Post on 08-Jan-2020
Gereformeerde Kerk Innesdal
80 Jaar van Genade
JUNIE 2018
JAARGANG 9 NOMMER 6: JUNIE 2018
Redaksielede en medewerkers
Naam Telefoon E-posadres
Seakle Godschalk 082 395 7582 seakle@ess-sustainability.co.za
Frans du Plessis 082 881 8280 frans.duplessis56@gmail.com
Corrie Pretorius 072 741 7829 info@gksa-innesdal.co.za
Elsa Godschalk 012 335 4810 godschal@mweb.co.za
Medewerkers:
Hermien Söhnge 073 822 9333 hersohn@absamail.co.zo
Kerkkantoor
Sr Hettie Beetge: info@gksa-innesdal.co.za, tel 012 331 1230, faks 086 275 6815
Kantoor is in die huis langs die kerk.
Tye: Maandag (0800-1200), Woensdag (0800-1200) en Vrydag (08:00-13:00)
Webadres: www.gksa-innesdal.co.za
Advertensies Besigheidsadvertensies kos R55 per kwartbladsy of R90 per halfbladsy per uitgawe.
U advertensie sal ook op die webblad geplaas word. Lidmate wat nie-
besigheidsdienste wil adverteer, kan dit gratis onder Klein Advertensies doen.
Bankbesonderhede
Lidmate wat bydraes direk in die kerk se bankrekening wil inbetaal, kan dit doen by
Absa, Tak: Ben Swartstraat, Rekeningnommer 050341801, naam Gereformeerde Kerk
Innesdal (gebruik asb u naam as verwysing vir die inbetaling).
Die Wingerdstok (of wynstok)
“Ek is die ware wynstok, en My Vader is die landbouer. Elke loot wat in My nie vrug
dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer
vrug kan dra.”
“Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want
sonder My kan julle niks doen nie.” Joh 15: 1, 2 en 5
1
INHOUDSOPGAWE
1. Van die Redaksie 1
2. Skrifoordenking 2
3. Lief en leed 4
4. Welkom 5
5. Afskeid 5
6. Vanaf die Jeug (Verhoudings Deel 1) 6
7. Jeug Bybelstudie 11
8. Basaar 2018 12
9. Wysigings op die jaarprogram 12
10. Kenmekaar: Chris en Jakkie Human 12
11. Die Hervorming (5): Maarten Luther 14
12. Philippus Jacobus Wilhelmus Schutte (3) 18
13. HIerdie woorde staan geskryf … 27
Van die redaksie
Lidmate wat verkies om Die Wingerdstok per epos te ontvang in
plaas van ‘n hardekopie, word versoek om br Seakle Godschalk
by seakle@ess-sustainability.co.za in kennis te stel.
2
OORDENKING
[By opening van die Ope Dag van die Gereformeerde Skool Dirk
Postma op 24 Mei]
Lees: Deuteronomium 6 (spesifiek vers 6 en 7)
Sing: Psalm 1:1+2
Geliefdes in ons Here Jesus Christus,
Gereformeerde onderwys is nie ‘n nuwe ding nie. Dit is nie iets wat
omtrent 30 jaar terug ontstaan het met die oprig van die
Gereformeerde Skool Dirk Postma nie.
Nee, in Deuteronomium 6 lees ons al van gereformeerde onderrig.
Hierdie hoofstuk is net na die herhaling van die 10 gebooie in
Deuteronomium 5. Moses het dit herhaal net voor die volk die
beloofde land ingetrek het. Die 40 jaar in die woestyn was nou
verby, en die Israeliete sou binnekort ‘n nuwe begin kon maak in
die beloofde land.
Wanneer die volk nou die land in besit neem, sal hulle nog steeds
moet voortgaan met hul diens aan God. God sal nog steeds
gedien moet word. Nie net deur hulle nie, maar ook deur hulle
kinders en kleinkinders, dwarsdeur die generasies. Daarom word
hulle opgeroep om hul kinders in die vrees van die HERE op te
voed. Die ouers moes hul kinders dit inskerp, of hulle nou sit, loop,
lê of opstaan. Alles moet deel uitmaak van die verbondskinders se
opvoeding, sodat alles wat God hulle beveel het ook in die
kinders se hart sal wees. ‘n Gelowige nalatenskap van die ouers
moet in die kinders sigbaar wees.
Ons lees byvoorbeeld in Josua 4 hoe daar ‘n monument
bestaande uit 12 klippe opgerig is. Dit is om te gedenk dat die
HERE sy volk deur die Jordaan op droë grond gelei het. In vers 6
en 7 van hierdie hoofstuk lees ons dat hierdie monument gedien
het om aan die kinders te vertel wat die HERE hier gedoen het.
3
God se groot verlossingsdaad aan die volk Israel waarmee Hy aan
hulle die beloofde land geskenk het.
In die Joodse tradisie was dit die gewoonte met Pasga dat die
oudste kind van die gesin die pa gevra het om te vertel hoe die
HERE sy volk uit die slawehuis van Egipteland gelei het. Daarna het
die pa alles van God se werk in die uittog uit Egipte, die tog deur
die Rooisee, die 40 jaar in die woestyn en die inneem van die
beloofde land aan sy kinders vertel. Nog ‘n voorbeeld van
geloofsopvoeding in die Ou Testament.
In die Nuwe Testament het God nog groter verlossingsdade vir
ons, sy kinders gedoen. Christus het deur sy kruisdood ons uit die
slawehuis van die sonde gelei. Daarom moet ons die HERE dien in
alles wat ons doen, sy Woord moet in ons hart wees. Ons kinders
moet met hierdie Woord opgevoed word, hulle moet Bybelse
onderrig kry.
Die huis is die eerste plek waar hierdie onderrig gegee word. Om
die etenstafel onder andere. Op Sondae moet die ouers hul
kinders kerk toe neem, sodat hulle daar ook onderrig kan word. En
deur die week na katkisasie.
Die skool is egter ook ‘n baie belangrike plek vir Bybelse onderrig,
want ‘n groot deel van ‘n kind se lewe bestaan uit skool toe gaan.
By die skool moet hulle (en ek natuurlik ook) opgevoed word in
die vrese van die HERE. Om anders te wees as die wêreld
waarvan ons ook in Deuteronomium 6 lees. Nie agter ander gode
aan te loop soos rykdom, die wetenskap, die wêreld of my eie ek
nie. Hier by die skool leer ons hoe om God te dien. As ons nou sit,
loop, lê of opstaan. Wanneer ons nou Bybel, Kerkgeskiedenis,
Wiskunde, Wetenskap, Afrikaans of Biologie het.
GSDP is nie volmaak nie. Ons moet dit in alle nederigheid erken.
Maar deur die Heilige Gees sal God ons al hoe meer maak soos
wat Hy wil hê ons moet wees. Dit doen Hy deur die Bybel, daarom
is gereformeerde onderwys so belangrik.
4
Dit is nie ‘n nuwe ding wat Dirk Postma doen nie. Nee,
Gereformeerde onderrig is al meer as 3000 jaar terug deur God in
sy Woord ingestel. Want God is so lief vir sy verbondsjeug, in die
doop het hy al na hulle (eintlik ons almal) uitgereik en hierdie
goeie werk wil Hy voortsit.
[Hierdie opening is waargeneem deur Jonathan Boon, ‘n graad 12 leerling
van die Gereformeerde Skool Dirk Postma.]
LIEF EN LEED
Sr Christine Olivier het ‘n groot operasie ondergaan om ‘n gewas
te verwyder.
Baie geluk aan br Robert Smith en sr Monique Brink met hulle
belydenis van geloof op 28 Mei.
Sr Hester Smith se broer is oorlede.
Sr Carol van der Walt se moeder is baie swak en sy versorg haar by
hulle huis.
Sr Mina Booyens se agterkleinkind is al geruime tyd (14 weke) in
die hospital na haar blindederm gebars het. Sy is nog baie swak
maar haar toestand is besig om te verbeter. Daar was ook ‘n
beriggie in die Rekord.
Sr Magriet Steenekamp het geval en haar heup in die potjie
gebreek en is nou permanent in die sorgeenheid by Huis
Ebenhaezer.
Br Gerrie Vermaak moet nou gereeld suurstof gebruik; hy en sr Elsa
Ströh verduur baie pyn en ongerief weens kanker.
Sr Anna de Beer was omtrent drie weke in die bed weens griep.
Ons is bly sy het weer herstel en kon weer kerk toe kom.
5
Sterkte vir sr Salome Gillam wie se man ongemak verduur weens
gordelroos.
Sr Wilma Viljoen het ‘n handoperasie ondergaan en sterk nou tuis
aan.
Br Seakle Godschalk het onlangs by ‘n myn in die Cabo Delgado
provinsie in Mosambiek opleiding aangebied. Die week daarna
het islamitiese terroriste 10 mense in dieselfde provinsie onthoof.
Sr Ina Leuvennink het van ‘n leer geval en beentjies gebreek.
Baie geluk aan sr Andri Viljoen en br Greg Abbott wat verloof
geraak het.
Frans du Plessis
WELKOM
Br Robert Smith en sr Monique Brink het belydenis van geloof
afgelê en is in die gemeenskap van die kerk opgeneem.
Brs William Smith en Werner Joubert is as diakens bevestig. Brs
Louis Buys en Andries Buys is as ouderlinge bevestig. Die broeders
word seën op hul ampswerk toegebid.
Sr Elsie Pienaar het vanaf die GK Meintjeskop by ons aangesluit.
AFSKEID
Br Gerrie Vermaak het losmaking uit die amp van ouderling
ontvang.
Br Pierré Buys het na die GK Oranjerivier vertrek.
6
Vanaf die Jeug
Verhoudings – Deel 1
“Laat Niemand jou jonkheid verag nie, maar wees’n voorbeeld vir
die gelowiges in die woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof,
in reinheid.” – ( 1Tim 4:12)
Hierdie was die tema van die Wonderjeugkamp wat sommige van
die jeug so ‘n maand of twee gelede bygewoon het. Uit
verskillende kerke het sowat 70 jongmense by “Die Hoekie”
bymekaar gekom vir ‘n naweek om meer te leer oor verhoudings
en hoe die Bybel jou grondlegging van enige verhouding is. Of dit
nou ‘n liefdesverhouding is met jou kêrel/meisie, of jou verhouding
met jou ouers, vriende, familie. Hierdie is ‘n tema waaroor die jeug
nie graag praat nie, wat onderlangs as n ekstra gedagte beskou
word en meer uit ‘n wêreldse oogpunt bekyk word in plaas van ‘n
Bybelse oogpunt.
Die begeerte om by iemand spesiaals
te wees—en om by iemand te wees
wat dink dat jy spesiaal is—kan
ongelooflik sterk wees. “Die
begeerte om ’n meisie te hê, word
elke dag sterker, en dit is so moeilik
om te hanteer!” sê een tienerseun.
Sommige begin reeds op ’n vroeë
ouderdom verhoudings aanknoop.
’n Opname wat deur die tydskrif Time
gedoen is, het byvoorbeeld getoon dat
25 persent van die 13-jariges alreeds met iemand “uitgaan of in ’n
verhouding is”. Dink jy dat hulle gereed was daarvoor? Is jy
gereed om met iemand uit te gaan? Om dit te beantwoord,
moet ons eers kyk na ’n eenvoudiger vraag.
7
Hoekom wil ek ‘n verhouding aanknoop?
Om met iemand uit te gaan, word in baie kulture beskou as ’n
aanvaarbare manier waarop twee mense mekaar beter kan leer
ken. Maar sulke verhoudings behoort ’n edele doel te hê—om ’n
jong man en vrou te help om uit te vind of hulle geskikte
huweliksmaats vir mekaar sal wees. Waarom?
Die Bybel gebruik die uitdrukking “bloei van die jeug” om die
tydperk te beskryf wanneer seksuele drange en romantiese
gevoelens sterk word (1 Korintiërs 7:36). As ’n mens baie assosieer
met een spesifieke persoon van die teenoorgestelde geslag terwyl
jy nog in “die bloei van die jeug” is, kan dit hierdie begeertes
aanwakker en maak dat jy op die harde manier die wysheid leer
van Galasiërs 6:7: “Wat ’n mens saai, dit sal hy ook maai.”
Dalk het van jou portuurs verhoudings al is hulle glad nie van plan
om te trou nie. Hulle beskou hulle vriend van die teenoorgestelde
geslag miskien bloot as ’n trofee of ’n bykomstigheid met wie hulle
in die openbaar gesien wil word om hulle selfbeeld ’n hupstootjie
te gee. Om so met iemand se gevoelens te speel, is gemeen, en
dit is nie verbasend dat sulke verhoudings dikwels van korte duur is
nie. “Baie jongmense wat uitgaan, verbreek ’n week of twee later
weer die verhouding”, sê ’n jong meisie met die naam Heather.
“Hulle begin verhoudings as iets tydeliks beskou—wat hulle in
sekere sin eerder vir ’n egskeiding as vir die huwelik voorberei.”
Om net vir die pret af te paar of met iemand uit te gaan net om
te kan sê dat jy ’n kêrel of ’n meisie het, kan maklik tot gekwetste
gevoelens lei. Neem byvoorbeeld Eric, wat op 18-jarige
ouderdom heel onskuldig met ’n meisie ’n verhouding gehad het
wat volgens hom net ’n hegte vriendskap was. Toe besef hy dat
die vriendskap vir haar meer beteken. “Sjoe! Ek was baie verbaas
om te sien hoe vinnig sy ernstig geword het”, sê Eric. “Ek het regtig
gedink ons is net vriende!”
Dit is natuurlik nie verkeerd om in groepsituasies waar daar
gepaste toesig is, met persone van die teenoorgestelde geslag te
assosieer nie. Maar dit is beter om te wag totdat jy verby die bloei
8
van die jeug is en jy in ’n posisie is om ernstig aan trou te dink
voordat jy met iemand begin uitgaan. Dit is wat ’n jong meisie
met die naam Chelsea besef het. “’n Deel van my wil sê dat
verhoudings net vir die pret moet wees”, erken sy, “maar dit is
glad nie pret wanneer een persoon dit ernstig opneem en die
ander nie.”
Is ek/ons al volwasse genoeg om ‘n verhouding te begin?
▪ Op watter ouderdom dink jy is dit gepas vir ’n jongmens om ’n
verhouding te hê? ․․․․․
▪ Vra nou een of albei van jou ouers dieselfde vraag, en vul hulle
antwoord in. ․․․․․
Die eerste syfer wat jy neergeskryf het, is waarskynlik laer as die
tweede. Of dalk nie! Jy is dalk een van die talle jongmense wat
verhoudings wyslik uitstel totdat hulle oud genoeg is om hulleself
beter te ken. Dit is wat ’n jong Christen met die naam Sondra
besluit het om te doen, selfs al is sy volgens die wet oud genoeg
om te trou. Sondra sê: “As ’n mens met iemand uitgaan, wil jy hê
dat hy jou moet leer ken. Maar hoe kan jy verwag dat iemand
anders jou moet leer ken, as jy jouself nie ken nie?”
Danielle, 17, voel dieselfde. Sy sê: “As ek dink aan wat ek twee
jaar gelede in ’n potensiële maat sou gesoek het, verskil dit
hemelsbreed van waarna ek nou sal soek. Om die waarheid te sê,
vertrou ek myself nie eens op hierdie stadium om so ’n besluit te
neem nie. Eers wanneer ek voel dat my persoonlikheid ’n paar
jaar lank stabiel was, sal ek daaraan dink om ’n verhouding aan
te knoop.”
Dit is ongelooflik belangrik en ek kan dit nie genoeg beklemtoon
nie: JY MOET EERS JOUSELF KEN. Jy kan nie en sal nie ‘n gesonde
verhouding kan hê as jy jouself nie ken nie. Dan kry jy mense wat
sê dat hulle mekaar sal ondersteun en mekaar sal help om hulle
self te leer ken. Dit is bitter gevaarlik. Jy kan nie iemand anders
leer ken as jy nie eers jouself ken nie, en iemand anders kan ook
nie vir jou sê wie jy is nie. Wanneer jy jouself ken, sal jy jou
verhouding met God kan verbeter en wanneer jou verhouding
9
met God reg is, dan sal Hy jou help om die perfekte lewensmaat
te kies en om hom/haar te leer ken deur die wil en Woord van
God.
“Ek voel soms jaloers op paartjies wat uitgaan—selfs op getroude
paartjies. Maar ’n mens gaan nie met iemand uit net vir die pret
nie. As jy dit doen, is jy besig om met iemand se hart te speel. Ek
dink dat die doel van ’n verhouding is om uit te vind of iemand
werklik die persoon is met wie jy wil trou.”—Blaine, 17.
“Ek dink nie dat ’n mens met seuns moet uitgaan net om te ‘oefen’
vir wanneer jy iemand ontmoet van wie jy werklik hou nie. Dit sal
net seergemaakte gevoelens veroorsaak.”—Chelsea, 17.
“Ek dink regtig dat ’n mens oud genoeg moet wees om te trou
voordat jy begin uitgaan. Anders sal dit wees asof jy na ’n
onderhoud gaan vir ’n voltydse werk terwyl jy nog op skool is en
glad nie van plan is om die werk te aanvaar nie.”—Sondra, 21.
Aangesien ’n verhouding ’n trapklip is wat na die huwelik lei, sal
dit verstandig wees om jou af te vra of jy die verantwoordelikheid
van die getroude lewe—of selfs van vader- of moederskap—kan
dra. Hoe weet ’n mens of jy gereed is daarvoor? Kyk na die
volgende.
▪ Verhoudings. Hoe behandel jy jou ouers en jou broers en susters?
Verloor jy dikwels jou selfbeheersing met hulle, en gebruik jy dalk
kwetsende of sarkastiese woorde om ’n punt te maak? Wat sal
hulle oor jou sê in hierdie verband? Hoe jy teenoor gesinslede
optree, is ’n aanduiding van hoe jy ’n huweliksmaat sal behandel.
(Efesiërs 4:31, 32).
▪ Finansies. Hoe goed werk jy met geld? Is jy altyd in die skuld?
Kan jy ’n werk behou? Indien nie, waarom nie? Is dit as gevolg
van die werk? Of die werkgewer? Of is dit omdat jy die een of
ander ongewenste eienskap het? As jy nie jou eie finansies
verantwoordelik kan behartig nie, hoe sal jy dit vir ’n gesin kan
doen? (1 Timoteus 5:8).
10
▪ Geestelikheid. As jy een van Jehovah se Getuies is, watter
geestelike eienskappe het jy? Neem jy die inisiatief om God se
Woord te lees, om in die bediening uit te gaan en om aan
Christelike vergaderings deel te neem? As jy nie jou eie
geestelikheid in stand hou nie, hoe sal jy ’n huweliksmaat kan
aanmoedig om dit te doen? (2 Korintiërs 13:5).
Dit is maar net ’n paar van die dinge wat jy in ag moet neem as jy
dit oorweeg om ’n verhouding aan te knoop en te trou. Intussen
kan jy in gepaste groepsituasies met persone van die
teenoorgestelde geslag assosieer. As jy later besluit om met
iemand uit te gaan, sal jy ’n beter idee hê van wie jy is en wat jy in
’n lewenslange huweliksmaat nodig het.
Hier volg nog vrae wat gereeld gevra word. Ek gaan elkeen nog
beantwoord in die komende publikasies.
● Ken ek hom/haar goed genoeg as vriend om die verhouding
verder te vat?
● Is dit wys om nou ‘n verhouding aan te knoop?
● Hoe gaan so ‘n verhouding my lewe, vriende, studies en werk
beïnvloed?
● Wat gaan ek/ons doen om die verhouding God-gesentreerd te
hou?
● Hoe gaan ek/ons konflik in die verhouding hanteer?
● Hoe gaan ek maak as die verhouding op die rotse loop?
● Wat gaan ek/ons doen om God te soek, en in God te groei deur
die verhouding?
(word vervolg)
Johan Reesink (Jeugkommissie)
11
Jeug Bybelstudie
Ons het aan die begin van die jaar goed afgeskop met ‘n lekker
klompie jeug wat die Bybelstudie bywoon. Ons het begin met
Matteus 1 en deur die jaar goed gevorder. Ons het by Matteus 6
vir ‘n week of twee stilgestaan om die Onse Vader in diepte te
bespreek en te ontleed wat elke bede vir ons beteken en hoe ons
dit moet gebruik in ons ander gebede. Ons het tot die besef
gekom dat niemand van ons eintlik genoeg bid nie. Ons sien dit
as net ‘n “byvoordeel”. Die Gebed wat Jesus Christus vir ons leer
in Matteus 6 is ‘n goeie riglyn vir hoe ons gebede moet lyk, Dit is
amper soos ‘n formule wat vir ons gegee is van hoe ons gebede
moet lyk en ingerig moet word. Ons moet seker maak dat ons van
jonks af reg leer om te bid sodat ons eendag ons huisgesin reg
kan lei in Woord en Gees.
Die Jeug Bybelstudie is Woensdag-aande 18:30 in die konsistorie.
Die groep bestaan uit Jeug vanaf 13 jaar oud tot student. Ons
begin die aand met Bybelstudie waarna ons saam lekker koffie
drink en kuier waarna almal weer verdaag. Ons probeer
gewoonlik so ‘n hoofstuk per aand te behandel. Ek self lei die
Bybelstudie wat die jongmense geleentheid gee om makliker vrae
te vra oor dinge wat hulle nie verstaan nie. Dit is baie maklik om
onder mekaar oor sekere dinge te praat as ons almal min of meer
dieselfde ouderdom is. Vir my persoonlik is Bybelstudie ‘n
ongelooflike belangrike punt omdat dit ‘n geleentheid is waar ons
as gelowiges bymekaar kan kom en Die Woord van God, Die een
vir wie ons lewe en werk, te kan bespreek en hoe ons Sy Woord
kan gebruik in ons daaglikse lewe. Daarom wil ek vra dat die
ouers hul kinders aanmoedig om wel Bybelstudie toe te kom. Ons
is huidiglik gemiddeld 7 jongmense wat gereeld die Bybelstudie
bywoon, maar ek is seker daar is baie meer as sewe jeuglidmate
in die gemeente.
Kom woon Bybelstudie by en leer meer van God en jou naaste.
Groete
Johan Reesink (Jeugkommissie)
12
Basaar 2018
Dankie aan almal wat hard gewerk het om die basaar ‘n sukses te
maak. Ons weet daar is maande voor die tyd al naaldwerk
gedoen en weke se gebak om te verkoop. Ook aan almal wat
kaartjies verkoop het vir die ontbyt.
WYSIGINGS OP JAARPROGRAM
Br Werner Joubert het na 19de Laan 682 verhuis. Sy nuwe
selnommer is 082 897 3533. Hy is nou wyk 7 ingedeel.
Br Jaco en sr Vennessa Ströh is terug van Vanderbijlpark en bly
nou in Afonsowoonstelle 306, h/v 30ste Laan en Hertzogstraat,
Villieria, 0186. Selnommers: 082 641 7617 en 084 215 7477.
E-posadres: jacostroh80@yahoo.co.za
Br Frans Spang se nuwe selnommer is 083 653 5367.
Br Tobie le Roux se nuwe selnommer is 072 546 8453.
Nuwe lidmate:
Br Robert Smith, Suikerbekkiestraat 70, Jan Niemandpark, 0186.
Selnommer: 071 474 1646. E-posadres: robert.smith746@gmail.com
(Wyk 09)
Sr Dominique Brink, Suikerbekkiestraat 70, Jan Niemandpark, 0186.
Selnommer 076 411 5970 (Wyk 09)
KEN MEKAAR: CHRIS EN JAKKIE HUMAN
Br Chris en sr Jakkie is reeds sedert Oktober 1975, dit wil sê byna 43
jaar, lidmate van die GK Innesdal. Voordat hulle by hierdie
13
gemeente ingeskakel het, was hulle vir 'n jaar en sewe maande
lidmate van die GK Pretoria.
Br Chris is in Qua Qua in die voormalige Rhodesië gebore en het
op sesjarige ouderdom saam met sy ouers na Pretoria verhuis
waar hy grootgeword en skool gegaan het. Sr Jakkie is in Pretoria
gebore en getoë. Gedurende 1973 het br Chris een aand saam
met 'n ander meisie en sr Jakkie se suster vir die aand uitgegaan.
Sy oog het sr Jakkie daardie aand gevang en het hy haar kort
daarna gekontak. In Augustus 1973 het hulle begin uitgaan. Br
Chris het nie gras onder sy voete laat groei nie en sommer
spoedig die ja-woord gevra. In Desember 1973 het hulle verloof
geraak en in Februarie 1974 het die huweliksklokke gelui, dit wil sê
binne ses maande na die eerste onmoeting. Uit die huwelik is
twee dogters gebore, naamlik Marisa in Augustus 1977 en Nadine
in Augustus 1985. Albei is hier gedoop en het ook hier Belydenis
van Geloof afgelê. Dit was egter met groot hartseer toe Nadine
onverwags een middag in Junie 2009 oppad huistoe na werk, met
'n bus wat vir 'n voertuig uitgeswaai het, in 'n kop aan kop botsing
betrokke was en op die toneel oorlede is. Met die krag van die
Heilige Gees, hulle sterk geloof en met die meelewing van die
gemeente, hulle vriende en familie, is hulle deur hierdie moelike
tyd gedra en kon hulle berusting vind.
Br Chris is 'n gekwalifiseerde Tegnikus Passer en was baie jare in
diens van die destydse S A Spoorweë. Na sy aftrede het hy 'n pos
by Rovos Rail aanvaar waar hy steeds werksaam is. Sy werk is sy
passie en daar is nie tyd vir ander stokperdjies nie. Gedurende
verlede jaar het hy 'n nare ondervinding gehad toe hy op die
perseel van Rovos Rail in Capital Park, terwyl hulle besig was om ‘n
hoop planke te verskuif, deur 'n Mosambiekse Kobra skrams op
die voorarm gepik is. Danksy vinnige optrede en behandeling het
hy spoedig herstel en was daar geen nagevolge nie. Br Chris het
reeds verskeie termyne in die amp van diaken gedien en is
onlangs na 'n tyd van rus, weer in die amp van diaken bevestig.
Sr Jakkie was van Desember 1972 tot Februarie 1985 by die
destydse Stadsraad van Pretoria as Kassiere en die Afdeling
Mikrofilm werksaam. Gedurende Maart 1985 het sy 'n pos by
14
Nasionale Intelligensie aanvaar waar sy tot en met haar aftrede
gedurende Januarie 2015 werksaam was. Na haar aftrede het sy
haar ouers wat by hulle in 'n woonstel gewoon het en wie se
gesondheid nie meer na wense was nie versorg. Haar moeder is
verlede jaar oorlede. Tans versorg sy haar vader wie se
gesondheid ook versleg het en nou by hulle in die huis woon.
Jakkie hou haar verder besig met naaldwerk, brei, hekel en
borduur. Haar grootste stokperdjie is egter voëlkyk. Sy het na haar
aftrede ook weer by die susters ingeskakel, is as wyksuster verkies
en help waar sy kan.
Oudl Thys Olivier
DIE HERVORMING (5): MAARTEN LUTHER
Die begin van die Hervorming word gewoonlik vereenselwig met
Maarten Luther wat op 31 Oktober 1517 sy 95 stellinge op die
kerkdeur van die Slotkerk in Wittenberg vasgespyker het.
Wie was Maarten Luther? En hoekom het hy sy stellinge op die
kerkdeur vasgespyker?
Maarten Luther word op 10 November 1483 in Eisleben, Duitsland
gebore. Sy ouers was Hans Luther, ‘n eenvoudige mynwerker, en
Margaretha Lindemann. Omdat dit die volgende dag (11
November) St Maarten’s dag was, word die baba Maarten
genoem. Hy gaan skool in Mansfeld en Maagdeburg. In 1501 skryf
hy in by die Universiteit van Erfurt en begin regte studeer. In 1505
behaal hy sy MA graad.
In 1503, op 20-jarige leeftyd maak hy vir die eerste keer kennis met
die volledige Bybel. Op 20 Junie 1505 is hy op pad van Mansfeld
na Erfurt. Hy word deur ‘n verskriklike donderstorm oorval en word
so bang dat hy uitroep: “Help my, Heilige Anna, ek wil monnik
word”. Wanneer hy behoue in Erfurt aankom, besluit hy dat hy sy
belofte moet nakom. Hy staak sy studie in die regte, teen sy vader
se wense, en meld op 17 Julie aan by die Augustyner klooster in
Erfurt. Hier is hy deel van ‘n streng leefwyse – selfkastyding, vas,
15
boetedoening, bid en Bybel lees. In 1507 word hy tot priester
gewy. In 1508 word hy deur die klooster na die Universiteit in
Wittenberg oorgeplaas om verder in teologie te studeer. In 1509
behaal hy sy Baccaleureus in Teologie. In Oktober 1512 behaal hy
sy doktorsgraad in teologie en word hy aangestel as professor in
Teologie aan die Universiteit van Wittenberg. Hier doseer hy
teologie aan studente maar preek ook baie.
In 1510 gaan hy op ‘n sending na Rome om te probeer om ‘n
geskil vir die klooster in Erfurt op te los. Daar word hy gekonfronteer
met afskuwelike wanpraktyke in die Roomse Kerk. Hy keer uiters
teleurgesteld terug. Luther worstel baie met die vraag hoe hy
geregverdig kan word. Tydens voorbereiding van ‘n les oor
Romeine 1 kom Luther uiteindelik tot die insig: “Maar die
regverdige sal uit die geloof lewe” (Rom 1: 17). Uiteindelik besef hy
dat die mens self niks kan bydra tot sy saligheid nie – al sy
selfkastyding was verniet! Hierdie insig het hy waarskynlik in
1511/12 bereik. Luther begin hierdie insig dieper ontwikkel en aan
sy studente leer.
In 1517 keur Pous Leo X goed dat aflaatbriewe in Europa verkoop
word om fondse vir verder bouwerk aan die St Pieterskerk in Rome
in te samel. In Duitsland staan hy toe dat die aartsbiskop van
Mainz 50% van die opkoms uit die aflaathandel kan hou om sy
groot skuld by die bankiershuis Fugger af te betaal wat hy
aangegaan het om sy hoë kerklike posisie te koop (‘n klassieke
voorbeeld van simonie). Die hoofagent vir die aflaathandel in die
omgewing van Wittenberg was ene monnik Johan Tetsel. Mense
kon aflaatbriewe koop om nie net die straf op hul sondes te
betaal nie maar ook om die skuld te laat weggaan. Met die
aankoop van ‘n aflaatbrief is die tydperk wat ‘n afgestorwene in
die vagevuur sou deurbring verminder – so het Tetsel die mense
laat glo. Hy het goed geld gemaak.
Luther het die gevolge van die aflaathandel in sy bieghokkie
agtergekom. Baie gelowiges het gereken dat hulle – nadat hulle
aflaatbriewe gekoop het – nie meer vergewing of bekering nodig
het nie. Luther het geweldig aanstoot aan hierdie aflaathandel
geneem. Luther besluit om geleerdes uit sy omgewing tot ‘n
16
akademiese teologiese twisgesprek (dispuut) uit te nooi – ‘n
algemene praktyk in daardie dae. Vir daardie doel stel hy 95
stellinge op (wat hoofsaaklik oor die aflaat en die
gepaardgaande onderwerp van boetedoening handel – soos
wat ons in die Oktober 2017 uitgawe van Die Wingerdstok kon
sien). Hy spyker daardie 95 stellinge aan die deur van die Slotkerk
in Wittenburg – in Latyn, die taal van teologiese debat. Die
volgende dag – 1 November – was dit die Allerheilige-fees. Luther
het gereken dat almal kerk toe kom en die stellinge sou kon lees,
ook die geleerdes wat hy tot die gesprek wou nooi. Die
twisgesprek het nooit plaasgevind nie, maar sy studente het die
stellinge uit Latyn in Duits vertaal. Dit het soos ‘n veldbrand binne
enkele weke oor die hele Duitsland versprei.
Pous Leo X steur hom aanvanklik nie aan hierdie “monnikketwis”
nie. In 1518 stuur hy kardinaal Cajetanus na Augsburg om die saak
te ondersoek. Luther word na Rome ontbied maar hy gaan nie. In
hierdie tydperk groei Luther se oortuigings. Waar hy hom
aanvanklik teen verkeerde gebruik van aflate uitgelaat het, keur
hy later alle gebruik van aflate af. Hy kom ook tot die besef dat
die pous se hoofskap van die kerk Christus se hoofskap ontken. Hy
begin nou boeke skryf om sy insigte te deel. Hy verdedig sy
standpunte verskeie kere in Duitsland. In 1520 reik die pous ‘n bul
uit waarin 41 uitsprake van Luther as ketterse leer bestempel word.
Luther kry 60 dae om sy uitsprake te herroep. In plaas daarvan
verbrand Luther saam met sy studente op 10 Desember 1520 die
bul en skryf “Teen die vervloekte bul van die antichris”. Op 3
Januarie 1521 reik die pous ‘n banbul teen Luther uit wat hom nou
as ketter en per definisie voëlvry verklaar.
Maar Luther het baie vriende in Duitsland. Hy word opgeroep om
op 15 April 1521 voor keiser Karel V by die ryksdag te Worms te
verskyn. Sy vriende raai hom af om te gaan, maar Luther besluit
om wel te gaan. Hy ontvang ‘n belofte van vrygeleide. By die
ryksdag word hy dringend gevra om sy standpunte te herroep. Hy
antwoord: “Ek kan en wil niks herroep nie, tensy dit my uit die
Heilige Skrif bewys word dat ek gedwaal het, want dit is nie
raadsaam om iets teen die gewete te doen nie. Hier staan ek, ek
kan nie anders nie! Mag God my help – Amen!”. Op 8 Mei word
17
die Edik van Worms uitgereik waarin Maarten Luther as ketter
verklaar word en waarin sy boeke verban word.
Op 26 April, onder die vrygeleide wat die keiser hom belowe het,
begin hy sy terugreis vanaf Worms. Op pad word hy ontvoer. Dit
blyk later dat dit ‘n groep bevriende edelmanne is wat hom in
opdrag van sy vriend, keurvors Frederik die Wyse, na die kasteel
Wartburg neem waar hy onder die skuilnaam Jonker Jörg 10
maande bly. Hier vertaal hy die Nuwe Testament uit Grieks in Duits
– tot vandag toe word hierdie vertaling nog gebruik. In 1522 keer
Luther weer terug na Wittenberg. In hierdie tyd breek daar ‘n
gewelddadige beeldestorm teen roomse eiendom uit, gevolg
deur ‘n boere-opstand in 1525, veral aangevuur deur radikale
wederdopers. Luther spreek hom sterk teen hierdie wanpraktyke
uit. Hy dig ook die baie bekende “‘n Vaste Burg is onse God”, wat
op Psalm 46 gebaseer is.
In 1526 word besluit dat elkeen mag handel “soos hy dit teenor
God en die keiserlike majesteit kan verantwoord”. Hierdie besluit
word in 1529 op die ryksdag van Spiers herroep. Die vorste wat die
Hervorming aanhang, protesteer hierteen. Van daar af word hulle
Protestante genoem.
In 1524 beëindig Luther sy monnikelewe en die jaar daarna trou
het met Katherina van Bora. Hulle was 21 jaar getroud. Hulle het
‘n baie vreugdevolle gesinslewe ervaar waaran sang ‘n groot
deel uitgemaak het. Hy is baie produktief, vertaal die hele Bybel in
Duits, berym die psalms in Duits, skryf ‘n kategismus, dig verskeie
geestelike liedere en tref reëlings vir die liturgie. Op 18 Februarie
1546 sterf Luther en word in die Slotkerk in Wittenburg begrawe.
Luther was die baanbreker van die Hervorming, maar het in
verskeie opsigte nog nie die volle pad gestap nie; van alle
hervormers het Luther nog die naaste aan die roomse kerk en leer
gebly.
Hy hou vas aan baie roomse gebruike soos byvoorbeeld
beelde, kerse, altare, priestergewaad, en bieg.
Ten opsigte van kerkregering het hy die staat baie gesag
gegee.
18
Ten opsigte van die nagmaal het hy die leer van
Konsubstansiasie geleer – Christus sou in, met en onder die
tekens van brood en wyn teenwoordig wees.
Hy het veral gefokus op die redding van die mens, maar die
soewereiniteit van God oor die hele lewe het nog nie tot sy
volle reg gekom nie.
Die Here het ons in Maarten Luther ‘n baanbreker gegee wat met
die roomse kerk en leer begin breek het. Dit het die grond
gebaan vir ander hervormers in die Lutherse tradisie. Die
bekendstes van hulle was Huldrich Zwingli, Heinrich Bullinger en
Zwingli se opvolger in Zurich, Maarten Bucer – wat almal in
Switserland gewerk het. Laasgenoemde het ‘n invloed op
Johannes Calvyn uitgeoefen. Meer oor Calvyn in die volgende
artikel.
(word vervolg)
br Seakle Godschalk
Philippus Jacobus Wilhelmus Schutte (3)
Min wetende van die geboorte van ‘n seuntjie op 29 November
1805 op die plaas Zwarte Water Poort (Swartewaterspoort) in die
distrik Uitenhage, met die pragtige uitsig oor die hange van die
Grootwinterhoekberge, het die geestelike kerkleiers van daardie
tyd steeds voortgeploeter om die naam van die stoere
Gereformeerde Kerk te ondermyn met geskokte remonstrantse
optredes. Die seuntjie is ongeveer ‘n jaar later op 2 November
1806 in Kaapstad gedoop en hier het sy pa Philippus en ma Aletta
die doopbelofte beaam en sy naam Philippus Jacobus Wilhelmus
Schutte is hardop voor die gemeente in Kaapstad uitgespreek. Hy
is in die Naam van God die Vader, God die Seun en God die
Heilige Gees gedoop. God se belofte by sy doop het ook vir hom
waar geword … God se genadeverbond is ook met hom opgerig,
die vergifnis van sondes, die volle som, is ook vir hom bedoel
gewees en hy is ook God se eiendom gemaak ter wille van
Christus. Die gebed by sy doop het voor God ‘n lieflike geur
19
geword – hy het God daagliks nagevolg, sy kruis het hy blymoedig
gedra, Christus aangehang met ‘n opregte geloof, vaste hoop en
vurige liefde … hy het in sy aardse lewe, ook soos al sy
voorgangers, ‘n voortdurende sterwe beleef, maar is tog getroos,
veral in sy laaste uur op sy sterfbed, met die wete dat hy sonder
verskrikking voor die regterstoel van Christus mag verskyn. Sy pa
en ma het JA gesê, want Christus het lank terug en lank vooruit Sy
gelofte voor God die Vader betaal … Ek wil dat U hulle wat U My
gegee het, saam met My sal wees, sodat hulle My heerlikheid kan
aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die
grondlegging van die wêreld … (Joh. 17:24)
Ons sing nog elke dag uit die Psalms van hierdie beloftes van God
– hoor ons dit nog weerklink in ons ore en weergalm dit nog oor
die berge van ons land:
U sal my siel nie oorgee in die dood,
my pad buig op langs skone heuwelrye.
U sal nie toelaat dat U gunsgenoot
verderwing sien in donker doodsvalleie.
By U is ewig vreugde- en volle vrede,
en in u hand ‘n snoer van lieflikhede. (Psalm 16:5)
Daar was volle vreugde en vrede by PJW Schutte gewees – hy het
Jesus Christus se ideale vir Sy kerk nagestreef. Hy het gebid, hy het
gewerk …
God het PJW Schutte voorberei vir hierdie groot taak om
uiteindelik die remonstrantse spoor in die destydse Nederduitse
Hervormde Kerk in Suid-Afrika, te rem en te stop. God het hom
eers op militêre gebied gebrei, toe op politieke terrein voorberei
en toe as kerkman gesalf om die koms van God se koninkryk op
aarde spoed te gee. As ons bietjie terugstaan en sy 67 jaar op
aarde aanskou, dan sien ons eers hoe God ook in sy lewe alles ten
goede laat meewerk het – met die belofte: om uiteindelik
gelykvormig aan die beeld van Sy Seun te word … (Rom. 8:28-29).
Dis waarom God ons ‘n roeping gee – alles loop uit op een saak
en dis om ter wille van Christus aan Christus gelyk te word …
20
Philippus Jacobus Wilhelmus Schutte, die ou Kapenaar uit die
Uitenhage-distrik, se nuwe tuiste vanaf 1849 was die plaas
Buffelsdoorns in die Gatsrand-omgewing. Hy het eers op 5
Februarie 1856 wettige eienaar van die plaas geword. Hy was ‘n
gesiene man en is deur die HERE ook stoflik geseën om ook
daardeur die Volksraad van Transvaal se aandag nader te trek –
hy het selfs aan hulle geld geleen – en sodoende het hy die regte
houvas op hulle gehad wat later nodig sou word by kardinale
besluite … so beskik die HERE selfs ons geld om Sy koninkryk te
bou.
Sy rol op militêre en politieke gebied word steeds deur die
nageslagte oorvertel … PJW Schutte het hom beywer om nuwe
kommandant-generaals vir Tranvaal daar te stel – die hoofrede
was om die vlaag plundertogte en moorde in Transvaal van die
barbaarse swart stamme te stuit. In 1850 is daar drie keer probeer
vir die herinstelling van hierdie strategiese militêre rolspelers, elke
keer onsuksesvol en vroeg in 1851 is daar toe ingestem om 4
kommandant-generaals vir Transvaal te kies. Hulle was:
- AH Potgieter vir Soutpansberg
- AWJ Pretorius vir Magaliesberg/Mooirivier
- WF Joubert vir Lydenburg
- JA Enslin vir Marico
Die Trekkers wat hulle maar bietjie meer as ‘n jaar hier in Wes-
Transvaal se soetveld kom vestig het, het hulle steeds afgesloof vir
die verkryging van hulle onafhanklikheid van Britse inmenging en
invloed. ‘n Groot gebeurtenis in die Suid-Afrikaanse geskiedenis
was die Sandrivier-Konvensie. Hier op die oewers van die
Sandrivier het PJW Schutte saam met die bekende staatsman,
wat later diep spore veral in Transvaal sou trap, Paul Kruger, gesit
en help onderhandel vir Transvaal se onafhanklikheid en vryheid.
Weereens was dit die Boere en die Britte. In die teenwoordigheid
van die Britse verteenwoordigers, WS Hogge en CM Owen, is die
traktaat op 17 Januarie 1852 onderteken. PJW Schutte se rol was
ooglopend en sy aansien by die ander krygsmanne opmerklik - hy
is 5 maande ná die ondertekening van die Sandrivier-Konvensie as
onder-kommandant van die Krygsraad verkies. Hy is van die begin
af sommer as Kommandant aangespreek – of hy in amp een was,
21
weet ons nie werklik nie, maar sy statuur het dit wel meegebring.
Ook in hierdie besige politieke tyd is PJW Schutte as diaken
geroep in die gemeente van ds. Andrew Murray, maar hy het
nooit die roeping opgevolg nie – weereens ‘n bestiering uit die
hand van die HERE.
As militêre leier en groot vegter ontdek hy in 1852 dat die
sogenaamde sendeling David Livingstone, wat uit die dampkring
van die destydse Londense sendinggenootskap die lig aanskou
het, ‘n gesant in die Duiwel se hande is – hy knoei saam met een
van sy bekeerlinge, Segeli, die Bakwena-opperhoof, eintlik ‘n wolf
in skaapsklere, en vlek ‘n reuse wapensmokkelary oop, met die
diepste setel by die huis van Livingstone self, wat tot baie
beledigings vir hom en die Boere uitgeloop het. As jou gewete jou
aankla, gee jy baie kere die skuld vir ander om jou eie sonde te
verdoesel. Weereens werk PJW Schutte teen die Duiwel se planne
en verongeluk Livingstone se onheilige vooruitsigte.
Omdat hy ‘n militêre strateeg was, het hy baie suksesse in die
veldtogte teen swart stamme gehad wat daarop uit was om die
Boere te terg deur hulle vee te steel, ander besittings te roof en te
moor. Hy het met baie voorstelle gekom, selfs by die stigting van
nuwe krygsrade het hy ‘n beduidende rol gespeel - dit het onder
andere daartoe meegewerk dat op 5 Janauarie 1857hy as lid van
die Volksraad verkies is, met groot blydskap van MW Pretorius.
Hierdie einste Pretorius sou later in ‘n saak teen ds Dirk van der
Hoff, enigste predikant van die Nederduitse Hervormde Kerk tot
op daardie stadium, sy rug op hom draai, wat gehelp het dat die
moontlikheid sterker geword het om ‘n eie predikant uit
Nederland te beroep. Van der Hoff wou eie eer vir homself toe-
eien en nog ‘n predikant sou dalk vir hom ‘n bedreiging gewees
het in sy visie vir ‘n een-man-kerk. PJW Schutte was nie lank lid van
die Volksraad van Transvaal nie – hy, in navolging van MW
Pretorius, het op 7 Maart 1857 bedank – onverklaarbaar, want
duidelikheid daaroor was in ‘n notule wat net weggeraak het, of is
die notule dalk vir altyd deur die liberales verbrand – net die HERE
sal weet waarom daardie notule weggeraak het. Maar ten
voordeel was die versnelling in aksies wat uitgeloop het op die
stigting van die Gereformeerde Kerk op 11 Februarie 1859 onder
22
‘n seringboom op Rustenburg – vandag 159 jaar gelede. Schutte
se aandag was beslis dringend nodig om op geestelike sake te
fokus – sy voorwerk as militêre vegter en politieke leier het
verbygespeel – en sy tyd op aarde het ook einde se kant toe
gestaan.
… en só het baie gebeure en geskiedkundige oomblikke
meegewerk dat PJW Schutte uiteindelik op 5 Oktober 1857 as
ouderling in die Nederduitse Hervormde Kerk van Potchefstroom
geroep is en daar teen ‘n ander vyand, ‘n baie gevaarliker een,
te veg - teen ‘n liberale gees wat ons vandag nog in ‘n erger
mate sien. Waar is die manne wat vandag vorentoe gaan tree,
soos PJW Schutte van ouds dit gedoen het? Waar is die manne
wat die HERE gaan roep en stuur …
PJW Schutte se gebede is verhoor – op 7 November 1858 preek
die langverwagte eie Nederlandse predikant, ds Dirk Postma, in sy
eie opstal op Buffelsdoorns sy eerste preek in Transvaal. Tot die
aand van 9 November is daar sekerlik by kerslig diep dinge tussen
die opstalmure van Buffelsdoorns gesels en bespreek. Op 10
November 1858 het ds Postma verder na Rustenburg gereis – die
uiteindelike plek wat voorberei sou word vir die herstigting van die
Gereformeerde Kerk. Só berei die HERE die tafel voor en die tyd
word al ryper …
Op 10 en 11 Januarie 1859, met die sitting van die Algemene
Vergadering van die Nederduitse Hervormde Kerk in Suid-Afrika,
was die skrif teen die muur. Liberalisme sal in die Nederduitse
Hervormde Kerk van daardie tyd bly, al die Gesange sal voortaan
ten hemele opklink in die kerk sonder dat dit weereens aan die
waarheid, aan die Woord, getoets is. ‘n Besluit is geneem en
toetsing is nie nodig nie … dit klink maar baie soos sake vandag
ook maar geskied. Hiermee kan die Doppers hulle nie
vereenselwig nie … Doppers, wat afgelei is van dorpenaars (in
teenstelling met stedelinge) of dempers, was ‘n skeldnaam wat
die Liberales teen die konserwatiewes ingespan het om hulle af te
kraak as verkramptes. Die naam het reeds in 1833 onder die
Trekkers posgevat, omdat hulle toe al gekant was teen die sing
van Gesange. As gevolg van toenemende ongelukkigheid is ‘n
23
skeidingsakte op 12 Januarie 1859 deur 15 broeders onderteken,
met PJW Schutte se handtekening eerste daarop.
Die Gereformeerde Kerk is na lange worsteling uiteindelik onder ‘n
groen seringboom in Rustenburg op 10 Februarie 1859 gestig. Uit
310 lidmate het 36 lidmate van Mooirivier, wat sekerlik deur PJW
Schutte goed bearbei en voorberei is, die luisterryke
geskiedkundige geleentheid in Rustenburg bygewoon. PJW
Schutte is by die geleentheid as ouderling en PA Venter as diaken
van die Mooirivier-gemeente verkies.
Die sing van Psalm 119:17 het die voëls in die ou seringboom op
Rustenburg verjaag:
Leer mij, o HEER, den weg, door U bepaald,
Dan zal ik dien ten einde toe bewaren;
Geef mij verstand, met Godd'lijk licht bestraald;
Dan zal mijn oog op Uwe wetten staren;
Dan houd ik die, hoe licht mijn ziel ook dwaalt;
Dan zal zich't hart met mijne daden paren.
… en dit was ook ‘n troos vir PJW Schutte, maar ook vir al die
ander gereformeerdes, wat hierdie Psalm op daardie dag uit volle
bors, oor Gatsrant en die Magaliesberg heen, opwaarts na die
hemele laat klink het. Die HERE het gebede verhoor … Die HERE
het Sy Kerk bewaar.
Jesaja 62, wat oor die Verheerlikte Jerusalem handel, is deur ds
Dirk Postma gelees –
Ter wille van SION sal Ek nie swyg nie en ter wille van Jerusalem
nie stil wees nie, totdat sy geregtigheid uitbreek soos ‘n glans en
sy heil soos ‘n fakkel wat brand … En hulle sal genoem word: die
heilige volk, die verlostes van die HERE; en jy sal genoem word:
die begeerde, die stad wat nie verlaat is nie. (Jes. 62:1 en 12)
Die HERE sal weer nie swyg nie en Hy sal weer nie stil wees oor die
Gereformeerde Kerk se leer en lewenswandel nie. Weereens
torring ons aan die berymde Psalms, wat deur Totius in Afrikaans, in
ons eie taal, direk uit die Bybel – die ware Woord van God –
berym is. Weereens raak die liberale liedere ‘n gunsteling in ons
24
kerke, alweer is ‘n menigte nuwe liedere op die afgelope
Algemene Sinode van die GKSA ingestem. Is ons die heilige volk
waarvan daar ook by die stigting van die Gereformeerde Kerk,
159 jaar gelede, gelees is? Heilig beteken dan afgesonder – ons
moet ons ook beywer vir afsondering as dit gaan oor liberale
invloede van buite … as dit gaan oor die insypeling van liedere
wat nie aan die Woord van God getoets is nie of sommer net teen
die Waarheid sing ...
Hierdie ywer vir die waarheid het ook in PJW Schutte tot sy dood
toe geleef. Ons sien dit ook in sy betrokkenheid by die plaaslike
Gereformeerde Kerk van Potchefstroom. Vier jaar na die stigting
van die Gereformeerde Kerk, op 17 April 1863, met die eerste
amptelike Kerkraadvergadering van die Gereformeerde Kerk op
Potchefstroom is PJW Schutte as skriba verkies – ‘n diens wat hy tot
22 Oktober 1873 (nog tot 18 dae voor sy dood), met volgehoue
ywer vervul het.
PJW Schutte is op 9 November 1873 op sy plaas Buffelsdoorns
oorlede. Hy het die wil van Sy Vader gedoen:
Net om U wil te doen soos in U Boek
die wonderskrif wat nooit vergaan –
dit klaar van my geteken staan,
dit wil ek, HEER, van ganser harte soek.
Ek bied U hart en hande
in wilge offerande –
al wat ek is en het;
diep in my ingewand
waar liefde en ywer brand,
draag ek u heilge wet.
(Psalm 40:4)
Mag ons ook soos die psalmdigter Dawid van ouds U wil doen
soos in U Boek opgeteken is. Mag ons dit van ganser harte soek,
omdat dit diep in ons ingewande met liefde en ywer brand …
[Toespraak by die Gereformeerde Gemeente Carltonville se
kerkkamp 9-11 Februarie 2018] Br Andries Buys
25
HIERDIE WOORDE STAAN GESKRYF OP DIE MUUR VAN ‘N KATEDRAAL IN LüBECK,
DUITSLAND
Julle noem my Meester,
maar gehoorsaam My nie.
Julle noem My Lig,
Maar julle sien My nie.
Julle noem My Weg,
maar bewandel my nie.
Julle noem my Lewe,
Maar begeer My nie.
Julle noem my Wys,
maar volg My nie.
Julle noem My Skoon,
maar bemin my nie.
Julle noem My Ryk,
Maar vra My nie.
Julle noem my Ewig,
Maar soek My nie.
Julle noem My Genadig,
Maar vertrou My nie.
Julle noem My Edel,
Maar dien My nie.
Julle noem My Magtig,
Maar eer My nie.
Julle noem My Regverdig,
maar vrees My nie.
AS EK JULLE VEROORDEEL,
BLAMEER MY NIE!!!
(Ingestuur deur Sr. Henna Delen)
26