€¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur...

33
VRYDAGNUUS 19 Julie 2013 Ook beskikbaar by www.kaapkerk.co.za Teken In II Teken Uit AMPTELIKE NUUSBRIEF WES-EN-SUID-KAAPLAND MADIBA-DAG... Terwyl ons VrydagNuus finaliseer, het Madiba-dag aangebreek – oud- president Nelson Mandela se 95ste verjaardag – en mens verwonder jou daaraan hoedat vir baie Suid-Afrikaners vyand no 1 van die sewentigerjare, held no 1 van die 21ste eeu geword het; hoedat vir die meerderheid Suid-Afrikaners held no 1 van die vorige eeu, held no 1 van hierdie eeu gebly het. Baie geluk, Tata, ons sê vir jou dankie vir jou vergifnis en strewe tot versoening. So kan ons almal op hierdie dag ons menswaardigheid opeis en vier. A. SINODALE NUUS 1. NGK Uit die Moderatuur Aan die begin van die tweede semester bevestig die Wes-en-Suid- Kaapland moderatuur graag die fokusareas en waardes waarop hulle, die Sinodale Koördineringspan (SKS) en diensgroepvoorsitters in Mei besluit het. Hulle skrywe is onderaan . Dit is ook op die webblad (www.kaapkerk.co.za ) beskikbaar – klik hier . 2. Vrouebediening: Sinodale Egparekamp oor EI Die Vrouebediening nooi alle egpare hartlik uit na ’n naweekkamp om te sien hoe Emosionele Intelligensie (EI) jou kan help om gelukkiger te wees en ’n suksesvolle gesinslewe te geniet. Dit vind plaas van 18-20 Oktober by die Bettysbaai Oord. Die aanbieder is dr Pieter van Jaarsveld en die koste beloop R1 100 per egpaar. Lees hier meer en skakel Esther by 021 808 9060 of [email protected] om te bespreek. 3. Communitas: Kursusse vir Derde Kwartaal

Transcript of €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur...

Page 1: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

VRYDAGNUUS19 Julie 2013Ook beskikbaar by www.kaapkerk.co.za

Teken In II Teken Uit

AMPTELIKE NUUSBRIEF WES-EN-SUID-KAAPLAND

MADIBA-DAG...Terwyl ons VrydagNuus finaliseer, het Madiba-dag aangebreek – oud-president Nelson Mandela se 95ste verjaardag – en mens verwonder jou daaraan hoedat vir baie Suid-Afrikaners vyand no 1 van die sewentigerjare, held no 1 van die 21ste eeu geword het; hoedat vir die meerderheid Suid-Afrikaners held no 1 van die vorige eeu, held no 1 van hierdie eeu gebly het. Baie geluk, Tata, ons sê vir jou dankie vir jou vergifnis en strewe tot versoening. So kan ons almal op hierdie dag ons menswaardigheid opeis en vier.

A. SINODALE NUUS1. NGK Uit die ModeratuurAan die begin van die tweede semester bevestig die Wes-en-Suid-Kaapland moderatuur graag die fokusareas en waardes waarop hulle, die Sinodale Koördineringspan (SKS) en diensgroepvoorsitters in Mei besluit het. Hulle skrywe is onderaan. Dit is ook op die webblad (www.kaapkerk.co.za) beskikbaar – klik hier.

2. Vrouebediening: Sinodale Egparekamp oor EIDie Vrouebediening nooi alle egpare hartlik uit na ’n naweekkamp om te sien hoe Emosionele Intelligensie (EI) jou kan help om gelukkiger te wees en ’n suksesvolle gesinslewe te geniet. Dit vind plaas van 18-20 Oktober by die Bettysbaai Oord. Die aanbieder is dr Pieter van Jaarsveld en die koste beloop R1 100 per egpaar. Lees hier meer en skakel Esther by 021 808 9060 of [email protected] om te bespreek.

3. Communitas: Kursusse vir Derde KwartaalHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. Kyk gerus daarna en skryf vroegtydig in. Inskrywingsvorms en verdere besonderhede is beskikbaar by Wilma le Roux, 021 808 3624 of [email protected]. Klik hier vir meer inligting.

B. ALGEMENE NUUS EN INLIGTING

Page 2: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

Met medelye...1. Prof Jaap FurstenbergProf Jaap Furstenberg, voormalige rektor van die Hugenote-Kollege (HK), is op Woensdag 10 Julie in die ouderdom van 78 oorlede. ’n Dankdiens is op 13 Julie in die NG Moedergemeente op Wellington gehou. Die diens is gelei deur prof Jaap Durand, wat van skooldae af met hom saamkom. Ons innige meegevoel met sy vrou, Dot en die familie. ’n Huldeblyk deur Lambert Jacobs is hier te lese.

2. Ds André de VilliersDie Kerkraad en gemeente van Kraaifontein-Noord het met groot hartseer kennis geneem van die heengaan van een van die vorige leraars van die gemeente op Saterdag 13 Julie. André de Villiers was leraar in die gemeente vanaf 1974-2003. Na sy aftrede het hulle na Jongensfontein verhuis. Ons dra sy vrou Hildegard en die kinders aan ons Hemelse Vader op. Mag Hy hulle versterk en vertroos. Verassingsdiens Vrydag 19 Julie om 11:00 in Jongensfontein. Op Woensdag 24 Julie om 15:00 word 'n diens ook by Kraaifontein-Noord gehou.

1. Dankie vir Winterhoop!Aan die einde van Winterhoop 2013 sê die hele MES baie dankie aan elkeen wat bygedra het tot die reuse sukses daarvan. Vanjaar is 5446 komberse, 1116 kleresakke, 998 kospakkies, 100kg vleis en R123 614,93 ingesamel – onmoontlik sonder elkeen van julle se hulp!. Ons sal dit waardeer as julle ook hierdie goeie nuus aan gemeentelede oordra. Dit is ook vir MES belangrik om elke jaar te verbeter op die vorige aksie - terugvoer is welkom. Kontak Katrien Henning (nasionaal) by [email protected] /011 725 6531 of Ilse Els (plaaslik) by [email protected]. Dankie dat julle saam met ons die hart van die stad help verander!

2. Bybelgenootskap: Bybelvertalings en Brontekste Gerrit Kritzinger, Uitvoerende Hoof van die Bybelgenootskap, skryf dat die Bybelgenootskap van SA (BSA) ook die verantwoordelikheid het om Bybellesers op te voed oor die brontekste wat vir Bybelvertalings gebruik word. “As gevolg van navrae, maar ook doelbewuste verdagmaking, asof die brontekste wat ons gebruik ‘vervals en korrup’ is, is ’n amptelike inligtingstuk van die BSA oor die brontekste saamgestel.” Lees dit gerus by NUUT op www.kaapkerk.co.za.

3. Goeie Nuus vir Bediening aan BoesmansToe agt Boesman-kandidate op Sondag 30 Junie tydens die erediens op Grootfontein toegelaat is tot die bediening, het dit die kroon gespan op jare se werk en droom! Dit is lankal duidelik dat die bediening daarby sal baat as die voorgangers self Boesmans kan wees. Belangstellendes kan onderaan meer oor hierdie besondere mylpaal, waarby onder meer ook ds Gert Olivier (vroeër van Oostersee) oor jare betrokke was, lees. ’n Positiewe verhaal van hoop! (Met dank aan Feldmuis).

4. Stellenbosch Besprekingsgroep: Program vir Semester

Page 3: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

Die Stellenbosch Besprekingsgroep se program vir die tweede semester is bekend. Oudergewoonte vergader hulle Dinsdae vanaf 17:00 in die Kerksentrum van die NG Gemeente Stellenbosch-Sentraal. Klik hier vir die program met interessante onderwerpe. Kontak Piet Walters by [email protected].

5. Belangrik: Kerkkalender 2014 beskikbaarVir kerkkantore wat reeds volgende jaar se gemeenteprogram/kalender saamstel: die nuutste en opgedateerde volledige datumlys van 2014 se kerkkalender is nou beskikbaar by www.kaapkerk.co.za by NUUT.

6. Bybelskool vir Derde Kwartaal 2013Chris van Wyk laat weet dat die Bybelskool hierdie kwartaal die boeke Daniël, Ester, Esra en Nehemia lees. Die eerste bydrae begin op 18 Julie by www.bybelskool.com. Registreer op die voorblad om dit per e-pos te ontvang. ’n Samevatting is onderaan.

7. Patricia de Lille besoek Groote Kerk!Om ’n oop kanaal tussen die kantoor van die Burgemeester en die gemeente te bewerkstellig en sodat vir spesifieke kwessies gebid kan word, verwelkom die Groote Kerk op Sondag 21 Julie om 10:00 vir me Patricia de Lille, die burgemeester van Kaapstad, by hulle oggenddiens. Hulle gaan saam bid vir Kaapstad en as gemeente vir haar taak as burgemeester voorbidding doen. Almal is welkom by dié spesiale geleentheid.

8. Call42: Nuwe Nasionale NetwerkDie Call42-inisiatief is in 2011 van stapel gestuur om die uitdagings wat Christene by die werk ervaar te help identifiseer. Hierdie resultate is beskikbaar by www.call42.co.za. Call42 se nuwe strategie is ’n nasionale netwerk platform vir werksplek bedieninge in Suid-Afrika, met die doel om individue en gemeentes te help wat God se Koninkryk wil sien kom in die werksomgewing. Die platform sal getuienisse, leesstof, DVD’s en ander relevante inligting met betrekking tot die werksomgewing in Suid-Afrika kommunikeer.

9. Badisa Huis Lückhoff: Alzheimer Eenheid geopenJohann Nefdt (bestuurder), laat weet dat Huis Lückhoff op Maandag 1 Julie hulle Dementia/Alzheimer Eenheid geopen het. Die eenheid is geleë in ’n vleuel van die tehuis, is goed toegerus en word deur baie bekwame personeel bedien. Rig navrae aan Annette le Roux of Desirée Jacobs by 021 689 3612 of stuur ’n e-pos aan [email protected].

10. Togas Benodig!Die behoefte aan togas vir predikante in ons susterkerke het onlangs tydens die US Winterskool aan die lig gekom. As daar broers in die bediening is wat binnekort emeriteer, of selfs net hul klerekas wil leeg maak en terselfdertyd ’n ander broer kan help, kontak Mickey Bouwer by die KGA-kantoor: [email protected] of 021 957 7204.

Page 4: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

11. Engels-onderwyser in Suid-Korea gesoekTheo Badenhorst stuur ’n versoek van ds (Rev) Johnny Chun van Suid-Korea, leraar by ’n onafhanklike Presbiteriaanse gemeente. As deel van hulle uitreikprogram onderneem hulle ’n Engels-taalskool en benodig dus mense wat Engels kan onderrig. Dit hoef nie iemand met ’n Engels-kwalifikasie te wees nie, solank die person ’n graad het. Hy meen so ’n aanstelling geskied op ’n jaar tot jaar basis. Maak die versoek asseblief in julle gemeentes bekend. Ds Chun (uitgespreek “Tjan”) se e-posadres is [email protected].

12. NG Gemeente Worcester-Brandwag: Kursusboeke beskikbaarWorcester-Brandwag het nog 10 boeke van Doelgerigte Lewe van Rick Warren teen R20,00 elk en 25 boekies van 40 dae in doelgerigte liefde ook van Rick Warren teen R25,00 elk. Skakel gerus met die kerkkantoor (023 347 4990) om ’n reëling hieroor te tref.

C. GEMEENTES BIED AAN1. NG Gemeente Durbanville: Godsdiens en PsigiatrieDie wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid is die onderwerp van ’n reeks aanddienste aangebied deur dr Deon Bruwer, predikant en ervare berader. Dit vind plaas op Sondag 4, 11, 18 en 25 Augustus, om 19:00 in die NG Gemeente Durbanville, op die hoek van Kerkstraat- en Weyerslaan. Klik hier vir meer inligting.

2. NG Gemeente Stellenberg: Bybelskool – Leef met DeernisDrr Deon Bruwer (pastorale sielkundige) en André Killian bespreek om 19:00 op 6, 13 en 20 Augustus hoe jou brein jou kan help om met deernis met jouself, ander en die wêreld om te gaan. Verskerp jou spirituele intelligensie en leef meer betekenisvol sodat jy jou Godgegewe potensiaal kan ontsluit. Dié reeks is gratis en vind by die kerk plaas. Kontak Karin Barter by [email protected] of 021 976 4519 om in te skryf.

3. NG Kuilsrivier-De Eike: Stephan Joubert – God se wil vir jóú Wat is God se wil vir jóú lewe? Dis een van die vrae waarmee ons almal gekonfronteer word, veral in tye soos vandag. Kom luister na die wêreldbekende teoloog en spreker, prof Stephan Joubert, wanneer hy hieroor gesels. Datum: 26 Julie om 19:00 by die NG Gemeente Kuilsrivier-De Eike. Kontak Chris Barnardo by 082 822 6619 met navrae.

4. NG Gemeente Die Strand: GebedseminaarAlmal is welkom by ’n Gebedseminaar op Saterdag 27 Julie van 09:00 – 12:30 in Die Strand se gemeentesentrum. Leiers: Marais en Linda Hendriksz, jeug-leraarspaar van Witbank-Suid gemeente. Tema: Hoe om God se stem te hoor, asook die praktiese lééf in gebed. ’n Sagte kollekte sal opgeneem word vir die sprekers. Kaartjies by die kerkkantoor – noodsaaklik, asb! Navrae: Riana by 081 271 2333/021 853 5604 of die kerkkantoor by 021 853 1128.

Page 5: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

5. NG Gemeente La Rochelle: Ekerk Learning CommunityEkerk se Stephan Joubert en Mynhardt van Pletsen bied op 15 Augustus 'n opwindende leer geleentheid aan by La Rochelle Gemeente, Bellville. Die tema is Nuut gedink oor menswees vanuit die Bybel. Die dag sal spesifiek wees vir enige leraars en gemeentebestuurders, asook enige besigheids- of bedieningsleiers wat met of in spanne funksioneer. Sien al die inligting hieronder, of kontak vir [email protected] om meer uit te vind.

6. NG Gemeente Heidekoppie: KinderbedieningkonferensieOns herinner graag aan Heidekoppie, Die Gemeente met Oop Deure, se Kinderbedieningkonferensie. Tema: Visie word praktyk met die Woord. Die aanbieders is prof Adrio König, dr Leon van Zyl, ds Anton en Elmari Roux. Dit vind plaas op Saterdag 27 Julie (08:45-13:00). Inskrywingsvorms is beskikbaar by www.paidionweb.co.za. Rig navrae aan Elmari by [email protected].

D. PREDIKANTENUUSNoordelike Sinode se Gerrit Cloete emeriteerOp 30 Junie het dr Gerrit Cloete as Uitvoerende Beampte van die NGK Noordelike Sinode geëmeriteer. Hy is vir die volgende ses maande getaak met ’n sinodale navorsingsprojek. Alle navrae in verband met sinodale werksaamhede moet voortaan na die adres van die Saakgelastigde ([email protected]) gestuur word. Ons wens Gerrit graag baie vreugde en seën in hierdie nuwe fase toe - Red.

E. NUUSBRIEWE EN PAMFLETTE1. LiG van Augustus is hierIn LiG van Augustus is nuus oor:

Tienpuntplan vir ’n in-die-wolke huwelik Khulu, Madiba, Tata, Mandela, en die vroue wat hom so

noem Verstaan jou vriende se (vreemde) kerk Raadop oor jou werkplek? 7 stappe om dit beter te maak Voorblad: Mandi en Schalk se storie van geloof Die beste melkkos resepte

En baie meer!

2. Kerkbode berig oor...Lees in Kerkbode van 19 Julie:

Predikantebyeenkoms ‘kan wondere verrig’ Kan geld álles koop? Ook geluk? NGO’s in ’n krisis – die kerk en die land se dilemma Tien vrae aan Cecile Cilliers Predikant sing Leonard Cohen in Afrikaans Teken in by [email protected] of 021 864 8252.

Page 6: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

3. Missie Japan NuusflitsIn hulle jongste nuusflitse skryf Stéphan van der Walt oor ’n seisoen van eerstes in ’n bedompige warm somer-seisoen in Japan. Daar is nuus oor ’n nuweling vir sendelingpaar Gys en Linda Olivier, oor die eerste treë by die maandelikse “Ouer Kafee” met Carina se heerlike gebak... en nuus oor Carina! Lees gerus onderaan meer...

4. En – nóg Nuus oor JapanTheo en Marlene Badenhorst, voorheen sendelinge in Japan, stuur inligting oor die kerk se betrokkenheid in Japan. “Dit is net God self wat ’n verskil in die Japanese se benadering tot die evangelie van Jesus Christus kan maak. Daarom is gebed seker die belangrikste wat Christene kan bydra tot die evangelisering van Japan.” ’n Gebedsprogram vir Japan en meer inligting is by NUUT op www.kaapkerk.co.za.

5. Nuut by CLFCLF se jongste pamflet Die Heidelbergse Kategismus - tot troos vir vele - handel oor die dokument – vanjaar 450 jaar oud – maar vir baie mense reg oor die wêreld vandag nog steeds nuut en vars – en tot ryke troos. Die pamflet is soos al CLF se pamflette, gratis maar in beperkte hoeveelhede beskikbaar. Bestel by [email protected] of skakel 021 873 6964. Oulike boekmerke vir kinders is ook beskikbaar in ’n pakkie van 10 vir R20: klik hier vir ’n voorbeeld.

6. Teo.co.za NuusbriefBy www.teo.co.za skryf Gerda de Villiers na aanleiding van Jeremia 20:7 oor geloof se paradoks en oor die mens se onvermoë om geloof netjies te verpak. Sy plaas ook Van Wyk Louw se gedig oor die profeet en dié se ontnugtering dat God nie woord met hom gehou het nie. In aansluiting hierby skryf Jurie le Roux oor hoop al lyk alles hopeloos. Hy sit ook die reeks oor die rasionele verwoording van geloof voort. Dit en baie meer in hierdie nuusdiens van die UP se Fakulteit Teologie.

F. FUNKSIES EN FEESTELIKHEDE1. NG Gemeente Sonnekus: Musiekaand Op 26 Julie om 19:00 vir 19:30 bied die Gloria Deo Musiekskool ’n aand van solo’s en duette deur verskeie jong en talentvolle kunstenaars soos Jody-Ann Matthee, Mechiel Boshoff, Enid-Marié Scholtz, Corlia en Elzaan Esterhuyse en Johann Smal, in Sonnekus se kerksaal (hoek van Park- en Cereslaan, Milnerton) aan. Die aand kos R60 pp, sop, brood en nagereg ingesluit. Kaartjies by die kerkkantoor tot 22 Julie. Kontak Handri by 021 552 2689 of [email protected].

2. Badisa Instituut vir Blindes help Grootseun 2 bemark!Die Instituut vir Blindes het die voorreg om die baie gewilde Grootseun 2 produksie namens die bekende komediant en regisseur Marion Holm te bemark.

Page 7: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

Enige organisasie wat hierdie produksie as ’n fondsinsameling aanbied, baat dus saam met die Instituut vir Blindes daarby! Gebruik gerus hierdie geleentheid om die siggestremde gemeenskap te ondersteun. Skakel Marietjie Rossouw (021 975 6805 of [email protected]) en meld asseblief dat u deur die Instituut vir Blindes verwys is.

G. VAKATURESVakatures op Kerkbode se webwerfHeelwat vakante poste oor die land heen is tans beskikbaar. Die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante is by www.kerkbode.co.za. Klik by Amptelik – Vakatures.

1. NG Gemeente Prieska: LeraarPrieska is ’n groter plattelandse gemeenskap in die Noord-Kaap. Die gemeentegrense beslaan ’n radius van ongeveer 150 km. Hierdie gemeente het tans ’n vakature vir ’n leraar. Belangstellendes moet voor 16 Augustus reageer – klik hier vir meer inligting.

2. NG Gemeente Vryburg-Noord: LeraarVryburg-Noord, geleë binne die Ring van Reivilo en Noord-Kaapland Sinodale gebied, bestaan uit dorps- en plaaslidmate. Hierdie gemeente nooi kwalifiserende leraars en proponente om voor 31 Julie aansoek te doen vir die vakature as leraar. Meer hieroor is onderaan.

3. Dutch Reformed Church in Zambia: LeraarDie Central Church Council of the Dutch Reformed Church in Zambia, Lusaka, versoek dat leraars wat belangstel om vir die pos van leraar in die gemeente aansoek te doen, asseblief die volledige advertensie en inligting wat met die aansoek gepaard gaan, sal aanvra by [email protected]. Belangstellendes moes asseblief so gou as moontlik reageer aangesien die verskuiwing na die buiteland altyd tydrowend is.

4. MES Kaapstad: Ondersteuning en Finansiële AdministrasieMES Kaapstad het ’n vakature vir die posisie van Hoof: Ondersteuning en Finansiële Administrasie. Hierdie persoon is onder meer verantwoordelik vir finansies, bates en logistiek, sowel as personeelaangeleenthede, algemene administrasie en bemarking. Let asseblief op die sluitingsdatum van 19 Julie! Onderaan is meer inligting.

5. Badisa Tygerberg: Maatskaplike WerkerBadisa is ʼn gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) en die VGKSA (Kaapland). Badisa Tygerberg se Parow-kantoor wag op aansoeke van toepaslik gekwalifiseerde persone vir ’n pos as maatskaplike werker. Aansoeke sluit op 26 Julie – klik hier vir meer inligting.

6. NG Gemeente Darling/Yzerfontein

Page 8: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

6.1 Skriba/KassierDie NG Gemeente Darling/Yzerfontein is ’n gemeente wat twee dorpe bedien. Aansoeke word voor 31 Julie ingewag vir die pos van skriba/kassier by hierdie gemeente. Aangeheg is meer inligting.

6.2 OrrelisteAansoeke word ook ingewag vir die pos van orreliste by Yzerfontein. Die sluitingsdatum hiervoor is 31 Julie en meer oor die pligte en bevoegdhede van die ideale kandidaat is onderaan.

Ten slotteHierdie VrydagNuus is oor-propvol nuus, inligting en aankondigings. Agter elkeen van hierdie brokkies se woordkeuse sit daar baie energie, dinkwerk, kreatiwiteit, verwagting en hoop opgesluit. As 'n mens dit kan sien as iets van God se beweging deur sy skepping, sy aanraking en krag wat tot uiting kom in 'n veelheid van goeie, hoopvolle, troosvolle, opwindende ervarings en emosie, dan kniel ons voor Hom dankbaar neer, aan wie die hele gemeenskap van gelowiges in die hemel en op die aarde sy bestaan te danke het – en bid dat Hy... (lees gerus Efesiërs 3:16 verder)

Vriendelike groete.

Ben du Toit

Sentrum vir Kommunikasie Privaatsak X8, Bellville, 7535 Tel: 021 957 7195 Faks: 021 957 7197 [email protected]

-------------------------------------------------------------

UIT DIE MODERATUURJulie 2013

Daar is ’n uitdrukking wat sê: “Waardes lek!” Dit is soos ’n emmer vol gaatjies. Die water loop stadig onder uit. As ons mekaar nie gedurig aan die waardes waarvoor ons staan, herinner nie, vergeet ons dit later. Dit is nog meer so wanneer ons waardes wil vestig. Verskoon daarom as die briefie ’n bietjie soos ou nuus klink, maar hier aan die begin van die tweede semester wil ons graag die fokusareas en waardes waarop die moderatuur, die Sinodale Koördineringspan (SKS) en diensgroepvoorsitters in Mei besluit het, bevestig.Ons herhaal dit kortliks (sien ook ons vorige skrywe).

Ons wil graag fokus op:Ons identiteit in Jesus ChristusOns getuienistaak aangaande Jesus Christus

Page 9: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

Armoede

Die volgende waardes en optredes is nou belangrik:Diensbaarheid en offervaardigheidInnovasie en kreatiwiteitToerustingKommunikasie en nogmaals goeie kommunikasie

Elkeen van bogenoemde het natuurlik ’n magdom moontlike implikasies en die vraag is hoe dit konkreet in ons gemeentes en sinodale strukture kan en moet uitspeel. Mag ons net een voorbeeld noem:Ons sal regtig baie dankbaar wees as almal hier aan die begin van die semester ’n oomblik stil word en dalk saam met kollegas (in ’n geloofsonderskeidende proses) die vraag vra oor wat so ’n bietjie vars en nuut (innovasie) gemaak moet word. Onthou dat ’n klomp klein kreatiewe aksies saam ’n groot verskil kan maak.

Die NGK Quo Vadis?’n Mens hoor dikwels die vraag of daar nog ’n toekoms vir die kerk is. Op ’n manier is dit natuurlik ’n vraag met baie voetangels. Van watter kerk praat ons as ons dit sê en is die blote vraag nie al ’n wantroue in die Een wat die Skepper en Instandhouer van die kerk oor eeue een was nie? Hier in die moderatuur wonder ons nooit regtig of daar ’n toekoms is nie, maar baie dae oor wat die aard van die kerk se toekoms is. Hoe lyk hierdie toekoms? Watter aanpassings moet gemaak word en wat is God se wil regtig in dié verband? Die tekste van belofte in Jesaja 40-48 is al menigmaal misbruik en buite konteks aangehaal, maar tog wil ons graag vashou daaraan dat God inderdaad vir die wat kyk, hoor en luister, sy toekoms bekend maak.

Mag ons saam afwagtend, met hoop en vertroue die tweede semester van 2013 ingaan. Daar is nog baie mooi stories wat geskryf moet word en jy en ek is geroep om deel daarvan te wees.

Groete in Christus.

Braam, Nelis, Melanie, Frik, Elize, René, Monty en Quintus

Terug na Hoofblad.

-------------------------------------------------------

VROUEBEDIENINGSINODALE EGPAREKAMP

Tema: Emosionele Intelligensie in die suksesvolle gesinAanbieder: Dr Pieter van Jaarsveld

Page 10: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

Datum: 18-20 Oktober 2013Waar: Bettysbaai Oord, BettysbaaiPrys: R1 100 per egpaar

EMOSIONELE INTELLIGENSIE IN DIE SUKSESVOLLE GESIN Emosionele Intelligensie (EI) bepaal nie alleen meer as 85% van die sukses van leiers nie, maar ook die geluk in jou daaglikse lewe! Negatiewe emosies affekteer die gesondheid van die mens: vyf minute van woede, angs, bekommernis het byvoorbeeld 'n ses uur lange effek op die liggaam se immuunsisteem. Dit lei tot lae energie vlakke, uitbranding, stres, hartkwale, kroniese pyn. Kroniese pyn kan die brein laat krimp! Navorsing wys ook dat 74-90% van siektes stresverwant is. EI is nie net nodig vir die gesonde welwese van die mens nie, maar ook vir die gesinslewe! Die goeie nuus is dat jy jou emosies kan beheer, nie alleen vir 'n gelukkiger lewe, maar ook vir ’n meer suksesvolle gesinslewe! Hierdie is nie ’n huweliksverrykingskursus nie, maar ’n naweekkamp om te sien hoe Emosionele Intelligensie my kan help om meer gelukkig te wees en ’n suksesvolle gesinslewe te geniet.

Skakel Esther by 021 808 9060 of [email protected] vir besprekings. Inskrywingsvorms is ook beskikbaar by NUUT op www.kaapkerk.co.za.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

COMMUNITASDERDE KWARTAAL 2013

1. Armoede en die uitdaging vir die kerk en sy gemeentes(Poverty and the challenge for the church and its congregations) Best practices, building networks and options for congregationsKonferensie vir gemeentes en Armoede en Sorg Jaarvergadering met verskeie sprekers21 Augustus – Helderberg

2. Om opnuut ‘ja’ te sê vir ons roeping en werkHelende gesprekke oor die bediening (word in die Suid-Kaap in Hartenbos aangebied)Aanbieders: Coenie Burger en Andrew EsterhuizenSuid-Kaap: Hartenbos20-22 Augustus

3. Geloofsformasie in dissipelskapbediening vir/in die lewe?

Page 11: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

27-29 AugustusAanbieders: Coenie Burger en Nico Simpson

4. Koinonia en geloofsvorming in gemeentesAanbieder: Nico Simpson17-19 September

5. Nuut gekyk na JesusMarius Nel17-19 September

Kontak Wilma Le Roux 021 808 3624 of [email protected] vir meer inligting en inskrywingsvorms.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

JAAP FURSTENBERG OORLEDE

Prof Jaap Furstenberg, voormalige rektor van die Hugenote-Kollege (HK), is op Woensdag 10 Julie in die ouderdom van 78 oorlede. Sy gesondheid het die afgelope tyd verswak.

Vir ’n MA in die filosofie aan die Universiteit Vrystaat, skryf Furstenberg ’n indrukwekkende verhandeling oor dr A Kuyper se wetenskapsleer en kosmologie. Daarna verwerf hy sy doktorsgraad met ’n proefskrif getiteld: Gesag en genade: Sentrale temas in GC Berkouwer se kritiese dialoog met die Rooms-Katolieke teologie.

Nadat prof Furstenberg in 1961 tot die bediening toegelaat is, was hy predikant in die NGKA gemeente Grahamstad, en daarna in twee NG gemeentes, Albanie en Burgerspark. In 1974 begin sy akademiese loopbaan as dosent in die dogmatiek by die Universiteit van Zoeloeland. Die gesin verhuis in 1976 na Wellington. Hier is Prof Furstenberg eers dosent, daarna viserektor en vanaf 1995 rektor van die Hugenote-Kollege. In 2000 emeriteer hy.

Na sy emeritaat het sy teologiese kennis en skerp taalvaardigheid nie onbenut gebly nie. Behalwe sy betrokkenheid by die proefskrifte en verhandelings van talle nagraadse studente, lewer hy onbaatsugtige diens as kursusopsteller, eksaminator en nasiener by die Hugenote Bybelinstituut, ’n divisie van Bybel-Media. Hy speel ook ’n reuserol in die ontwikkeling van talle Studiebybels by die Christelike uitgewer, Lux Verbi.BM.

’n Dankdiens is op 13 Julie in die NG Moedergemeente op Wellington gehou. Die diens is gelei deur prof Jaap Durand, sy naam- en vakgenoot wat al van skooldae

Page 12: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

af met hom saamkom. ’n Oud-HK-kollega, dr Christo Thesnaar, het ’n huldeblyk gelewer.

Prof Jaap laat sy jarelange spanmaat, Dot, agter, asook drie kinders, Lizette, Ludwig en Dorylee, en drie kleinkinders, Herman, Pieter-Willem en Eden Grace.

– Lambert Jacobs

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

VERINHEEMSING VAN BOESMANGEMEENTES MAAK ’N REUSE SPRONG VORENTOE

Toe die agt Boesman-kandidate op Sondag 30 Junie 2013 tydens die oggend erediens op Grootfontein toegelaat is tot die bediening, het dit die kroon gespan op jare se werk en droom!

Vir meer as twee dekades reeds het dit duidelik geword dat die bediening aan die Boesmans beter sal tuiskom indien die voorgangers self Boesmans kan wees.

“Toe ek begin het as gemeente-predikant in Tsumkwe was dit my droom dat die ouens hulle bediening self kan hanteer,” vertel Hendrik van Zyl. Hy is reeds sedert 1998 predikant daar. “Van toe af al is met opleiding begin en het die Here die pad al groter oopgemaak,” sê Hendrik. “Hy het my uiteindelik oortuig om die mense te vertrou dat hulle wel dit sal kan doen.”

Ds Herman Oosthuizen het vir die tien laaste jaar van sy bediening onder die Boesmans gewerk voor hy in 2010 afgetree het. “Ten spyte daarvan dat mens die droom gedeel het dat hierdie mense hulle eie mense sal kan bedien, was die vraag: wanneer?” sê Herman. Dat hy self dit nog kan beleef is vir hom ’n groot genade. “Hulle kan hulle eie mense, in hul eie taal, met hul eie belewenisse en eie emosionele verstaan van die Woord begelei, wat ons nie altyd reg kon interpreteer nie.”

Nog iemand wat reeds afgetree is maar wie se pad oor 21 jaar saam met hierdie bediening kom, is ds Gert Olivier. Hy was voorheen predikant van Oostersee, een van die Boesmanbediening se vennootgemeentes in die Kaap. “Hierdie is een van grootste oomblikke van my bediening,” juig Gert. Hy was daar in 1992 toe ds Jaco Rossouw bevestig is op Luhebu-Noord en was veral by kinder-evangelisasie betrokke. “Dis vir my die kersie op koek dat Jafet, wat in Omatako dien, vandag gelegitimeer is,” sê Gert. “Ek het voorreg gehad om in 1996 betrokke te wees by sy aanneem van die Here en het hom sien groei in statuur en werklike man van

Page 13: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

die Here.” G’n wonder nie dat Gert sommer aangedaan raak wanneer hy oor hierdie dinge gesels!

“Wat vandag hier gebeur, is vir ons ’n sterk rigtingwyser vir die pad vorentoe!” Só reken mnr Low Botma van die gemeente Stellenberg. Hulle is ook reeds oor dekades heen as vennote by die Boesmanbediening betrokke. “Vandag is ’n hoogtepunt, ’n geskiedkundige oomblik in die kerk se bestaan,” reken Low. “Die Here stap ’n pad met die eerste nasie van Suider-Afrika wat vir ons as groter kerk ’n behoefte aanspreek waarmee ons toenemend te make kry. Dit is die onvolhoubaarheid van die huidige bestel. Dit is vir ons ’n sterk rigtingwyser vir die pad vorentoe.” Low sê die kerk mag nie die groot opdrag om dissipels te maak versaak deur te sê ekonomiese omstandighede verhoed ons nie. “Ons moet wysheid vra om alternatiewe te vind om steeds gehoorsaam te bly aan die opdrag,” sê hy. Hy sien dit wat in Degnos gebeur as ’n beduidende rigtingwyser.

Vennootgemeentes uit die Vrystaat het ook die heuglike geleentheid bygewoon. Onder hulle was ds Anton Meiring van die Woodland Hills NG Gemeenskapkerk in Bloemfontein.

Die Namibiese Kuratorium het die nodige onderhandelinge met beide die Algemene Kuratorium en die Algemene Sinode se Taakspan vir Regte gevoer om die legitimasie moontlik te maak.

Die agt proponente is toegelaat met ’n gekwalifiseerde legitimasie as gemeentebegeleiers in Boesman-gemeentes. Hulle het oor vyf jaar ’n sertifikaat-kursus voltooi wat by die Universiteit van Pretoria geakkrediteer is. Vakke sluit in prediking, jeugwerk, gemeentebou en eksegese.

*Feldmuis wonder of die 9 predikante en 8 proponente wat Sondagoggend in Grootfontein se erediens teenwoordig was nie dalk ’n rekord is wat nooit gebreek sal word nie?

(Met dank oorgeneem uit 3 Julie se Feldmuis, Namibië se sinodale nuusbrief)

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

STELLENBOSCH GESPREKSGROEPONS GODSDIENS EN DIE WETENSKAPPE

PROGRAM TWEEDE SEMESTER 2013

6 Augustus “Weerlig tref nie altyd die hoogste punt nie…”

Page 14: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

- Dr Koos Holtzhauzen, Emeritus, Elektriese Ingenieurswese, US

20 Augustus “Die Ou Persiese Ryk en die Bybel: Kroniek van ’n onlangse besoek aan Iran”

- Prof Louis Jonker, Fakulteit Teologie, US

3 September “DNA is not destiny" – Epigentika herskryf die reëls van siekte, voorkoms en oorerwing.”

- Prof Johan Burger, Dept Genetika, US

17 September “Gravitasiekolke en golwe”

- Dr Jeandrew Brink, NITheP

8 Oktober “Godsdienstige leierskap en sosiale transformasie in Afrika”

- Prof Ian Nell, Praktiese Teologie, US

22 Oktober “Nuwe horisonne vir teologiese samewerking in Afrika – die NETACT-verhaal”

- Prof Jurgens Hendriks, Praktiese Teologie, US

5 November “Is vetsug ’n mediese of ’n politieke probleem of albei?”

- Dr Jurie van den Heever, Emeritus, Paleontologie, US

19 November “Augustinus: die groot kerkvader uit Afrika se implikasies vir vandag”

- Dr Annemaré Kotze, Antieke Studie, US

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

BYBELSKOOL VIR DERDE KWARTAAL 2013

Ons lees hierdie kwartaal die boeke Daniël, Ester, Esra en Nehemia. Die eerste bydrae begin op 18 Julie by www.bybelskool.com. Registreer op die voorblad om dit per e-pos te ontvang. Hier is ’n sinopsis:

• Daniël wys 'n mens hoe om in 'n verleidelike wêreld standvastig en getrou aan God te bly. Asook hoe God werk deur só 'n lojale dienskneg om sy wil vir sy

Page 15: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

volk en die wêreld deur te voer. Ons gaan ook diep nadink oor hoe ons God se wil vir die lewe kan onderskei.

o Bydraes: 18 tot 31 Julie.• Ester wys jou hoe jy in 'n verraderlike wêreld met 'n wispelturige koning, nie net self aan die lewe kan bly nie, maar ook die veiligheid van jou mense in die vreemde kan bewerk. Al wy Ester nie oor God as sodanig uit nie, sien ’n mens oral sy teenwoordigheid in sy voorsienings.

o Bydraes: 1 tot 7 Augustus. • Esra en Nehemia weer wys hoe jy te werk gaan om 'n geloofsgemeenskap op te bou. Ná die Kronis in 1 en 2 Kronieke sy waarderende blik op die verlede gegooi het om daaruit dinge te neem wat identiteitsvormend is, vertel hy in Esra-Nehemia verder van die drie leiers ná die ballingskap, naamlik Serubbabel, Esra, en Nehemia wat 1) die verhouding met God herstel deur die bou van die tempel en die herstel van die liturgiese omgang met God, 2) die fokus op die regte en reflekterende lees van die Bybel plaas sodat dit die hele lewe kan deursuur, en 3) op die herstel van die muur van Jerusalem fokus sodat die geloofsgemeenskap kan gedy in 'n veilige ruimte waarin lewe kan floreer. Dit gee vir ons prentjies van hoe ons met God kan saamwerk in ons eie tyd wat uiters inspirerend is.

o Bydraes oor Esra: 8 tot 21 Augustus.

o Bydraes oor Nehemia: 22

Augustus tot 4 September.

Almal welkom! Chris van Wyk

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE DURBANVILLEGODSDIENS EN PSIGIATRIE

Hoe raak dit jou geloof as jy lei aan angs of depressie? Watter effek het obsessiewe gedagtes of kompulsiewe gedrag op jou geloofslewe? Wat word van ’n mens se godsdiens as jy ly aan dementia of Alzheimer’s? Wat moet jy maak as jou medikasie of siekte veroorsaak dat jy nie meer kan bid nie? Kan jou geloof jou help om hierdie dinge beter te hanteer?

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid is die onderwerp van ’n reeks aanddienste aangebied deur die pastorale sielkundige,

Page 16: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

dr Deon Bruwer. Dit vind plaas op Sondag 4, 11, 18 en 25 Augustus, om 19:00 in die NG Gemeente Durbanville, op die hoek van Kerkstraat en Weyerslaan.

Dr Deon Bruwer is ’n predikant en ’n ervare berader, met grondige kennis en opleiding in sielkunde en psigiatrie. Deur die reeks sal hy meer lig werp op die effek wat ’n mens se geestesgesondheid op jou geloofslewe het. Hy sal ook wys hoe jou geloof ’n negatiewe invloed op jou geestesgesondheid kan hê, indien jou geloof siek word, sowel as hoe geloof ’n positiewe impak kan maak op jou geestesgesondheid, as jou geloof gesond is.

Die temas van die vier aande is as volg:

4 Augustus: Wat is geestesgesondheid? Wat is geloof?

11 Augustus: As ek siek word...

18 Augustus: As geloof siek word...

25 Augustus: Geloof is goed vir jou!

Almal is welkom. Vir meer inligting, kontak die kerkkantoor by 021 975 6370.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE LA ROCHELLEEKERK LEARNING COMMUNITY

Ekerk bied hierdie opwindende leer geleentheid spesifiek vir enige leraars en gemeentebestuurders, asook enige besigheids- of bedieningsleiers wat met of in spanne funksioneer, aan.

Hierdie geleentheid verteenwoordig 5 VBO-punte.

Meer oor die dag:Waar: NGK La Rochelle (H/v Meerlust- en Hadleystr), Bellville, KaapstadWanneer: 15 Augustus 2013. Tyd: 09:00-16:30. Tema: Nuut gedink oor menswees vanuit die Bybel.Koste: R350 pp

Sprekers vir die dag:Stephan Joubert (Ekerk , outeur, spreker)Mynhardt van Pletsen (Ekerk , bemarking, kommunikasie)

Page 17: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

Kontak vir [email protected] om meer uit te vind. Kry die registrasievorm met al die logistieke inligting van die dag by http://form.jotformpro.com/form/31602525419954.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

MISSIE JAPAN NUUSFLITS11 Julie 2013

Beste vriende

Aangebreek: ’n seisoen van eerstes … een wat ons 5m by 4m tuintjie se tamaties stuk-stuk in rooi getooi, en die enkele krismisroos in pers laat pronk het. Een wat gebring het: uitmergelende, bedompige warm dae (en nagte!) wat ons teen 9 uur in die oggend ‘n tweede stel klere laat wil aantrek. Ja, die somer-seisoen is hier … rys is oral in die buurte om ons geplant en aan die groei, en vriende het die eerste ryp lukwarte aangedra.

En in die afgelope twee maande het daar nog ‘n paar eerstes gebeur …

Ds Akira Tateishi (predikant van RCJ Sendai-Oos gemeente, direkteur van die Sakura House Response Center in Matsushima-Oos rampgebied) is aan die woord: Vandag het ’n graad twee dogtertjie vir die eerste keer na Sakura House gekom saam met haar ouma. Die klein meisietjie se ma is oorlede in die tsoenami, en haar pa het haar (sy dogter) wees gelaat en aan die sorg van haar ouma oorgegee. Watter verskriklike letsels moet sy nie ronddra nadat sy haar ma verloor en deur haar pa verlaat is nie! En watter diep letsels het die pa nie … hy wat sy vrou verloor en gedring gevoel het om sy lewe te leef sonder sy kind! Ek het vandag weer ’n skrefie gesien van die getraumatiseerde harte van die ramp oorlewendes. Die klein dogtertjie (haar naam is Kasumi) sal van volgende week af (eerste week van Junie) begin om die Reënboog speel en studeer groep by te woon. Die ouma sê: “Ek wens so dat sy weer sal glimlag soos sy altyd gedoen het”… Die Here Jesus het hulle gestuur om ons vandag te ontmoet. Dis is my begeerte om alles te doen wat ek moontlik kan vir die familie en om hulle lief te hê met die liefde van Christus. Hou asb. aan bid.

Op ’n heel ander noot: Gys en Linda (Olivier) se eersteling het haar eerste lig gesien. Sy heet Linie en is gesond en aan die groei.

Eerste gesprekke is in ons gemeente (RCJ Tokushima) gevoer oor die moontlike uitbouing van die bestaande kerkgebou … in die eerste plek omdat Happy Kids soveel groei toon dat daar nie meer plek is om almal elke Sondag te

Page 18: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

akkommodeer nie. Hierdie is ’n gewigtige gesprek vir ’n gemeente met net meer as 20 amptelike lidmate om te voer … wat ’n totale nuwe bedieningsvisie en struktuur te weeg kan bring indien dit alles realiseer (moontlik in die volgende paar jaar). Die gemeente het ook vir die eerste keer ’n volwaardige gospel konsert gehou, met ’n baie begaafde groep musikante van Finland. Hulle is deel van die Evangelies Lutherse Kerk en het regtig ’n geloofwaardige getuienis gebring, met balans en impak.Verder het Carina groot inisiatief geneem met die bak van ’n hele klompie koeke as deel van die eerste treë wat ons probeer gee om ouers van kleuters te ondersteun d.m.v. ons maandelikse “Ouer Kafee”, wat fokus op informele gesprekke oor uitdagings rondom ouerskap.

Stéphan het vir die eerste keer lesings oor pastorale sorg in Japannees bygewoon. Dit was by die Reformed Church of Japan (RCJ) se Kweekskool in Kobe, en ook by die Kobe Theological Hall (Reformed Presbyterian Church). Die moontlikheid bestaan dat ek van 2014 af deeltyds by onderrig geleenthede daar betrokke kan raak. Ek het ook vir die eerste keer die geleentheid gehad om vir die predikante van Noord-Shikoku ’n seminaar in Japannees aan te bied oor die boek van Peter Scazzero, Emotionally Healthy Church.

Daar was ook tyd vir eerste somerpret vir die kinders, Annlie wat ’n eerste maal gras leer sny het (ja dit is regtig ons grassnyer en nie ‘n speelding nie), en ’n eerste geleentheid wat ons as ouers gehad het om Annlie en Cornelius se kleuterskool opvoering en meer by te woon…

Missie Japan is onlangs vir die eerste keer goedgekeur as deel van van GivenGain, ’n organisasie wat een-kliek (belasting-aftrekbare) kredietkaart bydraes moontlik maak. Hierdie opsie kan dalk juis vir buitelandse ondersteuners gerieflik en toepaslik wees. As jy meer wil weet, besoek dit gerus by http://missionjapan.givengain.org

Terloops: Dis vandag presies 5 jaar sedert ek vir die eerste keer my roepingsverhaal onder woorde gebring het. Daar het intussen baie water in die see geloop nadat ons bietjie meer as vier jaar gelede in Tokushima gevestig het … sedertdien vertel die 113 inskrywings op die Missie Japan blog die verhaal – http://www.missiejapan.co.za/

Laastens: vir die eerste keer in ’n lang tyd het ons ’n gesinsfoto geneem ... só lyk ons nou ... maar wat jy dalk nie met die eerste oogopslag sal sien nie, is dat Carina ook ’n vierdeling (let wel: nie vierling nie) verwag ... DV middel November!

GebedsversoekeDank asb. saam met ons die Here vir sy genade in:• Die groei wat Happy Kids beleef het tot dusver. • Die eerste gesprekke oor die moontlikhede rondom die verruiming van ons kerkgebou. Ons het duidelike leiding van die Heilige Gees hieroor nodig.

Page 19: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

• RCJ Shimizu se nuwe kerk gebou wat baie goed vorder en DV teen September voltooi sal wees. Sien http://www.missiejapan.co.za/bedieningsfokus/minder-is-meer-gebedsflits-24-april-2013/ • Die inwyding van RCJ Yamada gemeente onder leiding van Ds Makita, gerespekteerde en invloedryke leier in die Ring van Shikoku.

RCJ Yamada (in Kochi)Vra asb. saam met ons die Here vir Sy volgehoue sorg, leiding en seen in:• Ons volgende “Ouer-Kafee” wat Vrydag 26 Julie weer plaasvind. Tot dusver was daar nog nie ’n groot opkoms nie. Bid asb. saam dat die groep sal groei.• Saterdag 20 Julie se interkerklike “Kingdom Kids for Christ” byeenkoms waarna veral baie nie-Christen kinders genooi is (as deel van ’n waterspeletjie-dag) - https://www.facebook.com/photo.php?fbid=10152023263564348&l=81176a5754 • Sondag 21 Julie waar Stéphan weer ’n aanbieding doen oor die boek “Emotionally Healthy Church” (in Japannees), by RCJ Tokushima.• Sondag 28 Julie se “English Fellowship Time” waar Stéphan preek (in Engels).• Dinsdag 30 Julie tot Donderdag 1 Augustus se kamp vir Shikoku-eiland se kinders (meestal van RCJ gemeentes afkomstig), waar Stéphan aanbiedings moet doen, en ons as gesin ook gaan deelneem.• Gys en Linda wat nog hulle voete vind as nuwe ouers van Linie.• Carina se swangerskap wat te midde van erge hitte regtig veeleisend is.• Annlie en Cornelius se laaste twee weke van kleuterskool vir die kwartaal. Dit vat baie energie om heeltyd in Japannees te kommunikeer en aan te pas as enigste nie-Japannese kinders.Baie dankie vir jou ondersteuning en betrokkenheid!

VredeStéphan, Carina, Annlie, Cornelius en Lodewykwww.missiejapan.co.za

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE PRIESKAVAKATURE: LERAAR

Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die pos van Bedienaar van die Woord.

GEMEENTEPROFIEL:

Page 20: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

Prieska is ’n groter plattelandse gemeenskap in die Noord-Kaap. Die gemeente bestaan uit 3 eredienspunte; waarvan twee, te wete Marydale sowat 75 km en Niekerkshoop sowat 55 km vanaf Prieska geleë is. Die gemeentegrense beslaan ’n radius van ongeveer 150km. Die gemeente word bedien deur twee leraars.

KANDIDAAT:Die kerkraad het besluit om nie 'n vereiste te stel ten opsigte van die kandidaat se diensjare en ondervinding nie, maar sal alle aansoeke oorweeg. Van die kandidaat sal verwag word om die gemeente te bedien in alle fasette van die gemeentewerk soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde. Die volgende vereistes is van besondere belang vir die kerkraad:• 'n Passie vir die bediening van die Woord in alle fasette van die gemeentewerk.• Entoesiasme vir die opbou van die gemeente deur persoonlike kontak met lidmate, pastoraat en huisbesoek.• Moet in spanverband en onafhanklik kan funksioneer• Uitbreiding van Gawe bediening• Moet rekenaarvaardig wees

VERGOEDING:Die vergoedingspakket is onderhandelbaar met die Sinodale skaal en ander voordele en riglyne as basis.

AANSOEKE:• Alle aansoeke moet vergesel word van 'n volledige CV, sowel as die name van minstens 4 referente met kontakbesonderhede.• Daar kan van die kandidaat verwag word psigometriese toetse af te lê • SLUITINGSDATUM vir aansoeke: 16 Augustus 2013.• Kandidate moet beskikbaar wees vir 'n onderhoud en preekbeurt indien daartoe versoek.

STUUR AANSOEKE AAN:Die Voorsitter Pre-Advies Komitee: Me Carin CoetzeeTel: 053 354 0733 of sel: 083 283 5319E-pos: [email protected]

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE VRYBURG–NOORDVAKATURE: LERAAR

In biddende afhanklikheid maak die kerkraad hierdie vakature bekend en nooi belangstellende kwalifiserende leraars en proponente uit om aansoek te doen.

Page 21: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

GemeenteprofielDie gemeente, geleë binne die Ring van Reivilo en Noord-Kaapland Sinodale gebied, bestaan uit dorps- en plaaslidmate wat bejaardes, jonger lidmate en kinders insluit. Die totale lidmaatskap is 450 belydende lidmate en 110 dooplidmate. Die gemeente bestaan uit 19 dorpswyke en vier plaaswyke.

Leraarsprofiel• Die leraar moet alle aspekte van gemeentebediening hanteer soos uiteengesit in Art.9 van die Kerkorde en deur die kerkraad bepaal en in die diensooreenkoms omskryf.• Goeie pastorale leierskap en menseverhoudings.

VergoedingspakketVolgens Algemene Sinodale riglyne wat betref traktement en reiskoste.Pastorie is beskikbaar. Die finale diensooreenkoms is onderhandelbaar.

Aansoeke’n Opsommende CV van hoogstens drie bladsye wat die kontakbesonderhede van drie referente bevat, kan per faks, e-pos of pos aangestuur word of by die kerkkantoor afgegee word.Per pos: Die Skriba, Posbus 1671 Vryburg 8600Per e-pos: [email protected] Per faks: 053 927 3057Kandidate moet vir ’n onderhoud en preekbeurt beskikbaar wees.Sluitingsdatum: 31 Julie 2013Diensaanvaarding: Soos onderling onderhandel

Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te doen nie.

NavraeRoelf Swanepoel 083 310 9241 (Voorsitter Diensverhoudinge)Jonie Fourie 082 378 9560 (Onderleier ouderling)Marié Odendaal 053 927 3057 (Skriba) k/u Maandae-Vrydae 09:00–13:00

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

MES CAPE TOWNSUPPORT HEAD/FINANCE ADMINISTRATOR

JOB PROFILE

Job Title: Support Head

Page 22: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

Reporting to: Branch Manager Place of Work: MES Cape Town

Job Purpose:Ensure that the all finances, assets and logistics as well as HR and general admin and marketing activities are implemented. Reporting on all financial matters to all relevant stakeholders on a regular basis.

Job specifications:• Be innovative in his/her field of work. • Be effective in leading people and team building.• Be able to work independently.• Be flexible regarding working hours.• Be a dedicated and committed person.• Must be able work under pressure.• Must have knowledge or experience regarding financial management.

Requirements:• Must have acquired an accounting degree or similar qualification or at least 5 years’ experience • Must have a driver’s license • Must be highly computer proficient• Experience in accounting software preferable QuickBooks is a requirement• Must have good administrative skills.• Must have organizing and presentation skills.• 2 years’ experience in a management position will be a recommendation.• Ability to plan strategically will be an advantage.

Job Description:

1. Financial• Ensure that filing of all financial records such as bank statements, cheque requests, creditors etc. is kept according to the MES policy.• Ensure that ( the issuing of) payments and obtaining the necessary approvals is done according to the MES policy.• Ensure that the revenue cycle is done according to the MES financial policy including the issuing of invoices, receipts and banking.• Take full control of the accounting system (QuickBooks) insuring that data capturing, bank reconciliations, issuing of receipts and invoices is timorously completed.• Ensure that invoicing analysis and working out of management accounts is timorously complete• Handle communication with financial service providers viz, the bank, QuickBooks, auditors etc.• Provide a monthly financial report to Programme Managers, Exco and Directors.• Draw up an annual budget and ensure programmes are kept to budget control measures.

Page 23: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

2. Administration & HR• Ensure all personnel staff files is up to date• Ensure that staff complete and sign leave forms.• Completion of staff leave audit• Ensure that appropriate arrangements are made for the workloads of staff on leave to be allocated to identified individuals/temporary staff. • Ensure that staff is performing their work efficiently and are happy in their jobs. • Hand in a monthly report to Branch Manager.• Ensure all filing of office is done.• Take minutes of all meetings

3. Logistics • Ensure that vehicle logbooks are completed correctly• Ensure that vehicle licenses is received timeously• Ensure that vehicles are kept in good condition• Ensure storeroom control

4. Other Functions• Assist with the arranging of MES functions and meetings.• Manage the donor database• Regular contact with donors with appreciation letters, newsletters, etc.• Assist with funding proposals

NB: As the organization develops and new needs arise other duties could be renegotiated with the employee.

Interested parties can send their CV’s to [email protected] by latest Friday 19 July 2013.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

BADISA TYGERBERG (PAROW KANTOOR)MAATSKAPLIKE WERKER

Badisa is ʼn gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) en die VGKSA (Kaapland). Badisa Tygerberg se Parow-kantoor wag op aansoeke van toepaslik gekwalifiseerde persone vir die volgende pos:

MAATSKAPLIKE WERKER Aansoeke vir bogenoemde pos word tans ingewag van persone wat beskik oor:• ʼn Diploma of graad in Maatskaplike Werk.• Registrasie by die Raad op Maatskaplike Diensberoepe

Page 24: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

• Kennis met betrekking tot kinder- en gesinsorg• Kennis met betrekking tot statutêr prosedures ten opsigte van die Wet op Kindersorg• Kennis en vaardigheid in al drie die metodes van Maatskaplike Werk• Rekenaarvaardigheid• ʼn Geldige rybewys (ten minste kode B)

Vergoeding behels ʼn mededingende salaris, ʼn 13de tjek, mediese en pensioenvoordele (ten opsigte van permanente pos), asook ruim verlofvoordele.

Om aansoek te doen, rig ʼn volledige CV aan me Fransie Wolstenholme by [email protected] As alternatief, kan u aansoek gepos word na:Posbus 65, Parow, 7500 of gefaks word na 086 671 9071

Diensaanvaarding: 1 Augustus 2013Sluitingsdatum: 12:00 op Vrydag 26 Julie 2013

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE DARLING/YZERFONTEINSKRIBA/KASSIER

Aansoeke word ingewag vir die pos van skriba/kassier by bovermelde gemeente.

Die NG Gemeente Darling/Yzerfontein is ’n gemeente wat twee dorpe bedien.

Pligte: Die byhou van rekeningkundige rekords wat insluit die hantering van alle ontvangste en uitgawes, finansiële state, bestuurstate en uitbetalings van salarisse. Kennis van Pastel Accounting en Pastel Payroll is noodsaaklik vir die beste finansiële praktyke.

Die suksesvolle kandidaat sal ook verantwoordelik wees vir data-, admin-, kommunikasie-, telefoon- en algemene bestuursfunksies en die opstel van die jaarlikse kerkprogram, asook die hantering van sakelyste en notules en bywoning van kerkraads-, dagbestuur- en finansiële vergaderings na-ure.

Toepaslike opleiding, ervaring en vaardigheid word vereis vir noukeurige tikwerk. Ondervinding in MS Word 2010, Pastel Accounting en Pastel Payroll, Winkerk 7 en Organiser programme sal ’n sterk aanbeveling wees. Kundigheid en ervaring van ’n kerkkantoor sal ’n voordeel wees.

Page 25: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

Daar word ook vereis dat die suksesvolle kandidaat twee dae ’n week in Yzerfontein en drie dae in Darling sal werk. Geen brandstofvergoeding word betaal nie.

Die suksesvolle kandidaat moet ’n meelewende lid van die NG Kerk en ’n toegewyde Christen wees, goeie menseverhoudinge handhaaf en in vrede en samehorigheid met alle kerkpersoneel saamwerk.

Die reg word voorbehou om nie ’n aanstelling te maak nie.

Rig u CV met die name van twee referente aan:Die VoorsitterDiensverhoudingskommissieNG Kerk Darling/YzerfonteinPosbus 53DARLING7345

E-pos: [email protected] Faks: 022 492 2513

Navrae: Lauraine Swanepoel by 022 492 2513

Sluitingsdatum: 31 Julie 2013.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE DARLING/YZERFONTEINORRELISTE: YZERFONTEIN

Aansoeke word ingewag vir die pos van orreliste by Yzerfontein.

Pligte:Klavier-begeleiding voor en tydens eredienste.Verantwoordelik vir leiding van die voorsang by eredienste asook die Kerssangdiens en Pinksterdienste.Koorafrigting sal ’n sterk aanbeveling wees.

Die ideale kandidaat sal oor die volgende bevoegdhede beskik:• ’n Passie en roeping vir gemeentelike musiek en sang.• ’n Veelsydige musiekleier wees wat leiding neem in klavierbegeleiding.• Toepaslike ervaring en kwalifikasies sal ’n sterk aanbeveling wees.

Page 26: €¦  · Web viewHier is ’n herinnering aan die kursusse wat in die derde kwartaal deur Communitas aangebied word. ... ds Anton en Elmari Roux ... daar nog ‘n paar ...

Die suksesvolle kandidaat moet ’n meelewende lid van die NG Kerk en ’n toegewyde Christen wees.

Die reg word voorbehou om nie ’n aanstelling te maak nie.

Rig u CV en die name van twee referente aan:Die VoorsitterDiensverhoudingskommissiePosbus 53DARLING7345

E-pos: [email protected] Faks: 022 492 2513

Navrae: Mariet Richter by 022 451 2467

Sluitingsdatum: 31 Julie 2013.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------