nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2018/09/DIE-OPENBARING_Pre… · Web...

18
DIE OPENBARING_Preek IX Die brief aan Pergamum: Daar waar die troon van die satan is Tekste: Galasiërs 1: 3 / Openbaring 2: 12-17. Liedere: VONKK 254: 1-2 / Psalm 149: 1-2 / Gesang 314 / Gesang 250: 1-2, 4 / Gesang 509: 1-2, 4 / Gesang 513: 1-2. 1. AANKONDIGINGS: 2. STILTE & FOKUS terwyl die klok lui 3. TOETREDE: VONKK 254: 1-2 4. VOTUM: God is hier en in sy kudde leer ons dat die heer voorsien. Hier kan ons ook daarop antwoord soos ons leer om God te dien. Hier is dienaars van die Dienskneg in aanbidding bymekaar. Hier leer ons wat dit beteken om die boodskap uit te dra (VONKK 254: 3). 5. SEËN: Genade en vrede vir ons van God ons Vader en die Here Jesus Christus (Galasiërs 1:3). 1 | ZUURFONTEIN – 30 September 2018 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

Transcript of nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2018/09/DIE-OPENBARING_Pre… · Web...

DIE OPENBARING_Preek IXDie brief aan Pergamum: Daar waar die troon van die satan is

Tekste: Galasiërs 1: 3 / Openbaring 2: 12-17.Liedere: VONKK 254: 1-2 / Psalm 149: 1-2 / Gesang 314 / Gesang 250: 1-2, 4 / Gesang 509: 1-2, 4 / Gesang 513: 1-2.

1. AANKONDIGINGS:

2. STILTE & FOKUS terwyl die klok lui

3. TOETREDE: VONKK 254: 1-2

4. VOTUM:

God is hier en in sy kudde leer ons dat die heer voorsien. Hier kan ons

ook daarop antwoord soos ons leer om God te dien. Hier is dienaars van

die Dienskneg in aanbidding bymekaar. Hier leer ons wat dit beteken om

die boodskap uit te dra (VONKK 254: 3).

5. SEËN:

Genade en vrede vir ons van God ons Vader en die Here Jesus Christus

(Galasiërs 1:3).

6. LOFSANG: Psalm 149:1-2 (TT Cloete).

7. VOORLEES: Willie Prinsloo

Die Kerk het drie belydenisskrifte:

1 | Z U U R F O N T E I N – 3 0 S e p t e m b e r 2 0 1 8Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

DIE OPENBARING_Preek IXDie brief aan Pergamum: Daar waar die troon van die satan is

Tekste: Galasiërs 1: 3 / Openbaring 2: 12-17.Liedere: VONKK 254: 1-2 / Psalm 149: 1-2 / Gesang 314 / Gesang 250: 1-2, 4 / Gesang 509: 1-2, 4 / Gesang 513: 1-2.

Die Nederlandse Geloofsbelydenis.

Die Heidelbergse Kategismus, en

Die Dordtse Leerreëls.

Hierby het die Kerk ook drie amptelike Geloofsbelydenisse:

Die Apostoliese Geloofsbelydenis.

Die Geloofsbelydenis van Nicéa, en

Die Geloofsbelydenis van Athanasius.

Vandag lees ek vir ons die bekende Apostoliese Geloofsbelydenis.

Wanneer ek dit lees is u welkom om in u hart saam te bely. U is selfs

welkom om die woorde saggies saam op te sê.

Na die Geloofsbelydenis sal ek bevestig met die woordjie Amen.

Die gemeente antwoord hierop met die sing van Gesang 314.

Ons bly so sit.

Kom ons bely ons geloof ....

8. GELOOFSBELYDENIS: Apostoliese Geloofsbelydenis.

2 | Z U U R F O N T E I N – 3 0 S e p t e m b e r 2 0 1 8Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

DIE OPENBARING_Preek IXDie brief aan Pergamum: Daar waar die troon van die satan is

Tekste: Galasiërs 1: 3 / Openbaring 2: 12-17.Liedere: VONKK 254: 1-2 / Psalm 149: 1-2 / Gesang 314 / Gesang 250: 1-2, 4 / Gesang 509: 1-2, 4 / Gesang 513: 1-2.

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en

die aarde.

En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van

die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria;

wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe

is en ter helle neergedaal het;

wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;

wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die

almagtige Vader, van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe

en die wat reeds gesterf het.

Ek glo in die Heilige Gees.

Ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van

die heiliges;

die vergewing van sondes;

die opstanding van die vlees

en ‘n ewige lewe.

AMEN!

9. AMEN: Gesang 314

God se wet vra al ons liefde, kom ons sing daarvan: Gesang 250: 1-2, 5

3 | Z U U R F O N T E I N – 3 0 S e p t e m b e r 2 0 1 8Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

DIE OPENBARING_Preek IXDie brief aan Pergamum: Daar waar die troon van die satan is

Tekste: Galasiërs 1: 3 / Openbaring 2: 12-17.Liedere: VONKK 254: 1-2 / Psalm 149: 1-2 / Gesang 314 / Gesang 250: 1-2, 4 / Gesang 509: 1-2, 4 / Gesang 513: 1-2.

10. GESANG 250: 1-2, 4

11. GEBED:

12. INLEIDING:

Ons praat vandag vir ‘n tweede keer oor die derde brief in Openbaring -

die brief aan Pergamum.

Dit is wel Johannes wat hierdie briewe geskryf het, maar eintlik is God

self aan die woord. Dit is God wat in ‘n openbaring aan Johannes, op die

eiland Patmos, verskyn het en vir hom die opdrag gegee het om hierdie

openbaring neer te skryf – ook die sewe briewe. Dit sou dus nie

vergesog wees om te sê dit is God wat indirek met die sewe gemeentes

praat nie.

Weereens ‘n bewys dat God met mense, deur mense praat – ook ‘n

bewys dat God vandag ook met ons deur Sy Woord praat. Hou ons ons

Bybels toe, hou ons God se mond toe, hoor ons nie Sy stem nie. Ek wil

volgende Sondag bietjie meer hieroor sê.

4 | Z U U R F O N T E I N – 3 0 S e p t e m b e r 2 0 1 8Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

DIE OPENBARING_Preek IXDie brief aan Pergamum: Daar waar die troon van die satan is

Tekste: Galasiërs 1: 3 / Openbaring 2: 12-17.Liedere: VONKK 254: 1-2 / Psalm 149: 1-2 / Gesang 314 / Gesang 250: 1-2, 4 / Gesang 509: 1-2, 4 / Gesang 513: 1-2.

Ons het dieselfde gedeelte laas Sondag ook gelees en toe het ons

aandag gegee aan die drie-punt-plan vir die gemeente. Onthou die

gemeente het in ‘n baie moeilike wêreldstad gebly. ‘n Stad met baie

dinge wat die gelowiges se aandag van God kon afrokkel. ‘n Stad wat so

besig was met die dinge van die wêreld dat dit spesiaal vernoem word:

die plek waar die troon van die satan is. Ons het gesê dit voel soms vir

ons ook asof ons in ‘n plek bly waar die troon van die satan staan – kyk

net bietjie om jou rond.

Hoe het die drie-punt-plan gelyk?

Moenie aan hierdie sondige wêreld en sy lekker dinge gelyk word

nie.

Bekeer jou NOU.

Luister na wat die Gees vir die gemeente wil sê.

Vandag wil ek aan drie ander sake in hierdie brief aandag gee:

Die twee snydende swaard wat uit die mond van God kom.

Die manna.

Die wit klippe met ‘n nuwe naam daarop gegraveer.

Kom ons maak die brief aan die gemeente in Pergamum oop;

Openbaring 2: 12-17.

5 | Z U U R F O N T E I N – 3 0 S e p t e m b e r 2 0 1 8Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

DIE OPENBARING_Preek IXDie brief aan Pergamum: Daar waar die troon van die satan is

Tekste: Galasiërs 1: 3 / Openbaring 2: 12-17.Liedere: VONKK 254: 1-2 / Psalm 149: 1-2 / Gesang 314 / Gesang 250: 1-2, 4 / Gesang 509: 1-2, 4 / Gesang 513: 1-2.

13. SKRIFLESING TWEE: Openbaring 2: 12-17

12 Skrywe aan die leraar van die gemeente in Pergamum:

So sê Hy wat die skerp swaard met die twee snykante het: 13 Ek ken die

plek waar julle bly, daar waar die troon van die Satan is. Tog bly julle

aan my Naam getrou en julle het nie julle geloof in My afgesweer nie,

selfs nie in die tyd toe Antipas, my getroue getuie, doodgemaak is daar

by julle waar die Satan bly nie.

14 Maar Ek het 'n paar dinge teen julle. Julle het mense daar wat die leer

van Bileam aanhang. Hy het vir Balak geleer om die volk Israel van My

afvallig te maak, sodat hulle afgodsoffervleis geëet en onsedelikheid

bedrywe het.

15 So is daar onder julle dan ook mense wat die leer van die Nikolaïete

aanhang en dieselfde sondes doen.

16 Bekeer julle nou, anders kom Ek gou na julle toe en sal Ek daardie

mense bestry met die swaard van my mond.

17 Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes

sê. Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek van die verborge

manna gee, en daarby sal Ek vir hom 'n wit steentjie gee met 'n nuwe

naam daarop gegraveer, wat niemand anders ken nie, net hy wat dit kry.

14. PREEK:

6 | Z U U R F O N T E I N – 3 0 S e p t e m b e r 2 0 1 8Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

DIE OPENBARING_Preek IXDie brief aan Pergamum: Daar waar die troon van die satan is

Tekste: Galasiërs 1: 3 / Openbaring 2: 12-17.Liedere: VONKK 254: 1-2 / Psalm 149: 1-2 / Gesang 314 / Gesang 250: 1-2, 4 / Gesang 509: 1-2, 4 / Gesang 513: 1-2.

Kom ons gaan kyk nou na die drie sake waarna ek in die inleiding

verwys het:

Vandag wil ek aan drie ander sake in hierdie brief aandag gee:

Die twee snydende swaard wat uit die mond van God kom.

Die manna.

Die wit klippe met ‘n nuwe naam daarop gegraveer.

So sê Hy wat die skerp swaard met die twee snykante het:

...anders kom Ek gou na julle toe en sal Ek daardie mense bestry met

die swaard van my mond.

7 | Z U U R F O N T E I N – 3 0 S e p t e m b e r 2 0 1 8Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

DIE OPENBARING_Preek IXDie brief aan Pergamum: Daar waar die troon van die satan is

Tekste: Galasiërs 1: 3 / Openbaring 2: 12-17.Liedere: VONKK 254: 1-2 / Psalm 149: 1-2 / Gesang 314 / Gesang 250: 1-2, 4 / Gesang 509: 1-2, 4 / Gesang 513: 1-2.

Eerstens sien ons in die teks ‘n herhaling van dieselfde beeld (die twee

snydende swaard). Ons onthou mos dat herhaling in Openbaring gebruik

word om iets te beklemtoon of te onderstreep

Die swaard (Grieks: romfaia) is ‘n groot swaard wat in die gevegkuns

van daardie tyd baie bekend was. Later het die groot swaard simbolies

geword van die Romeinse mag en reg. Van die Keisers het ‘n afbeelding

van hierdie swaard op die skilde van hulle soldate aangebring. Dit was

dus vir almal van daardie tyd ‘n bekende simbool.

Johannes (God) gebruik hierdie bekende beeld om iets van Homself te

openbaar. Hy hou nie die swaard in sy regterhand vas, soos ‘n goeie

Romeinse soldaat nie – nee, hier in Openbaring kom die swaard uit God

se mond. God se woorde het die mag om te oordeel of vry te spreek =

die twee snykante van die swaard ~ oordeel / vryspraak.

Vir God se volgelinge sal Sy woord vryspreek. Dink bietjie aan die troos

wat dit bring vir daardie handjie vol gelowiges in die oormag van ‘n

wêreldstad. Hulle moes soms gewonder het of dit nog die moeite werd is

om aan te hou stry vir wat in die oë van God reg is. Maar vir hulle wat

volhard, vir ons wat vashou aan God en God se wil en nie val vir die

verskonings en versoekings van die wêreld nie, vir ons spreek die

swaard uit God se mond net een ding: vryspraak.

8 | Z U U R F O N T E I N – 3 0 S e p t e m b e r 2 0 1 8Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

DIE OPENBARING_Preek IXDie brief aan Pergamum: Daar waar die troon van die satan is

Tekste: Galasiërs 1: 3 / Openbaring 2: 12-17.Liedere: VONKK 254: 1-2 / Psalm 149: 1-2 / Gesang 314 / Gesang 250: 1-2, 4 / Gesang 509: 1-2, 4 / Gesang 513: 1-2.

Maar mens is mens en daar was mense wat gevoel het; if you can’t beat

them join then. Mense wat hulle geloof in God prysgee ter wille van die

vryhede van die wêreld se versoekings. Ook vir hulle wat dit vir

gelowiges moeilik gemaak het op aarde, kom die ander kant van die

swaard en veroordeel hulle – die ewige oordeel – die oordeel wat bepaal

dat hulle nie saam met God en Sy volgelinge in die Koninkryk van God

sal wees nie.

Die simbool van die twee snydende swaard uit die mond van God sê:

God is almagtig en as Hy spreek is dit met gesag – daar is vryspraak vir

hulle wat Hom volg en oordeel vir hulle wat hulle rug op God of sy saak

gedraai het.

Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek van die verborge manna

gee,

9 | Z U U R F O N T E I N – 3 0 S e p t e m b e r 2 0 1 8Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

DIE OPENBARING_Preek IXDie brief aan Pergamum: Daar waar die troon van die satan is

Tekste: Galasiërs 1: 3 / Openbaring 2: 12-17.Liedere: VONKK 254: 1-2 / Psalm 149: 1-2 / Gesang 314 / Gesang 250: 1-2, 4 / Gesang 509: 1-2, 4 / Gesang 513: 1-2.

Die beeld kan verskillende geïnterpreteer word. Tydens die volk Israel se

uittog uit Egipte het hulle by God gekla dat hulle nie genoeg kos het om

te eet nie. God stuur toe die manna en kwartels. Elke gesin moes elke

oggend net genoeg daarvan optel, sodat hulle gesin genoeg sou hê om

te eet. As simbool van God se sorg het die volk ‘n kruik vol opgestel en

toe in die verbondsark gesit.

Jare daarna het die ark in die tempel wat Salomo vir God gebou het,

gestaan. Met die vernietiging van die tempel, so wil oorlewering dit hê,

moes Jeremia die ark ondergronds gaan wegsteek. Vandaar die

moontlike uitdrukking: verborge manna. Hier sou manna simbolies wys

na die wederkoms!

Ander dink weer aan die inhoud en betekenis van die nagmaal, veral

omdat Paulus in 1 Korintiërs 10: 3-4 die Nagmaalbrood en manna in

verbinding bring. Hier sou die manna simbolies herinner aan die

verlossing wat daar in Jesus Christus is.

Nog ‘n verklaring is dat die manna dui op die geestelike voedsel wat God

se volgelinge nodig het as hulle geestelik honger raak. As ‘n mens so

jaag in die lewe en die dinge van die wêreld oorweldig jou – sê ons

dikwels ons raak geestelik honger. Hier is die manna God se belofte dat

Sy kinders nooit geestelik honger hoef te gaan slaap nie.

10 | Z U U R F O N T E I N – 3 0 S e p t e m b e r 2 0 1 8Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

DIE OPENBARING_Preek IXDie brief aan Pergamum: Daar waar die troon van die satan is

Tekste: Galasiërs 1: 3 / Openbaring 2: 12-17.Liedere: VONKK 254: 1-2 / Psalm 149: 1-2 / Gesang 314 / Gesang 250: 1-2, 4 / Gesang 509: 1-2, 4 / Gesang 513: 1-2.

Ek glo dat ‘n kombinasie van al hierdie verklarings reg sou laat geskied

aan God se belofte dat Hy aan elkeen van die verborge manna sal gee

as hulle die oorwinning behaal.

en daarby sal Ek vir hom 'n wit steentjie gee met 'n nuwe naam daarop

gegraveer, wat niemand anders ken nie, net hy wat dit kry.

Die wit kleur van die steentjie is nie toevallig nie. Openbaring gebruik die

kleur wit om verlossing te simboliseer. Mense wat ‘n wit klippie van God

ontvang, ontvang dus die versekering dat hulle verlos is.

11 | Z U U R F O N T E I N – 3 0 S e p t e m b e r 2 0 1 8Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

DIE OPENBARING_Preek IXDie brief aan Pergamum: Daar waar die troon van die satan is

Tekste: Galasiërs 1: 3 / Openbaring 2: 12-17.Liedere: VONKK 254: 1-2 / Psalm 149: 1-2 / Gesang 314 / Gesang 250: 1-2, 4 / Gesang 509: 1-2, 4 / Gesang 513: 1-2.

Oor die jare het Bybelverklaardes ook verskillende verklarings vir die wit

klippie gehad. Kom ons gaan kyk na ‘n paar daarvan:

Dit kon dui op ‘n juweelsteentjie wat vir ‘n persoon baie waardevol

is. Hierdie wit juweelsteentjie was ook op die borsplaat van die

Hoëpriester aangebring as simbool van die twaalf stamme van

Israel, wat in God uitverkies is.

Regters het die gebruik gehad om aan die einde van die verhoor ‘n

wit- of swart steentjie in ‘n kruik te plaas. As die persoon skuldig

was = swart steentjie. As die persoon onskuldig was = wit

steentjie.

By sommige deftige feeste was die toegangskaartjie ‘n wit steentjie

waarop die persoon se naam gegraveer is.

Heidene het ‘n wit steentjie om hulle nekke gedra om hulle teen

boosheid te beskerm.

Persone wat deel geword het van die Asklepius kultus, het ‘n wit

steentjie ontvang as hulle lidmaatskap kaartjie.

Hoe dit ook al sy, die wit steentjie (klippie) dui hier op ‘n uitnodiging. Op

‘n toegangskaartjie. Op ‘n lidmaatskap kaartjies. God se volgelinge

ontvang hierdie simboliese steentjie as simbool dat hulle nou deel is van

die Koninkryk van God – verlos, gered, ontvangers van die ewige lewe.

12 | Z U U R F O N T E I N – 3 0 S e p t e m b e r 2 0 1 8Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

DIE OPENBARING_Preek IXDie brief aan Pergamum: Daar waar die troon van die satan is

Tekste: Galasiërs 1: 3 / Openbaring 2: 12-17.Liedere: VONKK 254: 1-2 / Psalm 149: 1-2 / Gesang 314 / Gesang 250: 1-2, 4 / Gesang 509: 1-2, 4 / Gesang 513: 1-2.

Dit was gebruik om name te verander as mense se omstandighede

verander het. Dink aan die talle naamsveranderings waarvan ons in die

Bybel weet. In Jesaja 62: 2 staan daar: “Jy sal ‘n nuwe naam kry, ‘n

naam wat die here self vir jou gekies het.” Ons omstandighede het

verander, daarom die nuwe naam – ons is nie meer as gevolg van ons

sondes verlorenes op aarde nie, maar as gevolg van God se ingrepe

deur Jesus Christus is ons nou verlostes wat die ewige lewe saam met

God ontvang.

Amen.

15. SLOTSANG: Gesang 509: 1-2, 4

16. SEëNGROET:

17. WEGSENDING: Gesang 513: 1-2.

13 | Z U U R F O N T E I N – 3 0 S e p t e m b e r 2 0 1 8Ds. Johannes G. Janse van Rensburg