0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif...

24
0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMÊRE TAAL) (VRAESTEL 2: LETTERKUNDE) NOVEMBER 2007 SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN 2007 Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” – AFRIKAANS EERSTE TAAL HOËRGRAAD (PRIMÊRE TAAL) VRAESTEL 2 Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye. TYD: 3 UUR PUNTE: 100

Transcript of 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif...

Page 1: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

0001.2

AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMÊRE TAAL) (VRAESTEL 2: LETTERKUNDE) NOVEMBER 2007

SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN 2007

Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” –

AFRIKAANS EERSTE TAAL HOËRGRAAD (PRIMÊRE TAAL) VRAESTEL 2

Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye.

TYD: 3 UUR PUNTE: 100

Page 2: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

2

VOORSKRIFTE 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE AFDELINGS. 2. Beantwoord VYF VRAE:

AFDELING A: Vraag 1 (Verpligtend) Kies enige twee van die volgende: Vraag 2, Vraag 3, Vraag 4, Vraag 5 AFDELINGS B EN C: Kies een van die volgende kombinasies: Vraag 6 en Vraag 11 of Vraag 6 en Vraag 13 of Vraag 7 en Vraag 10 of Vraag 7 en Vraag 12 of Vraag 8 en Vraag 11 of Vraag 8 en Vraag 13 of Vraag 9 en Vraag 10 of Vraag 9 en Vraag 12

3. Begin die antwoord op elke nuwe vraag boaan 'n nuwe bladsy. 4. Skryf die nommer van die vraag bo die antwoord. 5. Laat 'n reël oop na die beantwoording van elke onderafdeling van 'n vraag. 6. Beantwoord die vrae volgens die voorskrifte. 7. By die opstelvrae word volsinne en paragrawe vereis. 8. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

3

AFDELING A: POëSIE In hierdie afdeling is Vraag 1 verpligtend. Kies dan enige twee van die volgende: Vraag 2, Vraag 3, Vraag 4, Vraag 5 VRAAG 1 ONGESIENE GEDIG (Hierdie vraag is verpligtend.) Lees die volgende gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae. Advice from above

1 Die water willie weg van die deer af bly nie, 2 nie iens met 'n little help 3 vannie neighbourhood kids nie;

4 die hys raakie droëre nie, 5 want die rient hou nie oppie;

6 die modder byrie voodeer 7 het al quicksand gewid; 8 die pad ommie drai is 'n yslike vlei, 9 en iemand het al verdrink 10 wat 'n shortcut wou vat … 11 Maarie Council herrie problem mooi gesolve, 12 En stier dié advice: 13 Move to higher ground. Peter Snyders

1.1 Na wie of wat verwys “above” in die titel? Hou by die gegewens in die gedig. [1] 1.2 Wat noem ons 'n strofe wat uit drie versreëls bestaan? [1] 1.3 Gee die Afrikaanse woord vir “quicksand” in versreël 6. [1] 1.4 Wat word gesuggereer met die gebruik van die beletselteken (die stippels) in versreël 10? [1]

BLAAI OM ASSEBLIEF

Page 4: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

4

1.5 Haal twee opeenvolgende woorde uit die gedig aan wat daarop dui dat die “Council” hoogs tevrede is met die oplossing wat hulle bied. [1] 1.6 Watter variëteit van Afrikaans word in die gedig gebruik? [1] 1.7 Skryf 'n voorbeeld van alliterasie uit strofe 1 neer en onderstreep die

allitererende klanke. [2] 1.8 Word die spreker se probleem opgelos? Staaf jou antwoord. [2] /10/ VRAAG 2 (Keuse) Lees die volgende gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae. Geboortesertifikaat

1 Vanmôre het per pos hier aangekom 2 formeel, jy is nou een maand oud, 3 die grys papier, bewys van jou geboorte 4 en kantooragtig koud 5 volgens roetine, stereotiep, gering 6 staan daar 7 onder jou naam, geslag, ensovoorts, hierdie woorde 8 in onuitwisbare blou: ras kleurling 9 en vanmiddag, ja net nou het oor die lug gekom 10 danksegging vir die Republiek – 11 ons het geluister stom – 12 vanaf die Monument 13 aan ónse God 14 onder Sy blou uitspansel, tent 15 van óns behoud 16 van ónse blankedom 17 my kind, nog 'n paar weke en jy lag 18 maar die dag loop deur, is één, vanmôre en vanmiddag 19 en vanaand, vannag 20 en ons bid tot óns God, ja seun, óns God 21 ons bid dat jy dit áltyd áltyd mag ...

15 Oktober 1960 Adam Small Kitaar my kruis 1961

Page 5: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

5

2.1 Wie is die aangesprokene in die gedig? [1] 2.2 Skryf twee opeenvolgende woorde uit strofe 1 neer wat na die titel verwys. [1] 2.3 Wat beteken “oor die lug” in versreël 9? [1] 2.4 Benoem die stylfiguur in versreël 11. [1] 2.5 Na wie verwys “ónse” in versreël 13? [1] 2.6 Na watter woord in die slotstrofe verwys “dit” in die slotreël? [1] 2.7 Daar word in die gedig na kleur verwys. Waarna verwys 2.7.1 “blou” in versreël 8? (1) 2.7.2 “blou” in versreël 14? (1) [2] 2.8 In strofe 1 is daar 'n voorbeeld van alliterasie wat dui op 'n gebrek aan

emosie. Haal die versreël aan en onderstreep die allitererende klanke. [2] 2.9 Skryf die twee betekenisse wat die woord “gering” (versreël 5) kan hê

onder mekaar neer. [2] 2.10 Wat is die funksie van die aandagstrepe in versreëls 10 en 11? [2] 2.11 Noem een tegniek wat die digter in die slotstrofe gebruik om die spreker se erns en dringendheid te kenne te gee. [1] /15/ VRAAG 3 (Keuse) Lees die volgende gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae. Suiwer wiskunde

1 Die uurwerk kantel. En die ligbruin by 2 hang roerloos voor die blom wat nooit bevrug 3 word, nooit sal saadskiet, welk, en nooit verby 4 hierdie verstarde uur sal groei. Die lug 5 het stil soos ys gaan staan, so wit en blou. 6 Die brander wat wou oorbuig, val, en skuim, 7 bly in sy ligte sirkels vasgehou 8 en moet sy see 'n ewigheid versuim. N.P. van Wyk Louw Nuwe verse 1954

Page 6: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

6

3.1 Waarna verwys “uurwerk” in versreël 1? [1] 3.2 Benoem die rymskema van hierdie gedig. [1] 3.3 Haal twee opeenvolgende woorde uit strofe 1 aan wat daarop dui dat

die by nie beweeg nie. [1] 3.4 Skryf twee afsonderlike woorde uit strofe 2 neer wat daarop dui dat die

brander nie beweeg nie. [1] 3.5 Wat word met “ligte” in versreël 7 bedoel? [1] 3.6 Verwys na “verstarde” in versreël 4. 3.6.1 Haal 'n woord uit die eerste 2 versreëls aan wat in

kontras staan met “verstarde”. (1) 3.6.2 Gee die betekenis van “verstarde” binne hierdie konteks. (1) 3.6.3 Haal 'n woord uit strofe 1 aan wat met die betekenis

van “verstarde” verband hou. (1) [3] 3.7 Verwys na versreëls 4 en 5. 3.7.1 Benoem die beeldspraak in hierdie versreëls. (1) 3.7.2 Skryf die twee sake wat teenoor mekaar gestel word

onder mekaar neer. (2) [3] 3.8 Noem een funksie van die enjambemente in strofe 1. [2] 3.9 Verklaar die titel van die gedig. [2] /15/ VRAAG 4 (Keuse) Lees die volgende gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae.

huisdig

1 in die openingsreël staan 'n smee-ysterhek 2 wat toegang verleen tot die tuin van my plek

3 by die voordeur groei rankrosies oor 'n boog 4 die tweede koeplet lei dus deur die naald se oog

5 tot in die hemel van my gehuurde huis:

6 drie slaapkamers, klein sitkamer en kombuis

Page 7: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

7

7 saam met die badkamer, toilet en gang 8 maak agt vertrekke soos wat die oktaaf verlang 9 om die enjambemente te demonstreer, slent- 10 er ek deur die huis – die karige ameublement 11 laat my voete jambes uit linouliëm wek 12 net drie reëls en ek kan die saak as sonnet beëindig 13 – in die jaart gewaar ek nog hoe die onkruid welig 14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek

Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie is die spreker in die gedig? [1] 4.2 Wat is die funksie van die dubbelpunt in versreël 5? [1] 4.3 Haal twee opeenvolgende woorde uit strofe 4 aan wat die

“hemel” (versreël 5) van die spreker se huis voorstel. [1] 4.4 Verduidelik wat met “karige ameublement” in versreël 10 bedoel word. [1] 4.5 Verwys na versreël 12. 4.5.1 Watter soort sonnet probeer die spreker skep? (1) 4.5.2 Hoe wyk hierdie gedig af van die tradisionele sonnetvorm? (2) [3] 4.6 Hoekom breek die digter “slenter” oënskynlik verkeerd af in versreël 9? [2] 4.7 Haal vier opeenvolgende woorde uit strofe 6 aan wat 'n voorbeeld

van personifikasie bevat. [2] 4.8 Watter verband is daar tussen die titel en die slotreël? [2] 4.9 Waarom is daar nie hoofletters in die gedig nie? [2] /15/

Page 8: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

8

VRAAG 5 (Keuse) Lees die volgende gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae.

Die kind

1 Die kind is nie dood nie 2 die kind lig sy vuiste teen sy moeder 3 wat Afrika skreeu skreeu die geur 4 van vryheid en heide 5 in die lokasies van die omsingelde hart

6 Die kind lig sy vuiste teen sy vader 7 in die optog van die generasies 8 wat Afrika skreeu skreeu die geur 9 van geregtigheid en bloed 10 in die strate van sy gewapende trots

11 Die kind is nie dood nie 12 nóg by Langa nóg by Nyanga 13 nóg by Orlando nóg by Sharpeville 14 nóg by die polisiestasie in Philippi 15 waar hy lê met 'n koeël deur sy kop

16 Die kind is die skaduwee van die soldate 17 op wag met gewere sarasene en knuppels 18 die kind is teenwoordig by alle vergaderings en wetgewings 19 die kind loer deur die vensters van huise en in die harte 20 van moeders 21 die kind wat net wou speel in die son by Nyanga is orals 22 die kind wat 'n man geword het trek deur die ganse Afrika 23 die kind wat 'n reus geword het reis deur die hele wêreld

24 Sonder 'n pas

Ingrid Jonker Rook en oker 1963 5.1 Wat is die implikasie daarvan dat 'n spesifieke naam van 'n kind in

die titel ontbreek? [1] 5.2 Sê in een woord waarteen die kinders skreeu (strofe 1 en 2) [1] 5.3 Watter emosie word gesuggereer met “omsingelde hart” in versreël 5? [1] 5.4 Benoem die versvorm. [1]

Page 9: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

9

5.5 Verwys na die herhaling van “Die kind is nie dood nie” 5.5.1 Het die herhaling van bostaande versreël ’n letterlike of

figuurlike betekenis? (1) 5.5.2 Verduidelik jou antwoord op 5.5.1. (2) [3] 5.6 Waarom dink jy lig die kind sy vuiste teen sy moeder (reël 2) en

vader (reël 6)? [2] 5.7 Skryf drie woorde uit die laaste strofe neer wat die kind se progressie/ groei aandui. [2] 5.8 Hoekom is daar nie leestekens in die gedig nie? [2] 5.9 Hoekom is dit funksioneel dat die laaste reël van die gedig los

staan van die res van die gedig? [2] /15/ /40/

Page 10: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

10

AFDELING B: DRAMA Hierdie afdeling bestaan uit vraag 6, 7, 8 en 9. Vraag 6 en Vraag 7 handel oor Periandros van Korinthe en Vraag 8 en Vraag 9 oor Die Keiser. Beantwoord EEN vraag uit hierdie afdeling. Indien jy die kontekstuele vraag (Vraag 6 OF Vraag 8) in Afdeling B kies, moet jy die opstel-/paragrawevraag (Vraag 11 OF Vraag 13) in Afdeling C beantwoord. Indien jy die opstel-/paragrawevraag (Vraag 7 OF Vraag 9) in Afdeling B kies, moet jy die kontekstuele vraag (Vraag 10 OF Vraag 12) in Afdeling C beantwoord. VRAAG 6 PERIANDROS VAN KORINTHE (Kontekstueel) Lees die volgende uittreksel uit Periandros van Korinthe deur D.J. Opperman en beantwoord die vrae:

PERIANDROS. Ag! dis 'n skuimerige golf ná golf, en sonder rus slaat die gedagtes eiesinnig teen 'n klipperige kus.

LUKOPHROON. Vader, voor my vertrek wil ek iets vra ... of iets vertel ... 120 wat by die skoonheid van Korinthe telkens my ontstel;

soos glasuur op 'n gebakte kruik met fyn geluid verspring, voel ek dit altyd in my skryn ...

PERIANDROS. Ja? LUKOPHROON. Dis moeilik; dis oor die gevoel van maat tot maat ... 125 … e ... e ... e ... oor die manier wat Vader soms met moeder praat. PERIANDROS. My seun, loop jou gevoelens nie met jou op hol?

'n Kind moet nooit met die verhouding van sy ouers lol. LUKOPHROON. Ek voel God het aan man en vrou die kind gegee

dat hy opnuut gewete word tussen die twee. PERIANDROS. Miskien! In elk geval ek neem die erns van jou rede aan 130 al word die dinge, my seun, so maklik nie verstaan.

Terloops, jou moeder is die mooiste en die mees beminde vrou, nie net vir my maar ook vir die ander in Korinthe. Tog, om by die vraag te kom wat my nou weer ontstel, my broeis maak en waansinnig soos ek my loop en kwel:

135 daardie kliek van handelaars, die Bakchiadai, wat so verveel in die kalktuin die heeldag sit en kamma dambord speel.

LUKOPHROON. Maar hulle is 'n wins en vir Korinthe geen gevaar. PERIANDROS. O so! Nou luister wat die leier van die leër verklaar.

Met ’n slag op ’n simbaal ontbied hy die leier. LEIER. My heer. PERIANDROS. As jy die heerser was oor hierdie land,

Page 11: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

11

140 wat sou jy aanvang met die nuwe handelstand? LEIER. Ek het bewyse hulle is die voos plek in die volk

en voos plekke word netjies uitgekerwe met 'n dolk. PERIANDROS. Goed, jy kan maar gaan.

Leier af. LUKOPHROON. Ag! dis malligheid om te vermoor.

6.1 Verwys na “sonder rus” en “teen 'n klipperige kus” (reël 117 en 118). Watter verband is daar tussen die aangehaalde woorde en die einde van die drama? [2] 6.2 “Vader, voor my vertrek wil ek iets vra ...” (reël 119). 6.2.1 Waarheen is Lukophroon op pad? (1) 6.2.2 Wat was die doel van sy reis? (2) [3] 6.3 Wat word bedoel met “skryn” in reël 122? [1] 6.4 “… e ... e ... e ...” (reël 125). 6.4.1 Wat word hierdie manier van praat genoem? (1) 6.4.2 Hoekom praat Lukophroon op hierdie manier? (2) [3] 6.5 “... oor die manier wat Vader soms met moeder praat” (reël 125). 6.5.1 Op watter manier praat Periandros soms met Melissa? (1) 6.5.2 In die aanhaling verdedig Lukophroon sy moeder.

Gee 'n bewys uit die drama dat hy besonder geheg aan sy moeder is. (2)

6.5.3 Waarom dink jy het Periandros op “die manier” met Melissa gepraat? (2)

6.5.4 Watter tragiese gebeure het hierdie “manier van praat” tot gevolg gehad? (2) [7]

6.6 “My seun, loop jou gevoelens nie met jou op hol?” (reël 126). 6.6.1 Wat bedoel Periandros met hierdie vraag? (1) 6.6.2 Hoe weet ons dat Lukophroon se gevoelens wel

“op hol” was? (2) [3] 6.7 “Terloops, jou moeder is die mooiste en die mees beminde

vrou, nie net vir my maar ook vir ander in Korinthe.” (reëls 131 – 132). 6.7.1 Na wie verwys die “ander” in bostaande aanhaling? (1) 6.7.2 Hoekom is Periandros se erkenning dat Melissa die

mooiste en mees beminde vrou is, so ironies? (2) [3]

Page 12: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

12

6.8 Sê in jou eie woorde wat 'n “kliek” is (reël 135). [1] 6.9 Wat bedoel Periandros met “kamma” in reël 136? [1] 6.10 …“wat sou jy aanvang met die nuwe handelstand?” (reël 140). 6.10.1 Verduidelik wie die “nuwe” handelaars is. (2) 6.10.2 Wat is die letterlike betekenis van die leier van die leër se

antwoord op Periandros se vraag? (2) [4] 6.11 Wat gebeur uiteindelik met die nuwe handelstand? [2] /30/ VRAAG 7: PERIANDROS VAN KORINTHE (Opstel/Paragrawe) Beperk jou antwoord op elk van die volgende vrae tot tussen 150 en 200 woorde. 7.1 Bespreek die volgende sirkulerende/terugkerende simbole in die drama:

• Die wildevark • Die kissie met albasterpotjies [10]

7.2 Bespreek die verhouding tussen Periandros en Lukophroon deur na die volgende te verwys:

• Lukophroon as Periandros se vertroueling • Lukophroon as antagonis [10]

7.3 Bespreek die lof wat Periandros toekom deur te verwys na dít wat

hy as heerser vermag het. [10] /30/

Page 13: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

13

VRAAG 8 DIE KEISER (Kontekstueel) Lees die volgende uittreksel uit Die Keiser deur Bartho Smit en beantwoord die vrae: 1 DIPLOMAAT: Ek vra om verskoning, U Majesteit. KEISER: En die beeld na buite is nie eers die ergste nie. Nog tien

maal erger is wat ’n vuil krawat aan jou as méns kan doen.

5 HOFNAR: Die klere maak die man, het my ou Oupa altyd gesê. KEISER: Reg? DIPLOMAAT: Reg, U Majesteit. KEISER: As jy so min omgee dat jy met ‘n vuil krawat rondloop,

is ’n kaftan een van die dae óók goed genoeg vir jou. 10 HOFNAR: Of Romeinse klere. KEISER: En die volgende stap is kaal. HOFNAR: ’n Barbaar of orang-oetang. KEISER: Reg? DIPLOMAAT: Reg, U Majesteit. Ek belowe dit sal nie weer gebeur nie. 15 KEISER: Volgende keer maak ons ’n voorbeeld van jou. HOFNAR: Kaalgat die strate in. KEISER: Taal. DIPLOMAAT: Reg, U Majesteit. KEISER: Verdaag. (Diplomaat tree terug.) Kultuur ... 20 KULTUUR: U Majesteit? KEISER: Die klere maak die man ... Sorg dat elke kind in elke

skool in Ekwator dit voortaan sy leuse maak. KULTUUR: Ek sal daarvoor sorg, U Majesteit. HOFNAR: My ou oupa sou geëerd gevoel het, my Kroon ... 25 KEISER: Laat ons begin. (Kultuur gee ’n teken aan die Wag en dié verdwyn na

buite. Beuels.) WAG (tree binne.): Haar Majesteit, die Keiserin van Ekwator!

Lank lewe die Keiser! 30 (Die Keiserin kom binne Die Ministers en Nar staan

op aandag en roep in ’n koor:) KOOR: Lank lewe die Keiserin! KEISERIN: Heil. (Sy gaan sit op haar troon; waai haarself koel met ’n 35 waaier.) KEISER: Ons begin. KULTUUR: Met U verlof, U Majesteit. U Kabinet doen vanoggend

verslag oor: Een – die reëlings vir die halfeeufees; twee – die vordering van ons beskawingsprogram; en

40 drie – die situasie aan ons grense. KEISER: Gaan voort. Halfeeufees? KULTUUR: Alle reëlings vir die fees is gefinaliseer en afgehandel, U

Majesteit. Alles is honderd persent gereed. DIPLOMAAT: Met u verlof, U Majesteit ...

Page 14: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

14

45 KEISER: Gaan voort. DIPLOMAAT: Daar buite wag twee wonderwewers van die Grootkeiser

van Utopia. KEISER: Om wat te maak? DIPLOMAAT: U Majesteit se kostuum vir die groot optog. 50 KULTUUR: Op ’n punt van orde, U Majesteit! U Kabinet dra géén

kennis hiervan nie. Ons jong kollega het versuim ... KEISER: Mooi, Diplomaat. Ons hou van inisiatief. KULTUUR: U Majesteit se kostuum vir die groot optog is reeds

klaar – en daar kan nie op verbeter word nie. 55 DIPLOMAAT: Die Grootkeiser het my verseker sy wewers kan vir U

Majesteit klere maak soos die wêreld nog nooit gesien het nie.

8.1 Waarvoor vra Diplomaat om verskoning in reël 1? [1] 8.2 Watter ministersportefeulje beklee Diplomaat? [1] 8.3 Na watter vroeëre erkentenis van Diplomaat verwys die Hofnar met: “Of

Romeinse klere” in reël 10? [1] 8.4 Wie het vroeër in hierdie toneel gesê: “Daar lê net 'n afgooi tussen 'n kaftan en kaal”? [1] 8.5 Wie se woorde word deur die Hofnar in reël 12 herhaal? [1] 8.6 Hoekom is hierdie land se naam juis “Ekwator” (reël 22)? [1] 8.7 In die toneelaanwysings in reël 27 staan “Beuels”. Wat is 'n beuel? [1] 8.8 Watter woord gebruik die Keiserin om die aanwesiges welvaart/voorspoed

toe te wens? [1] 8.9 Verwys na die “halfeeufees” in reël 38. 8.9.1 Ter ere van wie word die halfeeufees gehou? (1) 8.9.2 Wat word gedenk met die halfeeufeesvieringe? (1) [2] 8.10 Na watter vorm van geweldpleging verwys die “situasie aan ons grense”

in reël 40? [1] 8.11 Noem een verskil tussen Ekwator en Utopia. [1] 8.12 Wie is die jong kollega na wie daar in reël 51 verwys word? [1] 8.13 Wat beteken die uitdrukking: “Die klere maak die man” in reël 5? [2] 8.14 Hoekom is dit ironies dat die Keiser juis 'n kaftan (reël 9) teenoor

Diplomaat noem? [2]

Page 15: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

15

8.15 Hoekom is die Keiser se verwysing “En die volgende stap is kaal” in reël 11 ironies? [2] 8.16 Volgens watter modestyl uit watter tydperk sou die Keiserin geklee wees? [2] 8.17 Op watter twee ideale is die beskawingsprogram geskoei? [2] 8.18 Hoe verskil Diplomaat en Kultuur se opvattings oor kleredrag? [2] 8.19 Verwys na die beskawingsprogram (reël 39). 8.19.1 Watter minister was verantwoordelik vir die beskawingsprogram? (1) 8.19.2 Was hy suksesvol met die beskawingsprogram? Verduidelik jou standpunt in een sin. (2) [3] 8.20 Hoekom praat Diplomaat die wewers voor? [2] /30/ VRAAG 9 DIE KEISER (Opstel/Paragrawe) Beperk jou antwoord op elk van die volgende vrae tot tussen 150 en 200 woorde. 9.1 In Die Burger van 18 Augustus 2006 het die volgende verskyn:

Tragedie van kreperende Zim sterk voelbaar in SA DIE klaaglike mislukking van pres. Robert Mugabe se maatskaplik-ekonomiese beleid die afgelope klompie jare het al heelwat kwinkslae tot gevolg gehad.

Een van Beeld, susterkoerant van Die Burger, se gewildste rubriekskrywers verwys al na die man as “Idi Mugabe”, die Engelse media verwys dikwels na “Mad Bob” ...

Bewys dat die drama Die Keiser na dertig jaar nog steeds aktueel is (met ander woorde nog betrekking het op die huidige sake van die dag). Verwys na die volgende sake:

• Universele probleme wat in die drama aangeraak word • Naamgewing, en verwysings na karakters, tyd en ruimte • Ooreenkomste met huidige wêreldgebeure [10]

Page 16: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

16

9.2 In die derde bedryf lees ons:

Keiser: Ek droom ... Ek wéét dit moet iets te doen hê met my vader se siekte – maar dit help my niks dat ek dit weet nie. Dit kom altyd weer terug – altyd dieselfde droom ...

Bespreek die invloed wat sy vader se siekte op die Keiser het. Verwys na die volgende:

• Die aard van sy vader se siekte en wat dit veroorsaak het • Die ooreenkomste tussen die Keiser en sy vader [10]

9.3 Bespreek onderskeidelik die positiewe en negatiewe konnotasies wat in Die Keiser geheg word aan

• goud; en • klere. [10]

/30/

Page 17: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

17

AFDELING C: ROMAN Hierdie afdeling bestaan uit Vraag 10, 11, 12 en 13. Vraag 10 en Vraag 11 handel oor Toorberg en Vraag 12 en Vraag 13 oor Kringe in ’n bos. Beantwoord EEN vraag uit hierdie afdeling. Indien jy die kontekstuele vraag (Vraag 6 OF Vraag 8) in Afdeling B gekies het, moet jy die opstel-/paragrawevraag (Vraag 11 OF Vraag 13) in Afdeling C beantwoord. Indien jy die opstel-/paragrawevraag (Vraag 7 OF Vraag 9) in Afdeling B gekies het, moet jy die kontekstuele vraag (Vraag 10 OF Vraag 12) in Afdeling C beantwoord. VRAAG 10 TOORBERG (Kontekstueel) Lees die volgende uittreksel uit Toorberg van Etienne van Heerden noukeurig deur en beantwoord die vrae. 1 “Hierdie plaas moet nooit opdroog nie,” het StamAbel aan OuAbel

gesê. “Nie met ’n Oog wat die soetste water noord van die Hottentots-Holland spu nie. Sulke soet water kom direk van die Here – hy het ons hier ’n roeping gegee.”

2 Dit was die dra aan dié swaar roeping wat hom, OuAbel Moolman, van vroeg af so moeg gehad het. Van jongs af moes hý die steeks grond mak kry, moes hý bid vir reën, moes hý die dooddroog van die Oog aanskou. Was hy maar ’n Moses wat die rots met ’n karwats kon piets sodat dit oopbreek en geil water spu! Net hý moes StamAbel se woorde gehoorsaam: gedenk die lewe.

3 En wie sal hom verkwalik dat hy in die skaduwee van die peperboom voor die Landboukoöperasie gaan wag het die dag toe die magistraat op die dorp aangekom het om die droefheid van Toorberg oop te vlek? Onsigbaar, met die reuk van peperbessies om hom, doodstil, met die takke se bewegende skaduwees wat deur hom val. En toe die man met sy af arm in die straat aangestap kom, was daar groot woede in hom: Wie gee dié afarm die reg om soos daardie boormasjien van die jonge Abel oor Toorberg se werf te kom rondstaan en oral te boor na waarheid? Wie gee hom die reg om die grafte oop te raai en binne-in te kyk na die voorgeslagte se ondinge? Wie gee hom die reg om soos ’n bruinvel in die Skaamfamilie se huis te gaan sit en uit hulle bekers te drink, soos een wat nie maniere of soort ken nie?

4 Hy sou vyftig ooie afstaan om die bemoeisieke indringer te keer, want hy’t tóé reeds geweet dat daar niks goeds van kán kom nie. Vreemd dat hy daar van onder die peperboom ook die Toorder kon sien waar dié voor die kontantwinkeltjie oorkant die straat gesit het. Met ’n toegeknoopte meelsakkie het die Toorder in die dak se skaduwee gesit en OuAbel het hom verbeel dat die grilman – soos hulle hom as kinders genoem het – reguit na hom sit en kyk.

Page 18: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

18

5 Terwyl die magistraat om die onderste hoek kom, het die Toorder hom reggeskuif en toe die magistraat digby OuAbel kom – so naby dat OuAbel die bruinerige moesie in sy nek kon sien – het die Toorder regop gewip, weer gesit, en weer gestaan, kompleet nes ’n meerkat voor sy gat.

6 Vyftig vet ooie sou hy gegee het om te keer dat dié vreemde man kom krap in Toorberg se sake. ’n Plaas wat doodwurg, is nie ’n mooi ding om te sien nie. Iemand wat sterf, wil nie toeskouers hê nie. Daar is vernedering wanneer jy oorgaan anderkant toe, want jy moet jou dooie lyf los, al het jy hom hóé lief. Jy wil nie oë hê wat toekyk nie.

7 OuAbel sit in die skaduwee van een van sy akwaduk se vervalle pilare en hou die magistraat dop waar hy agter ’n aalwee staan en die Toorder se huis met ’n verkyker dophou. Dís waarvan hy nie hou in magistrate nie: die ewige vermoedens. En iemand wat vermoedens het, wy sy tyd aan die soek na bewyse om die vermoedens te staaf. Ongedurige mense, magistrate. Slim Lucius was ook altyd só op sy besoeke uit die stad: sy kop vol dwase vermoedens oor God en mens, en alewig op soek na stawing vir vermoedens.

10.1 Waarna verwys “Oog” in paragraaf 1? [1] 10.2 Watter woord word in paragraaf 2 gebruik om na die “lewenstaak” van

die Moolmans te verwys? [1] 10.3 Skryf 'n woord uit paragraaf 2 neer wat op “onvrugbaarheid”

of “onwilligheid” dui. [1] 10.4 Tydens watter Abel se heerskappy op Toorberg het die water begin

opdroog? [1] 10.5 Verwys na “gedenk die lewe” in paragraaf 2. 10.5.1 Waar het StamAbel hierdie woorde laat aanbring? (1) 10.5.2 Teenoor wie het Abel hierdie woorde gebruik? (1) [2]

10.6 Wie het die boormasjien na Toorberg laat kom? [1] 10.7 Is die verwysing “en oral te boor na die waarheid” (paragraaf 3) hier

letterlik of figuurlik gebruik? Skryf net EEN woord neer. [1] 10.8 Watter woord word in paragraaf 4 gebruik om aan te dui dat die magistraat

sy neus in ander mense se sake steek? [1] 10.9 Benoem die beeldspraak in “kompleet nes 'n meerkat voor sy gat.” [1] 10.10 Wat is die magistraat se naam en van? [1] 10.11 Lucius en die magistraat word in paragraaf 7 met mekaar vergelyk.

Wat het hulle beroepe gemeen? [1]

Page 19: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

19

10.12 Hoe is dit moontlik dat die takke van die bewegende skaduwees “deur hom val” in paragraaf 3? [2]

10.13 Na watter gebeurtenis word verwys met die woorde “die droefheid

van Toorberg” in paragraaf 3? [2] 10.14 Hoekom is dit ironies dat die magistraat 'n “af arm” het (paragraaf 3)? [2] 10.15 Gee 'n bewys uit paragraaf 3 dat OuAbel Moolman 'n groot rassis is. [2] 10.16 Wat is die funksie van die opeenvolgende vrae aan die einde van paragraaf 3? [2] 10.17 Gee 'n bewys uit paragraaf 4 dat die Toorder “die derde oog” het. [2] 10.18 OuAbel bespiegel oor doodgaan in paragraaf 6. Noem TWEE dinge

wat OuAbel onmiddellik voor sy dood gedoen het. [2] 10.19 Noem TWEE ooreenkomste tussen die dood van StamAbel en die dood van OuAbel. [2] 10.20 Gee 'n bewys uit die gegewe teks wat die volgende stelling staaf:

Toorberg het nie tyd en plek vir geleerdheid of kunstigheid nie. [2] /30/ VRAAG 11 TOORBERG (Opstel/Paragrawe) Beperk jou antwoord op elk van die volgende vrae tot tussen 150 en 200 woorde. 11.1 Suid-Afrikaners beleef daagliks verskillende vorme van diskriminasie. Hierdie aktuele probleem kom ruimskoots onder die loep in die roman Toorberg.

Bespreek hoe daar teen • Posmeester Moolman; • Floors Moolman; en • Andreas Moolman

gediskrimineer word. Sê telkens om watter rede en hoe daar teen hulle gediskrimineer word, en wat die lotgeval van elkeen is. [10] 11.2 Bespreek die rol van die magistraat en gee aandag aan die volgende sake:

• Hoekom sy briewe ironies is en watter lig dit op sy ondersoek werp • Hoe hy gaandeweg betrokke raak by Druppeltjie se dood [10]

Page 20: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

20

11.3 Die naam Toorberg suggereer dat die leser met die bonatuurlike te doen gaan kry. Die magistraat sê van sy ondersoek: “Dalk lei dit my na die wortels van die stam, na insidente van jare gelede, waar geskiedenis en legende ineenvloei tot die nagmerrie van die verlede.” Hy sê ook: “Dit lyk ... of die Moolmans deur legendes wil ontsnap na 'n wêreld waar die normale reëls nie geld nie.” Beskryf die bonatuurlike aannames, vertellings en legendes oor Druppeltjie du Pisani. Verwys veral na

• sy verskillende name; • sy ongewone gedrag; • sy lotsbestemming; en • sy ouers. [10]

/30/

Page 21: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

21

VRAAG 12 KRINGE IN ’N BOS (Kontekstueel) Lees die volgende uittreksel uit Kringe in ’n bos van Dalene Matthee noukeurig deur en beantwoord die vrae. 1 “Meneer lyk sleg.” Ou Martiens Botha herken hom nie. 2 “Dis ek, oom Martiens, Saul.” 3 “Saul?” Dis of baie onthou deur die ou man se oë glip. “Van

oorle Joram?” 4 “Ja, oom.” Die ou se span is kleiner, sien Saul. Twee

skoonseuns en net een eie seun. “Ek is vir ’n paar dae terug in die Bos, oom. My kos het opgeraak.”

5 “Lyk my jy het uit meer as net kos geraak. Kom, die skerm is daar anderkant.” En hy roep een van sy skoonseuns nader om die byl by hom te kom vat. Op die putkuil lê stinkhout en onder die byle staan ’n mooi kalander reg om elke oomblik te begin kraak vir die val. Nêrens op die hout is die bosbewaarder se merk nie ...

6 “Hoe’s dit dan lat jy hier loop, Saul? vra die ou by die skerm. “Ek het dan gehoor jy is weg?”

7 “Dis ’n lang storie, oom. Ek sal vir die kos betaal.” 8 “En jy’s amper uit jou klere ook uit. Hoe’t jy dan so

verrinneweer gekom? Het die grootvoete jou gejaag?” 9 “Nee, oom, Eintlik het ek langer gebly as wat ek aanvanklik

beplan het om te bly.” 10 “Wat staan jy so? Sit.” 11 “Ek is te haastig, oom. Ek sal sommer in die loop eet.” 12 “Is jy dan ’n bok?” 13 “Ek is haastig ...” 14 “Lat ek dan tog net vir jou ’n bietjie koffie maak,” bied die ou

aan, en dis al of daar ’n drang in hom is om Saul daar te hou. 15 “Ek kan nie wag nie, oom. Regtig nie.” En hy moet sy hande

bedwing om nie die patat uit die ou man s’n te gryp nie. “Dankie, oom. Hoeveel skuld ek?”

16 “Van wanneer af skuld ons mekaar?” 17 Maar hy haal ’n muntstuk uit sy sak en sit dit op die

omgekeerde blik wat as tafel staan, neer. “Koop dan maar twak en so aan, oom.”

18 “Ek wil nie jou geld hê nie!” Oom Martiens is skielik vyandig en trots soos ’n berg.

19 “Smyt dit dan in die vuur, oom! Ek is nie melaats nie en my geld is nie gesteel nie.” Hy besef skielik hoe moeg hy werklik is. Van alles. “Daar is min dinge waarvan julle my nie beskuldig het in hierdie bos nie, oom Martiens, maar die laaste genot sal ek julle nie gee nie: julle sal nie kan sê Saul Barnard het om kos kom bedel nie! Oom vat die geld vir die kos of ek wil die kos nie hê nie.”

Page 22: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

22

20 Êrens in ’n boom hou ’n bosduif op met koer, in die onderbos warrel die kleinvoëls bedrywig.

21 “Van wat het ons jou beskuldig?” vra die ou man uitdagend-agterdogtig.

22 “Van alles wat julle kon. Vir Arend ook.” 23 “Ek het jou nooit vir Arend blameer nie!” 24 “Ander het.” 25 “Dan’s dit hulle saak,” sê hy en kyk Saul reguit in die oë. “Ek

het nie gepraat nie. Arend het gepraat voorlat hy sy vlees verlaat het.”

26 Die bosduif het weer sy koer begin en Saul weet skielik daar is iets wat die ou man wil sê, maar nie weet hoe nie.

27 “Wat het Arend gesê?” 28 “Hy’t gesê jy is reg. Op die laaste moes ek vir hom ’n

bloubokkie vang en die kop oopkap ...” Dan is dit of hartseer nie die woorde wil laat verbykom nie.

29 En dit voel vir Saul soos genade wat hom tref. “Ek is jammer, oom. Arend was ’n goeie mens. Ons het lank gesels daardie nag.”

30 “Hy’t my gesê.” 31 “Laat ons vrede maak, oom Martiens,” sê Saul en buk om die

kos, wat hy langs die geld neergesit het, op te tel. “Laat ek darem aan die einde kan sê ek het een vriend in die Bos agtergelaat. Ek vat die kos en oom vat die geld.”

32 “Waarheen is jy op pad, Saul?” Dis soos ’n besorgde vader sou vra.

33 “Ek is self nog nie seker nie, oom. Ek weet net ek moet aanhou loop tot bo in Meulbos. Daar sal ek miskien weet.”

34 “Ek sal klein Martiens met jou saamstuur.” 35 Dis meer as die uitsteek van ’n hand; dis vryskelding, dis

vertroue, en Saul moet die deernis wat in hom wil losruk, vinnig keer. Nie nou nie!

36 “Dis nie nodig nie, oom. Maar dankie. Vandag moet ek alleen loop.”

37 “Jy loop jou lewe lank nog alleen, Saul. Maar jy moet versigtig wees, Oupoot is in die Bos.”

12.1 Wat beteken “oorle” (paragraaf 3)? [1] 12.2 Watter universele problematiek word in paragraaf 5 aangeraak?

Skryf slegs een woord neer. [1]

Page 23: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

23

12.3 Watter karaktertrek toon Saul as hy sê: “Saul Barnard het (nie) om kos kom bedel nie!” (paragraaf 19)? [1] 12.4 Wat beteken die woord “deernis” in paragraaf 35? [1] 12.5 Hoe is Joram Barnard dood? [2] 12.6 Gee twee verskillende name vir 'n kalander soos dit in hierdie roman

gebruik word. [2] 12.7 Verduidelik hoekom Saul “haastig” is (paragraaf 13). [2] 12.8 Hoe weet die leser dat Saul baie honger is? [2] 12.9 “Daar is min dinge waarvan julle my nie beskuldig het in hierdie bos

nie ...” (paragraaf 19). 12.9.1 Noem VIER dinge waarvan die bosmense Saul beskuldig

het. Skryf die vier dinge onder mekaar neer. (4) 12.9.2 Waarvan het die mense op die dorp vir Saul beskuldig? (1) [5] 12.10 Wat het met Arend gebeur wat veroorsaak het dat Saul geblameer is?

Gee twee feite. [2] 12.11 “Op die laaste moes ek vir hom 'n bloubokkie vang en die kop oopkap ...” (paragraaf 28). 12.11.1 Hoe oud was Saul toe hy die bloubokkie se kop oopgekap het? (1) 12.11.2 Wat het Saul ontdek met die oopkap van die bloubokkie se kop? (2) 12.11.3 Hoe het die oopkap van die bloubokkie se kop Saul se siening oor die grootmense verander? (2) [5] 12.12 Hoekom beskou Saul vir Arend as sy “vriend” (paragraaf 31)? [2] 12.13 Watter ooreenkoms tussen Saul en Oupoot word aangeraak in die laaste twee paragrawe van die uittreksel? [2] 12.14 Verduidelik die ironie van die slotsin van paragraaf 37. [2] /30/

Page 24: 0001.2 Afrikaans.HG.Eerste Taal 2007wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process...14 wuif voordat ek inderhaas die agterdeur dig trek Daniel Hugo Die boek Daniel 1986 4.1 Wie

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2007 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMÊRE) TAAL HG/V2

24

VRAAG 13 KRINGE IN ’N BOS (Opstel/Paragrawe) Beperk jou antwoord op elk van die volgende vrae tot tussen 150 en 200 woorde. 13.1 Hy’t gehoor MacDonald sê hy is wild; hy weet wat wild beteken ...

* * *

“Ek verstaan nie wat hier staan nie, Pa. Iets van tree pennies.”

* * * “Hoe lank dink Pa kan die Bos nog hou?” Kringe in 'n Bos is 'n aktuele roman wat universele kwessies aanraak, m.a.w. dit handel oor sake wat nou vir ons van belang is, en wat algemeen geldend is. Bespreek die aktualiteit van

• klasseverskille en diskriminasie; • geletterdheid; en • bewaring [10]

13.2 Bespreek Saul se innerlike konflik deur na die volgende te verwys:

• Sy weggaan uit die Bos as gebrandmerkte • Sy verhouding met Kate [10]

13.3 “Hy’t geskuil, baas Saul. Hy’t kring geloop en toe hier onder in die kloof,

waar dit nog nie alles uitgekap is nie, geskuil ...” Bespreek die kringmotief in die roman deur na die volgende te verwys:

• Die titel Kringe in ’n Bos • Oupoot en Saul se sirkelgang • Die skewe sirkel • Tydshantering in die roman [10]

/30/ GROOTTOTAAL: /100/