nou in sluit.1 Johannes 5:1-6 herinner ons aan ons roeping om lief te hê; liefde wat uitgaan na alle ander wat ook glo.Johannes 15:9-17 verwoord ons nuwe opdrag: “Julle moet mekaar liefhê.” Volkome blydskap breek deur wanneer ons mekaar in liefde omsluit.

InleidingDié Sondag staan bekend as Rogate (“Roep”).

Die fokusteks werp lig op God wat sy kinders verander en verryk wanneer Hy hulle as getuies gebruik. Tegelykertyd sluit Hy vreemdelinge in sy verbond in. Dié verhaal laat ons iets beleef van die uitwerking van die “evangelie van vrede” (Hand 10:36), die uitkoms van Jesus se opstanding. Die Here bou deur sy Gees brûe tussen die mense in sy kerk sodat ons saam opgebou kan word.

God versamel ons voor HomGroetJohannes 15:9-17 is ’n teks wat ons opdrag as nuwe mense in Christus verwoord en word in hierdie erediens as aanvangswoord benut. Sien onder vir ’n voorstel hoe om dit op responsiewe manier te gebruik.

Doopherinnering: Volg na die preek as toe-eiening van die genade wat ons in die doop ontvang het.

Diens van die tafelNagmaalgesprekDie nagmaalsformulier verwoord in punt 5 op besondere manier die vreugdeaspek van nagmaal en laat ons die verband sien tussen die lyding van Christus en die vreugde wat dit vir die gelowige meebring. Dit kan met die viering van die nagmaal duidelik na vore gebring word deur gesprek daaroor te voer veral ter wille van ons kinders. Hieronder volg ’n voorbeeld van so ’n gesprek.

Diens van die WoordGebed om die opening van die WoordOns harte sing ’n nuwe lied tot U eer, Here, want U het ’n geweldige ding reggekry: in u krag en Goddelike mag het U die dood oorwin. U oorwinning het U wêreldwyd bekend gemaak; op elke kontinent u reddingsdade laat verkondig.Bevestig nou weer aan ons, u huisgesin, u oorwinning,liefde en trou. Oral in die wêreld is mense wat glo dat U, ons God, oorwin het. Saam wil ons juig tot U eer, ons is vrolik, ons juig en sing! U, Here, kom om oor die aarde te heers; oor die hele wêreld sal U u regverdigheid en billikheid laat geld.U sal oor almal u gesag bevestig (uit Ps 98:1).

UitsendingGemeentelike verbintenisVoorganger: Om die nuwe lewe in Christus te leef, sal dit

vir ons nodig wees om ons te verbind om in lewe te lewe soos Hy dit verlang. Laat ons dit doen deur 1 Johannes 5:2-5 te beaam.Hiéraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie onderhou.

Gemeente: Die liefde vir God bestaan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam.

Voorganger: Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, want enigeen wat ’n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin.

Gemeente: En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof.

Voorganger: Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

Gemeente: Ons glo: Jesus is die Seun van God (1 Joh 5:2).

Musiek en sangOrrel: “Ons hoor die Paasfeesklokke”, Niel van der Watt uit “Met hart en mond en hande” (Lied 409)Sluit Paasseisoen met hierdie trefferlied af. Liedere by die opening van die Woord saam met Psalm 98: Lied 98; 478/NSG 379 “Op vaste fondamente” Loflied: Lied 411/NSG 211 “Kom almal laat jul stem verrys”

Kort voor hemelvaart: Lied 414 “Jesus het die dood deurbreek”; NSG 124 “Good Christians all, rejoice and sing”Tema van liefde: Lied 526 “Waar daar liefde is” (uit Taize); 530 “Praat ek mense-, eng’letale”; NSG 384 “Ons het julle baie lief”Liedere by nagmaal: Flam 124 “Waardig is die Lam”

141

Page 23: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

VoorbeeldeGroet en aanvangswoordVoorganger: Genade en vrede vir julle.Gemeente: Genade en vrede ook vir jou.Voorganger: Jesus, die Here, is in ons midde.

Sy woorde aan sy dissipels en ons is: “Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief” (Joh 15:9).

Gemeente: Ons wil in U liefde bly.Voorganger: “Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle

liefhet” (Joh 15:12b).Gemeente: Ons wil leer soos U vra.Voorganger: “Julle het My nie uitgekies nie” sê Jesus,

“maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou” (Joh 15:16).

Gemeente: Mag die Vader dit aan ons gee. Voorganger: Amen.Gemeente: Amen.

NagmaalsgesprekLaat een van die groter kinders die vraesteller wees, ’n ouderling of ouer die respondent.

Vraesteller: Hoekom sê gelowiges die nagmaal is ’n fees met baie vreugde?

Respondent: In die wêreld leef baie mense sonder vreugde, maar ons is bly omdat ons weet die Here het gesterf sodat ons kan lewe.

Vraesteller: Is die brood en wyn nie baie hartseer tekens nie? Dit herinner ons mos aan Jesus se liggaam wat stukkend geslaan is.

Respondent: Ja, maar gelukkig hoef ons nie meer vol hartseer te rou nie. Ons kan eerder bly wees omdat Hy die dood oorwin het.

Vraesteller: Behoort ons nie liewer by die nagmaal droewig en doodernstig te wees nie?

Respondent: Nee, want, al is dit ’n ernstige saak, is dit ’n plek waar die Here die vrug van sy swaarkry en sy dood vir ons uitdeel.

Vraesteller: Is ons dan bly oor Jesus se swaarkry?Respondent: Nee, ons is eintlik bly omdat ons kan proe

hoe heerlik die ewige lewe is wat ons eendag by die Here sal geniet.

Vraesteller: Dan moet ons harte vol dankbaarheid wees!

Respondent: Ja. Ons is saam met al die Christene van oraloor en almal wat nog ooit geleef het, dankbaar en bly omdat ons losgekoop is. So loof ons die Here saam:

Gemeente: “U is waardig om die boek te neemen die seëls daarvan oop te maakomdat U geslag isen met u bloed mense vir Godlosgekoop hetuit elke stam en taalen volk en nasie.U het hulle ’n koninkryken priesters vir ons God gemaaken hulle sal oor die aarde regeer” (Op 5:9-10).

(Verwerk uit die nagmaalsformulier, punt 5.)

PREEKSTUDIE – HANDELINGE 10:44-48Teks

Vers 44-48 vorm die hoogtepunt van die langer Kornelius verhaal wat by Lukas 10:1 begin en by 11:18 eindig. Die volgende indeling (wat S J Heroldt gebruik) gee ’n goeie oorsig van die verhaal:

- die visioen van Kornelius (10:1-8);- die visioen van Petrus (9-16);- die ontmoeting met die diensknegte (17-23a);- die ontmoeting met Kornelius (23-33);- Petrus se verduidelikende toespraak (34-43);- die uitstorting van die Gees en die doop (44-48);- die legitimering in Jerusalem (11:1-18).

Vers 44: Hoewel die uitstorting (letterlik “val” in vers 44 en “uitstort” in vers 45) van die Heilige Gees skynbaar Petrus se prediking onderbreek (vlg 11:15 klink dit asof Petrus van plan was om baie meer te sê), staan dit nie teenoor die verkondiging van die Woord nie, maar bevestig dit. Vir Calvyn is die uitstorting van die Gees ’n bevestiging dat God predikers stuur om deur die verkondiging van sy Woord verlossing deur die Gees te werk (vgl Gal 3:2).

Wat hier gebeur, is duidelik ’n daad van God. Dit bevestig ’n lyn wat deur die hele Kornelius verhaal loop.

God stuur ’n engel na Kornelius. Hy laat Petrus ’n gesig sien. Die Heilige Gees gee aan Petrus die opdrag om saam met die boodskappers te gaan. “Through four interventions (10:3-6,11-16,19-20,44-47) God himself directed the course of action, bringing Peter and Cornelius together in one place, overcoming Peter’s reluctance ‘to associate with or to visit’ Gentiles (10:28) and finally making it impossible for Peter not to baptize them by granting the Holy Spirit to these Gentiles (10:44-47; 11:16-18), ‘just as on us at the beginning’ (11:15; cf 10:47)” (Krodel, p187).

Die opvallende woord in hierdie vers is “almal”. Dit moet natuurlik saam met vers 24 gelees word waar Lukas noem dat Kornelius “sy familie en huisvriende” bymekaar geroep het vir Petrus se besoek. Dit kan ook saam met vers 34 en 35 gelees word.

Vers 45-46a: Daar is ’n opvallende parallel met Handelinge 2:2-13. Vir almal daar teenwoordig was dit duidelik; wat hier plaasvind, is die uitstorting van die Heilige Gees is. Hier is geen sprake van ’n “tweede klas” nie – God behandel Kornelius en sy familie en vriende op gelyke voet met Petrus en die ander apostels. Vergelyk in hierdie verband die “soos ons” in vers 47, 11:15 en 11:17. In Handelinge 2 was dit die inwoners

142

Page 24: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

van Jerusalem wat verbaas was oor wat met die volgelinge van Jesus gebeur. Hier is dit die volgelinge van Jesus wat verbaas is oor wat met die Romeine (“heidene”) gebeur.

Vers 46b-48: Vir Petrus en sy metgeselle was dit logies dat die doop met water op die uitstorting van die Heilige Gees sou volg. Dis opvallend dat hier geen sprake van besnydenis is nie – iets wat volgens 11:13 juis aanleiding gegee het tot ernstige kritiek uit die geledere van die gelowiges in Jerusalem.

Vers 47 kan gerus saam met vers 34 en 35 gelees word. Dit lyk asof Petrus nou eers – nou dat die Heilige Gees merkbaar op almal uitgestort is – werklik besef wat die implikasies van sy eie uitspraak is. Volgens Lukas gee Petrus die opdrag “dat hulle in die Naam van Jesus Christus gedoop moet word” en vermeld geen verdere inligting nie. Die wyse van doop, wie dit bedien het en of dit onmiddellik plaasgevind het, word nie vermeld nie. Hierna vertoef Petrus vir enkele dae as Kornelius se gas en bevestig daarmee dat daar ’n nuwe gemeenskap tot stand gekom het. “For Peter, accepting the hospitality of these Gentiles was the horizontal implementation of the vertical experience narrated in vv 44-47. One cannot preach the gospel to people, or regard them as equals, and then refuse to eat with them. (Krodel)”.

Binne die groter Handelinge verhaal het die Kornelius verhaal ’n duidelike skarnierfunksie. Volgens hoofstuk 8 het Philippus, een van die sewe, die evangelie eers aan Samaritane en daarna aan ’n Etiopiër verkondig – met wonderlike gevolge! Tog het die vraag of die “heidene” gelyke erfgename van God se genade is, nog nie op die agenda verskyn nie. Waarskynlik omdat die vervolging van die “volgelinge van die Here” (vgl 9:1) nog so hewig was. Dis eers na Saulus se bekering op pad na Damaskus dat daar weer rustigheid kom (vgl 9:31) en die tyd ryp was om die vraag oor die “heidene” aan die orde te stel. Dit gebeur op verrassende wyse wanneer niemand minder nie as Petrus instrument is in die bekering van ’n aantal Romeine. Dit konfronteer die gemeente in Jerusalem met die vraag oor die “heidene” en laat hulle ontdek: “God het selfs mense wat nie Jode is nie, tot inkeer gebring om aan hulle die lewe te gee (11:18).”

R C H Lenski som dit so op: “Luke devotes so much space to the story of Cornelius because it marks a new departure in the work of the apostels. What had been indicated by the baptism of the Ethiopian eunuch is fully established by the baptism of Cornelius and of his household. The eunuch went his way, but these Gentiles in Caesarea remained and thus formed the vanguard of the great army of Gentiles that soon entered the church” (Lenski).

In hierdie verhaallyn speel die gebeure van 10:44-48 ’n belangrike rol. Volgens vers 44 klink dit asof die Heilige Gees Petrus in die rede val en sonder meer almal wat na die Woord geluister het, beweeg tot lofprysing. Dit gebeur boonop op so ’n wyse dat Petrus en sy metgeselle herken dat dit soortgelyk is aan die uitstorting van die Heilige Gees waarvan Lukas in Handelinge 2 vertel (vgl Petrus se verslag volgens 11:15).

Dis interessant om na Petrus se rol in die verhaal te kyk. Hoewel die verhaal aan die naam van Kornelius gekoppel word, word hier veel meer van Petrus vertel as van Kornelius. Maar eintlik is die aktiewe persoon in hierdie verhaal nie Petrus nie, maar God, die Heilige Gees. Petrus se optrede is grootliks ’n gewillige tree vir tree volg God se leiding, terwyl dit terugskouend duidelik word dat Petrus nie vooraf regtig verstaan het waarheen God met hom op pad was nie. Daar word tereg in hierdie verhaal van ’n dubbele bekering gepraat. Kornelius het die Heilige Gees ontvang en is gedoop, en Petrus sien hoe God se vrymagtige genade werk en hom tot nuwe insigte laat kom.

Konteks

Al die voorafgaande opmerkings moet binne die konteks van die historiese situasie van Handelinge 2 tot 9 geïnterpreteer word. Dit is nie moeilik om beskrywings van hierdie tyd te vind nie. Die maklikste is om gewoon die eerste hoofstukke van handelinge te lees en te let op wat hier oor die eerste gelowiges na vore kom. Enkele opmerkings oor die Joodse gelowiges van die eerste gemeente in Jerusalem:Hulle het geglo dat Jesus die Messias was (vgl 2:20, 31, 36, 38; 3:6, 18, 10; 4:10, 26; 5:42).

Omdat die beloofde Messias gekom het, het hulle aanvaar dat hulle in die laaste dae leef.

Die Joodse gemeenskap waaruit hulle gekom het en waar binne hulle nog geleef het, het ’n eksklusiewe interpretasie van die Ou-Testamentiese boodskap, dat Israel God se unieke volk is, aangehang.

Hoewel daar vroeg reeds ernstige kritiek hierteen gelewer is (vgl Stefanus se toespraak in Hand 7), was daar ’n groot getal gelowiges wat steeds die eksklusiewe posisie van Israel gehandhaaf het – insluitend die gedagte dat heidene alleen op God se seëninge kan aanspraak maak deur proseliet-jode te word.

In ’n insiggewende artikel oor die gemeenskap waarbinne die eerste gelowiges hulle bevind het, skryf Dr J Julius Scott die volgende: “Experiences of Gentile domination in the late monarchy, the destruction of Jerusalem by the Babylonians in 586 B.C., and the threats from Hellenistic culture from the fourth century B.C. onward served to harden Jewish attitudes against Gentiles. They also stimulated the growth of protectio-nistic and isolationistic barriers and attitudes against all but essential associations with Gentiles. The Old Testament commands include circumcision, Sabbath, and kosher regulations. During the Intertestamental period special emphases was placed upon these three and other prohibitions – including restrictions upon dining companions (an issue specifically raised in Acts 11:3). They had been turned, first, into instruments for protection of racial, cultural, national, and religious identity, and then, into emblems of Jewish superiority, privilege and exclusivism. Post Biblical Judaism displayed a variety of attitudes toward non-Jews, almost all negative. Gentiles were godless, idolatrous, unclean and rejected by God. Dealings with them made Jews unclean. The implications of all this on the question of

143

Page 25: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

suitable candidates for Christian ‘salvation,’ entering a favorable relationship with God, must be stressed. Without information to the contrary, many in the Jerusalem Church, would assume the requirements for admission into their Messianic community would include that Gentiles become proselytes to Judaism” (sien inligting oor artikel onder aan).

Hieruit is duidelik dat die Korneliusverhaal as ernstige kritiek op die status quo funksioneer. Die Gees van die opgestane Christus neem sy volgelinge oor grense heen van Jerusalem na Judea, na Samaria en na die uithoeke van die wêreld (vgl Hand 1:8). In sy studie waarin Müller die hele Kornelius verhaal vanuit ’n sending-perspektief lees, maak hy die volgende opmerking: “Sending het te make met die hoe en waar vandag ruimtes kan vrykom om aan hierdie oormatige en vrye leiding van die Gees uitdrukking te gee. Hierdie perikoop sê dit is ruimtes wat in gehoorsaamheid oopgebeur word. Dit verg ’n dubbele gehoorsaamheid: om na die stem van God en na die stem van die wagtende broer en suster te luister.” Hoewel dit jare gelede geskryf is, het hierdie insig groot trefkrag binne die konteks van die NG Kerk se fokus op ’n seisoen van luister. Daar kan nie van outentieke gehoorsaamheid gepraat word voor daar nie goed geluister is nie. Ons kan ook nie sê ons het goed na die Gees geluister as ons nie terselfdertyd goed na ons broers en susters geluister het nie. Wie luister en wie gehoorsaam is, sal moontlik soos Petrus geroep word om grense oor te steek.

Die vraag is: Kan ons meegaan wanneer die Gees met sy kerk op weg gaan? Kan ons nog deur die Heilige Gees verras word? Om Heroldt weer aan te haal: “Uit die voortgaande verhaal van die lewende God wat oral steeds op weg is en nie witbroodjies het nie, blyk dat die kerk kan verwag om uitgedaag te word, om selfs teen hul sin meegesleep te word en desnoods ’n bekering mag ondergaan”. Tereg kan die kerk dit in elke nuwe situasie en elke nuwe geslag te wagte wees. Die vraag is: Is ons sensitief genoeg om op een of ander manier meegesleep te word, of is ons so seker van onsself en ons posisie, so vas oortuig dat ons die waarheid beet het, dat ons eintlik onbeweeglik geword het?

Vir die lees en verkondiging van hierdie verhaal in Paastyd, bied Heroldt ’n belangrike perspektief: “Uit die strekking van die verhaal en die plasing daarvan in Handelinge kan aangetoon word dat die opstanding van Jesus en die op-weg-wees van God ten nouste by mekaar hoort.” Indien ons die RCL volg en hierdie Skrifgedeelte op die 6de Sondag van Paastyd aan die orde stel, gee dit die prediker die geleentheid om vanuit die opstanding van Jesus die vraag van God se op weg wees met ons te ontsluit.

Vir meeste van ons is die onbekende bedreigend en sien ons ons veiligheid in die bekende of status quo. Dis nie maklik om uit jou “gemaksone” te beweeg nie! Soveel te meer wanneer ons reeds voos is van vorige ervarings van blootstelling of drastiese verandering wat vir ons dalk meer pyn as vreugde gebring het. Binne hierdie konteks kan die troosvolle en vrymakende boodskap verkondig word dat Jesus opgestaan het en dat Hy leef. Een van die

sterk argumente dat sy opstanding ’n werklikheid is, is juis die dramatiese wyse waarop ’n klompie bang, onseker dissipels verander in vrymoedige getuies vir Jesus! En hiervan is Petrus ’n sprekende voorbeeld.

Die verdere konteks wat in die prediking en erediens van hierdie Sondag verreken moet word, is dat die derde Sondag in Mei sedert die vroeë tagtigerjare as “Aids Memorial Sunday” bekend geword het. Die afgelope jare word dit al wyer (internasionaal) deur kerke erken. Daarom is dit noodsaaklik dat ons ook hier in Suid-Afrika, waar die vigspandemie se brandpunt is, sal aandag gee aan Vigsherdenkingsondag. Anders as Wêreldvigsdag, wat ’n vaste datum het (1 Des), is Vigsherdenkingsondag spesifiek op ’n Sondag. Omdat dit op ’n Sondag plaasvind, is dit by uitstek ’n dag waarby kerke en gemeentes kan aansluit. Dit gaan om veel meer as die “aansteek van kerse”. Die naam “memorial day” gee aan ons die geleentheid om te fokus op die impak van MIV en vigs in die lewe van individue. gemeentes en gemeenskappe. Dit is ’n geleentheid wat Christene kan gebruik om prakties te demonstreer dat ons almal deur die vigspandemie geaffekteer word. “As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly” (1 Kor 12:26).”

Vigsherdenkingsondag herinner ons dat ons met ’n pandemie te make het wat mense se lewe kortknip. Om aan ’n vigsverwante siekte te sterf, het vir baie beteken dat hulle deur hulle gemeenskap (selfs familie) verstoot is. Dit gebeur nog steeds! Daarom is dit nodig dat hulle wat so gesterf het, sowel as hulle wat met MIV leef, se volle menswaardigheid erken word. Dis dringend nodig dat mense wat met MIV leef en hulle wat direk hierdeur geraak word, ervaar dat die kerk ’n genesende gemeenskap is. Daarom is Vigsherdenkingsondag nie ’n dag vir sydelingse klappe, verwyte of beskuldigings nie. Terwyl daar elke Sondag geleentheid is om die Woord vermanend te verkondig – ook ten opsigte van morele waardes en leefwyses – is hierdie Sondag in die eerste plek ’n dag van teenwoordig wees by hulle wat seer het en swaar kry. Dis ’n dag om die arm om iemand se skouer sit. ’n Dag om saam te treur. ’n Dag om te troos.

In die lig hiervan kan die Korneliusverhaal sinvol aangebied word. Dis nie nodig om kunsmatige ooreen-komste te soek tussen die situasie in Sesarea en die vigspandemie nie. Ek dink die ooreenkoms lê eerder in God se beweging na mense. Wanneer Petrus in hierdie huis (wat voorheen deur sy eie tradisie vir hom toegesluit was) kom, kondig hy aan dat hy die “evangelie van vrede wat Jesus Christus gebring het” (v 36), kom verkondig. Wanneer hy nog hiermee besig is, kom die Heilige Gees op hierdie Romeine en binne ’n oogwenk verdwyn alle skyn van minderwaardigheid en staan hierdie Romeine op gelyke voet met Joodse gelowiges. Voorwaar ’n evangelie van vrede – shalom – heelmaking!

Die vigsforum van die NGK familie stel riglyne op vir Vigsherdenkingsondag. Doen moeite om hiervan kennis te neem en om selfs ’n (interkerklike) diens op hierdie Sondag te reël/ by te woon. CABSA stel hierdie en ander

144

Page 26: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

riglyne op ons webblad beskikbaar: www.cabsa.co.za. Of vra inligting aan vanaf [email protected].

Laastens behoort die prediker ook die volgende te oorweeg: Hoe fokus mens op hierdie perikoop (v 44-48) sonder om eintlik oor die hele Kornelius verhaal te preek? Dit sal nie sinvol wees om by dié geleentheid op die verskillende maniere waarop die Heilige Gees werk, te fokus nie. Hierdie Sondag is ook nie die geleentheid om oor die verskillende menings rondom die doop te preek nie. In aansluiting by die voorafgaande bespreking het dit veel meer sin om op God se vrye, verrassende werking in hierdie verse te fokus.

Preekvoorstel

Die voorstel wat hier volg, sluit aan by Vigsherdenkingsondag. Daar word nie baie inhoudelike vulling hieraan gegee nie. Gee na die preek geleentheid vir gebed en/of simboliese handelinge as deel van die gemeente se meelewing. Anders sal die preek in die lug bly hang!

As gemeente van Jesus Christus deel ons in ’n wonderlike verlossing. Van Advent tot nou is ons deur die kerklike jaar op verskillende maniere aan die wonder van ons verlossing in Christus Jesus herinner. So lief het God die wêreld gehad dat Hy sy Seun gestuur het. So lief het God die wêreld gehad dat Hy sy Seun as offer gegee het. So lief het God die wêreld gehad dat Hy sy Seun uit die graf opgewek het. Dit weet ons, bely ons, verkondig ons. Maar die vraag is of ons dit verstaan en ook werklik bedoel? Dit gebeur so maklik dat ons, sonder dat ons mooi besef, hierdie evangelie ombuig om al meer op ons te fokus en uiteindelik ander mense uit te sluit. Dit kan stelselmatig gebeur: “So lief het God die kerk gehad, so lief het God ons gemeente gehad, so lief het God vir ons. So lief het God net vir ons en mense wat soos ons is . . .”

Dit is wat met Israel in die tyd na die Ou Testament afgesluit is, gebeur het. Die Judaïsme het die Ou-Testamentiese boodskap dat God Israel se God is tot ’n oortuiging verhef wat ander mense uitgesluit het. Die enigste wyse waarop “heidene” in God se seëninge kon deel, was om die proseliete pad te stap. Prakties het dit beteken dat hulle Jode moes word. Dit was die situasie in die tyd van Jesus se bediening en toe die eerste gemeente in Jerusalem ontstaan het. Baie Jode wat tot geloof in Jesus gekom het, het steeds so gedink. Daarom het hierdie gedagtes ’n groot rol in die eerste gemeente in Jerusalem gespeel. Maar so lief het God Romeinse burgers gehad dat Hy Petrus gebruik het sodat Kornelius en sy familie en vriende die Heilige Gees en die doop in die naam van Christus ontvang het.

Die verhaal is bekend. Die gedeelte waarop ons vandag fokus, beklemtoon dat God die een is wat in hierdie

verhaal optree. Petrus was nog aan die praat toe “val” die Heilige Gees al op die Romeine. Petrus en sy metgeselle is deur hierdie vrye genade van God verras. Die ander gelowiges in Jerusalem is hierdeur ontstel. Gelukkig het hulle later tot beter insigte gekom.

Vandag is die sesde Sondag in Paastyd. Vandag kom sê hierdie verhaal vir ons dat Jesus se opstanding nie iets is wat eenmaal gebeur het en daarom in die geskiedenisboeke hoort nie. Sy opstanding is steeds ’n werklikheid en dit beteken dat God vandag nog op weg is in die wêreld. God was in Jerusalem, maar God was ook op weg na Rome. God is in sy gemeente. Ja, maar God is steeds op weg deur die wêreld wat Hy liefhet.

Vandag is ook die Sondag waarop kerke dwarsoor die wêreld stil word rondom die verskriklike gevolge van die vigspandemie. Ons het pas gesê dat God deur die wêreld op weg is. Kan dit wees dat Vigsherdenkingsondag deel is van God se op weg wees in die wêreld? Is God daar waar kerke aandag gee aan mense wat seer het en wat treur? Is God daar waar gemeentes na mense uitreik wat eensaamheid, verwerping en vernedering beleef? Is God daar waar ’n arm om iemand se skouer gesit word, waar iemand se hand in gebed gevat word? Is God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs?

As ons iets van die Heilige Gees se vrye beweging in ons teks ontdek het, kan ons nie anders as om te sê: Ja, God is daar! God is waar sy gemeente bymekaar kom en God is ook op weg in die wêreld!

Maar daar is nog ’n vraag: As God dan daar op weg is – waar is jy? Kan God jou ook, soos vir Petrus, op ’n onbekende pad neem om jou te verras? Kan God jou lei waar jy nie verwag het nie? Petrus het gevolg. Sal jy volg?

Bibliografie

Heroldt, S J. 1995. Handelinge 10:34-43, in Burger, C W, Müller, B A en Smit, D J (reds). Verdere riglyne vir Paas-, Hemelvaart- en Pinksterprediking. Lux Verbi; Müller, B A. Handelinge 10:1-11:18, in Burger, C W, Müller, B A en Smit, D J (reds) 1996. Riglyne vir Sendingrediking tussen Pinkster en Advent, Lux Verbi; Lenski, R C H 1961. The interpretation of the Acts of the Apostles, Augsburg Publishing House; Krodel, G A 1986. Augsburg Commentary on the New Testament Acts; Scott, J J. The Cornelius incident in the light of its Jewish setting, http://www.wheaton.edu/DistanceLearning/ Cornel00.htm

145

Page 27: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

21 MEI 2009HEMELVAART – FEESDIENS

LITURGIESE VOORSTELFokusteks: Psalm 110

Ander tekste: Handelinge 1:1-11; Psalm 47 of 93; Efesiërs 1:15-23; Lukas 24:44-53

InleidingDie teksgedeeltes wat die RCL vir Hemelvaart aandui, bly jaar na jaar dieselfde. Hierdie teksgedeeltes vertolk Jesus se hemelvaart en beklemtoon die heerlikheid van God. Dit bevestig die kerk se belydenis dat Jesus opgestaan het om op te vaar na die regterhand van die Vader. Die implikasie hiervan vir ons geloofslewe word in elke nuwe tydsgewrig opnuut deurdink en gevier. Terwyl die prediking dus nuwe perspektiewe open, is die taak van die liturgie om ons geloof nog vaster op hierdie heilsgebeure te bou en groter dankbaarheid teenoor die Here wat dit alles gedoen het, aan te moedig.

Waar die fokus vandag op Psalm 110 val, word die Here Jesus se oppergesag oor die hele aarde tydens hierdie feesdiens geëer. Dit is goed om te onthou dat die enigste artikel van die apostoliese geloofsbelydenis wat in die teenwoordige tyd bely word (dus nie verlede of toekoms nie) juis Jesus se posisie aan die regterhand van God is. Hierdie belydenis bied dus ’n besondere en kritieke perspektief op die aard van ons Christelike geloof.

Kleure en simboleSoos vir elke feesdiens word wit as primêre kleur gebruik.

’n Interessante en betekenisvolle gebruik wat opgeteken is, is om die Paaskers uit te doof nadat almal in die kerk lampies of kerse daarby aangesteek het. So word simbolies uitgedruk dat Jesus voortaan in en deur sy kerk sy heerskappy sal vestig.

“The antiquarian Daniel Rock records the English custom of carrying at the head of the procession the banner bearing the device of the lion and at the foot the banner of the dragon, to symbolize the triumph of Christ in his ascension over the evil one (and can also be interpreted by analogy as the triumph of England over Wales). In some churches the scene of the Ascension was vividly reproduced by elevating the figure of Christ above the altar through an opening in the roof of the church. In others, whilst the figure of Christ was made to ascend, that of the devil was made to descend.” (“Wikipedia, Ascension of Jesus, Mei 2008”)

KontekstualiseringDie hemelvaartdiens is vir baie gemeentes die begin van Pinksterviering. Die hoop leef dat die Here deur sy Gees die gemeente steeds verder sal bekwaam om hulle spesifieke roeping te vervul. Voorgangers en werkgroepe

se voorbereiding sal daarom ’n noukeurige verwoording van die gemeente se konteks insluit. Christus se hemelvaart sal in elke spesifieke konteks veral betekenis kry in die mate waarin die gemeente die Heerskappy van Christus in sy eie deelname aan die koms van sy koninkryk kan erken en vier.

Diensorde

GOD VERSAMEL ONS VOOR HOM

AanvangswoordVoorganger: Die Here het vir my heer

die koning gesê: “Kom sit aan my regterhand, en Ek sal jou vyande aan jou onderwerp” (Ps 110:1).

Gemeente: U volk is gereed vir die dag waarop U u magte monster (Ps110:3).

GroetVoorganger: Vrede vir julle.Gemeente: Vrede ook vir jou.

Voorganger: Die Here het opgevaar.Gemeente: Aan Hom kom die lof toe.

Voorganger: Die Here heers aan God se regterhand.Gemeente: Hy sal al sy vyande oorkom.

Voorganger: Amen.Gemeente: Amen.

Aanbidding en lofLied 429:1-5; NSG 128 “Die Heer regeer, Hy’t opgevaar”en/of 428 “Loof Christus, roem sy wonderdade” (Verwerking in “Liturgieë Orrelmusiek, Band 3”, deur Claude Goudimel.)

DIENS VAN DIE WOORD

Gebed om die opening van die WoordHere Jesus,open ons verstand om die Skrif te verstaan, want alles wat daar geskrywe is, is in U vervul.Laat alles wat in die wet van Moses en in die profete en psalms oor U geskrywe is,ook vir ons duidelik wees. U moes as die Christus ly en op die derde dag uit die dood opstaan.In u Naam is bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig,van Jerusalem af en verder. U apostels was getuies van hierdie dinge,

146

Page 28: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

en het dit aan ons oorgedra. Ons rus in u woorde toe U gesê het: “Ek sal die gawe wat my Vader beloof het, vir julle stuur.” Saam met hulle wat destyds in die stad, Jerusalem, gebly het en wat met krag van bo toegerus is,sal ons ook nie verder gaan sonder die krag van bo nie. Amen. (uit Luk 24:45-49).

SkriflesingHandelinge 1:1-11

SangPsalm 47:1-2 of Lied 427:1-2 “Alle volke, loof die Koning”; Lied 547 “Alle volke klap julle hande”; NSG 126 “Jesus Christus heers as koning” Alternatief Lied 421 “Die Here Jesus lewe” (met orrelverwerking deur Albert Troskie in “Liedboek vir orrel en koor”)

SkriflesingPsalm 110

Preek

DIENS VAN DIE TAFELVoorganger en ander neem volgens plaaslike gebruik plek aan tafel in.

Vredeshandeling Die vredesgroet word onderling verwissel. Gee mekaar ’n handdruk met die groet: “Vrede vir jou.”

HerinneringSkriflesing: Lukas 24:36-53

NagmaalgebedVoorganger: Ons aanbid U, Vader,

in die naam van Jesus, U u Seun enin die gemeenskap wat die Heilige Gees skep.U het u skepping nie vergeet nie en nie aan die mensdom onttrek nie.U het u Seun gestuur om ons verlossing te bewerk.Ons loof U, Vader.

Gemeente: Ons loof U, Vader

Voorganger: U hemelvaart, Here Jesus, bevestig vir aan ons dat ons verlossing verseker is.

U offer aan die kruis en u opstanding was voldoende om ons te verlos.U heers oor ons, u kerk.U heers oor alle volkere,U heers oor die skepping.U sal alles tot volmaaktheid voer.Ons loof U, Here Jesus.

Gemeente: Ons loof U, Here Jesus.

Voorganger: Heilige Gees, deur die geloof wat U gewek het, mag ons nou gemeenskap met U beleefdeur Christus wat aan die Vader se regterhand sit.In u gemeenskap ken ons liefde en vergifnis.Deur u uitnodiging mag ons hier weesen hoop ons dat ander by ons mag aansluit

hulle vir wie U ook tot u gemeenskap roep.

Gemeente: Ons loof U, Heilige Gees.Ons loof U, Heilige Gees.

Voorganger: Ons loof U nou; ons prys U saam met die hemelwesens, saam met profete en apostels en saam met alles wat asem het.

Alternatief Kom ons prys nou die Here met lofprysinge uit die Skrif:Gemeente: Heilig, heilig, heilig is die Here die

Almagtige. Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid. Hosanna vir die Seun van Dawid!Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! Hosanna in die hoogste hemel!

Beurtspraak kan ook gebruik word.

Voorganger: Lam van God wat die sonde van die wêreld wegdra,

Gemeente: . . . ontferm U oor ons;

Voorganger: Lam van God wat die sonde van die wêreld wegdra,

Gemeente: . . . vergewe ons;

Voorganger: Lam van God wat die sonde van die wêreld wegdra,

Gemeente: . . . gee ons vrede. Amen.

Brood en wyn aan die voorganger oorhandigVoorganger: Vry gebed of die volgende woorde:

Heilige Gees, laat hierdie maaltyd ons geloof versterk sodat ons U beter en meer ywerig in u koninkryk mag dien. Bind ons in liefde saam as lede van één liggaam. Vergader uit alle volke, nasies, en tale ’n kerk tot God eer.Laat Jesus se ryk van vrede gou in sy volle heerlikheid aanbreek.

Daarom bid ons . . .Gemeente: Ons Vader wat in die hemel is,

laat u Naam geheilig word;laat u koninkryk kom;laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandagons daaglikse brooden vergeef ons ons oortredingssoos ons ook dié vergewewat teen ons oortree;en laat ons nie in die versoeking kom niemaar verlos ons van die Bose.Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

147

Page 29: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

Gemeente: Christus het gesterwe!Christus het opgestaan!Christus regeer in heerlikheid!Christus kom weer!Amen! Kom, Here Jesus!

Instelling en gebruik van brood en wyn

Lof en aanbiddingLied 425:1-4 “Kyk die Heer het opgestaan” (Verwerking vir koor, trompet en orrel deur Albert Troskie beskikbaar in “Liedboekverwerkings vir orrel en koor”.) NSG 125 “Hy wat gesterf het aan die kruis.”

UITSENDING

Dankoffer

GebedDeur U genade is ons nuut gebore om u heerlikheid te mag ingaan.Soos U eens u volk deur die Rietsee heen gered hetso het U ons deur die water van die doop heen gered.Eers was ons verlore, nou is ons gered.Ons was nie u volk nie, nou is ons u eiendomsvolk.Ons wat niks van genade verstaan het nie, leef nou uit u volgehoue goedheid.Laat ons deur u Gees verder groei as u geroepenessodat ons u Naam aan almal kan bekend maak.Aanvaar ons gawes en onsself gawessodat ons altyddeur mag leefin die Gees wat in U en in Jesus isen deur Wie ons U aanbid.

SkriflesingEfesiërs 1:15-17 word soos volg saamgelees:Voorganger: Vandat ek gehoor het van julle geloof in

die Here Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges, hou ek ook nie op om God vir julle te dank nie. Wanneer ek in my gebede aan julle dink, bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus,

Gemeente: die Vader aan wie die heerlikheid behoort,

Voorganger: deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken.

Gemeente: Ek bid dat Hy ons geestesoë so verhelder dat ons kan weet watter hoop sy roeping inhou,

Voorganger: en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het,

Gemeente: en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo.

Voorganger: Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het:

Gemeente: hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy,

Voorganger: en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom.

Gemeente: Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhefen Hom aangestel as hoof van die kerk.

Voorganger: Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

SangLied 438:1-2//NSG 174 “Gees, van God, o Gees van lewe”

Seën

BeamingLied 312 “Amen”

PREEKSTUDIE – PSALM 110Teks en konteks

Psalm 110 is een van die psalms, omdat dit so problematies is, waaroor daar waarskynlik die meeste gepubliseer is. Volgens Prinsloo is daar veral drie probleemareas. Eerstens is die teks baie swak oorgelewer. Daar is soveel tekskritiese probleme dat dit in ’n paar gevalle eintlik onmoontlik is om presies vas te stel wat daar staan. Tweedens skep die psalm ’n godsdienshistoriese probleem in dié sin dat die verband tussen en die invloed van die Naby-Oosterse godsdienste op Israel – veral wat die koningsideologie betref – moeilik bepaalbaar is. Derdens kry jy ook met ’n hermeneutiese probleem te doen. Alhoewel hierdie psalm meer as enige ander psalm in die Nuwe Testament aangehaal word, mag dit nié Christosentries gelees word nie. Psalm 110 moet in sy eie literêre, historiese en teologiese konteks gelees en geïnterpreteer word.

Aan die ander kant, behoort ons natuurlik hierdie psalm ook nie te lees asof Christus nog nie gekom het nie. Ons mág Psalm 110 aktualiseer in die lig van ons eie na-Christus situasie, maar ons mag nie maak asof die skrywer van hierdie psalm Christus spesifiek in gedagte gehad het nie. Die Nuwe Testament mag in elk geval nooit simplisties as kriterium gebruik word om die Ou Testament te interpreteer nie. Dit sou eksegeties onverantwoordbaar wees.

Wat die struktuur van die psalm betref, val dit volgens Keselman en Barré in twee godspraakformules uiteen, in vers 1-3 en 4-7. Dit word gerig aan ’n Dawidiese koning deur ’n profeet – waarskynlik met ’n troonbestyging of ’n herdenking daarvan. Die ontstaan kan waarskynlik teruggevoer word tot die vroeë monargiese periode. (Mowinckel reken dat dit Salomonies kan wees.) In die breë word dit gedateer tussen die tyd van Dawid (ongeveer 1000 vC) en die Makkabese tyd by Simon

148

Page 30: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

Makkabeus (142-134 vC). Die opskrif “Van Dawid. ’n Psalm”, is heel waarskynlik nie ’n outeursaanduiding nie, maar is soos vele ander psalmopskrifte, moontlik eers in die ná-eksiliese tyd bygevoeg.

Daar is duidelike verbande tussen bogenoemde formules/gedeeltes (vers 1-3; 4-7). Albei praat oor Jahwe in die derde persoon. Verdere samehang tussen hierdie gedeeltes word gelê deur die volgende herhalings: “regterhand” (v 1b en 5); “op die dag van” (v 3 en 5). Verder word die dubbele voorkoms van die naam Jahwe in vers 1 en 2 opgevolg deur die voorkoms van Jahwe (v 4), asook Adonai (v 5). Dit alles dui daarop dat die psalm ’n samehangende geheel vorm.

Oor die genre van die psalm bestaan daar redelike eenstemmigheid. Ons het hier met ’n koningspsalm te doen. Die koning, dis nou die aardse koning, is die hoofkarakter van hierdie psalm. Dit bevestig maar net weer dat dit nie ’n Messiaanse (met ’n hoofletter, psalm) is nie.

Volgens Prinsloo is die konteks of Sitz im Leben van die psalm nie so duidelik nie. Dit sou in die eerste plek, op ’n troonsbestygingseremonie van ’n Jerusalemse koning kon dui, soos reeds na verwys.

Tweedens verbind sommige eksegete dit aan die jaarlikse Nuwejaarsfees. Die militêre terminologie wat hier gebruik word, laat ander navorsers dit weer verbind aan ’n bepaalde veldslag wat plaasgevind het. Dit sou dan kon dui op ’n ritueel voor ’n oorlogsvoering waar daar ’n oorwinning aan die koning beloof is. Of dit sou gesien kon word as ’n psalm waarin die oorwinning in ’n oorlog reeds gevier word.

Die inhoud van die psalm kan soos volg uiteengesit word. Die 1933-vertaling word gebruik (soos hierbo) omdat die NAV plek-plek vry vertaal is. In vers 1 kondig die profeet ’n Goddelike woord aan vir sy heer, die Dawidiese koning. Dit kom heel dikwels in die Bybel voor (Vgl 1 Sam 24:9; 26:17; 2 Sam 3:21; 9:11; 13:22). Die koning word uitgenooi om die ereplek, naaste aan Jahwe, in te neem. Wie regs van Jahwe sit, soos die koning in hierdie geval, is naby aan Hom en in voortdurende gesprek met Hom. Dit beteken nie dat die koning vergoddelik is soos by sommige omliggende volkere van daardie tyd nie.

Vers 2 brei hierop uit. Jahwe sal vanuit Sion, die setel van Jahwe se mag, die koning se mags- en invloedsfeer uitbrei. Dit beteken dat die koning heerskappy oor sy vyande sal hê. Maar hy regeer nie op sy eie nie. Hy is Jahwe se verteenwoordiger. Sy gesag berus op en sy krag lê in Jahwe.

Volgens Keselman en Barré is vers 3 die heel moeilikste en “obskure” vers in die hele psalm, met ’n paar alternatiewe vir die feitlik onoorkomelike tekskritiese probleme. Die groot geleerde B Duhm het reeds in 1899 gesê dat hy dit glad nie verstaan nie. Dis eintlik vandag nog so. Die twee mees algemene verstaansalternatiewe wat hierdie vers betref, lê tussen ’n militêre situasie en die aanneming van die koning tot seun van Jahwe. Om tussen hierdie twee alternatiewe te kies, is feitlik onmoontlik. Die meeste eksegete kies egter

laasgenoemde opsie. Dit pas beter in by die genre van die psalm.

Vers 4 dui aan dat die woord van Jahwe vasstaan. Behalwe dat die koning heerser is, word ook die priesterskap aan hom toegesê – net soos in die geval van Melgisedek. Die kroon en die altaar word verenig. Al was die konings nie beroepspriesters nie, is die konings van Juda en Israel tot teen die einde van die 8ste eeu vC daadwerklik as priesters beskou. Belangriker is dat die nuwe koning van Jerusalem ten volle deel van die koningstradisie was. Dit sou in geen opsig minder-waardig ten opsigte daarvan wees nie. Veral nie ten opsigte van Melgisedek nie! As hier verwys word na die duur van die priesterskap (“altyd”) gaan dit nie soseer oor die tydsaspek nie, maar eerder oor die kwaliteit daarvan. Oor die geldigheid en stabiliteit daarvan.

In vers 5 verander die rolle as ’t ware. In vers 1 het die koning aan Jahwe se regterhand gesit. In vers 5 sit Jahwe aan die koning se regterhand. In vers 1 dui die metafoor op die ereposisie wat die koning inneem. In vers 5 gaan dit oor Goddelike beskerming en hulp veral in ’n oorlogsituasie.

Vers 6 is in die eerste plek op Jahwe van toepassing. Tog is dit die koning wat dinge uitvoer. Die eerste deel van vers 6 skep die indruk dat dit Jahwe is wat die volkere oordeel, en dis reg so, maar die tweede deel wat praat van “Hy laat die wêreld vol lê van hulle lyke”, is moeilik om op God van toepassing te maak.

Vers 7 staan ietwat los van die voorafgaande in dié sin dat nie Jahwe nie, maar die koning die subjek van die handeling is. In die lig van vers 6 is dit egter nie vreemd dat daar so ’n subjekwisseling plaasvind nie. Daar is verder onsekerheid oor die uitdrukking “Die koning drink water . . .”. Dit sou óf op ’n militêre situasie kon dui waarin die koning sy vyande agterna sit en iewers ’n oomblik rus om water te drink. Of, volgens Keselman en Barré asook ander eksegete, sou dit kon dui op ’n troons-bestygingseremonie waartydens die koning simbolies uit die fontein water gedrink het. Daarna kon die koning sy hoof verhef en as koning oor sy volk regeer. Dit bly moeilik om ’n keuse vir een van hierdie twee moontlik-hede te maak. Wat belangrik is, is dat Jahwe die koning in staat sal stel om in watter situasie ook al, te triomfeer.

Hierdie psalm kan saamgevat word deur te sê dat dit hierin om teokrasie gaan. Dat Jahwe sentraal staan. Dat Hy, deur ’n aardse koning wat sy verteenwoordiger is, regeer. Dat dit om sy koninkryk gaan. Alhoewel dit ’n koningspsalm is, gaan dit om die sigbare totstandkoming van Jahwe se heerskappy. Die psalm is dus baie sterk teosentries.

Prinsloo sê in ’n preekvoorstel omdat hierdie psalm oor die heerskappy van God gaan, die gemeente opgeroep behoort te word om God se koninkryk konkreet in hierdie wêreld te laat kom. Daarom moet daar nie op enkele teksverse in hierdie psalm gefokus word nie, maar liefs op die psalm in sy geheel.

Alhoewel Jahwe in hierdie psalm ’n koning gebruik om sy heerskappy te vestig, kan mens volgens Prinsloo nie ’n reglynige toepassing maak deur te sê regeerders moet

149

Page 31: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

of behoort, vandag voorbeelde van so ’n teokrasie te wees nie. Die toepassing moet veel eerder langs ander lyne geskied soos dat die koninkryk van God vir ons die duidelikste na vore tree in die dood, opstanding, hemelvaart en verheerliking van Jesus Christus – al sê die psalm dit nie spesifiek nie. Verder moet die klem daarop val dat, sedert die koms van Christus, ons elkeen ’n gevolmagtigde verteenwoordiger van God op aarde is. Ons elkeen is koning, priester en profeet. Dit gaan oor God se koninkryk en nie oor ons eie klein koninkrykies nie!

Ons is elkeen in ’n ereposisie deur God geplaas. Ons sit aan sy regterhand. Maar hierdie ereposisie bring ook ’n verantwoordelikheid mee. Ons moet God se nuwe ryk vestig.

Preekvoorstel

In ’n preek behoort gefokus te word op die feit dat God in en deur Christus regeer. Dis nié die kwaad wat regeer nie, al lyk dit soms asof alles in ons lewe verkeerd loop. God het die mag in die hand en Hy regeer oor álle magte! Hier behoort ook gekyk te word na die aard van God se heerskappy. Dit word uiteraard die beste geïllustreer in die dood, opstanding, hemelvaart en verheerliking van Christus.

Natuurlik was die kruis nie die laaste daad van God nie. Die opwekking was God se antwoord daarop, sodat Hy tog nou “anders” aanwesig is en regeer – maar dan moet steeds vasgehou word daaraan dat dit juis “Jesus” (van Nasaret, die Gekruisigde) is wat opgewek is en daardeur as ’t ware deur God gekondoneer is (Dirkie Smit).

Barth sê in hierdie opsig (nav Fil 2:5) dat Christus as Gekruisigde verheerlik in die hemele sit en regeer. Hy sê daarna dat mens daarom versigtig moet wees om die kruisteologie eensydig as ’n soort martelaarskap te beklemtoon sonder troos en oorwinning. Maar, dit mag ook nie vervang word met ’n triomfalistiese opstandings- en verheerlikingsteologie wat vergeet wie die Heer werklik is nie.

God regeer deur Christus. Dit moet daarom “Christelik daaraan toegaan op aarde”, in die woorde van Van Ruler. Nie soseer omdat die mense so Christelik optree nie – natuurlik dit ook – maar primêr omdat Christus as koning oor die aarde heers. Hierdie saak (van Christus) kan net gedien word in die styl van Christus, deur sy krag en nie deur óns krag en geweld nie!

Dirkie Smit verwys in hierdie opsig na ’n bekende vroeëre speurverhaal van Chesterton “Die hamer van God”. Hierin ondersoek vader Brown die moord op ’n skurk wie se skedel met ’n hamer verbrysel is. Alhoewel almal die dorpsmid verdink, omdat hy oorgenoeg rede sou hê om dit te gedoen het, ontdek vader Brown dat dit die predikant is, die broer van die vermoorde. Dié het die gewoonte gehad om hom terug te trek hoog in die boonste toring van die katedraal, vanwaar hy dan die doen en late van die mense kon dophou. Dis juis vandaar dat hy toornig geword het oor die misdaad van sy broer en hom met ’n hamer gegooi het.

Vader Brown sê dan uiteindelik aan die predikant dat berge gemaak is om na op te kyk en nié om daarvandaan af te kyk nie. So is kerktorings daar om as vingerwysings na God te dien en nie vir ons om daarvandaan af na onder te kyk nie, want dan word ons medemense soos insekte in ons oë.

Die torings is herinneringe dat God ook daar is en groter is as ons. Nie plekke vir ons om ons in sy plek te stel nie, want dan verloor ons ons menslikheid en broederlikheid. Dit is Christus wat regeer . . . en Hy regeer in liefde en sagmoedigheid, met vergifnis en geduld. Wie sy dissipel wil wees, moet die kruis opneem, soos Hy, om eendag, heelwat later en onder ander omstandighede, eers die kroon te ontvang.

Jüngel waarsku teen hierdie diep sluimerende verlange by die mens na die hoogste hoogte om self in die hemel te sit. Want, sê hy, naby die grootheid, woon die waan, die almagswaan. Hierdie klein godheid skuil in ons elkeen! Selfs vroomheid bewaar mens nie daarvan nie. Dis God wat regeer. Dikwels verborge – onherkenbaar. In dienskneggestalte. Nie deur geweld en krag nie, maar in liefde deur sy Gees!

Wanneer gelowiges in die Nuwe Testament na aanleiding van Psalm 110 van Jesus sê dat Hy aan die regterhand van God gaan sit het, bedoel hulle dat Hy oor die mag en krag van God beskik, want in die Ou Testament is God se regterhand ’n beeld vir sy krag! Dis vanuit hierdie posisie dat Christus nie net vir die gelowiges van die Nuwe Testament ingetree en gesorg het nie, maar ook vir elkeen van ons. Dit is vanwaar Hy nie net regeer nie, maar ook die oorwinning gee, want aan Hom, en dit het Jesus self voor sy hemelvaart gesê, is alle mag in die hemel en op aarde gegee.

Juis hierom hoef ons nie te vrees nie. Ook vir geen ander mag nie. Laat hulle maar kom . . . In hierdie opsig, oor hierdie oorwinning, skryf Barth aangrypend mooi: “Die opstanding van Christus kondig die oorwinning oor die bose magte aan. Die oorlog is verby, al is daar nog hier en daar soldate wat skiet omdat hulle nog nie van die oorwinning gehoor het nie. Die skaakspel is gewen, al kan die speler nog ’n paar skuiwe maak. Eintlik is hy reeds in skaakmat. Die horlosie is afgeloop, al swaai die pendulum nog ’n paar keer heen en weer. Ons vyande (die sonde en dood) is oorwin, al tree hulle op asof die geveg nog nie beslis is nie. Daarom moet ons steeds met hulle rekening hou, maar hoef ons nie meer vir hulle bang te wees nie.”

Dit is waar! Hierin lê ons hoop vir ’n stukkende wêreld. Ons kan op grond hiervan onder alle omstandighede méér as oorwinnaars wees. Hier sou na die Heidelbergse Kategismus verwys kon word wat praat oor die nut van Christus se heerlikheid en dat juis dít ons teen alle vyande beskut en bewaar (So 19). Watter wonderlike troos bied dit ons nie!

Hierdie heerskappy van Christus word eintlik net geken deur geloof. Want vir die blote oog is dit nie altyd sigbaar nie. Ons sien dit nie altyd in die wêreld nie. Ons sien dit selfs ook nie altyd in die kerk nie! Saam hiermee moet egter ook gesê word: Net soos die opstanding van

150

Page 32: B - Communitas · Web viewIs God daar waar die evangelie van vrede, van shalom, van herstel verkondig word aan gemeenskappe wat gebuk gaan onder die gevolge van MIV en vigs? As ons

Jesus sigbaar was, verras God ons vandag nog steeds met sy opstandingskrag. Met wonders van redding, bewaring, genesing en vergifnis. Hiervoor kan ons Hom nie genoeg dank nie.

Kom ons bid dat God ons meer en meer insig in hierdie heerskappy van Christus sal gee. Dat Hy ons geestesoog sal verlig sodat ons, ten spyte van beproewing, steeds aan Hom sal vashou sodat ons Hom net ál beter en ál duideliker sal sien regeer in hierdie wêreld, maar ook in elkeen van ons se lewe. Dat ons as gevolmagtigdes van Hom, met ereposisies beklee, nie op onsself en ons

agendas en koninkrykies ingestel sal wees, maar sover ons kan, deur sy Gees sy koninkryk sal vestig. Dat ons oog op Hom sal wees sodat ons nuut en, met ander waardes in hierdie wêreld sal leef. Soos mense wat weet hulle lewe is in Christus verborge. Mense wat deur hulle optrede ’n stukkie hemel aftrek aarde toe!

Bibliografie

Augsburg Sermons. 1979. Burger, C W, Müller, B A, Smit, D J 1988. Woord teen die Lig 11/4 en 3. Brown, R E (Ed) 1990. The New Jerome Biblical Commentar.

151