AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL · doen verslag oor wat iemand gesê het; neem deel aan...
Transcript of AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL · doen verslag oor wat iemand gesê het; neem deel aan...
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS
1
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
Gemeenskaplike Take vir Assessering (GTA)
Graad 9
2009
ONDERWYSERGIDS: Afdeling A
���� Tyd: 4 uur
���� Punte: 120
���� Bladsye: 24
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS
2
INHOUDSOPGAWE
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
Item Beskrywing LU’s Tyd
(min)
Punte Bl.
Inleiding 2
TAAK 1 Kontekstualisering
Aktiwiteit 1.1: Klasgesprek en groepbesprekings
1, 2 20 --- 4
Aktiwiteit 2.1: Luisterbegrip 1, 2 30 15 7 TAAK 2
Respons op teks Aktiwiteit 2.2: Leesbegrip 3, 6 40 25 9
TAAK 3 Taal in aksie
Aktiwiteit 3.1:Taalstrukture en –gebruik
6 40 25 13
Aktiwiteit 4.1: Navorsing 1, 2,
4
Tuis
17
Aktiwiteit 4.2: Beplanning 4, 6 15 10 18
TAAK 4
Skryf: Navorsing
Aktiwiteit 4.3: Brosjure 4, 6 45 20 20
TAAK 5 Mondelinge aanbieding
Aktiwiteit 5.1: Mondelinge aanbieding
2 50 25
23
Addendum Vrae: Luisterbegrip 10
Assesseringskaal: Beplanning
19
Rubriek: Brosjure 21
Mondelinge aanbieding 24
INLEIDING
Nota aan die onderwyser:
Hierdie Gemeenskaplike Take vir Assessering (GTA) vir Afrikaans Eerste
Addisionele Taal bestaan uit Afdeling A en Afdeling B. Hierdie is Afdeling A.
Afdeling B sal later geskryf word.
Afdeling A bestaan uit 'n verskeidenheid mondelinge, lees-, luister- en skryftake
wat die leerders se taalvaardighede sal demonstreer. Al die leeruitkomste word
in hierdie afdeling aangespreek.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS
3
Afdeling B is ‘n pen-en-papiertaak wat uit lees- en skryftake bestaan. Slegs
Leeruitkomste 3, 4 en 6 sal in hierdie afdeling geassesseer word en sal volgens
‘n nasionale rooster aan die einde van die jaar geskryf word.
Instruksies vir Afdeling A:
• Hierdie afdeling moet in vier klasure afgehandel word. Dit kan oor ’n hele paar
dae strek. Alhoewel voorbereiding vir sekere aktiwiteite tuis gedoen kan word,
moet die finale produk elke keer in die klas afgehandel word. Afdeling A tel
120 punte.
• Laat leerders toe om hulpmiddels soos woordeboeke en aantekeninge/notas
met taalreëls te raadpleeg.
• Verduidelik opdragte wat in die leerderboek gegee word, aan die klas.
• Verduidelik aan leerders dat sommige aktiwiteite in groepe of pare gedoen sal
word, terwyl ander indiwidueel gedoen sal word. In albei gevalle sal die
onderwyser(es) as fasiliteerder optree.
• ‘n Verskeidenheid assesseringsmetodes sal tydens hierdie GTA gebruik
word. Alle assessering sal met punte aangedui word.
• Alle aktiwiteite moet volgens die gegewe assesseringsinstrumente
geassesseer word.
• Teken alle punte in u punteboek aan nadat leerders hulle punte gesien het.
• U kan u eie diskresie gebruik en meer of minder tyd aan aktiwiteite toestaan,
afhangende van hoe vinnig of stadig leerders werk.
• Leeruitkomste en assesseringstandaarde word telkens aan die begin van elke
aktiwiteit gegee.
• Aangesien daar aktiwiteite is wat onder gekontroleerde omstandighede
gedoen moet word, moet die Leerderboeke verkieslik in die klas bly
gedurende die tyd wat aan die GTA bestee word.
Afdeling B:
• Moet deur leerders indiwidueel en onder gekontroleerde omstandighede
gedoen word.
• Leerders moet hierdie afdeling binne 2 uur voltooi.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS
4
DOEL VAN DIE AKTIWITEIT
Gedurende hierdie aktiwiteit sal leerders
• gesels oor waarom dit belangrik is om sekere goed vir die nageslag te
bewaar.
• na hulle maats luister en reageer op wat hulle maats sê deur vrae te vra en te
beantwoord.
LEERUITKOMSTE EN ASSESSERINGSTANDAARDE: Leeruitkoms 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities
binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde
Die leerder
� luister na en reageer op vrae; � luister na stories en feitelike tekste. Leeruitkoms 2: PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne
’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. Assesseringstandaarde
Die leerder
� spreek klanke redelik korrek uit en gebruik woord- en sinsaksent en intonasie taamlik korrek;
� reageer gepas op vrae; � doen verslag oor wat iemand gesê het; � neem deel aan besprekings in klein groepies. Een persoon gee terugvoering oor
dit wat bespreek is.
Aktiwiteit 1.1 Klasgesprek en groepbesprekings
Groepwerk METODOLOGIE
• Verdeel die klas in klein groepies.
KONTEKSTUALISERING TAAK 1
Tyd: 20 min � Punte: 0 ����
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS
5
• Hou eers ’n klasbespreking. Voorbeelde waaroor gesels kan word, is die
volgende:
o Gesels met leerders oor die bewaring van ons erfenis. Lei hulle om te
dink aan alles wat vir die nageslag bewaar moet word. Verwys ook na
huidige kwessies soos waterbesoedeling en die tekort aan water.
o Gesels oor uitgestorwe spesies en bedreigde spesies.
• Laat leerders na die onderstaande prente kyk.
• In hul groepies moet leerders oor die volgende gesels:
o Watter diere verskyn in die prentjies?
o Wat is die verskil tussen die diere in die eerste drie prentjies en dié in die laaste twee prentjies?
o Kyk hoeveel diere wat uitgesterf het of wat bedreigde spesies is, julle kan opnoem.
o Wat moet ons alles vir ons nageslag bewaar?
o Waarom is dit belangrik om ons erfenis te bewaar?
o Is daar goed wat nié bewaar/beskerm moet word nie?
o Wat sou jý graag wou uitroei? Gesels oor die voor- en nadele daarvan.
DOEL VAN DIE AKTIWITEIT
Gedurende hierdie aktiwiteit sal leerders
• vrae beantwoord oor ‘n teks wat voorgelees word;
• skriftelik bewys dat hulle verstaan wat hulle hoor;
• skriftelik bewys dat hulle verstaan wat hulle lees;
• bewys dat hulle taal gepas kan gebruik.
RESPONS OP TEKS TAAK 2
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS
6
LEERUITKOMSTE EN ASSESSERINGSTANDAARDE: Leeruitkoms 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities
binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde
Die leerder
� luister na en reageer op vrae; � luister na stories en feitelike tekste. Leeruitkoms 3: LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op
die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaarde
Die leerder
� lees verskillende soorte stories (soos avontuurverhale) en feitelike tekste;
� ’n leeswoordeskat demonstreer. Leeruitkoms 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van
die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaarde
Die leerder
� spel redelik korrek; � gebruik woorde en sinne; � brei woordeskat uit; � demonstreer ’n leeswoordeskat van ongeveer 3 000 woorde teen die einde van
graad 9.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS
7
Aktiwiteit 2.1: Luisterbegrip
METODOLOGIE
• Lees die teks Kakkerlakke teen ‘n gemaklike tempo aan die leerders voor.
• Lees die vrae (Leerderboek bladsy 18) na afloop van die eerste lees van die teks saam met die leerders deur. Verduidelik waar nodig.
• Lees die teks vir ‘n tweede keer voor.
• Laat leerders die vrae op die antwoordblad beantwoord terwyl dit vir die tweede keer voorgelees word. Moet geen gedeeltes herhaal of verduidelik tydens die lees daarvan nie.
TEKS VIR LUISTERBERIP:
Kakkerlakke
Die oudste en mees onverwoesbare insek wat bestaan, is die kakkerlak. Die insek is meer as 350 miljoen jaar oud en is bestand teen byna alles, selfs bestraling. Dit was die enigste kreatuur wat die kern van die atoombomontploffings in Hirosjima en Nagasaki oorleef het. Kakkerlakke is ook ongelooflik vrugbaar. Die wyfie van die Duitse kakkerlak (een van die sewe vernaamste spesies) kan 350 000 kleintjies per jaar voortbring.
Kakkerlakke ontwikkel ook stelselmatig immuniteit teen nuwe gifstowwe en laat wetenskaplikes magteloos. Hulle kan op byna enige plek leef, maar is aangetrokke tot warmte, vandaar hul voorliefde vir kombuise, waar daar ook eetgoed is. Hulle is die skrik van restauranteienaars. Hulle eet byna enigiets, tot tandepasta en hare. Dit het ’n Amerikaanse entomoloog laat opmerk: “Die laaste kreatuur op aarde sal ’n kakkerlak wees wat mos op ’n rots sit en vreet.”
Nuwe dinge word steeds oor kakkerlakke ontdek. So laat as Junie 2000 het navorsers bevind dat die kakkerlak op sy agterlyf ’n draadagtige sintuig het wat hom waarsku as daar enige beweging in die lug agter hom is. So ontwyk hy ’n goed gemikte skoensool of opgerolde koerant.
(Teks verkry uit: Raar maar Waar)
Assessering
Assesseer hierdie aktiwiteit met behulp van die nasienmemorandum.
Tyd: 30 min � Punte: 15 ����
Indiwiduele werk
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS
8
LUISTERBEGRIP: NASIENMEMORANDUM 1. Hoe oud is kakkerlakke?
Meer as 350 miljoen jaar (1)
2. Hoe weet ons dat kakkerlakke baie gehard is? Kies die korrekte antwoord.
• Hulle leef in die kern van bomontploffings.
• Hulle het al die kern van atoombomontploffings oorleef. • Hulle het in Hirosjima en Nagasaki geleef.
• Hulle het al bomontploffings oorleef. (1)
3. Hoeveel spesies van kakkerlakke is daar?
• 7
• Meer as 7 • Minder as 7 (1)
4. Hoeveel kleintjies kan die wyfie van die Duitse kakkerlak jaarliks voortbring?
350 000 (1)
5. Waarom voel wetenskaplikes magteloos?
Kakkerlakke ontwikkel immuniteit teen nuwe gifstowwe. (1)
6. Waarom het kakkerlakke ’n voorliefde vir kombuise? Gee TWEE redes.
Aangetrokke tot warmte � Eetgoed � (2)
7. Kakkerlakke eet byna enigiets. Noem TWEE goed wat in die teks genoem word, wat hulle eet.
tandepasta hare (2)
8. Sê JA of NEE.
Ons weet alles van kakkerlakke af. (1)
9. Wanneer is die draadagtige sintuig op die kakkerlak se agterlyf ontdek?
Junie 2000 (1)
10. Wat doen dié draadagtige sintuig?
Dit waarsku � die kakkerlak as daar beweging in die lug agter hom is.� (2)
11. Wat is ’n entomoloog?
Wetenskaplike bestudeerder van insekte / insektekundige. (1)
12. Wat word bedoel met mees onverwoesbare insek?
Die insek wat die moeilikste verwoes/doodgemaak kan word. (1) [15]
JA NEE
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS
9
Aktiwiteit 2.2: Leesbegrip
METODOLOGIE
• Leerders beantwoord die vrae oor die koerantberig uit Beeld, 2 Mei 2008 en die advertensies skriftelik.
• Hulle mag ’n woordeboek gebruik.
TEKS 1
Huey hink Laeveld-harte binne ------------------------------------------------------
Buks Viljoen
------------------------------------------------------
1 Nelspruit - Sy naam is Huey. Hy’s nege
maande oud, weeg bykans 400kg en gedra
hom nes ’n kind!
2 Maar die afbeen-renostertjie het sedert
Vrydag so met sy hinkepink en al diep in
Laevelders se harte gekruip.
3 Veldwagters van die Songimvela-
reservaat by Kromdraai naby Badplaas het
verlede week gesien hoe ’n witrenosterkalf
mank in die veld loop.
4 Volgens mnr. Jimmy Masombuka,
woordvoerder van die Mpumalanga-
toerisme-en-parke-agentskap (MTPA), het
hulle vermoed die dier se been is gebreek.
5 Die hulp van mnr. Mark Jackson van Bird
Dog Aviation en sy Huey-helikopter (die
renostertjie is gister na die helikopter
vernoem) is ingeroep.
6 Nadat die dier verdoof is, is hy Donderdag
in die reservaat opgepik. Hulle het met hom
na Nelspruit gevlieg. Hy is na drs. Albertus
Coetzee en Johan Viljoen van die West
Acres-dierekliniek geneem waar ’n
draagbare x-straalmasjien gebruik is om
sommer so agter op sy bakkie-bed x-
straalfoto’s van sy linkervoorbeen te neem.
7 “Een van die twee bene in sy poot was
morsaf. Gelukkig was dit ’n skoon breuk en
ons hoef nie te opereer nie,” vertel Coetzee.
8 Terwyl die MTPA se amptenare en
vrywilligers die dier versorg het, is drs.
Marius Goddefroy en Niel Taljaard laat
kom. Hulle het besluit om ’n spalk vir Huey
se been te maak. ’n Gipsafdruk is van die
voorpoot gemaak sodat die spesiale
plastiekspalk gemaak kon word.
9. Die spalk is Vrydag aangesit. Volgens
Masombuka het die dier sommer gou met sy
spalk oor die weg gekom.
10. Huey word tans in ’n kamp by ’n
rehabilitasiesentrum van die MTPA naby
Hilltop buite Nelspruit versorg.
11. “As alles goed gaan, behoort die been
binne agt weke aan te groei. Solank die
pasiënt hom net rustig gedra,” sê Coetzee.
12. MTPA-personeel het Huey gister weer
ondersoek om seker te maak die spalk werk
reg.
13. “Hy lyk goed en alles gaan voor die wind
met die outjie,” het mnr. Chris Hobkirk van
die MTPA gesê.
14. Die spalk sal egter vir minstens ses
maande aanbly voordat hy weer in die
wildreservaat vrygelaat sal word.
Tyd: 40 min � Punte: 25 ����
Indiwiduele werk
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS 10
Vrae:
1. Watter woord uit die titel sê vir ons dat Huey snaaks geloop het? (1)
hink
2. Waarom het die renostertjie snaaks geloop? Gee jou antwoord in ‘n volsin. (1)
Sy been was gebreek/af.
3. Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Motiveer jou antwoord deur EEN woord uit paragraaf 4 aan te haal.
Die veldwagters het dadelik presies geweet wat met die renostertjie verkeerd was. (2)
Onwaar ‘vermoed’
4. Noem TWEE goed wat hulle gedoen het om Huey by die veearts te kry.(2)
Hulle het hom verdoof.
Hulle het hom per helikopter vervoer.
5. Waarom moes hulle ‘n draagbare X-straal-masjien gebruik? (2)
Hy was te groot/swaar ���� om hom na die x-straalmasjien te neem.
6. Watter woord uit par. 8 sê vir ons dat die mense wat Huey versorg het dit uit liefde en nie vir geld nie, gedoen het. (1)
vrywilligers
7. Hoe weet ons dat die spalk nie vir Huey sou seermaak nie? (1)
Die spalk is spesiaal vir hom gemaak./ Hulle het eers ’n gipsafdruk van sy been gemaak./ Hulle het verseker dat die spalk reg sou pas.
8. Waar gaan hy bly totdat hy heeltemal gesond is? Kies die korrekte antwoord en skryf dit neer.
• Songimvela-reservaat
• West Acres-dierekliniek
• Hilltop • Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (1)
9. Gee VIER opeenvolgende woorde uit die leesstuk wat vir ons sê dat Huey nie gesukkel het om met die spalk te loop nie. (1)
Oor die weg gekom
10. Wat kon dalk gebeur het as die renostertjie hom nie stil gedra het nie? (2)
Dit sou langer ���� geneem het vir die been om te genees ����./ Die been sou dalk nooit ���� volkome genees het nie ����.
11. Sê in jou eie woorde wat dit beteken as iets ‘voor die wind(gaan)’. (1)
Dit gaan goed.
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS 11
12. Haal ‘n gedeelte uit die leesstuk aan wat vir ons sê dat die inwoners van Nelspruit vir Huey lief geraak het. (1)
Huey hink Laeveld-harte binne/
diep in Laevelders se harte gekruip.
13. Watter emosie ervaar mens NIE as jy hierdie leesstuk lees nie. Kies die korrekte antwoord en skryf dit neer.
• teerheid
• woede • blydskap
• geluk (1)
14. Watter woord uit die leesstuk sê vir ons dat die spalk dalk selfs langer as ses maande sal moet aanbly? (1)
minstens
15. Wat sal eers moet gebeur voordat hulle die spalk sal afhaal? (1)
Die been sal eers moet aangroei./
Die veearts sal hom eers moet ondersoek.
[19] TEKS 2
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS 12
16. In watter advertensie sal ons lees van diere wat jare gelede bestaan het? (1)
Dinokinders / Die tweede advertensie. / die regterkantste
advertensie, ens.
17. Gee EEN woord uit die Jungle Book-advertensie wat vir ons sê dat dit ‘n baie gewilde fliek is. (1)
trefferfliek
18. Wat beteken dit as ons sê dat die fliek ‘gerestoureer’ is? Watter antwoord pas NIE? Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter van jou antwoord neer.
• Die fliek word net in restourante gewys. • Die fliek is so goed soos nuut gemaak.
• Die fliek se kwaliteit is verbeter.
• Die fliek se klank en beelde is beter. (1)
19. Noem TWEE goed wat van die fliek genoem word om mense te oortuig om die DVD te koop. (2)
Dit is vol opwindende avonture. / Mowgli beleef opwindende avonture.
’n Langverlore karaktertjie/Rocky die renoster verskyn in die fliek.
Daar is liedjies wat nog nooit gehoor is nie.
Daar is hope speletjies. (Enige twee)
20. Hoe weet ons dat jongmense bly sal wees om die boek oor dinosourusse te ontvang? (1)
Hulle sal gil van plesier.
[6]
TOTAAL: 25
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS 13
DOEL VAN DIE AKTIWITEIT
Gedurende hierdie aktiwiteit sal leerders
• wys dat hulle taal gepas kan gebruik.
• hul kennis van woordeskat toon en uitbrei.
Leeruitkoms 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van
die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaarde
Die leerder
� spel redelik korrek; � gebruik woorde en sinne; � brei woordeskat uit; � demonstreer ’n leeswoordeskat van ongeveer 3 000 woorde teen die einde van
graad 9.
Aktiwiteit 3.1: Taalstrukture en -gebruik
METODOLOGIE
• Leerders beantwoord die vrae in hierdie aktiwiteit
indiwidueel deur telkens te doen wat gevra word.
• Die vrae is gebaseer op die prent hier langsaan.
• Hulle mag ’n woordeboek en/of klasaantekeninge
gebruik.
TAAL IN AKSIE TAAK 3
Tyd: 40 min � Punte: 25 ����
Indiwiduele werk
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS 14
1. Woordstrukture
Lees die onderstaande paragrawe noukeurig deur en voer dan die opdragte
tussen hakies by elke nommer uit. Skryf slegs die nommer en jou antwoord
neer.
Dis ’n 1.1 (son – gee die korrekte vorm) dag in Julie. Die Louw-
gesin bring die dag 1.2 (te / by / na – kies die korrekte woord) die
dieretuin deur. 1.3 (Mnr. – skryf voluit) Louw is baie opgewonde. Dit
is die eerste keer in 1.4 (14 – skryf in woorde) jaar wat hy by die
dieretuin is.
Klein Pietie is die 1.5 (moeg – trappe van vergelyking) van die vier.
Hy het die vorige aand 1.6 (laat – trappe van vergelyking) as sy
sussie gaan slaap.
Mnr Louw het na een van sy 1.7 (hemp – meervoud) gesoek. Mev.
Louw moes eers al die kinders se 1.8 (kat, hond, marmot, vissies –
gee een woord) kos gee.
Vir Pietie lyk die olifant 1.9 (baie + groot – intensiewe vorm). Die
olifant se twee 1.10 (oog – meervoud) blink.
Memorandum
1.1 sonnige
1.2 by
1.3 Meneer
1.4 veertien
1.5 moegste
1.6 later
1.7 hemde
1.8 troeteldiere
1.9 lewensgroot
1.10 oë
[10]
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS 15
2. Sinstrukture
Skryf die sinne oor en begin met die woorde wat gegee is ÓF voer die
opdragte tussen hakies uit.
2.1 “Wie het my pet gevat?”
Mnr Louw vra wie sy pet gevat het. (1)
2.2 “Ek het nie die apie gesien nie.”
Die dogtertjie antwoord dat sy nie die apie gesien het nie. (1)
2.3 Die apie probeer om hoër in die boom te klim.
’n Rukkie gelede het die apie probeer om hoër in die boom te klim. (1)
2.4 Die apie het die pet gegryp.
Die kinders lag lekker. (Verbind die twee sinne met daarom) (1)
Die apie het die pet gegryp, daarom lag die kinders lekker.
2.5 Die apie sal die pet op die grond gooi. Die apie sal die pet in die water gooi.
(Verbind die twee sinne met óf ... óf.) (1)
Die apie sal die pet óf op die grond óf in die water gooi.
2.6 Die kinders skater van die lag.
Oor ’n uur sal die kinders skater van die lag/van die lag skater. (1)
2.7 Die olifant kyk na die gesin. Hy sal die pet gryp.
(Kies wie of wat en verbind dan die twee sinne.
Die olifant wat na die gesin kyk , sal die pet gryp. (1)
2.8 Die apie hou die pet in sy hand.
Die pet word (deur die apie) in sy hand gehou. (1)
2.9 Die apie het die pet op die grond gegooi.
Die pet is deur die apie op die grond gegooi. /op die grond gegooi deur die apie. (1)
2.10 Het die olifant al kos gehad?
Nee, die olifant het nog nie kos gehad nie. (1)
2.11 In die sin hieronder is daar twee verskillende woorde wat op die verkeerde plek geskryf is. Skryf die sin oor en skryf die twee woorde op die regte plek.
Skielik gryp die apie die pet terwyl die gesin na die diere kyk. (1)
[11]
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS 16
3. Kommunikasie
Lees telkens die situasie wat geskep is, noukeurig deur. Skryf dan die
woorde wat die persoon sal sê, neer. Elke antwoord moet uit minstens 10
woorde bestaan.
3.1 Die apie het mnr. Louw se pet gegryp toe hy onder die boom deurgeloop
het. Toe hy opkyk, sien hy die apie met sy pet. Hy is sommer baie kwaad.
Wat sal mnr. Louw vir die apie sê?
Mnr. Louw: Ag nee! Gee my pet dadelik terug, jou stoute apie!
(Enige soortgelyke antwoord. Dit moet duidelik wees dat mnr. Louw nie beïndruk is nie.) (2)
3.2 Klein Pietie geniet dit dat die apie sy pa se pet het. Wat sal Pietie sê?
Pietie: Ag siestog! Dit is darem ’n slim apie. Kyk net hoe oulik hou hy
Pappa se pet vas.
(Enige soortgelyke antwoord. Dit moet duidelik wees dat Pietie die situasie geniet.) (2)
(Enige dialoog wat by die situasie pas���� in korrekte taal. ����)
[4]
TOTAAL: 25
DOEL VAN DIE AKTIWITEIT
Gedurende hierdie aktiwiteit sal leerders
• inligting insamel wat hulle vir die saamstel van ’n brosjure kan gebruik.
• beplanning vir die brosjure doen.
• ’n brosjure maak van ’n reservaat wat daarop gemik is om diere te beskerm.
LEERUITKOMSTE EN ASSESSERINGSTANDAARDE: Leeruitkoms 4: SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste
vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaarde
Die leerder
� Ontwerp ’n kort teks wat skriftelike en visuele stof insluit (soos ’n groetekaartjie, ’n plakkaat).
NAVORSINGSTAAK TAAK 4
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS 17
Leeruitkoms 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van
die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaarde
Die leerder
� spel redelik korrek; � gebruik woorde en sinne; � brei woordeskat uit; � demonstreer ’n leeswoordeskat van ongeveer 3 000 woorde teen die einde van
graad 9.
Aktiwitweit 4.1: Navorsing
METODOLOGIE
• Hierdie navorsing moet buite klastyd geskied.
• Verduidelik aan leerders wat van hulle in die volgende aktiwiteite verwag
word.
o Skets die situasie hieronder aan die leerders.
Situasie: Jy is die trotse eienaar van ’n wildreservaat. Daar is baie
verskillende diere in jou reservaat – ook bedreigde spesies! Die doel van
jou reservaat is hoofsaaklik om bedreigde spesies te beskerm.
Jy wil graag hê dat mense moet sien hoe besonders jou reservaat is. Jy
besluit om die reservaat te adverteer! Jy gaan ’n brosjure saamstel waarin
mense meer van jou reservaat te wete kan kom.
• Lees saam met die leerders die instruksies van Aktiwiteit 4.2 en Aktiwitiet 4.3
in die leerderboek deur sodat hulle seker is dat hulle verstaan wat van hulle
verwag word.
• Moedig hulle aan om in die biblioteek, in koerante of op die internet te gaan
soek na geskikte prente en inligting.
Tyd: Tuiswerk � Punte: 0 ����
Indiwiduele werk
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS 18
Aktiwiteit 4.2: Beplanning
METODOLOGIE
• Verduidelik aan leerders wat van hulle tydens hierdie aktiwiteit verwag word.
Dit is belangrik dat hulle ’n deeglike beplanning doen en nie ’n eerste ‘rowwe’
weergawe van die brosjure doen nie. Wys leerders daarop dat dit ’n
vaardigheid is om beplanning korrek te doen en dat dit hulle met alle
studiewerk kan help as hulle dit korrek doen.
• Leerders gebruik nou die voorbereiding wat hulle tydens die vorige aktiwiteit
gedoen het.
• Die beplanning vir die brosjure moet op ’n A4-bladsy gedoen word. Dit kan
enige vorm aanneem, bv. ’n spinnekopdiagram of breinkaart. (Enige ander
vorm van beplanning is aanvaarbaar. Dit moet egter duidelik wees dat dit
beplanning is en nie ’n eerste weergawe nie.)
• Die beplanning moet hoof- en ondersteunende gedagtes bevat.
• Wys leerders op die kriteria vir die beplanning.
Assessering
Gebruik die rubriek op die volgende bladsy om die beplanning te assesseer.
Tyd: 15 min � Punte: 10 ����
Indiwiduele werk
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS 19
Aktiwiteit 4.2 Assessering van beplanning
10 BEPLANNING
8-10 10 9 8
UITMUNTEND Uitmuntende vermoë om hoofgedagtes van ondersteunende gedagtes te onderskei. Beplanning uiters samehangend en logies uiteengesit. Puik hulpmiddel vir die skryf van eindproduk. Uitmuntend in staat tot skematiese voorstelling van inligting.
7 VERDIENSTELIK Besonder goeie vermoë om hoofgedagtes van ondersteunende gedagtes te onderskei. Beplanning baie samehangend en logies uiteengesit. Baie goeie hulpmiddel vir die skryf van eindproduk. Baie goed in staat tot skematiese voorstelling van inligting.
6 BUITENGEWOON Goeie vermoë om hoofgedagtes van ondersteunende gedagtes te onderskei. Beplanning samehangend en logies uiteengesit. Goeie hulpmiddel vir die skryf van eindproduk. Goed in staat tot skematiese voorstelling van inligting.
5 VOLDOENDE Redelik in staat om hoofgedagtes van ondersteunende gedagtes te onderskei. Beplanning redelik samehangend en meestal logies uiteengesit. Nie altyd voldoende vir skryf van goeie eindproduk nie. Redelik in staat tot skematiese voorstelling van inligting.
4 MATIG Begin tekens toon dat hoofgedagtes moeilik van ondersteunende gedagtes onderskei kan word. Beplanning soms onsamehangend. Inligting om doeltreffende eindproduk te skryf, begin ontbreek. Sukkel om inligting skematies voor te stel.
3 BASIES Toon min tekens dat tussen hoof- en ondersteunende gedagtes onderskei kan word. Toon ernstige leemtes in samehang en logika. Min relevante inligting. Selde in staat tot skematiese voorstelling van inligting.
1-2 2 1
ONTOEREIKEND Glad nie in staat om hoofgedagtes uit te lig nie. Bitter min samehang en/of logika. Inligting totaal onvoldoende of glad nie van toepassing nie. Glad nie in staat om inligting skematies voor te stel nie.
[10]
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS 20
Aktiwiteit 4.3: Brosjure
METODOLOGIE
• Lees die volgende instruksies saam met die leerders deur.
o Stel ’n brosjure saam van jou reservaat.
o Die doel van hierdie brosjure is om jou reservaat te adverteer. Dié
reservaat beskerm bedreigde spesies.
o Die brosjure word in die volgende aktiwiteit (mondelinge aanbieding)
gebruik.
o Die brosjure moet op ’n A4-bladsy gedoen word. Vou jou A4-bladsy op
een van die volgende maniere sodat dit lyk soos ’n brosjure:
o Op jou brosjure moet jy die volgende inligting hê:
� Die naam van jou reservaat.
� Waar is die reservaat geleë?
� ’n Skets(e)/illustrasie(s)/foto(’s) van die diere in die reservaat.
� Wat bied die reservaat? (Maak gebruik van volsinne.)
� Waarom moet mense juis dié reservaat besoek?
o Organiseer die inligting op die brosjure sinvol.
Nuttige wenke vir die saamstel van ’n brosjure
� Kyk na voorbeelde van brosjures. � Beplan jou brosjure. Oorweeg samehang: Inleiding, liggaam en slot/afsluiting. � Gee jou brosjure ’n titel/onderwerp. � Dink aan aanbieding, uitleg en die gebruik van kleur en lettergroottes. � Kyk na verskillende formate, bv. vraag en antwoord. � Maak seker van woordeskat, sinstrukture, idiomatiese taalgebruik, spelling en leestekengebruik. � Redigeer jou brosjure voordat jy dit inhandig om bepunt te word. � Wees oorspronklik en kreatief.
Tyd: 45 min � Punte: 20 ����
Indiwiduele werk
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS 21
Assessering
Assesseer die brosjure met behulp van die onderstaande rubriek.
Rubriek: Brosjure
• Assesseer die leerder se werkstuk. • Ken 'n punt uit 10 volgens die rubriek toe vir inhoud. • Ken ‘n punt uit 10 toe vir struktuur, beplanning en styl. • Tel die twee punte bymekaar vir die finale punt wat u dan in u punteboek
aanteken.
10
INHOUD
10
STRUKTUUR, BEPLANNING, TAAL EN STYL
% PER VLAK
8-10
10 9 8
UITMUNTEND
Weldeurdag en oortuigend. Bewyse van buitengewone vermoëns. Oorspronklik, samehangend, akkuraat en met kohesie geskryf. Besliste onderskeiding.
8-10
10 9 8
UITMUNTEND
Buitengewone taalgebruik. Uitstekende taalbeheer. Gevorderde en uitgebreide woordkeuse. Uiters deeglik beplan. Uitmuntende persoonlike styl.
80-100%
7
7 VERDIENSTELIK
Kort absolute oortuiging van vlak 7, dog steeds baie oortuigend. Oorspronklik en samehangend geskryf. Bewyse van baie goeie vermoëns.
7 VERDIENSTELIK
Baie goeie taalgebruik en –beheer. Woordkeuse gevarieerd en kreatief. Baie goeie beplanning. Baie goeie persoonlike styl.
70-79%
6
6 BUITENGEWOON
Oortuigend. Interessant. Redelik samehangend, akkuraat en kreatief. Voldoen aan vereistes van opdrag.
6 BUITENGEWOON
Goeie taalgebruik. Minder ernstige foutjies kom voor. Goeie woordkeuse. Goeie uitdrukkingsvermoë. Tekens van eie styl.
60-69%
5
5 VOLDOENDE
Gemiddelde gedagtes wat goed uitgedruk is, of goeie gedagtes wat gemiddeld uitgedruk is. Alledaags en nie baie oortuigend nie.
5 VOLDOENDE
Redelike taalgebruik. Woordorde- en sinsboufoute sluip in. Alledaagse woordeskat. Alledaagse uitdrukkingsvermoë.
50-59%
4
4 MATIG
Baie alledaags en onoortuigend. Soms samehangend. Voldoen in ’n mate aan die vereistes van die opdrag.
4 MATIG
Leesbaar maar met nalatige foute. Sinsbou- en woordordefoute redelik algemeen. Onoorspronlike dog redelik voldoende woordeskat.
40-49%
3
3 BASIES
Inhoud swak. Deurmekaar en neig na onverstaanbaar.
3 BASIES
Swak taalbeheer. Wemel van foute. Beperkte woordeskat. Moedertaalinvloed lei tot verwronge betekenis.
30-39%
2
1-2
2 1
ONTOEREIKEND
Inhoud niksseggend. Onvanpas en onsamehangend. Feitlik onleesbaar.
1-2
2 1
ONTOEREIKEND
Uiters swak taalbeheer. Ongrammatikaal. Onverstaanbaar.
0-29%
1
[20]
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS 22
DOEL VAN DIE AKTIWITEIT
Gedurende hierdie aktiwiteit leerders
• hul reservaat aan die klas voorstel.
LEERUITKOMSTE EN ASSESSERINGSTANDAARDE: Leeruitkoms 1 LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities
binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde
Die leerder
� luister na en reageer op vrae; � luister na ’n langer gesprek. Leeruitkoms 2: PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne
’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. Assesseringstandaarde
Die leerder
� spreek klanke redelik korrek uit en gebruik woord- en sinsaksent en intonasie taamlik korrek;
� reageer gepas op vrae; � doen verslag oor wat iemand gesê het. Leeruitkoms 5:
Leeruitkoms 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van
die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaarde
Die leerder
� gebruik woorde en sinne; � brei woordeskat uit; � demonstreer ’n leeswoordeskat van ongeveer 3 000 woorde teen die einde van
graad 9.
MONDELINGE AANBIEDING AKTIWITEIT 5
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS 23
Aktiwitweit 5.1: Mondeling
METODOLOGIE
• Leerders stel die reservaat waarvoor hulle die brosjure ontwerp het, aan hul
klasmaats bekend. Hulle moet hul maats probeer oortuig om die reservaat te
besoek.
• Leerders moet gebruik maak van hul brosjures tydens die bekendstelling van
die reservaat.
• Wys leerders daarop dat hulle na hul maats se aanbiedings moet luister en
vrae te vra as hulle iets meer wil weet of as iets nie duidelik is nie.
Assessering:
Assesseer die mondelinge aanbieding met behulp van die metingskaal hieronder.
Gebruik die kriteriaskaal op bladsy 24 om punte te bepaal en te bereken.
Metingskaal vir assessering van mondelinge aanbieding.
Sleutel:
5 Uitmuntend: Feitlik onverbeterlik met min tekens van foute.
4 Beduidend: Baie goed, maar foute begin insluip. Tekortkominge by taal en/of inhoud is
egter nie steurend nie.
3 Voldoende: Gemiddelde aanbieding. Meer tekortkominge, maar betekenis nog duidelik.
2 Basies: Baie foute begin nou voorkom. Duidelike tekens van moedertaalinvloed, maar
nog plek-plek duidelik en verstaanbaar.
1 Ontoereikend: Deurspek met tekortkominge. Meestal onverstaanbaar. Moedertaalinvloed
oorweldigend. Inhoud niksseggend.
Tyd: 50 minute � Punte: 25 ����
Individuele werk
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: ONDERWYSERGIDS 24
Kriteria
Uitstekend
Beduidend
Voldoende
Basies
Ontoereikend
In watter mate het die leerder … 5 4 3 2 1
1 bewys dat hy/sy goed oor die onderwerp nagedink het?
2 'n treffende en effektiewe inleiding en slot gebruik?
3 inligting georganiseer sodat dit interessant en verstaanbaar was?
4 oortuigende idees en argumente gebruik?
5 inhoud voorberei ten einde met selfvertroue te kon praat?
6 brosjure effektief gebruik?
7 oogkontak met sy/haar klasmaats gemaak en gehou en vloeiend en teen 'n gemaklike tempo gepraat?
8 stemtoon gewissel en waar nodig geskikte gebare gebruik ten einde nie vervelig te klink nie?
9 woorde duidelik, verstaanbaar en korrek uitgespreek?
10 goeie taal en gepaste woordeskat gebruik?
TOTAAL /50÷2= /25