ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van...

21
T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za ARBEIDSREG ABR214 Lesing 10.2 Die kontrak – Beeindiging van kontraktuele verhouding Hoofstuk 9 (par 9.106-9.150) in Nagel CJ (ed) “Kommersiële Reg” 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban.

Transcript of ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van...

Page 1: ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/15-Lesing... · skikking vervang dan die kontrak ten opsigte waarvan

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

ARBEIDSREGABR214

Lesing 10.2Die kontrak – Beeindiging van

kontraktuele verhoudingHoofstuk 9 (par 9.106-9.150) in Nagel CJ (ed) “Kommersiële Reg” 3de uitg,

LexisNexis Butterworths: Durban.

Page 2: ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/15-Lesing... · skikking vervang dan die kontrak ten opsigte waarvan

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.2 (LEERUITKOMSTE)

• Noem en bespreek volledig die verskillende wyses waarop ʼn kontraktuele verhouding beëindig kan word.

• Bespreek elk van die bogenoemde wyses individueel.

Page 3: ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/15-Lesing... · skikking vervang dan die kontrak ten opsigte waarvan

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.2 (ALGEMEEN)

• Kontraktuele verhouding kan beëindig word deur ʼn ontbindende termyn/voorwaarde of deur terugtrede o.g.v. kontrakbreuk.

• Verskeie ander wyses van beëindiging sal ook bespreek word.

Page 4: ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/15-Lesing... · skikking vervang dan die kontrak ten opsigte waarvan

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.2 (ONTBINDENDE VOORWAARDE/TERMYN)

• Kontrak kan vir ʼn spesifieke tydperk gesluit wees. By die aanbreek van die tyd, sal die kontrak tot ʼn einde kom.

Page 5: ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/15-Lesing... · skikking vervang dan die kontrak ten opsigte waarvan

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.2 (TERUGTREDE)

• Indien ʼn party ʼn terugtredingsreg het, sal die regte en verpligtinge in terme van ʼn kontrak tot ʼn einde kom.

Page 6: ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/15-Lesing... · skikking vervang dan die kontrak ten opsigte waarvan

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.2 (VOLDOENING I)

Algemeen• Voldoening is ʼn tweesydige handeling.• Indien al die partye doen wat ingevolge kontrak

van hulle verwag word (lewer prestasies en voer prestasies uit soos deur hulle beoog), voldoen hulle aan hulle verpligtinge en kom die kontrak natuurlikerwys tot ʼn einde.

Page 7: ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/15-Lesing... · skikking vervang dan die kontrak ten opsigte waarvan

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.2 (VOLDOENING II)

Partye by voldoening• Skuldenaar moet teenoor die skuldeiser presteer. • Egter moontlik dat iemand namens die skuldenaar presteer (selfs sonder sy wete of

teen sy wil), mits sodanige persoon bedoel om skuldenaar se verpligting uit te wis. • Bogenoemde is egter nie moontlik nie indien die skuldeiser daarop aandring dat die

skuldeiser, vanweë sy bekwaamhede/talent, self presteer. • Prestasie moet aan skuldeiser of gemagtige verteenwoordiger geskied.• Skuldeiser kan ook ʼn derde aanwys teenoor wie die skuldenaar moet presteer

(solutionis causa adiectus). Prestasie teenoor so ʼn adiectus wis die verpligting uit.

Page 8: ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/15-Lesing... · skikking vervang dan die kontrak ten opsigte waarvan

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.2 (VOLDOENING III)

Wyse van voldoening• Prestasie moet volledig wees. Gebrekkige prestasie het nie voldoening van die kontrak tot gevolg nie. • Skuldenaar moet ten volle presteer en mag nie in paaiemente presteer nie, tensy daarop ooreengekom of tensy

die skuldeiser daartoe toestem.• Indien prestasie bestaan uit ʼn saak wat gelewer moet word, moet die saak voldoen aan al die vereistes insake die

toestand, kwaliteit en kwantiteit daarvan. • Indien prestasie bestaan uit ʼn handeling wat verrig moet word, moet die voorgeskrewe handeling verrig word en

nie ʼn soortgelyke handeling nie. • Indien prestasie bestaan uit die betaling van ʼn geldsom moet dit d.m.v. ʼn wettige geldmiddel geskied. Skuldenaar

is geregtig op ʼn kwitansie.• Gedeeltelike prestasie wis gewoonlik nie die verpligting uit nie en word daar dus nie aan die kontrak voldoen nie.

Wanneer skuldenaar die woorde “in volle en finale vereffening” gebruik met gedeeltelike prestasie, kan dit die verpligting uitwis (sien par 9.113-9.114).

Page 9: ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/15-Lesing... · skikking vervang dan die kontrak ten opsigte waarvan

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.2 (VOLDOENING IV)

Plek en tydstip van voldoening• Prestasie moet geskied op die plek waarop ooreengekom is. Indien geen plek bepaal is of afgelei kan word nie, is dit die plek waar

kontraksluiting plaasgevind het.• Prestasie moet aangebied word op die tydstip waarop ooreengekom is of wat deur ʼn aanmaning bepaal is. • Indien ʼn bepaalde dag vasgestel is, is daar tyd tot middernag van daardie dag of tot besigheidsure verstryk op daardie dag. Indien die

bepaalde dag ʼn dag is waarop besigheid gesluit is, is dit die eerskomende besigheidsdag. • Indien prestasie binne ʼn sekere tyd betaal moet word na die eerste dag van die maand, word die eerste dag nie ingereken nie. Indien dit

egter bepaal word dat prestasie gelewer moet word binne ʼn sekere aantal dae na die dag van kontraksluiting, word die eerste dagingereken.

• Daar kan gewoonlik presteer word voordat ʼn bepaalde dag vir prestasie aanbreek.• Indien ʼn skuldenaar meer as een bedrag uit hoofde van verskillende kontrakte aan dieselfde skuldeiser verskuldig is, en dan ʼn betaling

maak wat nie voldoende is om alles uit te wis nie, en sonder om te spesifiseer vir watter skuld dit aangewend moet word, kan dieskuldeiser ʼn toedeling maak, onderhewig aan die volgende rangorde:o Rente moet voor kapitaal gedelg word. o Afdwingbare skuld voor ʼn onafdwingbare skuld.o Sekere skuld voor ʼn onsekere skuld.o Swaarder skuld voor ʼn ligte skuld.o Ouer skuld voor ʼn nuwe skuld.o Andersins, proporsioneel.

Page 10: ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/15-Lesing... · skikking vervang dan die kontrak ten opsigte waarvan

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.2 (KONTRAK)

• Bestaande kontrak kan beëindig word deur die sluiting van ʼn nuwe kontrak, en wel by wyse van kwytskelding, skikking en skuldvernuwing:o Kwytskelding ʼn Tweesydige handeling gebaseer op wilsooreenstemmig

tussen skuldeiser en skuldenaar. Geskied deurdat ʼn aanbod van kwytskelding deur skuldeiser gemaak word. Sodanige aanbod hoef nie noodwendig met ʼn skenkingsbedoeling gepaard te gaan nie en partye kan mekaar oor en weer in ruil van hul verpligtinge kwytskeld.

o Skikking ʼn Ooreenkoms waardeur ʼn bestaande geskil opgelos word. So ʼn skikking vervang dan die kontrak ten opsigte waarvan dit aangegaan is.

o Skuldvernuwing ʼn Nuwe kontrak tot ʼn bestaande en geldige kontrak, met die bedoeling om die bestaande kontrak uit te wis en dit met ʼn nuwe kontrak te vervang.

Page 11: ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/15-Lesing... · skikking vervang dan die kontrak ten opsigte waarvan

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.2 (SKULDVERGELYKING)

• Wanneer partye mekaar oor en weer geld skuld, behoort sodanige bedrae oor en weer teen mekaar verreken te kan word.

• Skuldvergelyking het die uitwissing, in die geheel/gedeeltelik, van verbintenisse tot gevolg.• Daar moet aan die volgende vereistes voldoen word alvorens skuldvergelyking kan

plaasvind:o Skulde moet gelyksoortig wees Skuldvergelyking vind gewoonlik net t.o.v. geld

plaas, maar kan ook tussen goedere van dieselfde kwaliteit plaasvind. Dit kan egter nie tussen geld en goedere of tussen goedere van verskillende kwaliteit geskied nie.

o Skulde moet opeisbaar wees Beide skulde moet reeds opeisbaar wees. o Skulde moet gelikwideerd wees Die omvang van die skuld moet vasstaan of maklik

vasgestel kan word. Albei skulde moet gelikwideerd wees. o Skulde tussen dieselfde persone in dieselfde hoedan ighede Persone wat in

amptelike hoedanighede kan nie skuldvergelyking t.a.v. persoonlike skulde aanwend nie.

Page 12: ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/15-Lesing... · skikking vervang dan die kontrak ten opsigte waarvan

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.2 (SKULDVERMENGING)

• As dieselfde persoon skuldeiser en skuldenaar van dieselfde vordering word, vind skuldvermenging plaas en word die verbintenis uitgewis.

Page 13: ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/15-Lesing... · skikking vervang dan die kontrak ten opsigte waarvan

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.2 (ONMOONTLIKWORDING VAN PRESTASIE)

• As prestasie onmoontlik word sonder die skuld van enige party, gaan die verbintenis tot niet en word partye van verpligtinge bevry.

• Let daarop om onderskeid te tref tussen onmoontlikheid van prestasie by kontraksluiting, onmoontlikwording van prestasie by kontraksluiting en onmoontlikmaking van prestasie, deur skuldenaar, na kontraksluiting.

Page 14: ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/15-Lesing... · skikking vervang dan die kontrak ten opsigte waarvan

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.2 (REHABILITASIE NA INSOLVENSIE)

• Rehabilitasiebevel van ʼn insolvent veroorsaak dat alle verbintenisse wat voor insolvent se sekwestrasie ontstaan het, uitgewis word.

Page 15: ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/15-Lesing... · skikking vervang dan die kontrak ten opsigte waarvan

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.2 (VERJARING - ALGEMEEN)

• Onderskei tussen verkrygende verjaring (eiendomsreg op iemand anders se saak word verkry na verloop van 30 jaar) en bevrydende verjaring (verbintenisse kom tot ʼn einde a.g.v. ʼn tydsverloop).

• Die Verjaringswet van 1969 is van toepassing op skulde wat na 1 Desember 1970 ontstaan het. Skulde voor hierdie datum word gereël deur die Verjaringswet van 1943.

Page 16: ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/15-Lesing... · skikking vervang dan die kontrak ten opsigte waarvan

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.2 (VERJARING – EFFEK VAN VERJARING)

• Verjaringswet van 1943 het vir swak verjaring voorsiening gemaak (skuld het deur tydsverloop onafdwingbaar geword het).

• Verjaringswet van 1969 maak vir sterk verjaring voorsiening (skuld word na afloop van die verjaringstermyn uitgewis).

• Daar is 2 uitsonderings op die algemene reël dat die skuld uitgewis word:o Indien skuldenaar nogtans skuld betaal, geld dit as voldoening van

die skuld en sal nie met ʼn verrykingsaksie teruggevorder kan word nie.

o Verjaring sal slegs intree indien die skuldenaar hom op verjaring beroep.

Page 17: ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/15-Lesing... · skikking vervang dan die kontrak ten opsigte waarvan

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.2 (VERJARING – VERJARINGSTERMYNE)

Die volgende verjaringstermyne is van toepassing:• 30 jaar

o skuld wat deur ʼn verband verseker iso vonnisskuldo skuld t.o.v. belasting gehefo skuld aan die staat wat verband hou met ontginning en myn van minerale en ander stowwe

• 15 jaaro skuld aan die Staat wat ontstaan uit voorskot/lening/verkoop/verhuring van grond deur die

Staat aan die skuldenaar• 6 jaar

o skuld t.o.v. ʼn wissel of ander verhandelbare dokumento skuld t.o.v. ʼn notariële kontrak

• 3 jaaro ander skulde

Page 18: ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/15-Lesing... · skikking vervang dan die kontrak ten opsigte waarvan

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.2 (VERJARING – AANVANG VAN VERJARINGSTERMYNE)

• Verjaring neem ʼn aanvang wanneer ʼn skuld opeisbaar word (die oomblik wat vordering by wyse van ʼn hofbevel afgedwing kan word en is normaalweg die dag waarop skuldenaar moet presteer) of wanneer kontrakbreuk plaasgevind het of met kansellasie van ʼn kontrak.

• Indien skuldeiser egter nie van die bestaan van die skuld bewus was nie, is dit eers op die oomblik wat die skuldeiser bewus word van die skuld.

Page 19: ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/15-Lesing... · skikking vervang dan die kontrak ten opsigte waarvan

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.2 (VERJARING – STUITING VAN VERJARING)

Verjaring kan gestuit (vorige tydperk hou op loop en begin van nuuts af loop) word deur:• Erkenning van aanspreeklikheid deur

skuldenaar Uitdruklike/stilswyende erkenning.• Bediening van prosesstuk deur skuldeiser

om voldoening van die skuld te vorder

Page 20: ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/15-Lesing... · skikking vervang dan die kontrak ten opsigte waarvan

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.2 (VERJARING – UITSTEL VAN VERJARING)

Verjaring kan uitgestel word met een jaar onder die volgende omstandighede (1 jaar nadat die omstandighede opgehou het om te bestaan):• Skuldeiser is handelingsonbevoeg.• Skuldenaar is buite RSA.• Skuldeiser en skuldenaar is met mekaar getroud.• Skuldeiser en skuldenaar is vennote en skuld het uit vennootskap ontstaan.• Skuldeiser is ʼn regspersoon en die skuldenaar ʼn bestuurslid van sodanige

regspersoon.• Skuld is voorwerp van geskil wat vir arbitrasie verwys is.• Skuld is voorwerp van ʼn eis teen die boedel van oorledene of insolvent.• Skuldeiser of skuldenaar is oorlede en eksekuteur is nog nie vir boedel

aangestel nie.

Page 21: ARBEIDSREG Die kontrak – Beeindiging van ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/15-Lesing... · skikking vervang dan die kontrak ten opsigte waarvan

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za