Post on 25-Jul-2020
28 Oktober 2018Prediker: Ds. Rika van Vuren
08:00 & 10:00 Kinderkerk
09:00 Sondagskool
Deurkollekte: Die Voedselprojek
Jesus sê daarop vir hom: “Jy kan maar gaan. Jou geloof het jougered.” Markus 10:52
KERKLIKE JAARVandag is 23ste Sondag in Koninkrykstyd. Vandag is Hervormingsondag,
wat die naaste Sondag aan 31 Oktober is. 31 Oktober is Hervormingsdag.
Maarten Luther, ‘n Duitse professor in teologie, ‘n komponis, priester en
monnik het gestreef na ‘n suiwer geloof. Hy wou die sentrale boodskap
van die evangelie, naamlik die vergifnis van sondes deur die bloed en
offer van Jesus Christus, weer sentraal stel. Hy het geglo dat redding ‘n
geskenk is van God se genade wat ontvang word deur te glo en God se
belofte dat ons gered word deur Jesus Christus wat aan die kruis gesterf
het vir ons sondes. Op 31 Oktober 1517 spyker hy sy 95 stellings aan die
deur van die slotkapel in Wittenberg vas. Dit het gelei tot ‘n breuk met
die Kerk van Rome en ‘n skeiding tussen Katolieke en Protestante. Luther
het aanvanklik die stellings in Latyn gepubliseer, wat die taal van die
geleerdes en die kerk was en nie die volkstaal, Duits nie. Danksy die nuwe
boekdruktegniek van Johannes Gutenberg versprei die kennis oor die
Bybel vinnig oor Duitsland en ander Europese lande. Die 95 stellings en
die geskrifte van Luther bereik
ook in ‘n kort tyd baie mense
en veroorsaak groot opskudding.
Verlede jaar is die 500 jaar na
Reformasie herdenk op
31 Oktober 2017. Die simboliese
kleur is steeds groen. Daar is nog
vier Sondae oor van hierdie
seisoen. Op 2 Desember begin
Advent.
Baie welkom aan alle nuwe lidmateen intrekkers. Kom asseblief na die
diens voor die kansel bymekaar, sodat ons u kan ontmoet. Hoop julle
voel gou tuis in ons gemeente.
Kom drink gerus saamtee of koffietussen die
eredienste by die kombuisin die saal.
PROGRAM VIR DIE WEEKDi. 30 Okt. 18:30 Kerkraads-
vergadering
Vr. 2 Nov. 16:00 Mark
KERSSANGDIENSSondag 18 November
om 18:30. As jy wil koor sing, kontak Sanet by die Kerkkantoor. As joukinders engeltjies of
herders wil wees, kontakLorraine by die Kerkkantoor.
As jy met iets anders kanhelp, of idees het, kontakDs. Rika by 072 783 8108
EREDIENSTYE TYDENS
SKOOLKWARTALE OM
08:00 & 10:00
EN TYDENS
SKOOLVAKANSIES EN
LANGNAWEKE
OM 09:00
Ons herinner voornemende
doopouers dat ons nie in
Januarie doop nie. Beplan
asseblief daarvolgens en
registreer vroegtydig.
OUJAARSDIENS31 Desember om 23:15
LEES- EN
SKRYFKLASSEDinsdae om 14:30
by die kerksaal.
Kontak Marita vir
meer inligting by
082 808 3095
ATTESTAAT ONTVANGBELYDENDE LIDMAAT
Bothma: Elizabeth Catharina (neé Labuschagne)
Verbly
julle!
VERJAARSDAE 29 Oktober – 4 November
29 OKTOBER Tiaan Snyman Tersia Odendaal Jan Janse van Rensburg
Rehan Bezuidenhout Kobus Swart Annalize Pienaar Helgaard Matthee
Dawid du Buson Ilse van Graan Marnus Raath Susan Strümpher
Nelmari Louw 31 OKTOBER Marius Snyman Werner van der Merwe
Christel Mienie Janke Botes Lucas Swart Adele van der
Westhuizen
Chanel van Vuuren Hanno Groenewald 2 OKTOBER 4 OKTOBER
Deidré Venter Llewellyn Hough Chris Botha Chanelle Botes
30 OKTOBER Dries Mans Johannes de Beer Renette Dique
Juané Bekker Christo Marx Jacques du Plessis Liza du Preez
Glen Corbett Jacques Pienaar Lynnet du Plooy Mia Duvenhage
Chantelle de Beer Gennea Reid Frikkie Stieler Heleen Ehlers
Louis Fourie Alida Schönfeldt Lizé Strydom Kaylin Grobler
Hennie Henrico Dawie Snyman Paul Strydom Natie Jansen van
Rensburg
Herman Jansen Lizette van den Berg 3 OKTOBER Ruan Potgieter
Jeanne-Marie Joubert Johan Viljoen Cobus de Bruyn Paul Pretorius
Hannelie Kahts 1 NOVEMBER Dolf de Necker Monique Roets
Jannie Kruger Alecia Dos Reis Verona du Preez Nickolene Schoeman
Louis le Roux Ruhan Heyneke Thinus Greyling Phillip Scholtz
Marleen Malan Zelna le Roux Jandré Heyns Wian van Heerden
Jo-Anne Snyman Renier Nel Pieter Honeyborne Dominique Witthaus
STUDENTEOns wil graag ‘n databasis saamstel van al die
studente in die gemeente. As jy studeer of joukind studeer, stuur asseblief vir Sanet by die
kerkkantoor jou (die student) se selnommeren e-posadres.
GELOFTEDAG(Versoeningsdag)
16 Desember. Ons het ons eieerediens om 09:00, aangesien dit
op ‘n Sondag val.
KERSDIENS
Dinsdag 25 Desember
Om 09:00
Dink aanjulle!
Daar sal Sondae na die eerste diens ‘n
gespreksgenoot in die moederskamer beskikbaar wees vir gesprekke asook
iemand by die gebedskamer indien
voorbidding benodig word.
PASTORALE
SENTRUMAs jy meer wil uitvind oor
die werksaamhede van die
Pastorale Bediening
Sentrum en dienste wat
aangebied word, kontak vir
Maud by die sentrum of vir
Zelna by
072 699 0853.
AS JY BETROKKE WIL RAAK IN DIE GEMEENTEGemeentebediening Johan Bredenkamp 082 304 6867
Eiendomsbediening Wicus van der Linde 082 853 5555
Erediensbediening Theo Homann 071 292 5533
Flinke Vroue (Vrouediens) Melanie van Rooyen 082 896 3102
Jeugbediening Lorraine van Deventer Kerkkantoor
Omgeegroepe Jan Streicher 084 653 1103
Herfsgenote (Senior burgers) en Minnie Hugo 073 790 3043
Vrouebybelstudie
Pastoraal Zelna le Roux 072 699 0853
Voedingskema Elna van Graan 083 235 7548
Klerebank Nicolette Lombaard 082 569 0032
Mark Sanet Maré Kerkkantoor
Die Voedselprojek
gaan stap vanaf 9 - 11
November te
Wathaba
voetslaanroetes naby
Machadodorp.
As jy saam met ons
wil stap, kontak
Mike by 076 483 7212,
Nicolette by
082 569 0032 of
Nico by 082 377 7322
PENSIOENARIS VERTONING
Saailand se Magic Woorde op
15 November om 14:00 Gratis
RSVP: Etta 082 896 7760
GEBEDSLYSJan Pelser, Rindie van Zyl, Hannelie Kapp, oom Piet van
Noord, Annatjie Luus, oom Hennie en tannie Joey
Geldenhuys, Maria le Roux, Hannes Brits, Zelda du Preez,
Ansie Wessels, oom Bakkies Nel, Chris Taljard, Eljana
Peach, Melanie Haarhoff, Merryl Steenkamp, Chris du
Preez, tannie Ria Botha, Annemarie en Mariana Pretorius,
tannie Corrie Velthuizen, Anneke Joubert, Corrie Storm,
Dirkie du Plessis, tannie Martie Pretorius, oom Pierre
Scott, tannie Stefien Dörfling en oom Frank Glaeser. Oom
Hennie Steenkamp is oorlede. Ons dink aan Merryl en die
familie. Laat weet asseblief die kerkkantoor as jy weet van
iemand wat ons op die lys kan sit of afhaal.
AFLAAI VAN
SKENKINGS EN
DONASIESTydens
kerkkantoorure by
die Pastorale
Sentrum (bruin
palisade heining
regs van die
kerkkantoor of
Sondae in die
houers by die
kerkdeure asseblief.
VOEDSELPROJEKONS HET TANS ’N BAIE GROOT BEHOEFTE AAN DIE VOLGENDE ITEMS
ASSEBLIEF.
2 Minute noodles, swart sakke, showergel, toiletpapier, waspoeier, dames roll-on,
mans roll-on, shampoo 2-1, sanitêre produkte, tandeborsels en tandepaste.
BEJAARDEFUNKSIE10 November om 11:00 vir
middagete. GRATIS. Al ons senior burgers van 65
jaar en ouer is baie welkom.
LAAT WEET ASSEBLIEF DIE KERKKANTOOR AS JY
BELANGSTEL, SODAT ONS KAN WEET VIR HOEVEEL persone
OM REG TE MAAK.Op 11 November is die
Sondagskool enKinderkerk
afsluiting. Vanaf18 November het ons soggens slegseen erediens om
09:00.
GEMEENTEKAMP
22-24 Februarie 2019
De Voetpadkloof
Besprekings is oop by
die Kerkkantoor.
Kontak Sanet vir
inligting.
mark@midsuid
Ons volgende mark is
op Vrydag 2 November
vanaf 16:00.
Kersmark op 30
November.
NAALDWERKKLASSE
VIR HUISHULPESaterdae om 14:00 in die
kerksaal. Kontak Marianna
by 071 463 0842
vir navrae. KLEREBANKOns het dringend
somersklere nodig
asseblief. Mans-,
dames- en
kinderklere en
skoene baie
welkom, asook
bykomstighede,
soos handsakke,
belde,
kostuumjuwele,
ens. As jy betrokke
wil raak, kontak
asseblief vir
Nicolette by
082 569 0032.
FLINKE VROUE (vrouediens)
Om meer te weet, skakel asseblief vir
Melanie by 082 896 3102
SINGLE AND PARENTINGIs jy ‘n enkelouer? Indien jy hulp
benodig met enkelouerskap, sluit
aan by ons Enkelouerskap-groep vir
hulp, bemoediging, hoop en leiding
met jou reis as enkelouer. Ons begin
met ‘n nuwe reeks op Maandae om
18:00, Skakel asseblief vir Maud by
die Pastorale Sentrum om te boek.
Jy is baie welkom.
POEDINGVERKOPEVandag tussen die twee
eredienste by die kombuis
in die saal.
KERKRAADSVERGADERING
vir al ons Kerkraadslede
30 Oktober om 18:30
Die Vrouebybel-
studieafsluiting is
op 14 November
en nie op 21 November
soos op die almanak
aangedui nie.
VROUEBYBELSTUDIE Woensdae om 09:00 in die
konsistorie. Kontak Minnie by 073 790 3043 om meer te weet.
TOILETTE IS IN DIE
SAAL AGTER DIE
KERK.
PERSOONLIKE INLIGTINGLaat weet asseblief die kerkkantoor as jou adres,
kontaknommers, huwelikstatus of gesin groter of
kleiner geword het. Laat weet ons as jy die
gemeente verlaat. Ons wil ons data op datum hou
en het elkeen se samewerking nodig groot asseblief.
GEDENKMUURAs jy meer wil weet oor ‘n
nissie, kontak asseblief vir
Johan by 082 977 1699.
DOOPRegistrasie vir
die doop op
2 Desember
sluit op
31 Oktober.
WERKSOEKBORD
As jy werk soek of werk het vir
iemand, gebruik gerus ons
inligtingsbord in die saal gratis.
PYPE EN KLAWERSVleuelklavieruitvoering van populêre
musiek in die Witkerk.9 November om 18:30 vir 19:00
met ‘n Kaas-en-wynonthaal daarnaKostes: R120 volwassenes
R60 LaerskoolkindersKaartjies by die Witkerk en by ons
kerkkantoor beskikbaar.Kontak Raché Smit by 082 826 0174
JEUG
Vir enige inligting rondom
jeugaangeleenthede (kampe,
Sondagskool, Kinderkerk en
MXIT, kontak Lorraine by die
kerkkantoor.
As jy hier wil
adverteer,
kontak die
kerkkantoor.
R30 per
Sondag.
Onthou julle kan die Zapper app op
julle selfone aflaai. Dit maak betalings
vir jou baie makliker en veiliger.
Hierdie is die kode vir NG SUID. Jy
kan dit gebruik vir dankoffers en
enige betaling by die kerk.
VERGETE EN VERLORE ITEMSKontak gerus die kerkkantoor. Ons het ‘n hele paar
items in bewaring.
A-Z NUTSMAN:
Woning/Kantore/Bouprojekte
Lukas 083 236 6417
Alle herstel- en restourasiewerk aan
geboue / heinings, sowel as installering
van nuwe toerusting. Loodgieter
(plumbing), teëls, verf, plafonne &
polystyrene decorative Cornish.
Daklekke, staal en sweiswerk, kaste,
deure, vloere. Elektriese herstel en
installering, ens. Voltydse toesig (klein
projekte doen ek self). U kan my met u
huis se sleutels vertrou. Baie billike
tariewe. Gratis kwotasies.
Hierdie QR kode kan
jy op jou foon aflaai.
Dit het die kerk se
kontakbesonderhede
vir maklike verwysing.
Ko
mkuier
sa
am