Post on 13-May-2022
TELNO: 016 341 3165
FAKSNO: 016 341 3987
DATUM: 5 - 10 Augustus 2019 UITGAWE 17 van 2019
ADRES: JACOBS STRAAT 1
HEIDELBERG
GAUTENG
POSADRES: POSBUS 215
HEIDELBERG
1438
E-POS:
hvhadmin@lantic.net
BELANGRIKE DATUMS
Maandag, 5 Augustus 2019
LANDLOOP: Liga-bepaling te Hoërskool Dr. Malan
5 - 10 Augustus 2019
Donderdag, 8 Augustus 2019
Toetsreeks Gr.8 - 12
Gr.12 Gasvryheidstudies PAT
Vrydag 9 Augustus 2019
VROUEDAG
Saterdag, 10 Augustus 2019
RUGBY:
1ste span Virsekerbeker (semi-finaal) teen H/s Middelburg (weg)
0/16 A Virsekerbeker (semi-finaal) teen H/s Florida (weg)
0/14 A Virsekerbeker (semi-finaal) teen H/s Jeugland(weg)
Die Voorbereidende Eksamen vir die graad 12-leerders begin 13 Augustus 2019. Dit is elke graad 12-ouer/voog
se verantwoordelikheid om seker te maak dat u kind(ers), ure agter die lessenaar sal deurbring. Die harde werk
nou, sal vrugte afwerp vir die finale eksamen. Baie sterkte aan elke graad 12-leerder!
Ouers/voogde van graad 12-leerders moet kennis neem dat die Afrikaans Huistaal (vraestel 3) in die
Voorbereidende Eksamen wat op 15 Augustus 2019 geskryf sou word, verskuif na 13 Augustus 2019 om 09:00.
Die Toetsreeks het alreeds op 30 Julie 2019 begin. U as ouer/voog moet toesien dat u kind(ers) deeglik
voorberei vir elke vraestel wat in die toetsreeks geskryf word.
Die volgende graad 12-leerders is vir die Distrik se “Grade 12 Awards Ceremony” genooi.
Die seremonie vind plaas op 06 September 2019 te NWU Vaalkampus om 14:00. Baie geluk!
8 onderskeidings:
Human van der Merwe; Zonika Vorster
7 onderskeidings:
Anika Bothma
6 onderskeidings:
Kallyn van der Spuy; Johgemus van der Vyver; Wian Wiersma
5 onderskeidings:
Carissa Breytenbach; Casandra du Toit; Marionne Nel; Shane Strydom, Meagan Thompson
4 onderskeidings:
Geo-Mari Adendorff; Dewald Kloppers; Claudia Oosthuizen; Sonique Rock, Zylia Schultz;
Christiaan Steenekamp; Johannes van Buuren; Aidan Venter
3 onderskeidings:
Hanko Beyers; Morgan Fourie; Marlou Froneman; Rudolf Henning; Lara Jobe, Nicole Jordaan;
Charmien Maloney; Melissa Nel; Adriaan Pieters; Joshua Swart, Tiaan Pretorius; Marlé Viljoen
Dinsdag, 6 Augustus 2019
Toetsreeks Gr.8 - 12
Bloedskenk
Netbal: Fast 5 liga-bepaling te H/s Transvalia
Krieket: 0/14 A teen H/s Sasol (tuis)
Woensdag, 7 Augustus 2019
KRIEKET: 2de span liga-bepaling teen H/s Drie Riviere (tuis)
AKADEMIE
PERSONALIA
Dit is met leed dat ons die Volkie-skoolgemeenskap meedeel van die afsterwe van mev. Angelique Visser op
30 Julie 2019, Mev. Visser was hart en siel ‘n Volkie en was ongelooflik trots en presies op haar werk in die
Mediasentrum. Met haar afsterwe laat sy ‘n groot leemte by Volkieland. Mev. Visser se nalatenskap sal lank bly leef by
Volkieland met die implementering van ons doeltreffende sisteem rakende die inneem en uitreik van handboeke wat sy
self geïmplementeer het. Baie sterkte aan haar twee kinders, Natalie Visser (graad 10) en Tristan Visser (graad 12) wat
groot hartseer ervaar. Dit is ons gebed dat ons Hemelse Vader hulle in die holte van Sy hand sal vashou en help om
die trane van hartseer af te vee.
Op Maandag, 5 Augustus 2019, het die graad 10-leerders hul harte oopgemaak teenoor die gemeenskap. Ons weet dat
liefdadigheid altyd plaaslik begin, dus het ons “Freedom Recovery Centre” te Nigel asook “Lesedi Community
Centre”besoek . Jou huis is waar jou hart is en ons harte is ongetwyfeld aan hierdie mense uitgeleen.
Hierdie uitstappie was ‘n ontnugtering wat ons almal laat besef het dat jy altyd die mag het om te sê: Dit is nie hoe my
storie sal eindig nie”. Dit was ‘n inspirasie, om die minste daarvan te sê; wat jou met vreugde en trots vervul vir mense
wie se dryfkrag om gerehabiliteer te word, net nooit ophou nie. Baie dankie aan juffrou van Schalkwyk en meneer
Wilhelm Swanepoel wat ons vergesel het en die uitstappie moontlik gemaak het. Mag ons konstant dankbaar wees vir
alles wat ons het en besef dat wanneer ons op die goeie goed fokus, die goeie goed selfs beter word.
Geskryf deur Tarien Trollip (Gr.10)
GRAAD 10’S BESOEK “FREEDOM RECOVERY CENTRE” EN “LESEDI COMMUNITY CENTRE”
ALGEMEEN
UIT DIE HOOF SE KANTOOR
Elke ingeskrewe leerder is ‘n ambassadeur van Hoër Volkskool en daarom is die voorkoms van ons leerders ‘n prioriteit. U as ouer/voog moet
toesien dat u kind(ers) nie die huis soggens verlaat indien hulle nie volgens die skoolreëls geklee is nie. Indien u kind die kleredragreël oortree,
sal u as ouer/voog gekontak word om u kind(ers) na voogperiode te kom haal. As u kind goed lyk, voel hy beter en dan presteer hy ook beter.
Ouers/voogde wie se skoolgelde agterstallig is, moet so gou moontlik betaal of die finansiële kantoor kontak. Baie dankie aan al die
ouers/voogde wat hulle skoolgelde elke maand getrou betaal of wat reeds vir die jaar vooruitbetaal is. Die geldsake van Hoër Volkskool kan net
gesond wees indien ouers/voogde hulle verpligtinge rakende die betaling van hulle kind(ers) se skoolgelde nougeset nakom.
Die Fotodag vind op 12 Augustus 2019 plaas en sal stiptelik om 09:00 na die toetsperiode begin. Dit is belangrik dat al ons leerders by die
skool sal wees en die korrekte drag vir die onderskeie aktiwiteite sal saambring. Hierdie foto’s wat geneem word sal gebruik word vir die
samestelling van die jaarblad. Hoër Volkskool is een van min skole in die land wat al die jaarblaaie sedert sy onstaan gepubliseer het. Ons wil ons
Volkieouers/voogde aanmoedig om vanjaar die jaarblad te bestel.
Die Mnr. en Mej. Volkie vind op 28 Augustus 2019 in die koshuissaal om 18:30 plaas. Indien u belangstel om hierdie aand by te woon kan u
die kaartjies by die onderskeie finaliste koop. Mev. E Dalhouzie is die organiseerder van die aand en het reeds beloof dat dit ‘n aand gaan wees
wat nie gemis mag word nie. Koop dus u kaartjie om teleurstelling te voorkom!
Die pawiljoen se sitplekke is van asbes en ons wil dit graag met geskikte staalplate vervang. Na die veiligheidsoudit deur
“Ecology SA-Pty Limited” is die aanbeveling dat die asbesplate so gou moontlik vervang moet word. Dit gaan ‘n deurlopende proses wees om
die asbesplate met staalplate te vervang. Die plaatafmetings (2 x sitplekke) is 1 250mm x 650mm x 3mm. Die kostes beloop R450-00 per plaat.
Leerders van ouers/voogde wie ‘n staalplaat borg se naam sal teen die muur van die pawiljoen aangebring word.
Ons tema vir die week is: “n Positiewe houding maak alle laste lig”. Om die heeltyd negatief te praat en op te tree, plaas ‘n swaar las
op ons skouers. Daar is baie dinge waaroor ons in elk geval nie beheer oor het nie en hoekom ons nie onnodige tyd en energie
daaraan moet spandeer nie. Ons het wel beheer oor onsself as dit kom by ons gesindheid en ingesteldheid teenoor mense en die
lewe. Daar sal altyd uitdagings wees, maar dit is hoe ons daardie uitdagings hanteer., wat die verskil maak.
Elkeen van ons se LEWENSUITKYK bepaal hoe ons die lewe beleef. Om positief te wees wek energie. Dave Weinbaum het die volgende gesê: “The memories of tomorrow depend on your attitude today”. Sterkte vir die week!
DUVENHAGE Verushke 1 92.00
SPRONG André 2
LABUSCHAGNE Gerhardus 3
HANCKE Carli 4
PIETERS Dené 5
MOLL Simoné 6
SCHULTZ Lianthe 7
VAN TONDER Marli 8
GRUNDLING Liané 9
DU TOIT Neveah 10
GR.8
GR.9
FOURIE Miné 1 90.44
DE VILLIERS Lisa-Marié 2
CLOETE Alisna 3
KOTZE Karli 4
SCHOEMAN Marli 4
GANI Mohamed 6
DU PLESSIS Maria 7
LUBBE Jordan 8
MARÉ Herman 9
SCHOEMAN Izelle 9
PRESTASIES: AKADEMIE TOP 10
TROLLIP Catharina 1 89.75
CORNELIUS Johanna 2
THORBURN Robinn 3
GROBLER Stefan 4
VISSER Natalie 5
PRINSLOO Megan 6
OOSTHUIZEN Celine 7
VAN DER SPUY Cade 8
BOTHMA Jana 9
BARNARD Ruan 10
GR.10
VAN ZYL Beulha 1 89.14
DU PLESSIS Johannes 2
VAN WYK Petronella 3
BOTHA Zoe-Luise 4
VAN SCHALKWYK Kate 5
COETZEE Lindie 6
PRETORIUS Johann 7
BAIRD Ethan 8
REINECKE Andri 8
TE BAERTS Tonia 10
GR.11
PRESTASIES: AKADEMIE TOP 10
GR.12
VAN DER MERWE Human 1 90.63
BOTHMA Anika 2
VORSTER Zonika 3
VAN DER SPUY Kallyn 4
WIERSMA Wian 4
THOMPSON Meagan 6
VAN DER VYVER Johgemus 7
STRYDOM Shane 8
VAN BUUREN Johannes 9
OOSTHUIZEN Claudia 10
PRESTASIES: SKAAK
Hoër Volkskool se 0/15 en 0/19 skaakspanne het 3 Augustus aan die D7-finale te Phoenix High
deelgeneem en as ligawenners uit die stryd getree. Die skaakspelers kwalifiseer dan ook om aan die
Gauteng Skole Skaakkampioenskappe op 24 Augustus 2019 deel te neem. Baie geluk!