2018 - sat7sa.org · Kyker in Turkye: “Ek het uitgevind my seun gebruik dwelms. Wanneer ons kerk...

2
SUID-AFRIKA KANTOOR: Posbus 72646 Lynnwoodrif, PRETORIA 0040 [email protected] +27(12)807 2763 +27(83)628 6488/+27(84)506 3399 Kontak asb kantoor vir bankbesonderhede Selfs na ekstremiste hulle uitmekaar gejaag en hul huise gevat het, het Siriese Christene steeds die moed gehad om hul geloof in God te bely en ’n nuwe begin te maak in ’n nuwe land. Wanneer aanvallers kerke gebombadeer en ’n bus met Christene geteiken het in Egipte, het gelowiges steeds die kerke Sondae volgepak. Ten spyte van toe- nemende druk en toesig in Iran, behou die huiskerk- beweging sy ongelooflike momentum. Hulle volhard want die geestelike stryd is reeds gewen – Christene dwarsoor die Midde-Ooste en Noord-Afrika leef oorwinnend in Christus. Laat ons hierdie geleentheid aangryp om deel te wees van die genade en vreugde wat God ons gee. Wees deel van hierdie ongelooflike getuienis deur gebedsintersessie ter wille van die getroue getuies in ’n veranderende wêreld. SAT-7 Week van Gebed 4 –11 November 2018. BID VIR: Krag vir vervolgde Christene om getrou te bly midde vervolging en beproewing. Dissipleskap van geïsoleerde gelowiges wat geen toegang tot Bybelse lering of kerke het nie. Kinders wat oorlog en trauma beleef om God se getrouheid en liefde te ervaar. SAT-7 om hulp en bemoediging aan die streek se gelowiges te bied. Kopiereg © 2018 SAT-7 www.sat7sa.org www.sat7.org www.sat7uk.org Hy het hierdie voorneme bekend gemaak in sy gesprek met die Irakese Chaldese Patriarg, Louis Sako, gedurende Sako se oproep met gelukwensing aan Sadr. Sako is een van die leiers van Irak se oorblywende Christene. Die feit dat Sadr hom openlik verbind om Irak se Christen gemeenskap te ondersteun, is antwoord op gebed. Die feit dat Sadr hierdie verklaring met die begin van Ramadan maak, dui verder op ’n betekenisvolle tyds- berekening. Irak word beskou as die agtste mees uitdagende land vir ’n Christen om in te leef, volgens die 2018 World Watch List. (Bron: WIN Reporter). BID: Bid vir Sadr en sy party om gestand te doen aan hul woord om korrupsie uit te roei en die belange van die mense in Irak te beskerm. Mag hulle nie net die Christen gemeenskap ondersteun nie, maar ook beskerm en namens hul praat. (Jes 33:15-16) Bid vir die beskerming van Irakese wat God se wil soek. Bid vir die Christen gemeenskap dat hul sal intree vir hul mede-landgenote. Bid dat die Kerk met nuwe krag en vrymoedigheid vervul word. (2 Kron 7:14). BRON: [email protected] Oktober 2018

Transcript of 2018 - sat7sa.org · Kyker in Turkye: “Ek het uitgevind my seun gebruik dwelms. Wanneer ons kerk...

Page 1: 2018 - sat7sa.org · Kyker in Turkye: “Ek het uitgevind my seun gebruik dwelms. Wanneer ons kerk toe gaan en aanbid, gaan hy nie saam nie. Hy wil nie verstaan nie. Ek pleit by julle

SUID-AFRIKA KANTOOR: Posbus 72646 Lynnwoodrif, PRETORIA 0040 [email protected] +27(12)807 2763 +27(83)628 6488/+27(84)506 3399 Kontak asb kantoor vir bankbesonderhede

Selfs na ekstremiste hulle uitmekaar gejaag en hul huise

gevat het, het Siriese Christene steeds die moed gehad om

hul geloof in God te bely en ’n nuwe begin te maak in ’n

nuwe land. Wanneer aanvallers kerke gebombadeer en

’n bus met Christene geteiken het in Egipte, het gelowiges

steeds die kerke Sondae volgepak. Ten spyte van toe-

nemende druk en toesig in Iran, behou die huiskerk-

beweging sy ongelooflike momentum.

Hulle volhard want die geestelike stryd is reeds gewen –

Christene dwarsoor die Midde-Ooste en Noord-Afrika

leef oorwinnend in Christus.

Laat ons hierdie geleentheid aangryp om deel te wees

van die genade en vreugde wat God ons gee. Wees deel

van hierdie ongelooflike getuienis deur gebedsintersessie

ter wille van die getroue getuies in ’n veranderende

wêreld.

SAT-7 Week van Gebed 4 –11 November 2018.

BID VIR:

Krag vir vervolgde Christene om getrou te bly

midde vervolging en beproewing.

Dissipleskap van geïsoleerde gelowiges wat geen

toegang tot Bybelse lering of kerke het nie.

Kinders wat oorlog en trauma beleef om God

se getrouheid en liefde te ervaar.

SAT-7 om hulp en bemoediging aan die streek

se gelowiges te bied.

Kopiereg © 2018 SAT-7 www.sat7sa.org www.sat7.org

www.sat7uk.org

Hy het hierdie voorneme bekend gemaak in sy gesprek

met die Irakese Chaldese Patriarg, Louis Sako, gedurende

Sako se oproep met gelukwensing aan Sadr.

Sako is een van die leiers van Irak se oorblywende

Christene. Die feit dat Sadr hom openlik verbind om Irak

se Christen gemeenskap te ondersteun, is antwoord op

gebed. Die feit dat Sadr hierdie verklaring met die begin

van Ramadan maak, dui verder op ’n betekenisvolle tyds-

berekening.

Irak word beskou as die agtste mees uitdagende land vir

’n Christen om in te leef, volgens die 2018 World Watch

List. (Bron: WIN Reporter).

BID:

Bid vir Sadr en sy party om gestand te doen aan hul

woord om korrupsie uit te roei en die belange van

die mense in Irak te beskerm. Mag hulle nie net die

Christen gemeenskap ondersteun nie, maar ook

beskerm en namens hul praat. (Jes 33:15-16)

Bid vir die beskerming van Irakese wat God se wil

soek.

Bid vir die Christen gemeenskap dat hul sal intree vir

hul mede-landgenote. Bid dat die Kerk met nuwe

krag en vrymoedigheid vervul word. (2 Kron 7:14).

BRON: [email protected]

Okt

ober

2018

Page 2: 2018 - sat7sa.org · Kyker in Turkye: “Ek het uitgevind my seun gebruik dwelms. Wanneer ons kerk toe gaan en aanbid, gaan hy nie saam nie. Hy wil nie verstaan nie. Ek pleit by julle

Nadat Nasrin se man vier jare gelede in ’n ongeluk dood

is, was ’n beperkte toekoms haar vooruitsig. Nasrin woon

in Pakistan waar weduwees as uitgeworpenes behandel

word. Haar beproewings was eindeloos. Een nag, na nog

’n hartseer en vermoeiende dag, het alles egter verander.

“Een nag het ek gaan slaap terwyl ek beswaard en wanhopig oor

my situasie voel. Ek het gedroom ek is vasgevang op die bodem van ’n

diep, donker put. Ek het geskreeu of daar tog nie iemand was wat my

kan red nie en toe ek opkyk, sien ek ’n Man met wit glansende klere

wat sy hand uitsteek na my!”

“Hy het gesê: ‘Ek is Jesus Christus, jou Verlosser.’ (En) Hy het

my uit die put gedra.”

Nasrin het Jesus ontmoet. Toe sy wakker word het sy lig

en vry gevoel. Die gevoelens van depressie en wanhoop

was weg. Die probleme was skielik nie belangrik nie.

Kort na hierdie ervaring het Nasrin werk gekry en

ervaar hoe Jesus die lewe vir haar en haar drie kinders

verander. Nasrin het beleef hoe die almagtige God alle

hindernisse vernietig. En tog het dit nie beteken dat daar

nie nuwe hindernisse sou wees nie.

“Ek is nie in staat om hier na ’n kerk te gaan nie en het nog nooit

’n Bybel gesien of besit nie. En selfs al sou ek, sou ek nie in staat

wees om dit te lees nie. Maar, die Here leer my baie en ek het my hele

lewe aan Hom oorgegee.”

Nasrin se kinders is ook gelowiges wat nuwe probleme

teweegbring. “My kinders is uit die skool gesit op grond van ons

geloof. Hulle is varke genoem met die toevoeging dat ‘ons leer nie

varke nie’. Ek het hul geantwoord dat vir my is hulle kinders van die

lewende God.

“Bid asseblief vir my kinders om te groei in hul geloof in die Here

en dat God aan ons ’n omgewing sal gee waar ons kan woon en

vrylik saam met ander gelowiges aanbid.”

Bid asb vir die volgende kykers

terwyl jy hul boodskappe lees:

Kyker in Marokko: “Ek is dertien jaar oud. Ek is

nie ’n Christen nie maar hou van SAT-7 KIDS.

Kan julle my asseblief help om meer van Jesus en

die Heilige Gees te leer?”

Kyker in Libanon: “Daar is so baie kinders wat in

oorlogsgebiede gewoon het en nou in vlugtelingkampe

is met geen ander heenkome nie. Bid dat hulle God se

liefde vir hulle leer ken.”

Iranese kyker in the Midde-Ooste: “Ons het ’n

jaar gelede gevlug en sedertdien dwaal ons rond. Ons

probeer om Europa toe te gaan maar alle deure is toe.

My bene is beseer en ek kan nie loop nie. Ons het geen

geld of plek om te bly nie. Bid vir ons.”

Kyker in Afghanistan: “Ek word baie opgewonde

wanneer ek dink aan die kerke in Afghanistan met

Pashtun, Hazara, Tajik, en Uzbek gelowiges, vroeër

vyande, nou dienend die Here hand aan hand. Loof

God hiervoor!”

Vra die Heilige Gees om in mense se harte te werk

sodat die nodige fondse beskikbaar kan wees om

musiekvideo’s vir SAT-7 se jong kykertjies te maak.

Bid asb vir die volgende kykers

terwyl jy hul boodskappe lees:

Kyker in Iran: “Ek is een van die eerste sewe

persone in ons streek wat tot geloof gekom het … Daar

is nou twee duisend … Bid dat God my finansieel seën

sodat ek my broers en susters in nood kan help.”

Kyker in Iran: “Ek wil graag ’n kerk besoek maar

omdat daar spioene is vertrou die kerk my nie en wil

nie die deur vir my oopmaak nie. Ek smag daarna om

saam met ander gelowiges te aanbid maar moet ’n weg

vind dat hul my sal vertrou dat ek ’n Christen is.”

Kyker in Turkye: “Ek het uitgevind my seun

gebruik dwelms. Wanneer ons kerk toe gaan en

aanbid, gaan hy nie saam nie. Hy wil nie verstaan nie.

Ek pleit by julle om vir my seun te bid.”

Kyker in Libanon: “My man is ontrou en hard op

my, maar ek is bang om hom te verlaat omdat hy ons

dogters kan skade aandoen. Bid vir my om God se

leiding te verstaan en volg.”

Loof die Here dat meer as 60,000 mense in Iran die

Bybel via die veilige toep, Telegram afgelaai het.