24 JANUARIE 2016 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Kom maak 'n draai en word deur ons dames bedien en...

6
VANOGGEND SE DIENS (DR CLIFFORD HEYS) VRA VIR JESUS (JOH 11:7-9) As jy vandag die geleentheid het om oor ‘n koppie koffie met Jesus te gaan sit en gesels, wat sou jy Hom vra - Is U regtig God …? Hoe lyk dit in die Hemel? Hoekom antwoord U nie ons gebede nie? Hoekom het hulle by ons huis ingebreek? Hoekom het pappie nie werk nie? ‘n Boer het wel gevra: ‘Waarom hierdie droogte ..? ‘n Kleindogter het ook gevra: ‘Waarom word Oupa nie gesond nie ..?‘n Kerk in Sirië vra steeds: ‘Waarom word ons vervolg ..?’ En as Jesus vir jou een vraag kon vra, wat (dink jy) sou Sy vraag aan jou wees? Soek saam met Clifford na moontlike antwoorde. En lees Johannes 21:15-19 vir moontlike antwoorde. Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll. SOFCA Baie dankie vir u gebede en volgehoue ondersteuning Wees Lig! HARTLIK WELKOM Jannie was ‘n agteros op skool. Hy was nie ‘n leier of ‘n held nie. En sy maats het ongelukkig nie baie geduld en tyd met stadige bewegers en agterosse gehad nie. Na skool het hy altyd alleen huistoe gestap, omdat hy ‘n agteros, ‘n gestremde, ‘n suk- kelaar, ‘n randfiguur en ‘n maatjie sonder vriende was. En toe kom Valentynsdag. Jannie het sy ma se hulp ingeroep en hulle het 35 Valentynskaartjies gemaak. Vroeg die oggend is hierdie stadige beweger heel eerste by die skool om sy 35 Valentynskaartjies op die skoolbanke te plaas. Niemand het hom gesien nie. Ná skool het Jannie soos altyd, alleen huistoe gestap terwyl die 35 klasmaats oorgeloop het van opgewondenheid Wie is hierdie wonderlike Valentyn? Wie het my so lief ...?’ Die stadig bewegende Jannie kom dié middag ook opgewonde by die huis: “Mammie, dit het gewerk. Al 35 kinders in my klas weet nou iemand het hulle ook lief!” (Jannie se hande was leeg. Hý het nie ‘n Valentynskaartjie gekry nie). En vandag? En vandag sal die warm, dors en waterlose mense in die Binneland, kanne water ontvang en hulle sal weet: ‘Iemand het ons lief!’ Die stadige bewegers, die agterosse, die gestremdes, die sukkelaars, die ongeluk- kiges, die randfigure, die eensames, die vreemdelinge, die siekes, die depressiewes, die warm en dorstiges sonder water, ja almal, móét weet .... ‘Iemand het julle lief!’ En ons weet ook: Liefde maak harte oop, (selfs motors se bagasiebakke). Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 24 JANUARIE 2016 TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 31 JANUARIE DS MICHIEL DE KOCK (NAGMAAL WORD BEDIEN) Matt. 5 v. 21 - 26 en Hfst. 5 v. 38 41 Komende Sondag is dit Nagmaal. Ons as gemeente is genooi om te kom aansit. Dit is egter baie belangrik dat ons ons instel op die gebruik van die nagmaal en die implikasies wat dit vir ons in ons prakese lewens het. Bogemelde tekste sal ons hiermee help. Ons vra dat u dit lees en daarmee voor God sl word. ‘n Mens kan nie help om bewus te raak van ‘n opvlam van rassisme in ons land nie. Dink asb na oor die vraag hoe behoort God se kinders op te tree wanneer daar rassisese op- merkings teenoor jou gemaak word? Nog ‘n vraag hoe behoort jy op te tree wanneer mense van ‘n ander kleur in jou teenwoordigheid of oor die media, WhatsApp, Facebook, Twier of doodgewoon in gesprekke, beledig word? Hoe help Jesus en die bete- kenis van die Nagmaal ons om op- bouende verhoudinge te bou? God stel nuwe standaarde, kom ons leef daarin vry en vreugdevol. NUWE PREEKREEKS BEGIN 7 FEB - 20 MAART 2016 7 WEKE IN GESPREK MET GOD (ONS VADER GEBED) Die nuwe boekie is beskikbaar vanaf Sondag (24 Jan) by die kerkkantoor. (Slegs donasies) Daar is riglyne vir persoonlike stiltetyd, kleingroepe en vir fami- lies. Ons moedig lidmate en groepe aan om by die reeks in te skakel. Mag ons almal saam daarin verryk word en meer leer van ons Vader. Seën vir u elkeen.

Transcript of 24 JANUARIE 2016 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Kom maak 'n draai en word deur ons dames bedien en...

Page 1: 24 JANUARIE 2016 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Kom maak 'n draai en word deur ons dames bedien en bederf! Biltong-en-brood aand: 11 Maart om 18h00 die aand in die sysaal. Kom geniet

VANOGGEND SE DIENS (DR CLIFFORD HEYS)

VRA VIR JESUS (JOH 11:7-9)

As jy vandag die geleentheid het om oor ‘n koppie koffie met Jesus te gaan sit

en gesels, wat sou jy Hom vra -

Is U regtig God …?

Hoe lyk dit in die Hemel?

Hoekom antwoord U nie ons gebede nie?

Hoekom het hulle by ons huis ingebreek?

Hoekom het pappie nie werk nie?

‘n Boer het wel gevra: ‘Waarom hierdie droogte ..?’

‘n Kleindogter het ook gevra: ‘Waarom word Oupa nie gesond nie ..?’

‘n Kerk in Sirië vra steeds: ‘Waarom word ons vervolg ..?’

En as Jesus vir jou een vraag kon vra, wat (dink jy) sou

Sy vraag aan jou wees?

Soek saam met Clifford na moontlike antwoorde.

En lees Johannes 21:15-19 vir moontlike antwoorde.

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll. SOFCA

Baie dankie vir u gebede en

volgehoue ondersteuning

Wees Lig!

HARTLIK WELKOM

Jannie was ‘n agteros op skool. Hy was nie ‘n leier of ‘n held nie. En sy maats het

ongelukkig nie baie geduld en tyd met stadige bewegers en agterosse gehad nie. Na

skool het hy altyd alleen huistoe gestap, omdat hy ‘n agteros, ‘n gestremde, ‘n suk-

kelaar, ‘n randfiguur en ‘n maatjie sonder vriende was.

En toe kom Valentynsdag. Jannie het sy ma se hulp ingeroep en hulle het 35

Valentynskaartjies gemaak. Vroeg die oggend is hierdie stadige beweger heel

eerste by die skool om sy 35 Valentynskaartjies op die skoolbanke te plaas.

Niemand het hom gesien nie.

Ná skool het Jannie soos altyd, alleen huistoe gestap terwyl die 35 klasmaats

oorgeloop het van opgewondenheid – ‘Wie is hierdie wonderlike Valentyn? Wie het my so lief ...?’

Die stadig bewegende Jannie kom dié middag ook opgewonde by die huis: “Mammie,

dit het gewerk. Al 35 kinders in my klas weet nou iemand het hulle ook

lief!” (Jannie se hande was leeg. Hý het nie ‘n Valentynskaartjie gekry nie).

En vandag?

En vandag sal die warm, dors en waterlose mense in die Binneland, kanne water

ontvang en hulle sal weet: ‘Iemand het ons lief!’

Die stadige bewegers, die agterosse, die gestremdes, die sukkelaars, die ongeluk-

kiges, die randfigure, die eensames, die vreemdelinge, die siekes, die depressiewes,

die warm en dorstiges sonder water, ja almal, móét weet .... ‘Iemand het julle lief!’

En ons weet ook: Liefde maak harte oop, (selfs motors se bagasiebakke).

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier

24 JANUARIE 2016

TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 31 JANUARIE

DS MICHIEL DE KOCK

(NAGMAAL WORD BEDIEN)

Matt. 5 v. 21 - 26 en

Hfst. 5 v. 38 – 41

Komende Sondag is dit Nagmaal. Ons as gemeente is genooi om te kom aansit. Dit is egter baie belangrik dat ons ons instel op die gebruik van die nagmaal en die implikasies wat dit vir ons in ons praktiese lewens het. Bogemelde tekste sal ons hiermee help. Ons vra dat u dit lees en daarmee voor God stil word. ‘n Mens kan nie help om bewus te raak van ‘n opvlam van rassisme in ons land nie. Dink asb na oor die vraag hoe behoort God se kinders op te tree wanneer daar rassistiese op-merkings teenoor jou gemaak word? Nog ‘n vraag hoe behoort jy op te tree wanneer mense van ‘n ander kleur in jou teenwoordigheid of oor die media, WhatsApp, Facebook, Twitter of doodgewoon in gesprekke, beledig word? Hoe help Jesus en die bete-kenis van die Nagmaal ons om op-bouende verhoudinge te bou? God stel nuwe standaarde, kom ons leef daarin vry en vreugdevol.

NUWE PREEKREEKS BEGIN 7 FEB - 20 MAART 2016

7 WEKE IN GESPREK MET GOD

(ONS VADER GEBED)

Die nuwe boekie is beskikbaar

vanaf Sondag (24 Jan) by die

kerkkantoor. (Slegs donasies)

Daar is riglyne vir persoonlike

stiltetyd, kleingroepe en vir fami-

lies. Ons moedig lidmate en

groepe aan om by die reeks in te

skakel. Mag ons almal saam daarin

verryk word en meer leer van ons

Vader. Seën vir u elkeen.

Page 2: 24 JANUARIE 2016 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Kom maak 'n draai en word deur ons dames bedien en bederf! Biltong-en-brood aand: 11 Maart om 18h00 die aand in die sysaal. Kom geniet

ONS BID VIR ... Louis Stassen

Hennie Botha

Wilkie du Toit

Helena van Vuuren

Annette Solomon

Zelda (Adri Flam se

kleindogter)

Magriet Louw

Suzette Rust

Ds Jan Basson

Henriette Smit

Rupert Mizon

Okkie & Zillha van Tonder

Bernice Auret

Sarie van Staden

Cebella Krige

Arrie Hatting

Ons dink ook besonder aan alle

bejaardes in ‘n siekeboeg.

SPESIALE GEBED

Here, ons wil net almal saam

dankie sê vir die reën wat so oor

die droë Suid-Afrika geval het.

U is die God wat voorsien -

dankie Here!!

VERSOEKE Annette 072 903 9189

NOODKETTING Sheila 084 800 0947

MA. 25 JANUARIE DI. 26 JANUARIE WO. 27 JANUARIE

Indien u belangstel om u HARE TE LAAT

SNY (mans en vrouens), droogblaas, krullers

indraai (set) ensovoorts kontak vir Ester du

Toit by 081 453 8130 en maak ‘n afspraak.

Ester sal fooie verskaf.

SOPKOMBUIS

09:30 - 10:00 NAALDWERK: Ons het ‘n

“reparasie/hersteldiens” by die dienssen-

trum. Rita (028 316 2981)

10:00 KOM WEES KREATIEF en geniet

dit! Kontak Joan of Hannie by die dienssen-

trum (028 316 1745).

10:00 - 12:00. KLINIEK IS OOP Kontak

vir sr. Calitz by 073 152 5623 en maak

gerus 'n afspraak.

08:00 VOETE– & HANDE VERSORGING.

Voete en hande versorging deur Marilyn

Prinsloo. Maak afspraak by 082 532 6931.

10:00 TRIMGIM in die sysaal deur Mathilda

Roos (gekwalifiseerde bio-kinetikus). Almal

is welkom: lede (R30 per maand) en nie lede

(R45 per maand).

11:00 - 13:00 KLEREKAS is weer oop.

11:00 LOFDANSE oefening in die sentrum

vir volwassenes. Kom sluit gerus aan. Kontak

Veronica 083 751 4319 vir enige navrae.

DO. 28 JANUARIE VR. 29 JANUARIE SA. 30 JANUARIE

10:15 DIENSSENTRUM PRAATJIE: Voor-

lesings (gedigte) deur Wilna Snyman. Kom

sit agteroor en luister na haar pragtige

stem!

10:00 GEBED in die Gebedskamer. Kom bid

saam vir ons eredienste, Gemeente en ge-

meenskap.

WAT GEBEUR ALLES SONDAG 31 JANUARIE ?

08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir

die erediens. U is welkom.

09:00 EREDIENS: Ds Michiel de Kock gaan

voor. Ons nooi u almal ook uit na die

NAGMAALSTAFEL. U is baie welkom.

15:30 SAAMKUIER by die DIENSSEN-

TRUM vir alle 50 plussers. Welkom.!

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 15)

God, wat vir ons sy vrede gee, gee rus aan dié wat vermoeid is. Hy gee nuwe krag aan dié wat afgemat is. Sy wil is dat ons vrede in ons hart sal ervaar, en

Hy belowe om hierdie vrede in ons te vestig.

God, ons goeie Herder is altyd by ons. Net soos ons in die donker nag uitstap om te kyk hoe helder die sterre skyn, so skyn God se teenwoordigheid by ons die

helderste wanneer ons in die donker diepste is.

Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid uitkoms gee. In

elke moeilikheid help Hy ons.

U is by ons, liefdevolle God! So naby! Daarom sal ons nie bang wees nie! U het ons by die naam geroep, ons is U s’n. Here van alles en almal, terwyl ons op

ons lewenspad loop, het ons die belofte en vertroosting dat U, saam met ons stap.

Deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. Ek sê vir myself: Die Here

is my lewe, daarom hoop ek op Hom. Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop.

WATER VAN DIE LEWE

Vader, vandag wil ons u eer as

die BRON van alle lewe. U is

die water wat deur elke deel

van ons liggaam spoel en ons

skoonwas, binne en buite! Dankie dat ons

weet hierdie bron van water raak nooit

droog nie. Ons eer U as die Lewegewende

Bron van Water!

KLEUTERKERK 3 - 6 jr tydens Erediens (Ark)

BYBELGROEPE Gr 1 - 5 tydens die Erediens

TEENTRIX Gr 6 - 11 @ 18:00 na die aanddiens.

Page 3: 24 JANUARIE 2016 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Kom maak 'n draai en word deur ons dames bedien en bederf! Biltong-en-brood aand: 11 Maart om 18h00 die aand in die sysaal. Kom geniet

MAANDAG, 25 JANUARIE Haarkapper: Maak afsprake by Ester du Toit (081 453 8130)

Tyd: 10h00 - 12h00

DINSDAG, 26 JANUARIE Sitkamer om 10h00 – 12h00: kom wees kreatief en leer om met verskillende kunsvorms te werk

Naaldwerk: Rita Ferreira (028 316 2981) sal u met die regstel/verstelling van u kledingstukke help. Bring u kledingstuk op ‘n Dinsdag

(09h30 – 10h00) na die dienssentrum.

Kliniek 10h00 – 12h00: Kontak sr. Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak

WOENSDAG, 27 JANUARIE

Uitstappie na Somerset Mall Ons wil kyk of hierdie uitstappie ‘n behoefte is. Ons gaan saam met die Hermanus Dienssentrum.

Daar is slegs 4 sitplekke vir ons lede beskikbaar @ R100 per persoon. Bespreek onmiddellik vir ‘n plek by Hannie/Joan.

Trimgim in Ark om 10h00 – 11h30: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R35 per maand vir lede (R50 per

maand vir nie-lede)

Voete- en hande versorging vanaf 8h00: Maak ‘n afspraak by Marilyn Prinsloo by 082 532 6931.

DONDERDAG, 28 JANUARIE Sitkamer om 10h15: Voorlesings (gedigte) deur Wilna Snyman. Kom sit agteroor en luister na haar pragtige stem!

VRYDAG, 29 JANUARIE Geen teetuin (open weer op 5 Februarie)

BELANGRIKE INLIGTING OM TE ONTHOU:

OnsTeater, Woensdag 10 Februarie om 14h30: Fliek – French Toast. 'n Franse sjef help 'n Suid-Afrikaanse meisie, Lise, (Lika

Berning) om 'n familiegeheim te ontrafel. Slegs 'n DONASIE word gevra vir die Dienssentrum. NB: Slegs elke TWEEDE WOENSDAG

van elke maand word 'n DVD vertoon. Maak dit 'n vaste en gereelde afspraak om saam met vriende te kom ontspan! SIEN JULLE DAAR!

Kolwyntjie Teetuin: Dames, julle werksrooster vir 2016 is beskikbaar by die kerkkantoor.

Die teetuin open die 5de Februarie! Ons is baie opgewonde oor dit wat ons Vader alreeds vir ons beplan vir die nuwejaar. Ons glo dit van

harte! Mag ons 65 dames Sy liefde gaan deurgee aan elke besoeker wat ons gaan bedien met 'n heerlike koppie koffie/tee en 'n

eetdingetjie vir net R30! Lede van die dienssentrum betaal net R20! Kom maak 'n draai en word deur ons dames bedien en bederf!

Biltong-en-brood aand: 11 Maart om 18h00 die aand in die sysaal. Kom geniet ‘n heerlike aand saam met S.D. Fourie. Sy woon in Fran-

skraal en gaan vir ons staaltjies oor die Strandveld vertel. Sy is ‘n toergids, mede-eienaar van die Strandveld Museum, het al pryse

gewen in Radio Drama Kompetisies en twee boeke geskryf – onder andere die Lanternswaaier. Die aand kos vir u R130 per persoon. Kom

bespreek u plek by Joan/Hannie! Ons het slegs 120 kaartjies beskikbaar.

Behoeftes vir biltong-en-brood aand: Freda benodig dryfhout en leë blou wyn bottels. Indien u so iets het kontak asseblief vir Joan/

Hannie.

Onthou geskenkbewys by teetuin: Slegs R30 vir tee en koek. Dit is ‘n baie lekker verjaarsdag- of bederf geskenk vir u vriend/

vriendin/kollega.

Onthou Vriende van die dienssentrum. Ons wil u graag sien as ‘n “vriend by die dienssentrum”. Sommige mense voel hulle is nog nie oud

genoeg om aan te sluit nie maar wil as ‘n vriend bekend staan. Om te kwalifiseer as vriend is u welkom om ‘n donasie vir ons te gee en in

ruil daarvoor sal ons u naam aanbring op ‘n lys wat in/by die dienssentrum besigtig kan word. U moet ook vir ons ’n vorm invul sodat ons

u besonderhede kan kry – elke vriend van die Dienssentrum sal vir ons baie belangrik wees. Ons nooi u ook dan uit vir ‘n gratis koppie

koffie/tee by die teetuin as blyk van dankbaarheid. Gee asseblief die lys met u donasie in by Joan/Hannie by die dienssentrum.

Sny van hare: Mans R50 (nie lede R70)

Sny van hare: Dames R60 (nie lede R80)

Haarsny en droogblaas (“blow dry”) R75 (nie lede R95)

Haarsny en krullers indraai (“set”) R80 (nie lede R100)

Was hare en droogblaas (“blow dry”) R40 (nie lede R60)

Volle Pedikuur (60 min). (Toonnaels sny, vyl, skoonmaak, hakke skuur, afskilfering en massering van onderbeen en voete)

R75 (nie lede R95)

Mini pedikuur (30 min.) (Toonnaels sny, vyl en skoonmaak, hakke skuur)

R45 (nie lede R65)

Naellak (15 min.) R35 (nie lede R40)

Mans toonnaels sny en skoonmaak, hakke skuur R45 (nie lede R65)

Parafien waks behandeling (Vir stywe- of gewrigsontsteekte gewrigte of vir stadige sirkulasie, droë vel, bros droë naels ens.) Hande Voete Per gewrig

R55 (nie lede R75) R75 (nie lede R95) R45 (nie lede R65)

Verwydering van ongewenste gesigshare, wenkbroue en wimpers tinting

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

PROGRAM 18 - 22 JANUARIE 2016

Kontak vir Joan of Hannie by 028 316 1745

(09h30 – 12h30) indien u enige inligting benodig.

Page 4: 24 JANUARIE 2016 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Kom maak 'n draai en word deur ons dames bedien en bederf! Biltong-en-brood aand: 11 Maart om 18h00 die aand in die sysaal. Kom geniet

WAT GEBEUR ALLES BY DIE DIENSSENTRUM!

Kom kuier saam en kom

ontmoet nuwe vriende.

Die Dienssentrum is elke

weeksoggend oop. U is wel-

kom om sommer in te val en

‘n koppie tee te kom geniet.

SIEN JULLE BY DIE

DIENSSENTRUM!

Page 5: 24 JANUARIE 2016 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Kom maak 'n draai en word deur ons dames bedien en bederf! Biltong-en-brood aand: 11 Maart om 18h00 die aand in die sysaal. Kom geniet

KATEGESE / TEENTRIX

REËLINGS VIR SONDAG 24 JANUARIE Kinders Rooitrein (3 - 6 jaar) gaan na die Ark

na die Rooitrein.

Bybelgroepe Graad 1 - 5 gaan na jul klassies na die

Rooitrein (tydens erediens)

Graad 6 - 11

Ons nooi julle na die eerste aanddiens @ 18:00 in die

sentrum. Daar gaan heerlike “praise & worship” wees

en die klasse sal direk na die diens wees. Ons nooi

graag alle ouers (en enige jonk van hart) om dit ook by

te woon. Na die diens gaan ons heerlik saam tee drink

in die maalruimte (jongmense ook!). Welkom!

Ons wil graag 2 groepe mense nooi om deel te wees van

die aktiwiteite by die kerk op Sondae –

(1.) Gesinne met laerskoolkinders wat deel wil wees

van die diensspan elke Sondag. Hierdie gesinne

sal gewoonlik een keer per maand help met die

verwelkoming by die deure, help met die insame-

ling van die kollekte en bv. help om ekstra stoele

in te dra ens.

(2.) Enige volwassenes wat kan help met die

aanbied van Kategeseklasse. Alle materiaal word

verskaf.

Vir enige navrae, kontak Frans Wessels (082 557 1440)

of Roeleen Wessels (082 679 2792).

ONS WERK SAAM BLAD VIR SO 31 JAN. Ons nooi graag gemeentelede om hul advertensies te stuur

vir die volgende blad. Indien u ‘n pos beskikbaar het, werk

soek of ‘n klein besigheid het of produkte verkoop - ons

adverteer graag! U is welkom om inligting na Karin by die

kerkkantoor te stuur na [email protected]

teen 26 JANUARIE asb. Baie welkom!

PASSIESPELE

GOEIE VRYDAG 25 MAART

Dit is weer sulke tyd en ons

nooi graag alle belangstellendes

om deel te word van hierdie wonderlike

opvoering by die ou hawe op Goeie Vrydag.

Die eerste oefening begin Sondagmiddag

14 Feb @ 15:00 by die ou hawe.

Daar kort heelwat mense wat spesiale rolle

het. Kom! Ons het u nodig!

Vir navrae, kontak Fanus by 078 483 3080.

KOὅRDINEERDER VIR KLEINKOEKIES EN KOEKSISTERS Ons benodig dringend ‘n vrywillige persoon om as Koὅrdineerder op te tree vir die Kleinkoekies- en Koeksisters-span. Die persoon sal verantwoordelik wees: Om die jaarprogram te bepaal vir bakdae van die Kerk se Basaar, Huis Lettie Theron Basaar,

Senior Dienssentrum Basaar asook die Voedselfees. Daar sal ongeveer 3 maal per jaar slegs koeksisters gebak word om fondse se genereer vir die

aankoop van bestanddele vir die kerk se basaar asook vir die Voedselfees. Alle gebak word by die kerk se kombuis gedoen waar alle voorraad gestoor word. Die persoon sal met die betrokke dames skakel wat bereid is om deeg aan te maak vir

kleinkoekies, ens. asook met die span verantwoordelik vir die bak van koeksisters. Enige persoon wat belangstel om deeg aan te maak kan met ondergenoemde skakel. Ons benodig ook persone om tydens bakdae te help asseblief.

Skakel my asseblief dringend indien u ons in enige verband kan help: Ria Niemann Sel 082 971 8257.

BILTONG, BROOD EN SANDVELDSTORIES

VRYDAG 11 MAART 2016 @ 18:00 Kom geniet ‘n heerlike aand saam met S.D. Fourie. Sy woon in Franskraal en gaan vir ons staaltjies oor die Strandveld vertel. Sy is ‘n toergids, mede-eienaar van die Strandveld Museum, het al pryse gewen in Radio Drama Kompetisies en twee boeke geskryf – onder andere die Lanternswaaier.

Die aand kos vir u R130 per persoon

(Sluit in ete en spreker)

Kom bespreek u plek by Joan/Hannie by die

Dienssentrum. Ons het slegs 120 kaartjies

beskikbaar.

Die Gebedsbediening nooi alle gemeentelede en

veral nuwe intrekkers uit om ons te laat weet

dat u belangstel om by die Gebedsbediening

aan te sluit as 'n persoonlike bidder vir 'n

onderwyser, kerkraadslid, kategese-

onderwyser, katkisant, kantoorpersoneel,

dominee, bestuursraadslid, die Polisie of

Burgermeester.

U kan u naam stuur aan : Annette McMillan by 028 316 1526 /

072 903 9189 of e-pos [email protected] of Dalene Cock by

028 313 0401 / 082 403 8409 of e-pos cdalene @telkomsa.net

LIDMAATPREDIKERKURSUS

As jy nie teologies opgelei is nie, maar jy word toenemend gebruik (of jy voel die roeping daartoe) om groepe mense te bedien met God se Woord deur prediking of verkondiging, is hierdie kursus vir jou bedoel. Enige gemeenteleid, kerkraadslid, kleingroepleier of enigiemand wat betrokke is by die bediening van sy/haar Ge-meente is welkom om hierdie kursus by te woon. Tydens die kursus word jy geleer wat geloofskommunikasie is, hoe om die Skrif uit te lê met die oog op prediking, en hoe om ‘n preek saam te stel. Ons gebruik ‘n preekmodel wat deur Andy Stanley ontwikkel is as uitgangspunt. Die kursus word aangebied deur dr Guillaume Smit en ds Brian Handel.

Hierdie kursus is ‘n Communitaskursus en kursuslede ontvang ‘n geakkrediteerde Communitassertifkaat na afloop van die kursus.

WANNEER: 5-6 Februarie 2016 vir die eerste kontaksessie; daarna ‘n sesmaande tuiswerkproses

WAAR: NG Kerk Brackenfell-Wes, Janiestr 4, Brackenfell KOSTE: R350.00 (kursusgangers moet asb self reël vir verblyf)

NAVRAE EN BESPREKING: Guillaume Smit ([email protected] of 0833061561)

SENDELINGE BESOEK SONDAGAAND 31 JAN

Niehan en Carmen Koekemoer van Mozambiek, besoek

ons Gemeente. Dmv foto's en videos gaan hulle ons 'n

kykie van hul werksaamhede gee. Kom ervaar sendelinge

se passie en liefde vir die mense in Mosambiek en hoe

hulle die Goeie Nuus van Jesus Christus aan hulle

oordra. VOORSANG BEGIN OM 18:00

Vir enige navrae, kontak Uys & Mattie Swart by

076 522 5669.

Page 6: 24 JANUARIE 2016 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Kom maak 'n draai en word deur ons dames bedien en bederf! Biltong-en-brood aand: 11 Maart om 18h00 die aand in die sysaal. Kom geniet

BYBELSKOOL Die Skool heropen DV Woensdag 17 Febr. om 18:00 in Hermanus en Donderdag 18 Febr. om 9:00 in Onrusrivier. Prof Kobus Kellerman gaan ‘n reeks oor Filippense aanbied. Meer inligting later. Navrae: Clifford by 018 316 4895. SPOELKLIPPE-OPENING VRYDAG 19 FEBRUARIE DV Hou datum asseblief in gedagte! Meer besonderhede volg later. ONSTEATER WOENSDAG 10 FEBRUARIE 14:30 FLIEK: FRENCH TOAST 'n Franse sjef help 'n Suid-Afrikaanse meisie, Lise, (Lika Berning) om 'n familiegeheim te ontrafel. Slegs 'n DONASIE word gevra vir die Dienssentrum. NB: Slegs elke TWEEDE WOENSDAG van elke maand word 'n DVD vertoon. Maak dit 'n vaste en gereelde afspraak om saam met vriende te kom ontspan! SIEN JULLE DAAR!

KOLWYNTJIE TEETUIN Dames, julle werksrooster vir 2016 is beskikbaar by die kerkkantoor. Die teetuin open die 5de Februa-rie! Ons is baie opgewonde oor dit wat ons Vader alreeds vir ons beplan vir die nuwejaar. Ons glo dit van harte! Mag ons 65 dames Sy liefde gaan deur-gee aan elke besoeker wat ons gaan bedien met 'n heerlike koppie koffie/tee en 'n eetdingetjie vir net R30! Lede van die dienssentrum betaal net R20! Kom maak 'n draai en word deur ons dames bedien en bederf!

SPOELKLIPPE : MY FAIR LADY! Datum: Saterdag 30 Julie 2016 Blokbespreking vir 21 persone by KUNSTEKAAP! Busvervoer plus toegang: R335 pp Betaal so gou as moontlik by kerkkantoor en wees verseker van jou plek! Betaal nie later as einde Maart nie. Joep 083 297 9230 of 028 316 4018.

DIE ONDERSTEUNINGSGROEP vir mense met neu-rologiese siektes (Parkinsons, Alzheimer, MNS, MS, spierdistrofie, dimensie) se eerste byeenkoms vir 2016 vind plaas op Maandag, 1 Februarie 2016, om 11h00 by die dienssentrum.

MOSAÏEKGROEP byeenkoms Maandag 25 Januarie 2016 om 15h00 in Dienssentrum.

MARTIN MANS EN CARINA BOSSENBROEK in Konsert, Hermanus NG Kerk Woensdag 24 Febru- arie 2016 @ 19h00, R80-00, Kontak: 082 897 4320.

COFFEE SHOP BY LEARN TO EARN Kom geniet heerlike verversings daar teen baie goeie pryse. Die saal is ook beskikbaar vir huur. Kontak Leeanne by (028) 313 0564. Welkom!

MEDIATEEK BEURTE SONDAE NA EREDIENS Hettie benodig nog mense wat kan help diens doen by die Mediateek. Kom sommer hierdie Sondag na die Mediateek (langs die maalruimte) en kom gee jou naam op of kontak Hettie by 028 316 2342. WATER WATER WATER U is steeds welkom om bottels water te bring na die kerk. Ons sal sorg dat dit by die rete plekke uitkom. Baie dankie vir al die skenkings reeds ontvang. GASVRYHEIDSBEDIENNING: Het u al gewonder hoe gaan u nuwe vriende maak en nuwe mense ontmo-et? Die Gasvryheidsbediening is net die plek! Word deel van die vriendelike span wat Sondae mense by die deure verwelkom en plekke aanwys. Ons het jou nodig!! Kom gee gerus jou naam op by die kerkkantoor. MUSIEK Ons rig n vriendelike uitnodiging aan al ons musikale Sangers en/of musikante wat belangstel om by ons musiekbediening in te skakel. Kontak Suzette by 073 463 8878 of sgbooysen@ gmail.com.

BEHUISING GESOEK: (persone het vaste inkomste) Vir ‘n enkeldame.

Kontak Elsie Botha 083 660 1773. Vir ‘n bejaarde paar met ‘n klein hondjie.

Kontak Margie by 083 607 5646.

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD

Piet van Zyl 082 339 9871

[email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe 084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE

Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE

Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER

Hennie Davies 061 300 4577

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

boek

wees

DIE SOPKOMBUIS HET U NODIG!

DINSDAE SOPKOOK Ons benodig nog persone om te help sop kook op Dinsdae by die kerk. Daar is verskeie spanne wat nog persone kort. Kom gesels, lag en kook saam!

SOP AFLEWERING DONDERDAE Elke tweede Donderdag word sop uitgery na Hawston se kliniek. Die mense het dit nodig want medikasie moet gedrink word. Dit is nie so groot hoeveelheid nie - nie bakkie nodig nie, gewone kar kan ook. Ons sê reeds dankie vir u wat gaan kom!

Kontak asb vir Siska by 028 316 2109.