Post on 03-Jun-2021
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
1 Kopiereg voorbehou@
Onderwerp 6: Trans-Atlantiese slawehandel
Eenheid 2: Slawerny in die Suide van Amerika
plantasie ‘n groot plaas vir die verbouing van gewasse soos suikerriet, rys, tabak en katoen
trans-atlantiese oor die Atlantiese Oseaan
mond-toe-stop om 'n stuk lap (of iets) in 'n mens se mond te druk sodat hy/sy nie kan praat nie
brandmerk merk op die vel brand
grondstowwe onverwerkte materiale in hul natuurlike toestand voordat dit verwerk word vir gebruik deur die mens
Soorte plantasies
In die vroeë 1500’s het Brittanje ‘n aantal kolonies in Noord-Amerika gevestig.
Hierdie kolonies het die oorspronlike state van die VSA en die vroeë
provinsies van Kanada geword.
Die eerste slawe uit Afrika is in die 1600’s na Amerika se kolonies geneem.
Hulle het slawe nodig gehad om op die plantasies in die Suide van Amerika te
werk, aangesien hulle baie tabak, suiker, rys, katoen en ander gewasse daar
verbou het.
Slawe is in die binneland gevang en na die kus
gedwing
Met hul aankoms by die kus is slawe met gloeiende
brandysters gemerk
Uitleg van 'n slaweskip. Mense is saamgebondel
en wreedaardig behandel. Baie het dit nie oorleef
nie.
Met hul aankoms in Amerika is slawe aan die hoogste bieër verkoop.
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
2 Kopiereg voorbehou@
Tabak Tabak – die eerste gewas wat op plantasies in Amerikaanse kolonies verbou is.
Britse koloniste het aanvanklik bediendes van Engeland gebring.
Teen die 1600’s was daar baie min bediendes – hul het begin slawe uit Afrika invoer.
Het slegs twintig of dertig slawe vereis.
Suikerriet Suikerriet – oorspronklik 750 jaar in Meditereense lande in Europa verbou voordat plantasies in Brasilië en die Karibiese eilande begin is.
Later in Suide van Amerika. Slawe is op plantasies gebruik.
Rys Het ten minste 30 slawe per plantasie vereis. Het meer geld verdien omdat rys makliker is om te
verbou. Landerye – waarop rys verbou is – ongesond vir
slawe – land was nat en grond moerasagtig en besmet met siektes.
Katoen Daar was ‘n groot aanvraag vir katoen in Europa en elders.
Uitvinding van katoenpluismeul, ‘n masjien wat groot hoeveelhede katoenvesels in ‘n kort tydjie kon skoonmaak.
Virginië, Alabama, Mississippi, Louisiana en Texas – groot katoenplase gehad.
Slawe-opsigter was dikwels wreed.
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
3 Kopiereg voorbehou@
Redes vir die gebruik van slawe-arbeid
In die 1600’s was die land wat ons as die Verenigde State van Amerika ken in
Noord en Suid verdeel.
Die mense in die Suide het groot plantasies gehad en het daarom baie meer
arbeiders as die mense in die Noorde nodig gehad.
Blanke Amerikaners in die Suide besit slawe, anders as dié in die Noorde.
Later sou die Noorde betrokke raak in 'n burgeroorlog met die Suide hieroor.
Hoe meer gewasse geproduseer is, hoe meer geld het die eienaar van die
plantasie ontvang.
Plantasie-eienaars het werkers wat geen aanspraak gehad het op enige deel
van die gewasse nie, verkies.
Slawe-arbeid was aantreklik, omdat gewone arbeiders grond kon eis.
Eienaars het die mag gehad om die slawe te behandel net soos wat hul wil.
Eienaars het slawe misbruik en mishandel.
Koring, varke en ander soorte voedsel is aan slawe voorsien.
Slawe het gesterf weens te veel harde werk en wrede behandeling.
Hoe slawe gevange geneem, verkoop en vervoer is van Wes-Afrika
Europese setlaars in Amerika het groot getalle mense nodig gehad om op hul
massiewe plase, wat plantasies genoem is, te werk.
Slawehandel het van die handelsroetes wat in die Atlantiese Oseaan
ontwikkel het, gebruik gemaak.
Slawehandelaars was gewoonlik invloedryke mans wat huishoudelike slawe
vir goedere sou verruil.
Slawe is soos diere gejag en teen hul wil deur Europese handelaars gevang.
Mense van Wes-Afrika het van slawehandelaars geweet en sommige van hul
het probeer keer dat hul gevang word:
Hulself te vermink
Grond te eet
Hulself te vergiftig
Selfmoord te pleeg.
Dit was moeilik om ‘n groep gewapende, georganiseerde mans vry te spring.
Trans-Atlantiese slawehandel het uit die vang van ten minste 14 miljoen
mense uit Afrika bestaan, wat teen hul wil na ander dele van die wêreld
gestuur is om gedwonge arbeid te verrig.
Trans-Atlantiese slawehandel begin in 1619.
Die wet wat slawerny in die VSA beeїndig het, het in 1865 in werking getree.
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
4 Kopiereg voorbehou@
Slawemarkte
Wanneer skepe met slawe uit Afrika na Amerika aangekom het:
Daar was groot opwinding onder die plantasie-eienaars.
Slawe was ‘n vorm van goedkoop arbeid.
Slawe sou eiendom van plantasie-eienaars word.
Slawe is rondgemarsjeer, geїnspekteer, opgeveil of aan die hoogste
bieër verkoop.
Daar was geen reël wat gesê het gesinne moes as ‘n groep verkoop
word nie: mans, vrouens en kinders is soms geskei.
Mense is verkoop soos diere of goedere.
Hulle is gebrandmerk as bewys dat hul aan die nuwe eienaar behoort.
Getalle slawe wat na Amerika geneem is
1650-1700 1700-1750 1750-1800 1800-1850 1850-1900 Totaal
Benin 246 800 708 200 515 000 520 300 25 900 2 016 200
Goudkus 85 800 374 100 507 100 68 600 - 1 035 600
Biafra 108 900 205 200 695 900 446 400 7 300 1 463 700
Wes-Sentraal Afrika
? 806 400 1 525 400 1458 200 155 000 3 945 000
Totaal (ook uit ander streke)
497 500 2 261 600 3 828 100 3 186 800 231 700 10 005
700
Wat het van die grondstowwe geword wat slawe geproduseer het?
Die Suide van Amerika het baie by die gebruik van slawe gebaat.
Plantasie-eienaars het in die Suide van Amerika:
Hul slawe gedwing om baie hard te werk.
Grondstowwe soos tabak, katoen en suiker geoes – soms in die
Verenigde State verkoop.
Hoofsaaklik is goedere aan Wes-Europa verkoop waar fabriekswerkers
dit verwerk tot produkte soos tekstielstowwe en klerasie.
Produkte is regoor die wêreld verkoop – ook in die Suide van Amerika.
Verkope van grondstowwe het plantasie-eienaars ryk gemaak.
Lande wat die grondstowwe gekoop het, het só voordeel getrek:
Omdat hulle die materiale teen ‘n wins kon verkoop.
Almal het geld gemaak, behalwe die slawe wat onmenslik behandel is.
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
5 Kopiereg voorbehou@
Blokkiesraaisel
1
2
1
3; 2
3
4 4
Leidrade:
Af:
1. 'n _ _ _ _ _ _ _ _ _ is ‘n groot plaas vir die verbouing van gewasse soos suikerriet, rys, tabak en katoen.
2. Onverwerkte materiale in hul natuurlike toestand voordat dit verwerk word vir gebruik deur die mens.
3. Virginië, Alabama, Mississippi, Louisiana en Texas het groot _ _ _ _ _ _-plase gehad.
4. Teen die 1600’s was die land wat ons as die Verenigde State van Amerika ken in Noord en _ _ _ _ verdeel.
Dwars:
1. 'n Merk op die vel brand met 'n warm yster.
2. Die slawe het _ _ _ _ _ _, varke en ander soorte voedsel gekry om te eet.
3. _ _ _ _ _ was die eerste gewas wat op die plantasies in Amerikaanse kolonies verbou is.
4. In die vroeë 1500's het Brittanje 'n aantal _ _ _ _ _ _ _ _ in Noord-Amerika gevestig.
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
6 Kopiereg voorbehou@
Woordsoek
Leidrade:
1. In die vroeë 1500’s het Brittanje ‘n aantal _ _ _ _ _ _ _ _ in Noord-Amerika gevestig.
2. Hierdie kolonies het die oorspronlike state van die VSA en die vroeë provinsies van _ _ _ _ _ _ geword.
3. Die eerste slawe uit _ _ _ _ _ _ is in die 1600’s na Amerika se kolonies geneem.
4. Hulle het slawe nodig gehad om op die _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ in die Suide van Amerika te werk.
5. _ _ _ _ _ was die eerste gewas wat op plantasies in Amerikaanse kolonies verbou is.
6. _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ is oorspronklik vir 750 jaar in Mediterrense lande in Europa verbou voordat plantasies in Brasilië en die Karibiese eilande begin is.
7. _ _ _ het ten minste 30 slawe per plantasie vereis.
8. Daar was ‘n groot aanvraag vir _ _ _ _ _ _ in Europa en elders.
e r t g b n m t a b a k e
g r w y r t y u i o y u r
b t k t w r y s i x y p f
s y o r d r t y l d t l t
u t l g c f e y k c r a y
i r o b v v r t m f f n h
k a n a d a f h j v t t n
e w i r u f v y h g g a b
r e e e y r g u n b b s g
r d s f t i n h y t g i r
i r f r g k a t o e n e f
e t v t b a b f e w q s e
t n h y t g b v f r e d d
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
7 Kopiereg voorbehou@
Pas Kolom B by Kolom A
Skryf net die regte letter uit Kolom B in die antwoord kolom neer.
Kolom A Antw Kolom B
1. plantasie A. Merk op die vel brand.
2. trans-atlanties
B. Hierdie plantasies het twintig tot dertig slawe vereis.
3. brandmerk
C. ‘n Groot plaas vir die verbouing
van gewasse soos suikerriet, rys, tabak en katoen.
4. grondstowwe
D. Landerye waarop dit verbou is was baie ongesond vir slawe - die land was nat en die grond moerasagtig.
5. tabak E. Oor die Atlantiese Oseaan.
6. suikerriet
F. Was 'n uiters gewilde manier om baie geld te maak.
7. rys
G. Onverwerkte materiale in hul natuurlike toestand voordat dit verwerk word vir gebruik deur die mens.
8. katoen
H. Het dikwels meer as 50 slawe per plantasie nodig gehad.
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
8 Kopiereg voorbehou@
Waar of Onwaar:
1. In die 1600’s was die land wat ons as die Verenigde State van Amerika ken, in Oos en Wes verdeel.
2. Hoe meer gewasse geproduseer is, hoe meer geld het die eienaar van die plantasie ontvang.
3. Plantasie-werkers het werkers wat geen aanspraak gehad het om enige deel van die gewasse nie verkies.
4. Eienaars het die mag gehad om die slawe te behandel net soos wat hul wil, en hulle het slawe misbruik en mishandel.
5. Trans-Atlantiese slawehandel het begin in 1819.
6. Die wet wat slawerny in die VSA beeїndig het, het in 1865 in werking getree.
7. Slawe was 'n vorm van goedkoop arbeid, en die slawe sou die eienaars se eiendom word.
8. Daar was wette wat bepaal het dat slawe-gesinne nie opgebreek mag word nie.
9. Slawe was verkoop as diere of goedere en is gebrandmerk om te wys aan wie hulle behoort.
10. Almal het finansieël voordeel getrek uit slawehandel.
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
9 Kopiereg voorbehou@
Vul die ontbrekende woorde in:
1. 'n Plantasie is 'n groot _____ vir die verbouing van gewasse soos suikerriet, rys, tabak en katoen.
2. Grondstowwe is _____ materiale in hul natuurlike toestand voordat dit verwerk word vir gebruik deur die mens.
3. In die vroeë 1500’s het Brittanje ‘n aantal kolonies in Noord-Amerika gevestig. Hierdie kolonies het die oorspronlike _____ van die VSA en die vroeë provinsies van Kanada geword.
4. In die 1600’s was die land wat ons as die Verenigde State van Amerika ken in Noord en Suid verdeel. Die mense in die Suide het groot plantasies gehad en het daarom baie meer _____ as die mense in die Noorde nodig gehad.
5. Europese _____ in Amerika het groot getalle mense nodig gehad om op hul massiewe plase, wat plantasies genoem is, te werk.
6. Slawehandelaars was gewoonlik invloedryke mans wat _____ slawe vir goedere sou verruil.
7. Slawe is soos _____ gejag en teen hul wil deur Europese handelaars gevang.
8. Mense van Wes-Afrika het van slawehandelaars geweet en sommige van hul het probeer keer dat hul gevang word deur hulself te _____.
9. Trans-Atlantiese slawehandel het uit die vang van ten minste 14 miljoen mense uit Afrika bestaan, wat teen hul wil na ander dele van die wêreld gestuur is om _____ arbeid te verrig.
10. Die Suide van Amerika het baie by die gebruik van _____ gebaat.
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
10 Kopiereg voorbehou@
Onderstreep die regte antwoord:
1. In die vroeë (1500's/1600's) het Brittanje 'n aantal kolonies in Noord-Amerika gevestig.
2. (Katoen/tabak) was die eerste gewasse wat op plantasies in die Amerikaanse kolonies verbou is.
3. Die landerye waarop (suiker/rys) verbou is, was ongesond omdat die land nat was en die grond moerasagtig en besmet met siektes.
4. In die 1600’s was die land wat ons as die Verenigde State van Amerika ken in Noord en Suid verdeel. Die mense in die (Noorde/Suide) het groot plantasies gehad en het daarom baie meer arbeiders nodig gehad.
5. Baie slawe het gesterf weens te veel harde werk en (wrede behandeling/siektes).
6. Slawehandel het van die handelsroetes wat in die (Indiese/Atlantiese) Oseaan ontwikkel het, gebruik gemaak.
7. Die (Suide/Noorde) van Amerika het baie by die gebruik van slawe gebaat.
8. Plantasie-eienaars het hul slawe gedwing om baie (vinnig/hard) te werk.
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
11 Kopiereg voorbehou@
Vraag en antwoord:
1. a) Wanneer het Brittanje 'n aantal kolonies in Noord-Amerika gevestig?
b) Wat het later met hierdie kolonies gebeur?
c) Wanneer is die eerste slawe na Amerika se kolonies geneem?
d) Waarom was slawe-arbeid nodig?
2. a) Wat was die eerste gewas wat op plantasies in die Amerikaanse kolonies verbou is?
b) Wie was die eerste werkers wat op die plantasies gewerk het? VAn waar af het hulle gekom en wie het hulle gebring?
c) Hoeveel slawe was nodig om op een tabakplantasie te werk?
3. a) Waar kom suikerriet oorspronklik vandaan?
b) Waar was suikerrietplantasies voordat dit na die Suide van Amerika gebring is?
4. a) Waarom het rys meer geld verdien as tabak?
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
12 Kopiereg voorbehou@
b) Waarom was dit vir die slawe ongesond om op die rysplantasies te werk?
c) Katoenplantasies het 'n uiters gewilde manier geword om baie geld te maak. Gee twee redes hiervoor:
5. a) In die 1600’s was die land wat ons as die Verenigde State van Amerika ken in Noord en Suid verdeel. Waarom het die mense in die Suide meer arbeiders nodig gehad?
b) Hoe het die Suide van die Noorde verskil, in terme van slawe?
c) Die Noorde en Suide het verskil oor die gebruik van slawe. Wat was die gevolg hiervan?
d) Watter tipe werkers het plantasie-eienaars verkies?
e) Watter mag het die eienaars van slawe gehad? Het hulle hierdie mag regverdig gebruik?
f) Wat het die slawe gekry om te eet?
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
13 Kopiereg voorbehou@
6. a) Van watter roetes het slawehandel gebruik gemaak?
b) Watter tipe mense wat slawehandelaars gewoonlik? Waarvoor was slawe verruil?
c) Slawe is soos diere gejag en gevang. Mense van Wes-Afrika het van slawehandelaars geweet en sommige van hul het probeer keer dat hul gevang word. Wat het hulle gedoen? Noem vier dinge:
d) Wanneer het die Trans-Atlantiese slawehandel begin?
e) Waaruit het die Trans-Atlantiese slawehandel bestaan?
f) Wanneer is die wet op slawerny in die VSA beëindig?
7. a) Wat het gebeur wanneer skepe met slawe uit Afrika na Amerika aangekom het?
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
14 Kopiereg voorbehou@
b) Was daar 'n reël wat slawe-gesinne bymekaar kon hou?
c) Hoe het 'n eienaar geweet dat slawe aan hom behoort?
8. a) Watter grondstowwe het die slawe geproduseer?
b) Wat het van die grondstowwe geword wat slawe geproduseer het?
c) Hoe het lande wat die grondstowwe gekoop het voordeel getrek?
d) Wie het almal hieruit geld gemaak?
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
15 Kopiereg voorbehou@
Blokkiesraaisel
1
P 2
L G 1
B R A N D M E R K 3; 2
N O K O R I N G
T N A 3
T A B A K D T
S S O
I T E 4 4
E K O L O N I E S
W U
W I
Leidrade:
E D
Af:
1. 'n _ _ _ _ _ _ _ _ _ is ‘n groot plaas vir die verbouing van gewasse soos suikerriet, rys, tabak en katoen. plantasie
2. Onverwerkte materiale in hul natuurlike toestand voordat dit verwerk word vir gebruik deur die mens. grondstowwe
3. Virginië, Alabama, Mississippi, Louisiana en Texas het groot _ _ _ _ _ _-plase gehad. katoen
4. Teen die 1600’s was die land wat ons as die Verenigde State van Amerika ken in Noord en _ _ _ _ verdeel. Suid
Dwars:
1. 'n Merk op die vel brand met 'n warm yster. brandmerk
2. Die slawe het _ _ _ _ _ _, varke en ander soorte voedsel gekry om te eet. korin
3. _ _ _ _ _ was die eerste gewas wat op die plantasies in Amerikaanse kolonies verbou is. tabak
4. In die vroeë 1500's het Brittanje 'n aantal _ _ _ _ _ _ _ _ in Noord-Amerika gevestig. kolonies
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
16 Kopiereg voorbehou@
Woordsoek
Leidrade:
1. In die vroeë 1500’s het Brittanje ‘n aantal _ _ _ _ _ _ _ _ in Noord-Amerika gevestig. kolonies
2. Hierdie kolonies het die oorspronlike state van die VSA en die vroeë provinsies van _ _ _ _ _ _ geword. Kanada
3. Die eerste slawe uit _ _ _ _ _ _ is in die 1600’s na Amerika se kolonies geneem.
4. Hulle het slawe nodig gehad om op die _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ in die Suide van Amerika te werk. plantasies
5. _ _ _ _ _ was die eerste gewas wat op plantasies in Amerikaanse kolonies verbou is. tabak
6. _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ is oorspronklik vir 750 jaar in Mediterrense lande in Europa verbou voordat plantasies in Brasilië en die Karibiese eilande begin is. suikerri.
7. _ _ _ het ten minste 30 slawe per plantasie vereis. rys
8. Daar was ‘n groot aanvraag vir _ _ _ _ _ _ in Europa en elders. katoen
e r t g b n m t a b a k e
g r w y r t y u i o y u r
b t k t w r y s i x y p f
s y o r d r t y l d t l t
u t l g c f e y k c r a y
i r o b v v r t m f f n h
k a n a d a f h j v t t n
e w i r u f v y h g g a b
r e e e y r g u n b b s g
r d s f t i n h y t g i r
i r f r g k a t o e n e f
e t v t b a b f e w q s e
t n h y t g b v f r e d d
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
17 Kopiereg voorbehou@
Pas Kolom B by Kolom A
Skryf net die regte letter uit Kolom B in die antwoord kolom neer.
Kolom A Antw Kolom B
1. plantasie C A. Merk op die vel brand.
2. trans-atlanties E
B. Hierdie plantasies het twintig tot dertig slawe vereis.
3. brandmerk
A C. ‘n Groot plaas vir die verbouing
van gewasse soos suikerriet, rys, tabak en katoen.
4. grondstowwe
G
D. Landerye waarop dit verbou is was baie ongesond vir slawe - die land was nat en die grond moerasagtig.
5. tabak B E. Oor die Atlantiese Oseaan.
6. suikerriet H
F. Was 'n uiters gewilde manier om baie geld te maak.
7. rys
D
G. Onverwerkte materiale in hul natuurlike toestand voordat dit verwerk word vir gebruik deur die mens.
8. katoen F
H. Het dikwels meer as 50 slawe per plantasie nodig gehad.
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
18 Kopiereg voorbehou@
Waar of Onwaar:
1. In die 1600’s was die land wat ons as die Verenigde State van Amerika ken, in Oos en Wes verdeel.
Onwaar
2. Hoe meer gewasse geproduseer is, hoe meer geld het die eienaar van die plantasie ontvang.
Waar
3. Plantasie-werkers het werkers wat geen aanspraak gehad het om enige deel van die gewasse nie verkies.
Waar
4. Eienaars het die mag gehad om die slawe te behandel net soos wat hul wil, en hulle het slawe misbruik en mishandel.
Waar
5. Trans-Atlantiese slawehandel het begin in 1819. Onwaar
6. Die wet wat slawerny in die VSA beeїndig het, het in 1865 in werking getree.
Waar
7. Slawe was 'n vorm van goedkoop arbeid, en die slawe sou die eienaars se eiendom word.
Waar
8. Daar was wette wat bepaal het dat slawe-gesinne nie opgebreek mag word nie.
Onwaar
9. Slawe was verkoop as diere of goedere en is gebrandmerk om te wys aan wie hulle behoort.
Waar
10. Almal het finansieël voordeel getrek uit slawehandel. Onwaar
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
19 Kopiereg voorbehou@
Vul die ontbrekende woorde in:
1. 'n Plantasie is 'n groot _____ vir die verbouing van gewasse soos suikerriet, rys, tabak en katoen.
plaas
2. Grondstowwe is _____ materiale in hul natuurlike toestand voordat dit verwerk word vir gebruik deur die mens.
onverwerkte
3. In die vroeë 1500’s het Brittanje ‘n aantal kolonies in Noord-Amerika gevestig. Hierdie kolonies het die oorspronlike _____ van die VSA en die vroeë provinsies van Kanada geword.
state
4. In die 1600’s was die land wat ons as die Verenigde State van Amerika ken in Noord en Suid verdeel. Die mense in die Suide het groot plantasies gehad en het daarom baie meer _____ as die mense in die Noorde nodig gehad.
arbeiders
5. Europese _____ in Amerika het groot getalle mense nodig gehad om op hul massiewe plase, wat plantasies genoem is, te werk.
setlaars
6. Slawehandelaars was gewoonlik invloedryke mans wat _____ slawe vir goedere sou verruil.
huishoudelike
7. Slawe is soos _____ gejag en teen hul wil deur Europese handelaars gevang.
diere
8. Mense van Wes-Afrika het van slawehandelaars geweet en sommige van hul het probeer keer dat hul gevang word deur hulself te _____.
vermink
9. Trans-Atlantiese slawehandel het uit die vang van ten minste 14 miljoen mense uit Afrika bestaan, wat teen hul wil na ander dele van die wêreld gestuur is om _____ arbeid te verrig.
gedwonge
10. Die Suide van Amerika het baie by die gebruik van _____ gebaat.
slawe
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
20 Kopiereg voorbehou@
Onderstreep die regte antwoord:
1. In die vroeë (1500's/1600's) het Brittanje 'n aantal kolonies in Noord-Amerika gevestig.
2. (Katoen/tabak) was die eerste gewasse wat op plantasies in die Amerikaanse kolonies verbou is.
3. Die landerye waarop (suiker/rys) verbou is, was ongesond omdat die land nat was en die grond moerasagtig en besmet met siektes.
4. In die 1600’s was die land wat ons as die Verenigde State van Amerika ken in Noord en Suid verdeel. Die mense in die (Noorde/Suide) het groot plantasies gehad en het daarom baie meer arbeiders nodig gehad.
5. Baie slawe het gesterf weens te veel harde werk en (wrede behandeling/siektes).
6. Slawehandel het van die handelsroetes wat in die (Indiese/Atlantiese) Oseaan ontwikkel het, gebruik gemaak.
7. Die (Suide/Noorde) van Amerika het baie by die gebruik van slawe gebaat.
8. Plantasie-eienaars het hul slawe gedwing om baie (vinnig/hard) te werk.
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
21 Kopiereg voorbehou@
Vraag en antwoord:
1. a) Wanneer het Brittanje 'n aantal kolonies in Noord-Amerika gevestig?
In die vroeë 1500's.
b) Wat het later met hierdie kolonies gebeur?
Dit het die oorspronlike state van die VSA, en die
vroeë provinsies van Kanada geword.
c) Wanneer is die eerste slawe na Amerika se kolonies geneem?
In die 1600's.
d) Waarom was slawe-arbeid nodig?
Om op die plantasies in die Suide van Amerika te
werk, omdat hulle baie tabak, rys, suiker en katoen
daar verbou het.
2. a) Wat was die eerste gewas wat op plantasies in die Amerikaanse kolonies verbou is?
Tabak
b) Wie was die eerste werkers wat op die plantasies gewerk het? VAn waar af het hulle gekom en wie het hulle gebring?
Britse koloniste het aanvanklik bediendes van
Engeland af gebring.
c) Hoeveel slawe was nodig om op een tabakplantasie te werk?
Twintig tot dertig.
3. a) Waar kom suikerriet oorspronklik vandaan?
Meditereense lande in Europa.
b) Waar was suikerrietplantasies voordat dit na die Suide van Amerika gebring is?
Brasilië en die Karibiese eilande
4. a) Waarom het rys meer geld verdien as tabak?
Dit was makliker om te verbou.
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
22 Kopiereg voorbehou@
b) Waarom was dit vir die slawe ongesond om op die rysplantasies te werk?
Die land was nat en die grond moerasagtig en
besmet met siektes.
c) Katoenplantasies het 'n uiters gewilde manier geword om baie geld te maak. Gee twee redes hiervoor:
Daar was 'n groot aanvraag na katoen in Europa en
elders;
Die uitvinding van die katoenpluismeul (masjien wat
'n groot hoeveelheid katoenvesel in 'n kort tydjie
kon skoonmaak).
5. a) In die 1600’s was die land wat ons as die Verenigde State van Amerika ken in Noord en Suid verdeel. Waarom het die mense in die Suide meer arbeiders nodig gehad?
Hulle het groot plantasies gehad.
b) Hoe het die Suide van die Noorde verskil, in terme van slawe?
Blanke Amerikaners in die Suide het slawe besit.
c) Die Noorde en Suide het verskil oor die gebruik van slawe. Wat was die gevolg hiervan?
Daar het 'n burgeroorlog uitgebreek.
d) Watter tipe werkers het plantasie-eienaars verkies?
Werkers wat geen aanspraak gehad het op enige
deel van die gewasse nie.
e) Watter mag het die eienaars van slawe gehad? Het hulle hierdie mag regverdig gebruik?
Om die slawe te behandel net soos hulle wil. Nee,
hulle het die slawe misbruik en mishandel.
f) Wat het die slawe gekry om te eet?
Koring, varke en ander soorte voedsel is voorsien.
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
23 Kopiereg voorbehou@
6. a) Van watter roetes het slawehandel gebruik gemaak?
Handelsroetes wat in die Atlantiese Oseaan
ontwikkel is.
b) Watter tipe mense wat slawehandelaars gewoonlik? Waarvoor was slawe verruil?
Hulle was invloedryke mans wat huisdhoudelike
slawe vir goedere verruil het.
c) Slawe is soos diere gejag en gevang. Mense van Wes-Afrika het van slawehandelaars geweet en sommige van hul het probeer keer dat hul gevang word. Wat het hulle gedoen? Noem vier dinge:
Hulself te vermink;
Grond te eet;
Hulself te vergiftig;
Selfmoord te pleeg.
d) Wanneer het die Trans-Atlantiese slawehandel begin?
In 1619.
e) Waaruit het die Trans-Atlantiese slawehandel bestaan?
Uit die vang van ten minste 14 miljoen mense uit
Afrika, wat teen hulle wil na ander dele van die
wêreld gestuur is om gedwonge arbeid te verrig.
f) Wanneer is die wet op slawerny in die VSA beëindig?
In 1865
7. a) Wat het gebeur wanneer skepe met slawe uit Afrika na Amerika aangekom het?
Daar was groot opwinding onder die plantasie-
eienaars. Slawe was 'n vorm van goedkoop arbeid.
Slawe sou die eiendom van plantasie-eienaar word.
Die slawe is rondgemarsjeer, geïnspekteer en op-
geveil aan die hoogste bieër verkoop.
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 7 Kw. 2 Vandag Onderwerp 6 Eenheid 2
24 Kopiereg voorbehou@
b) Was daar 'n reël wat slawe-gesinne bymekaar kon hou?
Nee, mans, vrouens en kinders is soms geskei.
c) Hoe het 'n eienaar geweet dat slawe aan hom behoort?
Slawe is dikwels gebrandmerk.
8. a) Watter grondstowwe het die slawe geproduseer?
Tabak katoen
suiker rys
b) Wat het van die grondstowwe geword wat slawe geproduseer het?
Dit is soms in die Verenigde State verkoop, maar
dis hoofsaaklik aan Wes-Europa verkoop waar
fabriekswerkers dit verwerk het tot tekstielstowwe
en klerasie.
c) Hoe het lande wat die grondstowwe gekoop het voordeel getrek?
Hulle het die materiale teen 'n wins verkoop.
d) Wie het almal hieruit geld gemaak?
Almal behalwe die slawe wat die werk moes doen
en onmenslik behandel is.