AgriBulletin_121130

19
November 2012

description

Monthly Agricultural Publication

Transcript of AgriBulletin_121130

Page 1: AgriBulletin_121130

November 2012November 2012

Page 2: AgriBulletin_121130

November 20122

Stuur datums van vergaderings, skoue,

ensovoorts, aan ons vir gratis publikasie.

Skryf aan die redakteur by

[email protected]

LIETSJIESIMPOSIUM

Die vierde internasionale lietsjiesimpo-

sium word van Sondag tot Donderdag by

die Winkler Hotel in Witrivier gehou.

RUBBERVALE BEESVEILING

Die eerste Donderdag van elke maand:

Rubbervale

is ’n publikasie van Bulletin

Redakteur:Jean Aucamp

[email protected]:

Thinus van [email protected]

Crownstraat 8, Tzaneen, 0850015 307 7248015 307 7684

www.bulletin.us.com

Drukker/Printer: PaarlColdset

Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin.

Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin.

Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved.

Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.

deur Dries Enslin, Hoof- uitvoerende beampte: AgriLimpopo

Waar staan ons met arbeid in die landboubedryf?

Moet die opskrif nie eerder lees “Landbou en Arbeid” nie. Andersom, wie is die hoofvennoot in hierdie verwantskap? Die logiese ekonomiese rede-nasie is dat landbou die

hoofkomponent is, want landbou verskaf werkgeleent-hede aan mense. Wetgewing en politieke magspeletjies het egter hierdie ekonomiese feit verwring, waar die ar-beid/politici nou die terme en voorwaardes dikteer.

November 2012 sal in die toekoms gekenmerk word as die draaipunt in die verhoudings tussen werkgewer en werknemer in die landbousektor.

Die Wes-Kaap was groot nuus die afgelope paar weke. Die vraag is egter, wat is die werklike probleem? Al die aanduidings is daar dat dit ‘n politieke spel was om politieke mag in die Wes-Kaap te bekom. Landbou was die gemaklike voertuig beskikbaar om gemoedere op te sweep, met ongeloo� ike � nansiële skade en ‘n ver-trouensbreuk.

Dit wil verder voorkom of die kern van die stakers aangery is na die verskillende dorpe, waar hulle dan veral seisoenswerkers betrek en geïntimideer het. Per-manente werkers is verhoed om hul normale dagtaak te verrig. Dit is ook net in areas gedoen waar steenvrugte en tafeldruiwe nou gepluk moet word. Die aard van die bedryf laat nie toe dat die vrugte ‘n week of twee later gepluk kan word nie. Die druk op die landbougemeen-skap was dus ongeloo� ik. Ministers, politici en vakbond-verteenwoordigers het die situasie verder misbruik, om hulself vir Mangaung te posisioneer. Dit wil voorkom of die werklike doel was om die Wes-Kaap onregeerbaar te maak, en die minimumloon is net gebruik om die ge-moedere en emosies op te sweep. ‘n Paar feite om die prentjie duideliker te maak:

Slegs die departement van arbeid het beheer oor minimumloon- en sektorale vasstelling. (Dié departe-ment het eers aan die einde tot die gesprek toegetree,

toe die situasie reeds ‘n gemors was. Die minimumloon is nie deel van die departement van landbou se werk-saamhede nie).

Die sektorale vasstelling kan nie binne twaalf maande na die laaste vasstelling verander word nie. Dus: in die praktyk beteken dit dat die volgende verhoging eers op 1 Maart 2013 in werking kan tree. Die huidige vasstelling — “Sektorale vasstelling No 13” — het op 1 Maart 2012 in werking getree en is vir twaalf maande geldig.

Die wetgewing is spesi� ek, onder meer ten opsigte van die konsultasieproses wat gevolg moet word. Dit is ‘n konsultasieproses en nie ‘n onderhandelingsproses nie. Hierdie proses is van nature ‘n lang proses. Dit wil sê dit is nie moontlik om oornag die minimumloon te verhoog nie.

Normaalweg word die proses elke drie jaar gedoen. 1 Maart 2012 was die begin van die huidige driejaar-siklus. Hierdie driejaar-periode is egter nie ‘n wetlike voorskrif nie en kan te enige tyd verander word.

Landbou is nie deel van ‘n gesamentlike bedingings-raad soos byvoorbeeld die mynbousektor nie. Dit wil sê die minimumloon word deur die sektorale vastelling-proses beheer en nie deur onderhandeling tussen werk-gewer en werknemer nie.

Wat gebeur nou?Op 15 November 2012 het die minister van arbeid in

die Staatskoerant haar intensie aangekondig om Sekto-rale vastelling No 13 te kanselleer en versoek sy dat be-langhebbende partye skriftelike insette voor 30 Novem-ber 2012 moet maak.

Op 15 November 2012 het die minister van arbeid ‘n verdere aankondiging in die Staatskoerant gemaak, dat die minimumloon ondersoek gaan word. Skriftelike in-sette moet weereens binne 15 dae gemaak word.

AgriSA is reeds in proses om die nodige inligting, regs-advies, ensovoorts, te bekom, om ‘n skriftelike inset voor die einde van die 15 dae-periode te kan lewer.

Enige individuele boer kan ook sy eie skriftelike in-sette aan die departement van arbeid ten opsigte van bogenoemde aspekte maak.

Met bogenoemde in ag geneem is die verdere vraag of ons hier in Limpopo gevry-waar is van politieke onrus en stakings? Die antwoord is: Nee, ons is nie. Ons is deel van ‘n groter samele-wing waar dienslewering veral vanaf munisipale vlak totaal ontoereikend is. Kor-

rupsie en politieke opportunisme vier hoogty. Armoede neem toe. Ons moet dus kennis neem dat die gebeure in die Wes-Kaap ‘n onherroeplike invloed op (landbou)arbeid in ons land het. Maar die Wes-Kaap het ook gewys hulle slaan waar dit die seerste maak, dit wil sê met pluk-tyd. Ons provinsie is hoofsaaklik ‘n winter- produser-ende streek, met die uitsluiting van druiwe (Desember) en mango’s (Januarie tot Maart).

Ons kan nie hierdie situasie op ‘n negatiewe wyse bestuur nie. Arbeid en hul welsyn was vir ons as pro-dusente nog altyd belangrik en dit moet so bly. Ons moet wilde politieke uitsprake veral in die volgende maand in aanloop tot Mangaung met ‘n knippie sout neem. Die feite sal wel via ons Boereverenigings na ons lede deur gestuur word.

Die wêreld en publiek is onder die indruk dat alle ar-beid net minimumloon ontvang. Ons moet hierdie in-druk regstel. Die boodskap wat ons as produsente moet uitdra is dat die minimumloon die intreevlak is, vir ‘n ongeskoolde arbeider sonder ondervinding. Soos wat die werker meer ondervinding opdoen en opleiding ontvang, verhoog die loon.

Die meeste van ons kan getuig dat senior arbeid sub-stantieel meer ontvang as die minimumloon en dat die gemiddelde loon op ‘n normale produserende plaas hoër as die vasgestelde minimum is.

Elke boerdery het ook sy eie ekonomiese realiteite en besluite ten opsigte van arbeid moet in dié konteks geneem word. Ons moet dus nie meegesleur word deur emosies nie. Besin die situasie op ‘n rustige wyse, wanneer die sektorale vasstelling via ‘n Staatskoerant aangekondig word.

U moet nie huiwer nie om kundige advies te bekom as dit nodig is. Enige bespiegeling met hoeveel die minimumloon verhoog gaan word is in hierdie stadium onvanpas en ongegrond. Daar is groter markkragte wat van toepassing is, wat deur die departement van arbeid ook in ag geneem moet word. Dat dit wel verhoog gaan word, kan ons redeliker wys as feit bestempel.

Dit is belangrik dat elke boer sy verhoudings met sy werknemers op ‘n gesonde basis en met wedersydse respek binne die bestaande wetgewing van die land uitbou. Ons moet die leiding neem binne die groter gemeenskap, om die welsyn van die gemeenskap te bevorder. Ons moet die inherente positiewe eienskappe van landbou op elke moontlike vlak uitdra, want daarin lê ons toekoms gesetel.

U weet, landbou is die grootste stabiliserende faktor in die platteland — al wil niemand dit erken nie.

Arbeid en landbou: waar staan ons?

bulletin

7822ct121130wb

Jacques de Beer072 731 4084

www.crusadertechnologies.co.za [email protected]

• CCTV • Clocking Symptoms • Top Tv• Electric Fencing • Security Products• Access Control System

Stand van Damme | Dam Levels

Ebenezer Merenskey Dap Naude MiddelLetaba

Blyd RiverPoort

Klaserie Tours Vergelegen Ohrigstad

Tzaneen

75.4% 64.70% 101.20% 75.50% 0.70%

100.30% 95.70% 95.00% 100.00% 62.90%

Page 3: AgriBulletin_121130

November 2012 3

Die onbeskikbaarheid van plaaslike arbeid en die gesukkel om werkers oor die grense hierheen te kry, is ‘n gesukkel wat boere in Limpopo derduisende rande uit die sak jaag .

Dit was een van die kernpunte op AgriLetaba se jaar-eindvergadering in Tzaneen, waar enkele kwessies kop uitgesteek het.

Arbeid bly ‘n kwessie in oestye, veral vir sitrusboere se plukseisoen. Hier is dit ‘n gesukkel om werkers van lande soos Mosambiek en Zimbabwe vir kontrakwerk geregi-streer te kry.

“Limpopo het genoeg werkers vir die plukseisoen, maar hulle is weens gerie� ike staatstoelaes en allerlei ander re-des nie vir die werk beskikbaar nie. Mense uit die buur-lande is meer as bereid om te kom werk, maar om hulle vir werk geregistreer te kry, bly ‘n uitdaging wat soms tot ses maande duur.”

‘n Verteenwoordiger van die departement van arbeid het die vergadering bygewoon, maar hy kon nie juis ant-woorde op die kwelvrae gee nie. Dit word enersyds ‘n poli-tieke probleem geag, omdat plaaslike werkgeleenthede onder druk geplaas word, en andersyds as ‘n � nansiële kwessie, omdat die buitelanders vir selfs die geringste salarisse diens sal doen.

AgriLetaba het vanjaar se program op ‘n ekonomiese vriendelike wyse afgesluit, deur die jaarlikse toekennings aan boere uit te skakel. Net die uitstaande boerevereni-ging in die gebied is uitgesonder, met die beplanning om die volledige reeks toekennings elke tweede jaar aan te bied.

Vanjaar se wenner in die prestasiereeks van boerevereni-gings was Constantia by Letsitele, wat met hul byeenkom-ste en studiegroepvergaderings die beste gevaar het.

REGS: Mnr Dries Enslin, die voor-sitter van AgriLetaba, staan by die voorsitter van die Constantia-boere-vereniging, mnr Pieter Vorster, met die toekenning vir die voortre� ikste boerevereniging in Letaba. Regs is die president van AgriLimpopo, mnr Leon Borcherds. Die toekenning is tydens AgriLetaba se afsluitingsver-gadering wat in Tzaneen gehou is,

oorhandig.

Kontrakwerkers bly ‘n struikelblok

Die sewentiende Bosveld Bonsmara-groep se veiling by Northam het ‘n vet prys vir ‘n bul van dr Alex Reve-las (ortopeed) van Tzaneen gesien.

Die groep bestaan uit mnr John Leichti, dr Archie en mnr Johan Kritzinger, mnre Pieter Beith en Jan de Beer en van vanjaar af ook Revelas.

Revelas se bul, REV 09  215, het R55  000 gehaal. Die koper was mnr Johan Buitendag van Blinkwater Bonsmaras van Swartruggens. ‘n Totaal van 34 bulle is verkoop, teen ’n gemiddelde prys van R27 088.

Dit was die eerste keer in die sewentien jaar van die groep dat nie 100% verkope behaal is nie. Slegs twee bulle kon nie verkoop word nie. Vier dragtige stoet-koeie is vir R10  000 elk verkoop, en twee dragtige stoetverse het R11 000 stuk gehaal.

Dat dele van die Bosveld en veral Dwaalboom baie min reën gehad het, was duidelik aan die kondisie

Bulprys vir Revelas se bul van die diere wat baie skraal was. Die aanvraag was egter goed, omdat die gehalte vir die kondisie van die diere vergoed het.

Mnre Johan Buitendag, Alex Revelas en Fanie du Toit, Revelas se bestuurder, by die wenbul.

Page 4: AgriBulletin_121130

November 20124

Die afgelope twee jaar het die Langs Die Oever Boeredag bewys dit is dié groot geleentheid in Limpopo vir twee dae se praktiese demonstrasies van landboutoerusting en

voertuie wat spesiaal vir die boer bedoel is.Noue interaksie tussen verska� ers en die boere maak

dit ‘n aangename geleentheid vir almal, om self te kom sien hoe voertuie en toerusting in verskeie kategorieë met hul vernuf en krag meeding.

Vir 2013 word ‘n groter, beter, omvangryker Langs Die Oever Boeredag belowe. Met praktiese demon-strasies en vele ander aktiwiteite beloof die Langs Die Oever Boeredag om nie net vir die boerege-meenskap van waarde en baie interessant te wees nie, maar inderdaad vir die hele gesin. Merk gerus

nou al 21 & 22 Maart 2013 op die kalender, want almal sal welkom wees om die twee dae mee te maak.

Op die oewer van die Letabarivier is daar keuses van kiosks vir

maatskappye om hul produkte of dienste aan te bied. Groottes is 5 x 5 meter teen R500 en groot ruimtes van 20 x 20 meter kos R1 000, met geriewe.

Die Boeredag word weer op mnr Kallie Erasmus se plaas Montrose, tussen Letsitele en Die Eiland, aangebied.

Kontak Mirka by [email protected] of bel haar by 015  307 5000 vir staanplekbesprekings. As u voorstelle het of ‘n borgskap oorweeg, skakel Riaan Barnard by 073 693 2969 of skryf aan hom by [email protected], of loer by www.langsdieoever.com.

Verdere besonderhede sal in die media aangekon-dig word, oor demonstrasies, kommersiële veilings, kampioen beeste, vee, skape en bokke, vermaak vir die dames en kinders, ensovoorts.

• Absa het intussen ook bevestig dat hulle die hoof-borg van die dag sal wees.

Langs die Oever word groter en beter

Mahela Boerdery van die Letsitele-omgewing het hul jaarlikse serti� kaatsere-monie gehou, waar werkers se prestasies erken is. Permanente en seisoenwerkers volg gedurende die jaar ver-skeie kursusse, wat tussen twee dae en drie maande kan duur. Noodhulp, brand-bestryding, HIV-berading en gesondheid-en-veiligheid is van die kursusse wat deur Riverwalk Training vir die werkers aangebied word. Vanjaar het 195 werkers serti� kate ontvang, met sommige wat selfs twee of drie verwerf het. Hier wens die grootbaas van Mahela, mnr Edward Vorster, een van die werkers geluk met sy

goeie werk en prestasies. Mnr Simeon Shi-kwambana het ‘n serti� kaat ontvang vir gevorderde brandbestryding en hantering van die masjien wat vruggroottes bepaal.

Page 5: AgriBulletin_121130

November 2012 5

The IDC has a R4.5 billion portfolio in Agro-Industries, providing support

for the sustainable growth and equitable development of the agro-

industrial value chain. Rian Coetzee, Head of the Agro-Industries Strategic

Business Unit (SBU), outlines its strategy.

The Agro-Industrial sector is an important part of the South African Industrial

landscape. It represents around 18% of manufacturing gross domestic

product (GDP) and around 20% of jobs in the manufacturing sector. What

makes this sector unique is its relationship with the rural economies and

the primary agricultural sector of South Africa. It provides market access to

many commercial as well as smallholder farmers. It is through this link that

the sector plays a critical and strategic role in addressing the growth and

development challenges of our rural economies. About 8.5 million people

are directly or indirectly dependent on agriculture for their employment or

income. The industry is also important from a food security point of view.

The South African Agro-Industries sector is highly dualistic. On the one hand

there are a few large modern, dynamic, vertically integrated and diversifi ed

agro-processing companies contributing to more than 70% of turnover in the

sector; and on the other hand around 7 000 food processors; smaller-scale

unintegrated processors, often outside the formal retail chain. Whilst it is of

critical importance to facilitate the growth and development of the large

companies – to ensure that South African food brands benefi t from opening

markets in the rest of the continent and other trade partners – it remains

important to address the barriers-to-entry and barriers-to-growth that these

smaller companies face.

Focus areas for the Agro-Industries SBU include agro-processing, beverages

and aquaculture, with a spotlight on localised value addition. Our objective

is to facilitate pro-poor and pro-rural agro-industrialisation by creating new

industrial capacity that will have as its main outcome the creation of job

opportunities. Whilst the Landbank focuses on primary agriculture, the IDCDCDC

focuses on food and non-food agro-processing. Our defi nition of agro-ro-ro-

processing includes on-farm, fi rst-tier processing as well as backwardwawa

integrated projects.

Five main strategies are implemented, which facilitate pro-poor and pro-ruralroroFiveFive main strategies are implemented, which facilitate pro-poor and pro-rura

industrialisation. These include:

t Internationalisation – Eff orts to assist industry leaders to take advantage ley le

of marketing opportunities in Africa and Brazil, Russia, India, China andzilzil

South Africa (BRICS). We also facilitate foreign direct investment, wheregg

foreign food companies use South Africa as a production hub. The

creation of value chains across our borders forms part of this strategy.

t Value addition – It is important that maximum benefi ciation is

localised in South Africa. At this stage we focus on the labour-intensive

horticultural sector and the grain industry.

t Import replacement – Food imports remain an area of concern and we

need to ensure that we competitively replace these imports with local

production. At this stage the IDC is targeting seed-oil processing and

malt production.

t New emerging industries – IDC is known for innovatively facilitating

the creation of new industries. Our focus at this stage is to develop the

marine aquaculture sector, which will address specifi c development

challenges of our smaller coastal towns.

t Rural/poor linkages – Agro-industrialisation should be linked to

resource-poor small-scale farmers, to maximise its potential impact on

rural South Africa. We have specifi c initiatives through which we facilitate

the linkage between agro-processors and these farmers.

Special IDC development funds further drive the IDC’s eff orts to promote

development of poor rural areas. The R100-million Agro-Processing Linkage

Scheme (APL) incentivises agro-processors to source raw material directly

from resource-poor farmers. This creates direct linkages between agro-

processors and resource-poor farmers through mechanisms such as

contract farming.

The Agro-Processing Competitiveness Fund (APCF)g Com enhances competition,

growth and development in the agro-processing sector by providing fi nanceevelo

to non-dominant players, stimulating job creation and increasing ruraldom

activity, while also contributing towards food security and aff ordabletivit

basic foodstuff s. b

Despite challenging economic conditions, the activities and funds of the IDC

Agro-Industries SBU successfully develop increased capacity in the agro-

industrial sector, both creating and saving jobs. Our intention is to invest

around R1 billion per annum in this highly important sector.

Chillibush8586IDC

IDC cultivates growth in Agro-Industries

To apply online for funding of R1 million or more go to www.idc.co.za

Telephone: 086 069 3888

Email: [email protected]

Page 6: AgriBulletin_121130

November 20126

Tri-mX – vat Valskodlingmot vas!• Tri-mX is die enigste biologiese behandeling wat gemik is op die eierstadium van Valskodlingmot;

• Tri-mX voorkom bederf deur Valskodlingmot te elimineer voor die larwes uitbroei;

• Tri-mX kan maklik met ander beheermetodes geïntegreer word;

•• Tri-mX laat geen chemiese residu agter en is 100% omgewingsvriendelik.

HV1210h

TM

Kontak Vital Bugs vandag om jou Tri-mX te bestel!

TM

Vital Bugs CC, Lushof Plot 16, Tzaneen | 087 751 [email protected]| www.vitalbugs.co.za

TM

TM

TM

TM

TM

NTK in Tzaneen het onlangs hul heel eerste ekspo onder die nuwe bestuur van mnr Frikkie van Vuuren gehou.

Verska� ers aan NTK (van so ver as Johannesburg) het die dag meegemaak en demonstrasies van hul onder-skeie produkte aangebied.

Die dag was ‘n groot sukses met meer as R10 000 se geskenkpakkies wat aan besoekers uitgedeel is. Tzaneeners het ook van die geleentheid gebruik ge-maak om van hul eie produkte uit te stal.

Van Vuuren het hul lang lys verska� ers vir hul vol-gehoue ondersteuning, in besonder vir mnr Christo Dames, asook die publiek wat tot die reusesukses van die dag bygedra het, bedank.

Hy sê hulle wil die ekspo in die toekoms twee keer per jaar aanbied.

Boere leer meer by NTK ekspo

BO: Mnr Christo Dames van Bayer. ONDER: Verska� ers

van Felco en Pro-Max.

The Fourth International Symposium on Lychee, Longan and Other Sapinda-ceae Fruits will be held at the Winkler Hotel in White River from Sunday until Thursday (2-6 December).

Litchi researchers from a number of countries including SA, China, India, Brazil, Mexico and Australia will be presenting papers on topics ranging from cultural practices to genetics and breeding, to pests and diseases.

The programme has been structured to provide both scienti� c and practi-cal information so that it is relevant to

growers, packers, marketers and other service providers within the industry. There will also be a mid-symposium � eld trip to farms in the Malelane area.

The symposium will be held under the auspices of the International Society for Horticultural Science, and is organised by the SA Litchi Growers’ Association and the ARC Institute for Tropical and Subtropical Crops.

For full programme and registration details visit www.lychee2012.com or contact Susie Prangley at [email protected] or on 083 285 0505.

International litchi symposium to be held next week

Page 7: AgriBulletin_121130

November 2012 7

Die tempo waarin die tamatiereus ZZ2 sy avokado-aanplantings uitbrei, is die week by Mooketsi aan die voorste avo-produsente in die gebied voorgestel.

Indrukwekkende boorde, wat slegs twee jaar na aan-planting reeds tien ton per hektaar lewer, is aan lede van die SA Avokadokwekersvereniging (SAAGA) se Letaba-studiegroep gewys, wat hul laaste byeenkoms vir die jaar by ZZ2 gehou het.

Die nagenoeg sestig lede het die boorde besoek, onder leiding van mnr Bertie van Zyl, ‘n kleinseun van ZZ2 se stigter. Die jong boord in sy derde jaar word gevoed deur drie druplyne, om vroeg ‘n gevestigde wortelstelsel te ontwikkel. Dit sal ‘n vierde druplyn kry, vir verdere wortelontwikkeling, al is die boord reeds gevestig.

Die studiegroep het ook die maatskappy se oudste boorde op die plaas Wagendrift besoek, waar die kul-tivars Fuerte en Hass reeds in 1981 as saailingbome ge-

vestig is. Met die regte snoeimetodes — onder meer a-simmetriese snoeiing — lewer die boorde steeds ‘n opbrengs van tussen 18 en 22 ton per hektaar.

SAAGA het ‘n goeie oesjaar gehad, met ‘n opbrengs van 12,4 miljoen kartonne vir die uitvoermark. Dit is ‘n drastiese verbetering op verlede jaar, toe veral erge haelskade die oes tot 6,7 miljoen kartonne beperk het.

Die herkose voorsitter van die studiegroep, mnr Kosie Elo� van Soekmekaar, het by die geleentheid gesê:

“Danksy SAAGA se besluit om minder geld aan be-marking in Brittanje te bestee, is R700 000 vir markte in Suid-Afrika bewillig. Dit het gelei tot ‘n stewige bin-nelandse opbrengs”.

Volgens Elo� word ‘n gesonde bemarkingstrategie in die buiteland voortgesit. Binne die volgende drie jaar is toegang tot die omvattende Amerikaanse mark moontlik, terwyl die markte in China en die Verre Ooste ook ondersoek word. In die Midde Ooste bly Israel eg-

ter ‘n moeilik klant, omdat die Israeli’s byna die hele

jaar lank avo’s kan produseer.‘n Faktor wat produsente na aan die hart lê, is die

he� ngs wat jaarliks deur SAAGA ingevorder word. Op uitvoere beloop dit 70c per karton, wat as heel billik beskryf word. “Eintlik moes dit al tussen R2,50 en R3,00 gewees het,” meen Elo� .

Vir plaaslik gelewerde avo’s dok produsente 1,5% van die bruto verkoopprys op. Dit vergelyk gunstig met die he� ng op uitvoer. Produsente wat regstreeks aan groot winkelgroepe en private verspreiders lewer, be-taal ‘n he� ng van 10c per kilogram.

Lof is ook toegeswaai aan produsente soos ZZ2, Westfalia en ander groot verbouers van avo’s wat op eie koste proefnemings met bestaande en nuwe kultivars onderneem, tot voordeel van die bedryf en sonder om ‘n sent daarvoor te ontvang.

SAAGA, ‘n vereniging onder die vaandel van Subtrop, bestee jaarliks R2 miljoen aan navorsing wat nie altyd vir produsente sigbaar is nie, maar die bedryf kernge-sond hou.

ZZ2 spog met hul avokadoboorde

LINKS: Mnr Richard Nelson, ‘n Suid-Afrikaner, is SAAGA se verteenwoordiger in Europa. By hom is mnr Derek Donkin, voorsitter van Subtrop in Tzaneen. REGS: Drie druplyne voed ‘n

jong avokadoboord wat reeds op twee jaar ‘n oes van tien ton/ha gelewer het.

Die ankers by die avo-studiegroep se ontmoeting was dr Pieter Pieterse (ZZ2), mnre An-drew Thornhill (snoeikundige), Bertie van Zyl (ZZ2) en Kosie Elo� (voorsitter).

Mnr Francois Vorster, me Wilna Stones en mnre Edrean Ernst en Henk du Toit is herkies tot die bestuur van SAAGA se Letaba-studiegroep.

Page 8: AgriBulletin_121130

November 20128

Peru is Suid-Afrika se grootste mededinger in die Eu-ropese mark vir avokado’s, maar die afgelope seisoen het hulle lelik tweede gekom.

So sê mnr Richard Nelson, die SA Avo-kadokwekersvereniging (SAAGA) se verteenwoordiger in Europa. Hy is reeds vyftien jaar hiermee belas en hou nou-keurig bemarkingstatistiek van elke ge-registreerde avo-uitvoerder in SA.

Nelson sê die Peruviane het die af-gelope dekade groot tot die avobedryf toegetree. Hulle het vroeër as SA hul be-sendings Europa toe gestuur, om ‘n groot deel van die marksegment in te palm. Hul besendings het egter rypwordprobleme weens onvolwasse vrugte ondervind en die land moes sy aanvanklike plukda-tums na later verskuif.

In die proses het een van die belangrikste afset-punte, die Amerikaanse mark, reeds versadig ge-raak. Hulle moes in Europa bemark, wat weens die afstand veel duurder was en dit het SA baie goed te

pas gekom.‘n Brokkie nuus van Nelson wat die wenkbroue van

die Letaba-studiegroep vir avo’s laat lig het, was vertragings wat die afgelope jaar met skeepsvrag tussen SA en Europa ondervind is. Vragte op minstens drie groot skepe is aan die begin van die uit-voerseisoen vertraag, omdat hulle ‘n sta-diger snelheid na Europa gehandhaaf het, om brandstof te bespaar!

“Dit was nie eenmalig nie, want die vragskepe kon met hul heen-en-weer vaarte nie weer die agterstand van etlike dae inhaal nie. Hulle het miljoene rande in brandstofkostes bespaar, maar dit kon vir die avobedryf groot negatiewe implika-sies gehad het. Gelukkig was dit gering.”

In sy oorsig oor die Europese mark sê Nelson dat daar ook enkele gevalle was waar avo’s uit SA te lank geneem het om ryp te word. Hy het dit daaraan toegeskryf dat die vrugte te groen gepluk is, al het die besendings die streng toetse geslaag.

SA avo’s klop Peru in Europa

Nelson

Die komende lietsjieseisoen lyk minder rooskleurig vir produsente as verlede jaar, met ‘n gemiddelde afname van nagenoeg 10% landwyd.

In die vorige seisoen is 1,8 miljoen kartonne lietsjies uitgevoer en goeie pryse is deurgaans gehandhaaf. Vanjaar se oesskatting word op nagenoeg 1,62 miljoen kartonne geraam.

Volgens mnr Gerhard Nortjé van Subtrop lyk die drag in die Tzaneen-omgewing beter as die vorige seisoen,

maar by Hazyview en Kiepersol kan dit tussen 25-30% laer wees. Dit word toegeskryf aan haelskade en boorde wat uitgehaal is. Hy sê die betrokke streek loop jaarliks onder haelstorms deur, terwyl verskeie pro-dusente besluit het om hul lietsjiebedrywighede op te skort en ander produkte aan te plant.

Daar is nie veel sprake van peste en plae nie, hoewel lietsjieprodusente ook geraak word deur die versky-ning van die aggressiewe vrugtevlieg Bactrocerus in-

vadens, wat nou reeds deeglik in Limpopo en Mpuma-langa gevestig is.

Die vrugtevlieg val nie lietsjievrugte aan nie, maar die plant speel gasheer daarvoor. As ander vrugte weens die voorkoms daarvan onder kwarantyn geplaas word, sal die lietsjieboere binne ‘n afstand van vyf kilometer ook daardeur geraak word.

Bactrocerus invadens word die afgelope tyd intensief met die omgewingsvriendelike insekdoder GF120 bestry.

Die lietsjie-oes is vanjaar kleiner

Page 9: AgriBulletin_121130

November 2012 9

Page 10: AgriBulletin_121130

November 2012 1110

13

RARE RUMP STEAK WITH SALSA VERDE AND BABY POTATOES4 (200g each) rump steaks2 Tbsp (30ml) Westfalia Garlic Avocado OilSalt and milled pepper

Salsa verde:1 cup (250ml) fl at-leaf parsley1 cup (250ml) basil2 tsp (10ml) dijon mustard1 clove garlic1 Tbsp (15ml) white wine vinegar2 Tbsp (30ml) capers½ cup (125ml) Westfalia Natural Avocado Oil

To serve:500g baby potatoes, cooked

Serves 4

1 Rub steaks with Westfalia Garlic Avocado Oil. Season well.

2 Griddle, fry or grill steaks over coals until done to your liking. Set aside to rest.

3 Place all salsa ingredients into a food processor and pulse until roughly chopped. Season.

4 Serve steaks with potatoes and salsa verde.

Even the best braai masters need one or two tips to stay on top of their game. Here are a few of our suggestions for separating your-self from the braai master wan-nabe’s and staying ahead of the ‘braai’ pack:

1. Keep your braai grid clean by rubbing it down with half a raw onion or half a raw lemon when the braai grid gets up to heat. You will look like a pro to your friends and add a nice � avour to the meat while you’re at it.

2. Braai meat should have a speci� c order of appearance. Chicken takes the longest to cook, steak takes the shortest, so always put chicken on the braai � rst, and steak on last. Between the two, you can throw on the wors, chops, sosaties and whatever else you’re braaiing.

3. Never mess with another man’s braai! All guys have their own way of braaiing, so when you’re not the one in charge, it’s best to stand back and drink your beer. If you really want to display your braai master skills, get a bag of Charka and impress your mates with a braai of your own.

4. When braaiing your meat, always have braai tongs in one hand and a good drink in the other – all true braai masters need only one hand to � ip the meat.

5. Once you have cooked some of your meat and need to get the next batch on the braai, rest the cooked meat on a bed of fried sautéed onions. This will ensure

that your meat doesn’t dry out and adds great � avour to the meat as well!

6. If you enjoy the large � ames and ambience of a wood � re before cooking, place the charcoal � rst (as a base), then build your braai master/ friend impressing pyramid of wood above the charcoal. This way you get to enjoy the wood � re and by the time the � ames have died down, your coals will be ready for braaiing.

7. A tip for defrosting your meat – DON’T! A true braai master always chooses fresh meat over meat which has been sitting in the freezer.

8. True braai masters never leave a braai unattended, not even to fetch a drink. To avoid this problem, place a large cooler box next to the braai, � ll it with ice, water and of course lots of drinks. Alternatively you can always designate your kids, younger siblings or mates that owe you a favour, to make regular trips to the fridge.

9. If you’ve ever had a problem with your friends helping themselves to too many of your drinks, try turning your washing machine into a top secret cooler box. Fill the washing machine halfway with ice and place your beers, cold drinks etc inside. When the braai is over, the ice will melt and can even be used to do your next load of washing!

10. Wors is known to burst open on the braai, resulting in the wors losing its tasty juices, and drying out! To prevent this, dip the wors in water right before cooking it. This will make the skin more elastic and prevent it from bursting open during the braai.

11. Last but not least, the best tip for any braai, is to always, and we mean always, make sure you have lots of good friends, plenty to drink, great meat and a bag of Charka or Braaimeester. Do this and the best braai is in the bag!

Braai Master Tips

BraaiHeat Westfalia Avocado Oil garlic-flavoured infusion in a saucepan and sauté onion, rosemary, mushrooms and peppercorns until soft and mushrooms have browned. Add brandy if using and simmer until liquid has reduced by a third.Stir in cream, increase heat and simmer until thickened. Adjust seasoning if needed and serve with steak or chicken and chips to dip.

Rub steaks with oil and spices. Season.Griddle or cook on a braai until cooked through.Mix vinegar, oil and sugar together to make a dressing.Toss cucumber, fennel and mint with the dressing. Allow to marinate for 10 -15 minutes before serving with steaks.

3 Tbsp (45ml) Westfalia Avocado Oil garlic-flavoured infusion1 small onion, finely chopped2 tsp (10ml) chopped rosemary1 packet (250g) mushrooms, sliced2 Tbsp (30ml) green peppercorns, drained3 Tbsp (45ml) brandy (optional)1 carton (250ml) cream

4 (about 200g each) pork-neck steaks3 Tbsp (45ml) Westfalia Chilli Avocado Oil1 Tbsp (15ml) ground cumin1 Tbsp (15ml) ground coriander1 tsp (5ml) cinnamonSalt and milled pepper2 Tbsp (30ml) white wine vinegar2 Tbsp (30ml) Westfalia Organic Avocado Oil2 tsp (10ml) castor sugar1 cucumber, seeded and shaved into ribbons2 Tbsp (30ml) fennel, chopped¼ cup (60ml) mint leaves

½ cup (125ml) maize meal2 cups (500g) self-raising fl our½ tsp (3ml) salt13/4 cups (450ml) buttermilk ½ cup (125ml) Westfalia Natural Avocado Oil 1 cup (250ml) cheddar cheese1 can (410g) whole corn kernels

MIELIE BREAD1 Preheat oven to 180°C. Grease and line a 23cm loaf pan.2 Mix together all ingredients to form a batter.

Do not over-mix.3 Pour into prepared tin and bake for 45-60 minutes

or until golden and cooked through.

Cook’s tip: Serve mielie bread toasted, with a generous dollop of Westfalia Guacamole.

DESSERTS CAKESAND BAKES

34

Avo_Booklet_baking_corr2.indd 34 12/3/10 12:08:49

½ cup (125ml) maize meal2 cups (500g) self-raising fl our½ tsp (3ml) salt13/4 cups (450ml) buttermilk½ cup (125ml) WestfaliaNatural Avocado Oil1 cup (250ml) cheddar cheese1 can (410g) whole corn kernels

MIELIE BREADMUSHROOM SAUCE Makes 2 cups

SPICY PORK NECK & CUCUMBER SALAD

Preheat oven to 180°C. Grease and line a 23cm loaf pan.Mix together all ingredients to form a batter.Do not over-mix.Pour into prepared tin and bake for 45-60 minutes or until golden and cooked through.

Serves 4

away

Info: www.charka.co.za

Page 11: AgriBulletin_121130

Valsdkodlingmot (VKM) is een van die belangrikste plae op sitrus in Suid-Afrika. Dit kom ook verder noord in Afrika voor, en word nou al tot in Israel gevind, waar dit ‘n groot plaag op granate is. Dit is ook ‘n plaag op ‘n verskeidenheid ander gewasse, soos avo’s, lietsjies, makadamias, pekanneute, koejawels, steenvrugte en selfs mielies (in sekere dele van Afrika).

Omdat dit inheems aan Afrika is, is dit ook ‘n belang-rike � tosanitêre plaag — en besendings vrugte met lewende VKM-larwes word summier verwerp deur meeste oorsese lande waarheen sitrus uitgevoer word.

Derhalwe is dit nie net ‘n voor-oes plaag nie (sien foto) , maar ook na oestyd, tydens die uitvoer van vrugte.

Verskeie landbou-chemiese middels is al in die verlede teen die plaag geregistreer, met ‘n wisselende mate sukses. Die mot is bekend vir sy vermoë om weer-stand teen chemiese bespuitings te ontwikkel en kruis- weerstand is ook al aangeteken.

Die probleem met meeste van die huidige bestuurs-maatreëls is dat hulle slegs werk onder ligte tot matige VKM druk; gevolglik word produsente aangeraai om ‘n verskeidenheid maatreëls te kombineer, om optimale

beheer te verseker. Saam met gereelde boordsani-tasie behoort vrylatings van natuurlike eierparasi-toïde die hoeksteen van e� ektiewe VKM-beheer te vorm.

Nie net is dit koste-ef-fektief nie, maar dit is ook vinnig en maklik om toe te dien. Boonop kan makadamiaboere dub-bele werking van dié in-sekte verwag, deurdat dit twee motplae gelyktydig onderdruk (makadamia-neutboorder — MNB en VKM).

Die kolonie Trichogramma eierparasitoide (Tricho-grammatoidea cryptophlebiae) wat Vital Bugs teel, is plaaslik versamel in die Letsitala-omgewing, en is ge-volglik ideaal aangepas om te oorleef in SA vrugte-/neutaanplantings. Vital Bugs, en sy voorganger, Ceder Biocontrol van Citrusdal, teel die insek al verskeie jare met groot sukses.

Die groot voordeel van die insek is dat dit die eier-stadium van die mot aanval (sien lewensiklus), wat in dié stadium deur min ander beheerstrategieë ge-teiken word. Gevolglik word voorkom dat die vrug deur die VKM-larwe gepenetreer word en word bederf sodoende voorkom. ‘n Ander voordeel van die eier-wespetjie is dat dit goed integreer met verskeie ander beheermetodes van die mot, waaronder paringsont-wrigters, granulovirus en lok-en-vrek metodes.

Navorsingsresultate het getoon dat VKM-besmet-tings in nawellemoene met met die gebruik van Trichogramma met tussen 50% en 70% kan afneem. As Trichogramma gevestig is in ‘n boord, sal hulle aanhou om vars Valskodlingmoteiers te soek en te parasiteer. As geen verdere eiers gelê word nie, kan produsente gerus wees dat hulle nie ‘n nuwe plaag sal veroorsaak nie. Hulle sal bloot wegvlieg, op soek na kos (vars eiers) of vrek. Soveel as drie Trichogramma-wespe kan uit ‘n enkele Valskodlingmoteier uitbroei.

Behandeling van VKM/MNB met Trichogramma in Limpopo moet verkieslik tussen November en Janu-arie begin, om sodoende optimale beheer te verseker.

Trichogramma is verkrygbaar van Vital Bugs onder die handelsnaam Tri-mX™.

Dit is ook verkrygbaar by Nulandis-agent-skappe regdeur die land.

Kontak Stephan gedurende kantoorure by 087 751 0279, besoek www.vitalbugs.co.za of e-pos na [email protected].

November 201212

Effektiewe, natuurlike manier om mot te beheer

VKM-larwe in lemoen, met miskorrels langsaan.

Page 12: AgriBulletin_121130

November 2012 13

Page 13: AgriBulletin_121130

November 201214

Verdagte transaksies van miljoene rande vir grond in Mpumalanga word nou deur die Valke ondersoek.

Die Bulletin het betroubaar verneem dat die Valke reeds beslag gelê het op verskeie dokumente wat daarmee verband hou.

Dit blyk dat verskeie maatskappye en provinsiale regeringsinstansies daarby betrokke is. Inhegtenisnemings kan binnekort volg.

Dié ondersoek kom nadat die Openbare Beskermer (OB) vroeër deur die DA in die provinsie versoek is om onwettige grondtransaksies by munisipaliteite — veral die provinsiale departement van menslike nedersetting — te ondersoek.

In een van die transaksies is ’n plaas van 414 ha naby Ermelo verlede jaar vir R11,9 miljoen deur die maatskappy Bongiveli CC gekoop. Kort daarna is dit met ’n wins van meer as R24 miljoen (teen meer as R36 miljoen) aan die regering verkoop. Die transaksies en oordrag het glo binne ses minute plaasgevind.

By Malelane het die maatskappy Misty Sea Trading 70 ha teen R5,8 miljoen gekoop en vir R41 miljoen aan Bongiveli verkoop. Bongiveli het dit op hul beurt teen R50 miljoen aan die departement van menslike nedersettings verkoop. Al drie transaksies is in dieselfde jaar beklink.

Die OB is versoek om die ondersoeke uit te brei na alle grondtransaksies in die provinsie, wat deur die departement van menslike nedersettings hanteer is. Die DA is ook besig met ’n ondersoek na soortgelyke transaksies in die ander provinsies.

• In April verlede jaar het soortgelyke transaksies in Limpopo die aandag getrek, toe die provinsiale regering 49 ha by Dendron vir meer as R58 miljo-en (R1,2 miljoen/ha) gekoop het van Thubelisha Homes, ’n maatskappy wat glo deur ANC-hoogge-plaaste politici besit word.• Vir nog ’n stuk (onontwikkelde) grond wat by Mod-jadjiskloof van ’n ANC-sakeman gekoop is, het die re-gering R172 830/ha betaal. Die totaal was R14 miljoen vir 81 ha wat die sakeman vir R281 500 gekoop het.• Boere in KwaZulu-Natal het verlede jaar versoek dat Kwanalu ’n grondtransaksie by kwaMbonambi ondersoek, waar die regering R105 000/ha betaal het!

Valke ondersoek ongerymdhede met grondtransaksies

‘n Maatskappy in Tzaneen wat kompos-masjiene ontwerp en bou, het ‘n deur-braak in die Australiese mark gemaak, met die uitvoer van ‘n komposdraaier na Melbourne in die Victoria-provinsie.

Compost Matters in Tzaneen se nuwe nywerheidsgebied het reeds naam ge-maak met sy rekenaar-ontwerpte kom-posmasjiene wat al landwyd gebruik word. Hulle het sowat ‘n jaar gelede ‘n kantoor in Australië geopen, waar die

maak van kompos uit organiese materie die afgelope tyd groot aandag geniet. Daar word munisipaliteite verplig om kompos net van organiese stowwe te produseer. Die komposdraaier is ‘n grot-er weergawe van ‘n reeks wat reeds in SA gebruik word.

Dit is ingevoer deur Enviromix, wat in-geskakel is by die Australian Organics Recycling Association (AORA).

Volgens mnr Brett Ehlers van Compost Matters is dit die eerste masjien uit hul stal wat in Australië beland— en nog ‘n bestelling is reeds ontvang. Die masjien word op die oomblik stuk-stuk afgetakel en vir die besending verpak.

LINKS: Die groot komposdraaier is ont-werp en gebou deur Compost Matters in Tzaneen en word nou stuk-stuk na Austra-lië uitgevoer, waar komposbereiding dees-

dae groot aandag geniet.

Tzaneen-masjiene maak kompos Doer Onder

Mahela Boerdery van die Letsitele-omgewing het hul jaarlikse serti� kaatseremonie gehou. Permanente en seisoenwerkers volg gedurende die jaar verskeie kursusse wat tussen twee dae en drie maande kan duur. Noodhulp, brandbestryding, HIV-berading en gesondheid-en-veiligheid is van die kursusse wat deur Riverwalk Train-ing vir die werkers aangebied word. Vanjaar het 195 werkers serti� kate ontvang, met sommige wat selfs twee of drie verwerf het. Die afdelingsbestuurders het ook die seremonie bygewoon. Hier staan mnre Thys Katzke, Barend Vorster, Frank Mashimbye, Edward Vorster, Johan Dreyer, Herman Pieterse en Joubert Katzke.

Voor hulle kniel mnre Pieter en Francois Vorster. Foto: Retha Nel

Page 14: AgriBulletin_121130

November 2012 15

Page 15: AgriBulletin_121130

November 201216

Die Suid-Afrikaanse mark se voorkeur vir “groot” koolkoppe veroorsaak dat nuwe variëteite moeilik bekombaar is. Die meeste ander kool-produserende lande verkies die kleiner Europese tipes en internasionale kweekprogramme konsentreer dus op die kweek van die kleiner variëteite.

Gelukkig het ons ‘n paar uitstekende variëteite wat wel die gevraagde 4 kg- tot 5 kg-koppe kan lewer, waarna die kop-ers soek en dan ook die beste pryse behaal. Sakata wat vir baie jare beskou word as een van die leiers in koolvariëteite, bespreek in dié artikel die verbouing-riglyne wat die pro-dusent in staat kan stel om wel die groter koppe te produseer.

Dit is belangrik om altyd in gedagte te hou dat kool inder-

waarheid ‘n koelweer gewas is. Kopkool aard die beste in ‘n koel, vogtige klimaat, dit is redelik bestand teen ryp en kan minimum temperature so laag as -3ºC weerstaan, mits daar nie vinnige verskille tussen die dag- en nagtemperature vo-orkom nie. Kopkool kan dus dwarsdeur die jaar verbou word, met inagneming van die volgende:

In dele met koue winters, soos die Hoëveld en koue dele van die binneland, behoort kool nie gedurende April tot Julie ge-saai te word nie, dit is bloot te koud vir normale plantontwik-keling.

Waar uitermatige hoë somertemperature voorkom, soos in die Laeveld, word gevind dat die koppe geneig is om te bed-erf weens bakteriese siektes waarvan Xanthomonas campes-

tris, wat swartvrotsiekte veroorsaak, sekerlik van die grootste ekonomiese belang is.

Die belangrikste bly steeds die keuse van die regte variëteit vir die tyd van die jaar waarin die kool geplant word. Kole wat ontwikkel is vir hoë temperature sal, indien dit in die winter geplant word, swak ontwikkel en maklik saad skiet. Die tee-noorgestelde is ook waar: koelweer variëteite sal in die hitte klein, swak ontwikkelde koppe vorm (met ‘n lae siekteweer-stand) en geneig wees om spruite en/of los koppe te ontwik-kel.Saailinge

Dit is vandag algemene praktyk om kopkoolsaailinge van ‘n kwekery te bekom. Dit is baie belangrik dat die plantjies nie ouer as sowatr vyf weke word nie. Saai-linge wat te oud in die saailaaie geword het, is geneig om bekwaam te raak en dit ontwikkel baie stadig. Insektebeheer op die saailinge is baie belangrik. Saailinge se groeipunte word dikwels deur insekte beskadig, en sulke plante ontwikkel in hartlose plante wat geen koppe vorm nie. Koolprodusente streef na ‘n eenvormige oes. Om dit te bereik moet plantjies wat baie swak is of ander abnormaliteite toon, nie geplant word nie.Plantspasiëring

Plantspasiëring van kopkool word bepaal deur die voorkeur van kopgrootte van die mark waarvoor geproduseer word. Waar groot koppe verlang word, word ‘n plantestand van on-geveer 25 000 tot 30 000 plante per hektaar gebruik. ‘n Tipiese ryspasiëring vir groter koppe is ‘n ryspasiëring van 600 tot 700 mm tussen die rye, met die plante ongeveer 450 mm uitme-kaar. Vir die produksie van kleiner koppe kan die plantestand verhoog word tot ongeveer 40 000 plante per hektaar. Bemestingbehoeftes van kopkool

Kopkool kan op ‘n groot verskeidenheid grond verbou word, maar op goed-gedreineerde leemgrond word die beste resul-tate verkry. ‘n pH van 5,5 tot 7 word aanbe-veel. Koolgewasse het hoë voedingsvereistes, veral ten opsigte van stikstof en kalium.

Dertig ton koolkoppe sal byvoorbeeld ongeveer 120 kg stik-stof, 20 kg fosfor, 100 kg kalium en 85 kg kalsium uit die grond onttrek. Sonder ‘n grondontleding is dit nie moontlik om ‘n spesi� eke bemestingsprogram vir die produksie van kopkool daar te stel nie. Die volgende kan dus hoogstens as ‘n riglyn dien:

Dit is belangrik om te let op die mikro-elementbehoeftes van koolgewasse. Dié gewasgroep is veral sensitief vir tekorte aan Boor, Molibdeen en Yster. ‘n Tekort aan van hierdie mikro-elemente kan swak ontwikkelde plante tot gevolg hê.

Conquistador bly steeds een van die mees aangeplante variëteite, weens die aanpasbaarheid en eenvormigheid van die variëteit. Alhoewel Conquistador eintlik ‘n koelweer variëteit is wat op sy beste presteer in die herfs en vroeë win-ter en deur die winter in rypvrye gebiede, word dit in gebiede met ‘n matige somer regdeur die jaar verbou. Die gevaar be-staan altyd dat as ‘n hittegolf in die somer voorkom, ‘n sekere persentasie van die aanplanting klein koppe sal vorm en selfs spruite mag ontwikkel.

Conquistador is steeds die leier-variëteit en niks in ons pro-ewe kon die variëteit klop as dit by aanpasbaarheid, opbrengs en eenvormigheid kom nie.

Tenacity is een van die koolvariëteite met die beste hit-teverdaagsaamheid en houvermoë wat vandag in die mark beskikbaar is. Hierdie wyd aangepaste somervariëteit beskik oor besonderse Swartvrot-verdraagsaamheid en bly ‘n moet vir somerproduksie. Groot, aantreklike, ferm ronde koppe be-skik oor ‘n besondere landhouvermoë.

Vir meer inligting oor Sakata se koolvariëteite of produkreeks, skakel gerus vir Leon Labuschagne by 083 585 1181 of besoek die webwerf www.sakata.co.za.Afwysende klousule: Bostaande inligting is op Sakata se waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die � sio-logiese eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee Sakata geen waarborg, uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar Sakata enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat te wyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.

Die verbouing van kopkool —en die korttermyn-markvooruitsigte

Soort Lae toediening Kg/Ha

Hoë toediening Kg/Ha

Tyd van toediening

N P K N P KKopkool

Basiese bemesting 60 90 60 80 120 80 Met plantKopbemesting 20 0 0 20 0 0 3 weke na plantKopbemesting 20 0 0 20 0 0 8 weke na plant

Page 16: AgriBulletin_121130

November 2012 17

Lonza Wood Protection is placing an emphasis on product awareness and education, particularly among the agricultural sector and pole treaters, as part of its launch of the umbrella Tanapole™ wood preservative treated pole brand.

To date the campaign has received an overwhelming-ly positive response from as far a� eld as Zimbabwe (at a Lonza pole seminar) and locally during the hosting of farmer awareness evenings with Kaap Agri and Outeni-qua Pale in vineyard areas at Robertson and McGregor in the Western Cape.

“We were invited to present Tanapole™ information and this opportunity provided us with the perfect platform to explain the Tanalised™ wood preservative treatment options and address any concerns,” said Gerard Busse, the marketing manager of Lonza Wood Protection.

Polokwane, which is home to a large scale of vegetable and citrus farmers, is another focal area for the introduc-tion and growth of Tanapole™ preservatives in the treat-ed wooden pole market. With this in mind, Lonza got on board as one of the sponsors at the Limpopo Agri bi-an-nual congress and gala dinner and used the opportunity to present the numerous Tanapole™ bene-� ts and o� er-ings. Many of the farmers in this area, and around the country, are now moving towards shade netting with new plantings in order to protect their investments. The Tanapole™ is therefore ideally suited with its water-borne wood preservative treatment that does not have an adverse e� ect on the netting material itself.

“Judging by the positive response received from armers in Limpopo, we feel con� dent that Tanapole™ preservatives are well placed to become the farmer’s treated pole of choice,” said Busse.

As part of Lonza Microbial Control, Lonza Wood Pro-tection specializes in products for the industrial pre-treatment and surface protection of wood and has global operations in North and South America, Europe, key markets in Africa, the Middle East and Asia Paci� c. Lonza’s approach to business is characterized by inno-vative products, valued brands and exceptional cus-tomer service, including: The broadest range of industrial wood treatments

in the world Products which improve the performance of wood,

one of the world’s most sustainable natural resourcesTreatments which make

wood resistant to termites, fungi, mold, � re and mois-ture

Products which sustain the natural appearance of wood

Engineering and mar-keting services to help

customers grow Broad global regulatory

expertise and world-class

toxicology and analytical chemistry skills, o� ering cus-tomers solutions that contribute to the sustainability of their own products and services

Many products that satisfy green building and sustainability standards

With its 26 production and research and development facilities and more than 3,000 employees, Lonza Micro-bial Control is the global leader in microbial control with the broadest portfolio of active ingredients and registered formulated products, including market lead-ership positions in wood treatment, water treatment, personal care, hygiene and materials.

Lonza is one of the world’s leading suppliers to the pharmaceutical, healthcare and life science industries. Lonza is headquartered in Basel, Switzerland. Further information: www.lonza.com.

Tanapole takes to the road

Andrew Mentis Ambrosia farm in Hoedspruit where they farm lemon trees under 110 ha of shade netting.

‘n Spesiaal-ontwerpte mobiele plukmasjien is on-langs aan lede van die Letaba Avostudiegroep in Mooketsi bekend gestel. Die amptelike demon-strasie van die masjien word op 5 Desember by die Agatha Saagmeul buite Tzaneen gehou.

Die driewiel het ‘n verstelbare hefboom en verge-maklik die pluk van vrugte in boorde met hoë bome, waar dit dikwels moeilik is vir handplukkers om die hoë vrugte te bereik.

Dit is ontwerp deur Protea Engineering van Natal en word op aandrang van mnr Niek Human hier aangebied.

Die plukbak aan die punt van die hefboom huis-ves al die kontrolemeganismes en die masjien word net deur een werker beheer. Die twee voorwiele het elk sy eie dryfmeganisme, terwyl die agterwiel net as stuur dien.

Dit is maklik hanteerbaar en kan selfs met sekere verstellings teen hellings ingespan word.

Die masjien staan bekend as die Mobile Cherry Picker.

Plukmasjien wys gesig in

Tzaneen

Page 17: AgriBulletin_121130

November 201218

Eskom behoort geluk gewens te word met die feit dat hy in die laaste ses maande tot September vanjaar dit kon regkry om ten spyte van minder aanvraag in elek-trisiteit (nogal deur die wintermaande) dit kon regkry om ’n wins van R12,6 miljard te toon. So sê die TLUSA in ‘n verklaring.

“Eskom het skynbaar voorsiening gemaak vir ’n daling in die vraag na elektrisiteit en daardie daling was in-derdaad meer as wat verwag is. Nietemin maak Eskom voorsiening vir ’n toekomstige styging na die vraag van elektrisiteit en voer dit as rede aan vir die aangevraagde tariefstyging oor die volgende vyf jaar.

“Dit wil dus voorkom of verbruikers inderdaad ge-hoor gee aan Eskom se versoek om elektrisiteit te be-spaar. Bowendien is die stygings van die laaste paar jaar genoeg rede vir enige verbruiker om verdere bespa-rings in werking te stel.

“Gevolglik kan aanvaar word dat Eskom se voorsiening vir die volgende vyf jaar nie realisties is nie wat beteken dat geen verdere verhoging nodig is nie.

“In die lig van sy winsgewendheid en moontlik ver-keerde aannames en berekeninge, doen TLUSA ’n beroep op Eskom en op Nersa om nie enige verdere tariefverhogings in werking te stel nie, en dat ’n morato-rium op enige verhogings geplaas sal word vir die vol-gende drie jaar. Boere gaan reeds ernstig gebuk onder hoë insetkoste en lae produkpryse, en verligting op die elektrisiteitsrekenings kan net hulle druk help vermin-der en bydra tot volgehoue voedselsekerheid,” luidens die verklaring.

Geluk Eskom; dink nou aan die boere

Die landbouseksie van die Hoërskool Merensky spog volgende jaar met twee nuwe toevoegings tot sy personeel, asook ‘n nuwe landbouvak.

Me Stephanie Perold sal algemene landbou vir gr 8-leerlinge aanbied en landbouwetenskap vir gr 10 en gr 11. Sy sal ook me Willemien van Niekerk by die gr 12’s se landbouwetenskapklas help en verder sal sy ook die Sitrus Akademie oorneem.

Perold het ‘n B Sc-graad in Landbou aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf, met hortologie en grondkunde as hoofvakke. Sy het die afgelope sewe jaar by Westfalia Fruit Estates gewerk, waar sy poste in die navorsing- en voorverpakkingafde-lings beklee het.

Sy is lief vir hokkie, die buitelewe en fotogra� e.

Me Christelle van der Westhuizen sal al-gemene landbou vir gr 9 aanbied, asook landbou-bestuurspraktyke vir gr 9 en gr 10. Sy sal ook me Elza le Roux in die aan-bieding van AMP vir gr 12 bystaan.

Van der Westhuizen het veekunde aan die Universiteit van Pretoria gestudeer en is besig met haar onderwyskwali-� kasie aan Unisa. Sy spesialiseer in die onderrig van dier- en plantkunde. By Merensky sal sy ook betrokke wees by die uitbou van die diereproduksie-af-deling met spesiale aandag aan skape en pluimvee.

Mnr Faan Beeslaar, onderwyser by Merensky, sal landboutegnologie as matriekvak aanbied en betrokke wees by die skool se bywoning en deelname aan skoue. Hy sal ook die skool se be-soek aan Nampo lei.

Die nuwe vak bestryk onder meer veiligheid in die werkplek, materiale, elektrisiteit en alterna-tiewe krag, waterbe-nutting en -suiwering, konstruksie, gereedskap en toerusting, kommu-nikasie, tekeninge en kalibrasies. Tien leerlinge begin volgende jaar met ‘n nasionale serti� kaat in Gemengde Boerdery (Megro Learning). Dit ein-dig na twee tot drie jaar met ‘n nasionale diploma.

Landbou by Merensky groei en groei en...

Perold

Van der Westhuizen Beeslaar

Page 18: AgriBulletin_121130

November 2012 19

Page 19: AgriBulletin_121130

November 201220