Post on 28-Oct-2021
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2014
GEOGRAFIE V1
PUNTE: 225 TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
*IGEOGA1*
2 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B.
2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte vir ʼn totaal van 225 punte. 3. Alle diagramme is in die BYLAAG ingesluit. 4. Los ʼn reël oop tussen die sub-seksies wat beantwoord word. 5. Begin ELKE vraag op ʼn SKOON bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat op die
vraestel gebruik word.
7. Moet nie in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf nie. 8. Indien moontlik, mag jy jou antwoorde met geannoteerde diagramme
illustreer.
9. Skryf netjies en leesbaar. 10. Puntetoekenning: As punte soos volg aangedui word – 3 x 2 = (6),
beteken dit dat DRIE feite vir TWEE punte elk verskaf moet word. As punte soos volg aangedui word – 3 x 1= (3), beteken dit dat DRIE feite vir EEN punt elk verskaf moet word. Opstel of paragraaftipe vrae moet in VOLSINNE beantwoord word. Die LYS van feite sal veroorsaak dat punte afgetrek gaan word.
(NOVEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
AFDELING A: DIE ATMOSFEER EN GEOMORFOLOGIE VRAAG I 1.1 Kies uit die onderstaande lys ʼn gepaste term/woord wat by die stellings in
pas. Skryf slegs die term/woord van jou keuse langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.7) neer, byvoorbeeld 1.1.8 Geografie
Planetêre winde; Isobaar; Klimaatstreek; Isoterm; Front; Insolasie;
Atmosferiese druk; Siklone; Moeson; Ewenaar; Geostrofiese vloei.
1.1.1 Inkomende sonradiasie 1.1.2 Die krag wat op die oppervlakte, deur die gewig van ʼn kolom lug
bokant daardie oppervlakte uitgeoefen word . 1.1.3 ʼn Gebied waarvan die temperatuur- en reënval-toestande amper
dieselfde is, maar verskil van ander gebiede 1.1.4 Groot winde wat heeljaar oor uitgestrekte dele van die
aardoppervlakte waai 1.1.5 Die grens tussen lugmassas wat verskillende kenmerke het 1.1.6 ʼn Teoretiese wind wat die gevolg van ʼn presiese balans tussen die
Corioluskrag en Drukgradiëntkrag is 1.1.7 Lyne wat plekke met dieselfde temperatuur verbind (7 x 1) (7)
4 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
1.2 Pas die terme/konsepte in KOLOM B by die beskrywing in KOLOM A.
Skryf slegs die letter (A–H) van jou keuse teenoor die vraagnommer (1.2.1 –1.2.8) neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Die reliëf van die
aardoppervlakte A Canyon
1.2.2 Opbreek van gesteentes as
gevolg van chemiese-, meganiese- en temperatuurverskille
B Plato
1.2.3 ʼn Diep smal vallei in ʼn ariede
(droë) streek C Eksfoliasie
1.2.4 Verwydering van opgebreekte
gesteentemateriaal deur wind, water en ys
D Homoklinale skuiwing
1.2.5 Staan ook as eskarp
terugtrekking bekend E Topografie
1.2.6 Die verlaging en verskuiwing
van die waterskeiding op ʼn homoklinale rug
F Terugwaartse erosie
1.2.7 Buitenste lae van
stollingsgesteentes wat afskilfer as gevolg van uitsetting en krimping wat deur temperatuurveranderinge veroorsaak word.
G Verwering
1.2.8 Groot hoogliggende gebied
wat relatief plat is H Erosie
(8 x 1) (8)
(NOVEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 5
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
1.3 Verwys na FIGUUR 1.3, wat die aarde se omwenteling rondom die son
illustreer, om die volgende vrae te beantwoord. 1.3.1 Watter term/konsep beskryf die konstante aanpassing van die
aarde se as soos omwenteling plaasvind? (1 x 2) (2) 1.3.2 FIGUUR 1.3 toon die posisie van die aarde by vier belangrike
datums in die Suidelike Halfrond. Pas die onderstaande beskrywings by die letters A, B, C en D. Skryf slegs die letter (A–D) vanaf die skets teenoor vraagnommer (A–D) neer.
A 21 Desember – Suidelike Halfrond kantel in die rigting van die
son. B 22 Junie – Suidelike Halfrond kantel weg vanaf die son. C 21 Maart – Die son se direkte strale val op die ewenaar. D 22 September – Die son se direkte insolasie val op die
ewenaar. (4 x 1) (4) 1.3.3 Wat gebeur op die datums van die dag-en-nag eweninge? (1 x 1) (1) 1.3.4 Op watter datum ervaar die polêre gebiede in die Suidelike
Halfrond ʼn 24 uur nagtoestand? (1 x 1) (1) 1.3.5 Verduidelik waarom die polêre gebiede in die Suidelike Halfrond ʼn
24 uur nagtoestand ervaar. (1 x 2) (2) 1.4 Lees die artikel, FUGUUR 1.4, oor die Sahel-woestyn en beantwoord die
volgende vrae: 1.4.1 Definieer die term ‘verwoestyning’. (1 x 2) (2) 1.4.2 Lys TWEE oorsake van verwoestyning wat in die artikel genoem
word. (2 x 1) (2) 1.4.3 Beskryf DRIE negatiewe effekte van verwoestyning op die
omgewing. (3 x 2) (6) 1.4.4 Skryf ʼn paragraaf van ongeveer 8 reëls waarin jy volhoubare
strategieë verduidelik wat aangewend kan word, om verwoestyning te bestuur. (4 x 2) (8)
1.4.5 Evalueer waarom die implementering van hierdie volhoubare
strategieë baie moeilik in die Sahel-woestyn sal wees. (2 x 2) (4) 1.5 Verwys na FIGUUR 1.5, wat topografie wat met horisontale liggende
gesteentes geassosieer word, illustreer en beantwoord die volgende vrae. 1.5.1 Identifiseer landvorme by A, B en C onderskeidelik. (3 x 1) (3) 1.5.2 Onderskei tussen die dimensies van landvorme A en C. (1 x 2) (2)
6 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
1.5.3 Landvorme wat met horisontale lae geassosieer word het beide ʼn
positiewe en ʼn negatiewe impak op menslike aktiwiteite in gebiede waar hulle voorkom. Verduidelik in ʼn paragraaf van ongeveer 8 reëls ten minste TWEE negatiewe en TWEE positiewe effekte wat hierdie landskappe op menslike aktiwiteite het. (4 x 2) (8)
1.5.4 Watter tipe erosie veroorsaak dat hierdie landvorme hulle hoogte
behou ten spyte van die feit dat hulle kleiner word? (1 x 2) (2) 1.6 Verwys na FIGUUR 1.6, wat ʼn voorbeeld van stapelrotse (tors) voorstel en
beantwoord die volgende vrae. 1.6.1 Wat word A genoem? (1 x 2) (2) 1.6.2 Noem die tipe stollingsintrusie wat met die vorming van stapelrotse
geassosieer word? (1 x 2) (2) 1.6.3 Identifiseer die tipe gesteente wat met stapelrotse geassosieer
word? (1 x 1) (1) 1.6.4 Verduidelik die prosesse wat vir die vorming van stapelrotse
verantwoordelik is. (4 x 2) (8) 1.6.5 Noem en verduidelik die tipe verwering wat met die vorming van ʼn
granietkoepel verbind word. (2 x 2) (4) [75] VRAAG 2 2.1 Verwys na die sinoptiese weerkaart, FIGUUR 2.1 om die volgende
weerverskynsels te identifiseer. Skryf slegs die letter van jou keuse wat op die kaart voorkom, teenoor die vraagnommer (2.1.1–2.1.8) neer.
2.1.1 Die Suid-Indiese Hoogdruksisteem 2.1.2 Kouefront 2.1.3 Trog 2.1.4 Wig/Rug 2.1.5 Weerstasie 2.1.6 Laagdruk 2.1.7 Saalgebied 2.1.8 Suid-Atlantiese Hoogdruksisteem (8 x 1) (8)
(NOVEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 7
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
2.2 Kies uit die onderstaande lys van terme/konsepte die korrekte een wat by
die daaropvolgende beskrywings (2.2.1–2.2.7) pas. Skryf slegs die term/konsep van jou keuse teenoor die vraagnommer (2.2.1–2.2.7) neer, byvoorbeeld 2.2.8 Geomorfologie.
Groot Karoo; Puin; Kom; Lakkoliet; Poort; Klein Karoo; Insakking;
Puinhang; Modder; Knakpunt. 2.2.1 Dit word by die verandering van ʼn gradiënt aan die basis van die
helling aangetref 2.2.2 ʼn Stollingsintrusie wat binne in die gesteente strata indring en ʼn
koepelvormige landvorm veroorsaak 2.2.3 Die gaping tussen berge 2.2.4 Los of opgebreekte materiaal nadat die erosieproses plaasgevind
het 2.2.5 Die gedeelte van Suid-Afrika wat tussen die noordelike ketting van
die Kaapse plooiberge en die eskarp geleë is 2.2.6 Los materiaal wat teen ʼn helling afwaarts, langs ʼn uitgekerfde pad,
gly 2.2.7 ʼn Alternatiewe beskrywing vir die talushelling (7 x 1) (7) 2.3 Lees die artikel, FIGUUR 2.3, oor die effekte van El-Niṅo en La-Niṅa
noukeurig deur en beantwoord die volgende vrae. 2.3.1 Verduidelik die voorkoms van El-Niṅo. (1 x 2) (2) 2.3.2 Noem die seisoen wanneer El-Niṅo in Suid-Afrika voorkom. (1 x 1) (1) 2.3.3 Kontrasteer hoe El-Niṅo en La-Niṅa die weer van Suid-Afrika
beïnvloed. (2 x 2) (4) 2.3.4 Wanneer uitsonderlike koel water langs die kus van Suid-Amerika
voorkom, verwys wetenskaplikes hierna as die La-Niṅa verskynsel. In ʼn paragraaf van ongeveer 8 reëls, beskryf wat in die Stille oseaan gedurende ʼn La-Niṅa periode, gebeur. (4 x 2) (8)
2.4 FIGUUR 2.4 toon die ontstaan van ʼn Föhn-wind. Gebruik die figuur om
die volgende vrae te beantwoord. 2.4.1 Verduidelik wat ʼn Föhn-wind is. (1 x 2) (2) 2.4.2 Verskaf die naam van ʼn soortgelyke wind wat in Suid-Afrika
voorkom. (1 x 1) (1)
8 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
2.4.3 Verduidelik waarom reënval aan die windkant van die berg sal
voorkom. (3 x 2) (6) 2.4.4 Klassifiseer enige DRIE natuurlike rampe wat Föhn-winde en ander
soortgelyke winde kan veroorsaak. (3 x 1) (3) 2.4.5 Verduidelik waarom die lug by die laer hellings, aan die lykant,
warmer sal wees as dit met dieselfde hoogte bo seevlak aan die windkant vergelyk word. (2 x 2) (4)
2.5 Verwys na FIGUUR 2.5, wat ʼn voorbeeld van ʼn cuesta uitbeeld om die
volgende vrae te beantwoord. 2.5.1 Cuestas word geassosieer met hellende lae. Noem die tipe
gesteentes wat met hierdie landvorm geassosieer word. (1 x 1) (1) 2.5.2 Identifiseer hellings A en B wat met ʼn cuesta geassosieer word.
(2 x 1) (2) 2.5.3 Beskryf elk van hierdie hellings wat jy in VRAAG 2.5.2
geïdentifiseer het. (2 x 2) (4) 2.5.4 Gebruik die diagram om te verduidelik hoe cuestas en hogsbacks
verskil. (1 x 2) (2) 2.5.5 TWEE tipe cuestas word gevorm wanneer strata deur, kromming of
plooiing, op- en afwaarts gedruk word. Benoem hierdie TWEE verskillende tipes cuestas. (2 x 1) (2)
2.5.6 Verduidelik enige TWEE maniere hoe cuestas vir mense voordelig
kan wees. (2 x 2) (4) 2.6 Bestudeer FIGUUR 2.6, wat massabeweging illustreer en beantwoord die
volgende vrae. 2.6.1 Identifiseer die tipe massabeweging wat in FIGUUR 2.6 uitgebeeld
word. (1 x 1) (1) 2.6.2 Beskryf die tipe grond wat met hierdie tipe massabeweging
geassosieer word. (1 x 1) (1) 2.6.3 Beskryf die tipe massabeweging wat jy in VRAAG 2.6.1,
identifiseer het. (1 x 2) (2) 2.6.4 Verskaf die effek wat hierdie tipe massabeweging geïdentifiseer, in
VRAAG 2.6.1, op die oppervlakte sal hê. (1 x 2) (2) 2.6.5 Wanneer mense in stedelike gebiede nie behoorlik beplan om
hellings korrek te gebruik nie, verhoog die gevaar van helling mislukking. In ʼn paragraaf van ongeveer 8 reëls, verduidelik hoe menslike aktiwiteite bydrae tot helling mislukking. (4 x 2) (8)
[75]
(NOVEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 9
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
AFDELING B: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE, HULPBRONNE EN
VOLHOUBAARHEID VRAAG 3 3.1 Lees die onderstaande stellings en bepaal of die stelling na ʼn Meer
Ekonomies Ontwikkelde Land (MEDC) of ʼn Minder Ekonomies Ontwikkelde Land (LEDC), verwys. Skryf slegs jou keuse (MEDC of LEDC) langs die vraagnommer neer (3.1.1 – 3.1.8) byvoorbeeld 3.1.9 LEDC.
3.1.1 Baie min individue sterf voor die ouderdom van 5 jaar. 3.1.2 Sterftesyfer is hoog as gevolg van swak mediese sorg en
wydverspreide siektes. 3.1.3 Die meeste mense het toegang tot ʼn dokter. 3.1.4 Behuising is gewoonlik onvoldoende met beperkte toegang tot
skoon lopende water en elektrisiteit. 3.1.5 Geletterdheidsvlakke is hoog omdat die meeste kinders toegang
tot gratis opvoeding het. 3.1.6 Lewensverwagting is hoog as gevolg van mediese sorg en
lewenskwaliteit. 3.1.7 20 – 45 mense per 1000, word jaarliks gebore. 3.1.8 200 – 500 babas per 1000 word jaarliks gebore. (8 x 1) (8) 3.2 Pas die onderstaande lys van terme by die daaropvolgende stellings
(3.2.1–3.2.7). Skryf slegs die term van jou keuse teenoor die korrekte vraagnommer (3.2.1 – 3.2.7) neer, bv. 3.2.8 – Geomorfologie.
Hidrouliese-verbreking (Fracking) ; Ontginning; Termiese energie;
Konvensioneel ; Biomassa energie; Nie-Konvensioneel; Biogas energie 3.2.1 Energie wat vanaf een bron na ʼn ander oorgedra word 3.2.2 Die verwydering van grondstowwe uit hulle natuurlike omgewing 3.2.3 Gewone tipe energie, normaal of tradisioneel 3.2.4 Energie bronne wat ʼn alternatief verskaf 3.2.5 Die energie wat deur hitte en metaangas, wat deur plante en diere
se ontbinde materie vrygestel word, geproduseer word 3.2.6 Die energie wat deur die verbranding van plantegroei en organiese
materiaal, geproduseer word
10 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
3.2.7 Ontginning van natuurlike gas uit sedimentêre gesteentes (7 x 1) (7) 3.3 Gebruik die wêreldkaart (FIGUUR 3.3), wat die Bruto Nasionale Produk
per persoon aantoon en beantwoord die volgende vrae. 3.3.1 Definieer die konsep Bruto Nasionale Produk. (1 x 2) (2) 3.3.2 Noem enige TWEE ander ekonomiese aanwysers van
ontwikkeling, uitsluitende die BNP en die BBP. (2 x 2) (4) 3.3.3 Identifiseer die vasteland met die laagste Bruto Nasionale Produk.
(1 x 2) (2) 3.3.4 In 1980 het die Brandt verslag die uitdrukking ‘Noord-Suid
verdeling’ gebruik. Lei af hoe hierdie kaart Brandt se bevindinge versterk. (1 x 2) (2)
3.3.5 Verduidelik waarom die voorgestelde statistieke nie regtig ʼn
volledige en akkurate prentjie van hoe lewe op ʼn vasteland is, voorstel nie. (2 x 2) (4)
3.4 Bestudeer FIGUUR 3.4, wat ʼn model van ontwikkeling illustreer en
beantwoord die volgende vrae. 3.4.1 Benoem die ontwikkelingsmodel wat in FIGUUR 3.4 uitgebeeld
word. (1 x 2) (2) 3.4.2 Identifiseer die fase op die grafiek, wat ʼn tipies gevorderde, hoogs
ontwikkelde industriële ekonomie uitbeeld. (1 x 2) (2) 3.4.3 Lys TWEE kenmerke van Fase 4 (Dryf tot volwassenheid). (2 x 2) (4) 3.4.4 Hierdie ontwikkelingsmodel was sterk deur ʼn aantal ander teorieë
en modelle gekritiseer. Bespreek in ʼn paragraaf van ongeveer 8 reëls, die kritiek teen hierdie ontwikkelingsmodel. (4 x 2) (8)
3.5 Bestudeer FIGUUR 3.5, ʼn spotprent oor suurreën en beantwoord die
volgende vrae. 3.5.1 Watter vorm van besoedeling is die oorsaak van suurreën? (1 x 1) (1) 3.5.2 Identifiseer die vernaamste kweekhuisgas wat met suurreën
geassosieer word. (1 x 2) (2) 3.5.3 Verduidelik TWEE vernietigende effekte van suurreën, wat in die
spotprent uitgebeeld word. (2 x 2) (4) 3.5.4 Watter impak het suurreën op menslike gesondheid? (1 x 2) (2) 3.5.5 Bespreek TWEE moontlike oplossings vir die suurreën probleem.
(2 x 2) (4)
(NOVEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 11
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
3.6 Lees deur die koerantartikel oor ‘Windturbines’ (FIGUUR 3.6) om die
volgende vrae te beantwoord. 3.6.1 Verduidelik wat windenergie is. (1 x 2) (2) 3.6.2 Is windenergie ʼn vorm van konvensioneel of nie-konvensionele
energie? (1 x 1) (1) 3.6.3 Interpreteer wat met die volgende stelling bedoel word: “SA betree
skoon groenenergie era”. (1 x 2) (2) 3.6.4 ‘... die Van-Stadens projek is egter nie maklik vir die ontwikkelaars
nie nadat ʼn aantal inwoners begin gekla het oor ...’ Verskaf TWEE moontlike klagtes wat deur die inwoners, teen die windturbines, geopper kan word. (2 x 2) (4)
3.6.5 Verduidelik, in ʼn paragraaf van ongeveer 8 reëls, waarom energie
vorme, soos windenergie, in die wêreld toeneem. (4 x 2) (8) [75] VRAAG 4
4.1 Pas die onderstaande terme/konsepte by die daaropvolgende stellings.
Skryf slegs die korrekte konsep langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.7) neer.
Tersiêre aktiwiteite; Lewensverwagting; Kindersterftes;
Geïndustrialiseerde; Kapitalisme; Primêre aktiwiteite; Modernisering 4.1.1 Ekonomiese sisteem wat op privaat eienaarskap gebaseer is 4.1.2 Die tipe ontwikkeling wat op ekonomiese groei, tegnologie, en
industrialisasie gebaseer is 4.1.3 Ekonomiese aktiwiteite wat ʼn diens verskaf 4.1.4 Die gemiddelde aantal jare wat ʼn pas gebore baba, in ʼn bevolking,
verwag om te lewe 4.1.5 Die babasterftetal in ʼn land vir ʼn spesifieke jaar 4.1.6 Beskrywing wat daar aan ʼn land gegee word waar wat deur ʼn hele
aantal vervaardigde en tegnologies gebaseerde industrieë voorkom
4.1.7 Daardie industrieë wat natuurlike hulpbronne direk uit die
omgewing ontgin en sluit bosbou, mynbou en visvangs in (7 x 1) (7)
12 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4.2 Kies ʼn term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.8) neer, byvoorbeeld 4.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B 4.2.1 Elektrisiteit geproduseer deur
turbines, wat deur vallende water aangedryf word
A Sonkrag
4.2.2 Die aantal koolstofdioksied of
ander koolstof elemente in die atmosfeer
B Geotermiese energie
4.2.3 Die toename in onvolhoubare
menslike aktiwiteite wat die vrystelling van kweekhuisgasse vermeerder
C Grond degradering
4.2.4 Geproduseer uit natuurlik
ondergrondse hitte in gesteentes en vloeistowwe onder die aardoppervlakte
D Despoliasie/ Plundering
4.2.5 Beskadiging en uitbuiting van
die landskap deur die mens op soek na meer hulpbronne
E Hidro-krag
4.2.6 Die effek wat die ontginning
van steenkool uit die aarde deur middel van mynbou
F Koolstofvoetspoor
4.2.7 Die vermoë om elektrisiteit op
te wek en te stoor G Aardverwarming
4.2.8 Om die gebruik van energie
hulpbronne te beheer om te verhoed dat dit uitgebuit word
H Volhoubaar
(8 x 1) (8) 4.3 Lees die gevallestudie, FIGUUR 4.3, getitel ‘AGRINAS’ en beantwoord die
volgende vrae. 4.3.1 Verduidelik wat ʼn gemeenskap-gebaseerde ontwikkeling is. (1 x 2) (2) 4.3.2 Benoem TWEE maniere (uit die gevallestudie) wat aandui hoe
mense in die gemeenskap saamwerk om goedere van waarde te produseer. (2 x 2) (4)
4.3.3 Lys DRIE vaardighede wat die plaaslike boere nodig het. (3 x 1) (3)
(NOVEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4.3.4 Identifiseer EEN voordeel en EEN nadeel van gemeenskap-
georganiseerde arbeid. (2 x 2) (4) 4.4 Bestudeer die onderstaande aanhaling en beantwoord die
daaropvolgende vrae gebaseer op die rol van die staat en besighede in die ontwikkeling van Afrika.
“In Afrika plaas geweldig baie nuwe onafhanklike, ontwikkelende lande
hulle hoop in die regering as agente van ekonomiese ontwikkeling. In die afgelope 30 jaar was daar egter ʼn tekort aan suksesvolle regerings- gedrewe ekonomiese programme.”
4.4.1 Watter rol speel privaat besigheid in die ontwikkeling van Afrika?
(1 x 2) (2) 4.4.2 Definieer die konsep ‘swak staatsbeheer’. (1 x 2) (2) 4.4.3 ‘Die Suid-Afrikaanse regering laat ʼn vrye-markstelsel toe om in
Suid-Afrika besigheid te bedryf’. Wat verstaan jy onder hierdie stelling? (1 x 2) (2)
4.4.4 Is hierdie (stelling in VRAAG 4.4.3) ʼn voorbeeld van swak
staatsbeheer? Verskaf ʼn rede vir jou antwoord. (3 x 1) (3) 4.4.5 In 2010 het die Suid-Afrikaanse regering sy Nuwe Groeiplan (NGP)
raamwerk uiteengesit in reaksie op die aanhoudende uitdagings wat ons, in Suid-Afrika, in die gesig staar. In ʼn paragraaf van ongeveer 8 reëls, identifiseer VIER uitdagings wat die Suid-Afrikaanse regering in die gesig staar. (4 x 2) (8)
4.5 Lees die GEVALLESTUDIE oor die ‘Koebergkernkragsentrale’, FIGUUR
4.5, om die volgende vrae te beantwoord. 4.5.1 Watter mineraal word gebruik om kernenergie te produseer?
(1 x 1) (1) 4.5.2 Verduidelik waarom dit nodig was om ʼn kernkragstasie in die Wes-
Kaap te ontwikkel. (1 x 2) (2) 4.5.3 Die produksie van kernenergie veroorsaak ʼn byproduk wat skadelik
vir mense is. Noem hierdie skadelike neweproduk. (1 x 1) (1) 4.5.4 Lei af uit die gevallestudie enige TWEE voorsorgmaatreëls wat by
die Koeberg kernkrag stasie geïmplementeer is. (2 x 2) (4) 4.5.5 Ten spyte van die risiko’s verbonde aan die gebruik van kernkrag
is die wêreld se afhanklikheid daaraan besig om toe te neem. Skryf ʼn paragraaf van ongeveer 8 reëls waarin jy sommige van die voordele van kernkrag analiseer. (4 x 2) (8)
14 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4.6 Gebruik die GEVALLESTUDIE, FIGUUR 4.6, oor energiebestuur om die
volgende vrae te beantwoord. 4.6.1 Definieer die konsep ‘groener tegnologieë’. (1 x 2) (2) 4.6.2 Stel TWEE maniere voor wat aandui hoe Suid-Afrika na groener
tegnologieë kan beweeg. (2 x 2) (4) 4.6.3 Watter voordele sal die gebruik van ‘groener tegnologieë’ op die
ekonomie en die omgewing het? Verskaf ten minste TWEE ekonomiese, en TWEE omgewingsvoordele. (4 x 2) (8)
[75] TOTAAL: 225
NASIONALE SENIOR SERTIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2014
GEOGRAFIE V1 BYLAAG
Hierdie bylaag bestaan uit 11 bladsye.
*IGEOGA2*
2 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
FIGUUR 1.3: AARDE SE ROTASIE RONDOM DIE SON
FIGUUR 1.4
Die Sahel Woestyn In die Sahel woestyn word verwoestyning ʼn groot probleem. Gedurende die 1950’s het mense hulle in die Sahel woestyn gevestig in gebiede waar daar water was. Hierdie het oorbeweiding veroorsaak, wat een van die grootste oorsake van verwoestyning is. Uiteindelik was die permanente struike deur jaarlikes as gevolg van weiding, vervang. Hierna was die jaarlikes, oorbewei en die kaal grond het agtergebly. Heelwat van die bogrond was weggespoel en net klippe het agtergebly. Slik word harder as dit deur reën getref word. Dit is waarom plante nie kon groei nie omdat hulle wortels nie die grond kon deurdring nie. Hierdie gedeelte het nou woestyn geword en is besig om uit te brei. Rekords toon dat reënval in die Sahel afgeneem het en dat sand omtrent sestig myl suidwaarts geskuif het. Die Sahel is besig om uit te brei as gevolg van ʼn tekort aan plantegroei in die gebied. ʼn Ander rede vir verwoestyning in die Sahel gebied is dat mense die afkap en brand metode gebruik om areas te stroop. Hierdie metodes degradeer die kwaliteit van grond net soos oorbeweiding.
[Bron: Vryvertaal (Geen naam). Desertification – a Threat to the Sahel. (2000]
(NOVEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
FIGUUR 1.5: TOPOGRAFIE GEASSOSIEER MET HORISONTAAL
GELAAGDE ROTSE
FIGUUR 1.6
4 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
FIGUUR 2.1: SINOPTIESE WEERKAART
(NOVEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 5
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
FIGUUR 2.3
El Niṅo en La Niṅa: Die seunskind en sy klein sussie In Spaans, beteken El-Niṅo ‘Christus kind’. Dit is die naam wat Peruviaanse vissermanne, aan die warme seestroom wat soms langs die Suid-Amerikaanse kus voorkom, gee. Hierdie warm seestroom was ʼn verhalende teken dat vissery gedurende die seisoen swak sal wees, omdat El-Niṅo die opstuwing van voedingryke water blokkeer. El-Niṅo is verantwoordelik vir droogtes in sommige dele van die wêreld. Sedert 1525 is daar 113 El-Niṅo’s opgeteken. Dit is ʼn gemiddelde van ongeveer een El-Niṅo elke vier jaar. Die katastrofiese El-Niṅo’s is rofweg 15 jaar uitmekaar gespasieer.
6 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
FIGUUR 2.4: VORMING VAN ’N FÖHN-WIND
FIGUUR 2.5: CUESTA
FIGUUR 2.6: MASSABEWEGING
(NOVEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 7
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
FIGUUR 3.3: BRUTO NASIONALE PRODUK
FIGUUR 3.4: ONTWIKKELINGSMODEL
8 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
FIGUUR 3.5: SUURREËN
(NOVEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 9
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
FIGUUR 3.6: KOERANTARTIKEL Van Stadens se windturbines ʼn byvoeging tot Eskom se elektrisiteitsrooster
SA tree skoon energie-era binne
Skoon groen elektrisiteit sal hierdie week ʼn werklikheid word, wanneer Suid-Afrika se eerste veelsydige, privaat beheerde windplaas tot die elektrisiteitsrooster verbind sal word. Alle oë sal op die nege metro’s en turbines by Van Stadens naby Port Elizabeth wees, wanneer ontwikkelaars die R500 miljoen, hernieubare energie toerusting toets in die opbou tot die amptelike 27 MW fasiliteit wat tot die Eskom rooster in net twee maande se tyd, gevoeg sal word. “Afri-Coast Engineers” se direkteur, Donald McGillivray – wie al 10 jaar baanbrekerswerk op die gebied van windenergie in Suid-Afrika doen – het gesê na ‘n jaar se bouwerk aan die buitewyke van Blue Horizon Baai, tel hulle nou die dae totdat hulle broodnodige krag, vanaf Februarie volgende jaar, aan die Nelson Mandela Metropool, sal verskaf. “Dit is opwindend om te sien dat alles so gou ingeskakel het”, het hy gesê. McGillivray het verder gesê dat die onmiddellike ingebruikneming van die projek – wat aanvanklik met een turbine sal begin – is krities tot die sukses van die projek. Gebou met behulp van die grootste hyser op die Afrika kontinent, was die Van Stadens projek nie altyd maklik vir die ontwikkelaars nie, omdat ʼn handjie vol plaaslike inwoners oor die storende windturbines op ʼn heuwel bokant die kusvallei, gekla het. Die besware van ʼn paar welgestelde grondeienaars het gekom, ten spyte van die feit dat die ontwikkeling alle omgewings toestemmings en vereiste permitte bekom het. Die projek waarborg verder dat behoeftige plaaslike inwoners ʼn aansienlike deel van die projek se indiensneming en inkomste, oor die volgende 20 jaar. sal sien. Verskeie duur regs-uitdagings het platgeval. “Die vierde generasie windturbines is stiller as ouer modelle en alle windplase gaan in elk geval deur baie streng omgewingsmagtiging vereistes, wat geraas insluit”, het McGallivray gesê. Die windplaas sal beide die kwaliteit en betroubaarheid van elektrisiteitsvoorsiening in Blue Horizon-baai en omliggende gebiede, verbeter.
[Bron: David MacGregor (Senior Verslaggewer – Daily Dispatch) – VRYE VERTALING]
10 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
FIGUUR 4.3: GEVALLESTUDIE – AGRINAS AGRINAS is ʼn gemeenskapsgebaseerde organisasie wat hoofsaaklik in landelike boerderygemeenskappe in Sjina, Bosnië, Marokko, Kazakstan, Indonesië en Albanië werk. AGRINAS is die Engelse akroniem vir ‘Agricultural International Assistance’. Hul doel is om hulp aan gemeenskappe te verleen, met beter landboupraktyk wat geskik en volhoubaar is. Op hierdie manier kan gemeenskappe surplusse skep en uit hul armoedesiklus ontbreek deur handel te inisieer. Byna 60% van Sjina se bevolking is landelik. Hoewel die ekonomiese groei van Sjina sterk is, is dit byna uitsluitlik beperk tot die stedelike gebiede. Daar is baie min tekens van vooruitgang in die landelike gebiede van Sjina. . AGRINAS het boerderybedrywe in die landelike gemeenskappe van Yangqu-distrik, Shanxi-provinsie gefasiliteer. Boere bring hulle produkte na ʼn sentrale punt waar mense met vaardighede koöperasies gestig het om fabrieke te skep wat byvoorbeeld tamatiepasta, konfyt en vrugtesap produseer. Daar is ʼn kaasfabriek wat elke dag tot 2 000 liter melk nodig het. Dit verskaf nie net werk nie, maar leer ook vir mense nuwe vaardighede, soos kommersiële en bestuursvaardighede vir boere. Verpakking- en bemarkingsentrums skep werkgeleenthede en voeg waarde toe aan die landbouprodukte en sosiale ontwikkeling op voetsoolvlak.
[Bron: Aangepas en vry vertaal uit Agrinas-webwerf, “Projekte”]
(NOVEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 11
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
FIGUUR 4.5: GEVALLESTUDIE – DIE KOEBERG KERNKRAGSENTRALE Kaapstad se hoofenergie voorsiening was aanvanklik by die Athlone kragstasie. Maar as gevolg van vinnige bevolkingsgroei in Kaapstad het hierdie energievoorsiening onvoldoende en onekonomies geword, omdat groot hoeveelhede steenkool vanaf Mpumalanga na Kaapstad vervoer moet word. Die Koeberg kernkragstasie is gebou om aan Kaapstad se verhoogde energie vereistes te voldoen. Dit is huidig die hoofenergie voorsiening in die Wes-Kaap en kernkrag kan ook, tydens spits aanvraag vir energie, na ander dele van die land versprei word. Die Koeberg kragstasie was aanvanklik ver buite die Kaapstad gebied geleë, maar asgevolg van vinnige uitbreiding in die afgelope 20 jaar, het voorstedelike behuising al nader en nader na die kragstasie beweeg. Die kragstasie dwing streng behuisingsregulasies af, in geval van uitruiming as gevolg van kernbestraling. Byvoorbeeld, geen hoë geboue word in die gebied toegelaat nie. Die kragstasie word omring deur ʼn natuurreservaat wat voëlspesies en klein soogdier spesies bevat. Die Koeberg kernkragsentrale gebruik twee kernreaktors om die kernenergie te produseer. Hierdie kernreaktors word deur die koel waters van die Atlantiese oseaan afgekoel.
TOTAAL: 225
P
PUNTE: 2
225
S
Hierdie me
NASENIOR
GR
NOVE
GEOGMEM
emorandu
ASIONAR SERT
RAAD
EMBER
GRAFORAN
m bestaan
ALE TIFIKAA
11
R 2014
FIE V1NDUM
n uit 13 bla
AT
4
dsye.
2 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
AFDELING A: FISIESE GEOGRAFIE VRAAG 1 1.1 1.1.1 Insolasie 9 1.1.2 Atmosferiese druk 9 1.1.3 Klimaatstreek 9 1.2.4 Planetêre winde 9 1.1.5 Front 9 1.1.6 Geostrofiese vloei 9 1.1.7 Isoterm 9 (7 x 1) (7)
1.2 1.2.1 E (Topografie) 9 1.2.2 G (Verwering) 9 1.2.3 A (Canyon) 9 1.2.4 H (Erosie) 9 1.2.5 F (Terugwaartse erosie) 9 1.2.6 D (Homoklinale skuiwing) 9 1.2.7 C (Eksfoliasie) 9 1.2.8 B (Plato) 9 (8 x 1) (8) 1.3 1.3.1 Ewigdurende ewewydigheid 99 (1 x 2) (2) 1.3.2 A C 9 B A 9 C D 9 D B 9 (4 x 1) (4) 1.3.3. Plekke ervaar gelyke dae en nagte. 9 (1 x 1) (1) 1.3.4 22 Junie 9 (1 x 1) (1)
(NOVEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
1.3.5 Die Noordelike Halfrond sal sy somer sonstilstand ervaar (Son se
direkte sonstrale op die Kreefskeerkring) .99 (1 x 2) (2)
1.4 1.4.1 Die proses waarby vorige vrugbare gebiede meer en meer aried
word. 99 (Konsep) (1 x 2) (2)
1.4.2 Oorbeweiding 9 Die brand van die veld. 9 (2 x 1) (2)
1.4.3 • Toevoer van water op die oppervlakte se riviere en mere is minder. 99
• Water word besoedel en verminder watervoorsiening verder. 99 • Verlaagde grondwatervlakke wat evapo-transpirasie
vermeerder. 99 • Swakker grond, meer gesalineerde (soutryke) grond lei tot grond
erosie deur wind en water as gevolg van verminderde plantegroei. 99
• Beskadiging van die natuurlike habitatte verminder die verskeidenheid van plante en diere in ʼn gebied. 99
• Soos watervlakke in riviere en mere daal, sterf vis en wildlewe as gevolg van watertekorte. 99
• Droë plantegroei, hoë temperature en lae vogtigheid vermeerder die voorkoms en die intensiteit van veldbrande. 99 (Enige 3 x 2) (6)
1.4.4. • Behoorlike grondbestuur verminder die risiko van ernstige gronderosie. 99
• Bebossing programme. 99 • Omgewingsbestuur wat reënval veranderlikheid erken en ander
maniere vind om ʼn lewe in droogte geteisterde gebiede te maak. 99
• Regstelling van grondeienaar wette om die volhoubare bestuur van hulpbronne aan te moedig. 99
• Mobiliseer die ondersteuning van plaaslike boere. 99 • Verwyder vreemde/uitheemse plante. 99
(Aanvaar ander redelike antwoorde.) (Enige 4 x 2) (8)
1.4.5 • Armoede 99
• Politieke konflik 99 • Tradisionele boerderymetodes 99 (Enige 2 x 2) (4)
1.5.1 A B C
Butte 9 Spitskop 9 Mesa/Tafelberg 9 (3 x 1) (3)
1.5.2 Mesas verskil vanaf buttes omdat hulle breedte groter as hulle hoogte is OF die hoogte van butte is groter as hulle breedte. 99 (1 x 2) (2)
4 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
1.5.3 POSITIEF:
• In vogtige streke is die hellings van heuwels geskik vir
boerdery. 99 • Basalt plato’s is groot toeriste aantreklikhede. 99 • Sommige plato’s (bv. Dekkan-plato in Indië) is vir bewoning en
landbou geskik. 99 • Canyon landskappe beskik oor indrukwekkende natuurskoon
en is toeriste aantreklikhede. 99 • Canyon landskappe kan vir ontspanningdoeleindes gebruik
word bv. stap, abseil, ens. 99 • Karoo-landskappe is vir veeboerdery geskik. 99 (Enige 2 x 2) (4)
NEGATIEF: • In aried klimate het ruwe, steil hellings baie min
landboukundige waarde. 99 • Sommige plato’s het baie nedersettingswaarde en is ook nie
vir landboudoeleindes geskik nie. 99 • Canyon landskappe maak dit onmoontlik vir boerdery. 99 • Nedersetting is onmoontlik in canyon landskappe. 99 • Dit is baie moeilik in infrastruktuur in canyon landskappe te
ontwikkel. 99 (Enige 2 x 2) (4)
1.5.4 Eskarp terugtrekking of terugwaartse erosie. 9 (1 x 2) (2) 1.6 1.6.1 Kernstene 9 (1 x 2) (2)
1.6.2 Lakkoliete of Batoliete 9 (1 x 2) (2) 1.6.3 Graniet 9 (1 x 1) (1)
1.6.4 • Stollingsmateriaal koel verskillend onder die aardoppervlakte af. 99
• Krake en nate ontwikkel. 99 • Water dring binne in vertikale en horisontale nate van
stollingsgesteentes. 99 • Chemiese verwering vind plaas. 99 • Die massa stollingsgesteentes word in reghoekige blokke
opgebreek. 99 • Die nate word groter gemaak deur meganiese verwering deur
middel van verysing en smelting van water. 99 • Die verweerde materiaal word deur die erosieproses
verwyder. 99 • Kernstene bly agter. 99 (Beskrywing is belangrik.) (Enige 4 x 2) (8)
[75]
(NOVEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 5
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
VRAAG 2 2.1 2.1.1 D 9 2.1.2 H 9 2.1.3 F 9 2.1.4 E 9 2.1.5 G 9 2.1.6 B 9 2.1.7 C 9 2.1.8 A 9 (8 x 1) (8) 2.2 2.2.1 Knakpunt 9 2.2.2 Lakkoliet 9 2.2.3 Poort 9 2.2.4 Puin/Debris 9 2.2.5 Groot Karoo 9 2.2.6 Insakking 9 2.2.7 Puinhang 9 (7 x 1) (7) 2.3 2.3.1 El Ni�o ontstaan wanneer daar ʼn versteuring in die oseaan
atmosfeerstelsels by die Suid-Pasifiese oseaan, ontstaan. 99 (1 x 2) (2)
2.3.2 Somer 99 (1 x 1) (1)
6 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
2.3.3 El Ni�o veroorsaak warmer, droër somers as gewoonlik. By tye
kan dit selfs droogtes ontstaan. 99 La Ni�a veroorsaak matiger en natter somers as gewoonlik. By tye kan selfs oorstromings ontstaan. 99 (2 x 2) (4)
2.3.4 • In La-Ni�a jare is die tropiese oostewinde sterker as
gewoonlik. 99 • Opstuwing van koue water vermeerder wat veroorsaak dat die
water aan die Oostelike-Pasifiese oseaan baie kouer is. 99 • Daar is swaar reën aan die ooste van Australië, Suidoos-Asië
en oor die Westelike-Pasifiese oseaan. 99 • Droër toestande as normaal bestaan oor die westelike kus van
Suid-Amerika. 99 (4 x 2) (8) 2.4 2.4.1 ʼn Warme droë wind wat aan die lykant van berge daal. 99
(Konsep) (1 x 2) (2) 2.4.2 Bergwind 9 (1 x 1) (1) 2.4.3 • Vogtige lug styg aan die windkant van die berg. 99
• Die lug sit uit en koel af. 99 • Enige vog wat in die lug vasgevang is, sal aan die windkant
van die berg uitstort. 99 (3 x 2) (6) 2.4.4 • Droogtes 9
• Brande/Vure 9 • Aardverskuiwings 9 • Oorstromings 9 (Enige 3 x 1) (3)
2.4.5 Koel droë lug sal aan die lykant daal en sal warmer word teen
1 °C/100 m. 99 Lug koel teen 1 °C/100 m aan die windkant soos dit styg. 99 (2 x 2) (4)
2.5 2.5.1 Sedimentêre 9 (1 x 1) (1) 2.5.2 A Eskarp helling 9 B Duikhelling 9 (2 x 1) (2)
(NOVEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 7
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
2.5.3 • Die eskarp helling is oor die algemeen steiler en erosie vind
plaas deur middel van plaatvloei en massa afvoer. 99 • Die duikhelling is meer geleidelik en minder erosie vind plaas
omdat die gesteentes meer weerstandbiedend is. 99 (2 x 2) (4) 2.5.4 • Cuestas het ʼn steiler eskarp helling met ʼn meer geleideliker
duikhelling of ʼn hoek van < 45°. 9 • Hogsbacks het ʼn steiler duikhelling, gewoonlik teen ʼn hoek van
tussen 25° en 45°. 9 (2 x 1) (2) 2.5.5 • Cuesta-koepel 9
• Cuesta-bekken 9 (2 x 1) (2) 2.5.6 • Duikhellings word vir boerdery gebruik. 99
• Artetiese waterbronne kan in cuestas voorkom. 99 • Daar kan ook olie en gas in cuesta-koepels voorkom. 99
(Enige 2 x 2) (4) 2.6 2.6.1 Grondkruip 9 (1 x 1) (1) 2.6.2 Droë grond / Fyn grond 9 (1 x 1) (1) 2.6.3 • Dit is die stadigste tipe massabeweging. 99
• Dit word geassosieer met grond wat droog geword het nadat verysing en ontdooiing van ys plaasgevind het. 99
(Enige 1 x 2) (2) 2.6.4 Dit sal aansienlike verplasing aan die onderkant van die helling
veroorsaak. 99 (1 x 2) (2) 2.6.5 • Die verwydering van minerale in mynbou aktiwiteite. 99
• Huise word op te steil hellings gebou. 99 • Hotelle word op die rand van die krans gebou vir beter see
uitsigte. 99 • Die los skiet van minerale. 99 • Ontbossing maak grond los en veroorsaak vinniger massa
aardvloei. 99 • Verkeerde padboumetodes en steengroewe aan die voet van
die helling. 99 (Enige 4 x 2) (8) [75]
8 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
VRAAG 3: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE, HULPBRONNE EN
VOLHOUBAARHEID
3.1 3.1.1 MEDC 9 3.1.2 LEDC 9 3.1.3 MEDC 9 3.1.4 LEDC 9 3.1.5 MEDC 9 3.1.6 MEDC 9 3.1.7 MEDC 9 3.1.8 LEDC 9 (8 x 1) (8) 3.2 3.2.1 Termiese energie 9 3.2.2 Ontginning 9 3.2.3 Konvensioneel 9 3.2.4 Nie-konvensioneel 9 3.2.5 Biogas-energie 9 3.2.6 Biomassa-energie 9 3.2.7 Hidrouliese-verbreking (Fracking) 9 (7 x 1) (7) 3.3 3.3.1 Dit is die waarde van alle goedere en dienste wat deur ʼn land
binne sy grense vir een jaar geproduseer is, insluitende die waarde van goedere en dienste van burgers wat buite die grense hul inkomste verdien het. 99 Die verskil lê daarin dat die bruto nasionale produk ook die inkome van buitelandse beleggings insluit. 99 (Konsep) (1 x 2) (2)
3.3.2 • Menslike ontwikkelingsindeks (MOI) 9
• Gini-koeffisiënt 9 • Handelsbalans 9 • Indiensneming/Werkverskaffing 9 • BBP/capita 99 (Enige 2 x 2) (4)
3.3.3 Afrika 99 (1 x 2) (2)
(NOVEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 9
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
3.3.4 Welgestelde lande in die Noorde en armer lande in die Suide. 99
(1 x 2) (2) 3.3.5 • Ekonomiese aanwyser statistieke word vir die hele kontinent
veralgemeen. 99 • In die ryk lande is daar arm mense en in die arm lande is daar
ryk mense. 99 (2 x 2) (4) 3.4 3.4.1 Rostow se ontwikkelingsmodel 99 (1 x 2) (2) 3.4.2 5 – Hoë massaverbruik 99 (1 x 2) (2) 3.4.3 • Industrialisasie 99
• Verstedeliking 99 • Ekonomiese volwassenheid word bereik 99 • Ekonomiese groei verbreed 99 (Enige 2 x 2) (4)
3.4.4 • Dit is gebaseer op Wes-Europese lande en is nie van
toepassing op lande uit Afrika en Asië nie. 99 • Dit het nie voorspel dat bevolkingsgroei die ekonomiese groei
sal oorskry nie. 99 • Dit het nie die uitbreiding van woestyne en
klimaatsverandering voorspel nie en hierdie faktore het die landboukundige vermoëns van sub-Sahara lande verlaag. 99
• Asië, die Midde-Ooste en Afrika het ander kulturele, klimaat, geografiese en sosio-ekonomiese waardes as die van VK en die VSA. 99
• Die ontwikkeling van Eerste Wêreldlande was afhanklik van die uitbuiting van die hulpbronne van Derde Wêreldlande. 99
• Derde Wêreldlande was weerhou van sosiale, ekonomiese en politieke mag om op dieselfde groeilyn te ontwikkel. 99
(Enige 4 x 2) (8) 3.5 3.5.1 Lugbesoedeling 9 (1 x 1) (1) 3.5.2 Swaweldioksied 99 (1 x 2) (2) 3.5.3 • Suurreën kan metaal korrodeer. 99
• Visse kan sterf as hulle in kontak met suurreën kom. 99 • Verwoes ekosisteme 99 • Veroorsaak dat bome doodgaan. 99 • Grond word onvrugbaar. 99 (Enige 2 x 2) (4)
10 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
3.5.4 • Verhoog long- en hartsiektes. 99
• Dit word verbind aan Alzheimer se siekte. 99 • Velsiektes. 99 (Enig 1 x 2) (2)
3.5.5 • Verminder ons afhanklikheid aan fossielbrandstowwe. 99
• Gebruik alternatiewe energiebronne. 99 • Verminder die vrystelling van motoruitlaatpype en gebruik
loodvrye petrol. 99 • Gebruik publieke vervoer. 99 • Bebossing 99 • Internasionale samewerking omdat suurgasse in een land
vrygestel word en in ʼn ander land suurreën veroorsaak. 99 (Enige 2 x 2) (4)
3.6 3.6.1 Dit is windenergie wat in elektriese energie deur middel van
windturbines en windpompe omgesit word. 99 (Konsep) (1 x 2) (2) 3.6.2 Nie-konvensionele energie 9 (1 x 1) (1) 3.6.3 Die gebruik van energiebronne wat nie kweekhuisgasse vrystel
nie. 99 (1 x 2) (2) 3.6.4 • Dit bederf die skoonheid van die oop platteland. 99
• Die geraas wat deur die turbines veroorsaak word kan mense steur. 99
• Die lemme van die turbines kan diere soos voëls en vlermuise verwoes en ʼn negatiewe impak op ekosisteme hê. 99
(Enige 2 x 2) (4) 3.6.5 • Mense is besorg oor die uitwerking van klimaatsverandering. 99
• Oliepryse het toegeneem. 99 • Regerings verskaf finansiële ondersteuning vir navorsing oor die
meer doeltreffende gebruik van nie-konvensionele energie. 99 • Wetenskaplikes maak vordering in die uitvinding van meer
doeltreffende maniere om nie-konvensionele energiebronne meer effektief te gebruik. 99
• Die bedreiging wat aardverwarming inhou. 99 • Meer rigiede implimentering van die Kyoto-protokol en ander
ooreenkomste. 99 (Enige 4 x 2) (8) [75]
(NOVEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 11
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
VRAAG 4 4.1 4.1.1 Kapitalisme 9 4.1.2 Modernisering 9 4.1.3 Tersiêre aktiwiteite 9 4.1.4 Lewensverwagting 9 4.1.5 Kindersterftes 9 4.1.6 Geïndustrialiseerde 9 4.1.7 Primêre aktiwiteite 9 (7 x 1) (7) 4.2 4.2.1 E Hidro-krag 9 4.2.2 F Koostofvoetspoor 9 4.2.3 G Aardverwarming 9 4.2.4 B Geotermiese energie 9 4.2.5 C Grond-degradering 9 4.2.6 D Despoliasie/Plundering 9 4.2.7 A Sonenergie/sonkrag 9 4.2.8 H Volhoubare energie 9 (8 x 1) (8) 4.3 4.3.1 Gemeenskaps-gebaseerde ontwikkeling handel oor verandering op
grondvlak deur die mense wie se lewens daardeur geraak word, eerder as ontwikkeling wat van buite kom of vanaf die regering. 99 (Konsep) (1 x 2) (2)
4.3.2 • Boere bring vrugte na ʼn sentrale punt. 99
• Daar word tamatiepasta, konfyt, sap en kaas in fabrieke gemaak. 99
• Verpakking- en bemarkingssentrums is werksaam. 99 (Enige 2 x 2) (4)
12 GEOGRAFIE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4.3.3 • Landboukundige-vaardighede 9
• Tegniese-vaardighede 9 • Bemarkingsvaardighede 9 • Bestuursvaardighede 9 (Enige 3 x 1) (3)
4.3.4 VOORDEEL
• Meer mense werk beter as minder om take te bereik. (1 x 2) (2)
NADEEL • Individualisme word onderdruk OF die kompeterende voordeel
gaan verlore. 99 (1 x 2) (2) 4.4 4.4.1 Privaat besigheid het ontwikkelingsprojekte wat vanaf plaaslik tot
nasionaal, geïnisieer. 99 (1 x 2) (2) 4.4.2 Die onttrekking van die staat vanaf dienste wat vereis word vir
ontwikkeling soos opvoeding, mediese sorg en inkomste sekerheid. 99 (Konsep) (1 x 2) (2)
4.4.3 Suid-Afrika het nie beperkings op handelsverhoudings met sekere
lande nie. 99 (1 x 2) (2) 4.4.4 Ja 9
• Die regering bevorder die koop en verkoop van goedere
sonder beperkings soos belasting of tariewe op goedere en dienste. 99
OF Nee 9 • Suid-Afrika is deel van ʼn globale mark en beperkings op seker
kommoditeite sal veroorsaak dat ander lande hulle eie beperkings op Suid-Afrika sal implementeer. 99 (1 + 2)
(LET WEL: Ja of Nee met die toepaslike respons is aanvaarbaar) (3)
4.4.5 Uitdagings sluit in, maar is nie beperk tot:
• Vlakke van armoede. 99 • Swak opvoedingstelsels. 99 • Swak mediese- en vervoerstelsels. 99 • Hoë vlakke van grondstof uitvoere. 99 • Vervaardigde goedere word ingevoer. 99 • Hoë vlakke van skuld as gevolg van finansiële hulp. 99 (Enige 4 x 2) (8)
4.5 4.5.1 Uraan 9 (1 x 1) (1)
(NOVEMBER 2014) GEOGRAFIE V1 13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4.5.2 Om te verseker dat die verhoogde aanvraag na energie in die
Wes-Kaap voldoende is. 99 (1 x 2) (2) 4.5.3 Radio-aktiewe afval 9 (1 x 1) (1) 4.5.4 • Buite Kaapstad geleë. 99
• Geen hoë geboue mag in die omgewing gebou word nie. 99 • Die kragstasie is omring deur ʼn uitgebreide natuur-
reservaat. 99 • Kernreaktors word deur water uit die Atlantiese oseaan
afgekoel. 99 (Enige 2 x 2) (4) 4.5.5 • Kernkrag kan energie produseer as steenkool en olie uitgeput
raak. 99 • Dit is ʼn volhoubare bron van energie omdat klein hoeveelhede
uraan gebruik. 99 • Minder kweekhuisgasse word vanaf kernkragsentrales
vrygestel. 99 • Die produksie van kernenergie word nie deur veranderde
weerstoestande geaffekteer nie. 99 • Die lopende koste van kernkragsentrales is baie laag. 99 • Nuwe generasie kragkragsentrales is goedkoper, veiliger en
meer betroubaar. 99 • Afvalstowwe vanaf kernkragsentrales kan ondergronds gestoor
word. 99 (Enige 4 x 2) (8) 4.6 4.6.1 Masjinerie en prosesse wat minder besoedeling
veroorsaak en gebruik ook minder nie-hernieubare hulpbronne. 99 (Konsep) (1 x 2) (2)
4.6.2 • Verander die brandstofmengsel. 99
• Gebruik beskikbare energie meer effektief. 99 (2 x 2) (4) 4.6.3 OMGEWING
• Verminder koolstofvrystellings en plaaslike lugbesoedeling. 99
• Verbeter die vlakke van omgewings gesondheid. 99 • Skep ʼn meer estetiese aantreklike omgewing. 99 (Enige 2 x 2) EKONOMIES
• Verlaag die koste van energie. 99 • Verander menslike gedrag oor vlakke van verbruik en
prysing. 99 • Bemark energie effektiewe toebehore. 99 (Enige 2 x 2) (4)
[75] TOTAAL: 225