Post on 14-Mar-2021
Accounting 2013 Telematics Grade 12 1
Direktoraat: Kurrikulum VOO
2014 Telematics Graad 12
Geografie Kaartwerk
Prys: R2,50
2 2014 Telematics Graad 12 Geografie
2
Liewe Graad 12-leerder: Die Telematiese onderrigprojek spruit uit die samewerking tussen die Wes-Kaap
Onderwysdepartment en die Stellenbosch Universiteit.
Ten einde sukses aan die einde van jou matriekjaar te kan behaal, is dit noodsaaklik dat jy
deurlopend werk en studeer deur jou verworwe kennis van die verskillende op onbekende
situasies te kan toepas. Maak seker dat jy in staat is om geografiese konsepte wat in koerante
en ander tydskrifte te kan analiseer en interpreteer en in verband met inhoud wat in die klas
bespreek is. Hierby behoort jy ten minste ‘n paar uur per week te studeer / vaklektuur te lees /
opsommings te maak oor die vier komponente in die teorie afdeling en te poog om dit met
die kaartwerk te integreer.
Wenke vir sukses • Werk deur vorige jare se vraestelle sowel as die voorbeeldvraestel wat opgestel is om
jou vir die eksamen voorberei.
• Vra jou onderwyser en mede-leerders om saam met jou deur die vrae en antwoorde te
werk.
• Moenie verbaas wees indien jy hulpbronne(kaarte en foto’s) in die eksamen ontvang
wat jy nooit voorheen gesien het nie. Die eksaminator doen dit doelbewus om vas te
stel of jy kennis kan toepas en nie dit pappegaai-styl studier het nie.
• Werk sistematies deur jou Geografie en eksamenriglyne.
Eksamenriglyne vir Kaartwerk (Vraestel 2) 2014 1. Hierdie is ’n een-en-'n-halfuur vraestel en sal tydens die tweede sessie op die dag
van die Geografie-eksamen geskryf word.
2. Die vraestel bestaan uit vier verpligte vrae wat soos volg saamgestel is:
Vraag 1: Meervoudigekeuse-vrae – (20)
Vraag 2: Geografiese tegnieke en berekeninge – 20
Vraag 3: Toepassing van teorie / kaart- en foto-interpretasie – (25)
Vraag 4: Geografiese Inligtingstelsels – (15)
3Geografie 2014 Telematics Graad 12
3
GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE 1. Kaartwerktegnieke
• Bepaling van ligging: grade, minute en sekondes
• Kaartskaal: woord-, verhouding- en lynskaal
• Rigting: ware / geografiese peiling
• Relatiewe ligging: kaartkoördinate / vasstelling van ligging
• Afstand: berekening van afstand en oorskakeling na grondafstand langs
‘n reguitlyn in werklikheid
• Berekening van oppervlakte
• Kaart- en foto-interpretasie insluitende die lees en ontleding van fisiese en
mensgemaakte verskynsels
• Toepassing van kaartlees vaardighede van karate en foto’s
2. Topografiese kaarte
• Suid- Afrikaanse 1:50 000 kaartstelsel verwysings
• 1:50 000 konvensionele tekens en simbole
• Kontoere en landvorme
• Deursnitte op 1:50 000 kaarte
• Vertikale vergroting
• Intersigbaarheid
• Gradient
• Ruitverwysings / kaartindeks
•, kontoerinterval en hoogte
• Kompasrigting
•– reguit en kronkelend
• Berekening van oppervlakte
• Alfanumeriese verwysing / ruitverwysing
• Magnetiese peiling
• Berekening van gradiënt
• Oriëntering van ortofotokaart met verhouding tot topografiese kaart
2 Toepassing
• Interpretasie van 1:50 000 topografiese kaarte
o Interpretasie van fisiese faktore bv. reliëf, dreinering, klimaat en
4 2014 Telematics Graad 12 Geografie
4
plantegroei
o Interpretasie van mensgemaakte kenmerke bv. nedersettings,
grondgebruik en vervoernetwerke
• Toepassing van alle aspekte van die sillabus wat in die teoretiese afdeling
van Geografie gedek is
3. Lugfoto's en ortofotokaarte • Skuis- en vertikale lugfoto’s
• Vertolking van vertikale lugfoto’s
• Voordele en nadele van verskillende soorte foto’s
• Ortofotokaarte: identifying feautures
• Vergelyk ortofotokaarte met topografiese kaarte en ander lugfoto’s
• Alle tegnieke wat verwys onder kaartwerk tegnieke en van toepassing is op
ortofotokaarte
• Gebruik van skakering, tekstuur en skaduwees by die vertolking van foto’s
• Orientering van lugfoto’s en ortofotokaarte met ander kaarte
4. Geografiese Inligtingstelsels • Konsepte van GIS
• Redes vir die ontwikkeling van GIS
• Afstandswaarneming en resolusie
• Werking van afstandswaarneming
• GIS konsepte: voorwerpe, lyne, punte (nodusse), en skale
• Ruimtelike resolusie
• Ruimtelike en attribuutdata asook vector- en rasterdata
• Data standardisering en data sharing and data security
• Datamanupilasie: data-integrasie, bufferskepping. bevraagtekening
• Toepassing van GIS op alle relevante onderwerpe in die graad
5Geografie 2014 Telematics Graad 12
5
KAARTWERK LEES EN INTERPRETASIE VAN KAARTE EN ORTOFOTO’S Die doel van hierdie handleiding is om vir jou te bemagtig ten opsigte van die beantwoord van
interpretasievrae by kartografie. Onthou dat daar ‘n magdom inligting op die topografiese- en
ortofotokaart verskyn. Om die tipe vrae suksesvol te kan beantwoord, moet jy weet waarna jy
moet kyk om by die antwoord te kom. Die meeste van hierdie vrae kom uit vorige Matriek
eksamenvraestelle. Ander moontlike vrae is ook ingesluit. Onthou dat dit nie ‘n memorandum is
wat met die vrae gegee word nie, maar ‘n poging om vir jou te wys waarna om te kyk om by
die antwoord te kom. Dit is belangrik om te besef dat ALLE inhoud, modules en vaardighede in
Kartografie assesseer kan word. Gebruik daarom hierdie gids as studie en voorbereiding vir jou
Kartografie vraestel.
KLIMAAT EN WEER 1 Ontvang die gebied seisoenale reënval of reënval dwarsdeur die jaar?
Seisoenaal: Nie standhoudende riviere/ damme/ bewerkte landerye langs riviere/
besproeiing
2 Watter helling is die warmste?
Die een wat noordwaarts front 3 Waar word temperatuurinversies aangetref?
In vallei 4 In watter rigting sal die rook waai indien daar snags op middelhang van berg vuur
gemaak word? NB Hier word KATABATIESE winde getoets. Die rook sal dus AFWAARTS na die vallei
beweeg.
(Teenoorgestelde vir anabatiese vloei)
5 In watter rigting sal ‘n vliegtuig vanaf die lughawe opstyg en land voor/na die koue front?
(Onthou vliegtuie land en styg op altyd teen die wind..)
Voor die front: styg en land in ‘n NW rigting. Na die front: styg en land in ‘n SW rigting.
6 2014 Telematics Graad 12 Geografie
6
6 Watter woonbuurte sal die meeste besoedeling getref word in winter / dag / nag? Kyk na NW en SW winde, asook rigting van land en seebriese vanaf fabrieke.
GEOMORFOLOGIE 1 Identifiseer die stroompatrone in die gebied. Tipes: Dendrities, straal, reghoekig, tralie – Jy moet weet hoe elkeen lyk 2 In watter stadium van die fluviale siklus is die rivier op die kaart?
• Boloop: Steil/ Bergagtig/ watervalle/ kort takriviere/ smal takriviere/ hoë
waterskeidings
• Middelloop: Geleideliker/ langer taktiviere/ laer waterskeidings
• Benedeloop: Baie geleidelik/ kronkels/ sandafsettings/ moerasse/ hoefystermere
3 Fisiese hindernisse wat die konstruksie van paaie en spoorlyne beinvloed.
Berge/ steil helling/ moerasse/ riviere/ 4 Identifiseer landvorme geassosieer met sekere struktuurlandskappe Horisontale lae: Tafelberge/ tafelkoppe/ spitskoppe
Hellende lae: Duik en eskarphellings
Massiewe stollingsgesteentes: Koepelvormige landvorme
5 In watter rigting duik die lae. Lae duik altyd in die rigting van die GELEIDELIKE helling 6 In watter rigting vloei die rivier?
• Na die see
• Altyd van hoog na laag
• Kontoere buig stroomop
• Damwal op stroomaf waartse kant
• Takriviere sluit skerphoekig aan
7 Noem twee tydelike stroomerosiebasisse in die rivier. Waterval / damme / mere
7Geografie 2014 Telematics Graad 12
7
8 Watter bewyse is daar dat verjonging in die rivier plaasgevind het? Waterval
OMGEWINGSTUDIES 1 Natuurbewaring op kaarte/foto Natuurreservate/ voetslaanpaaie/ wildtuine/ brandpaaie 2 Aanduiding van bewaringsboerdery Grondbewaringswalle/ kampe/ rye bome om wind te keer/ kontoerploeëry 3 Bronne van besoedeling in gebied?
Lugbesoedeling: Nywerhede
Geraasbesoedeling: Lughawe
Waterbesoedeling: Fabrieke/ kampeerterreine/ kragsentrales langs rivier
EKONOMIESE GEOGRAFIE (a) PRIMêRE BEDRYWIGHEDE
1 Kommersiële of bestaansboerdery? Kommersieel: Goeie infrastruktuur/ besproeiing/ groot plase/ plaasname/ kelders/
dipbakke/proefplaas/ landgoed/ suiker meul/ diensspoorlyn/ slagpale/
melkery/
Bestaans: Min paaie/ voetpaadjies/ geen kraglyne/ klein stukkies bewerkte landerye
2 Beskryf faktore wat landbou bevoordeel/benadeel
Bevoordeel: Riviere/ damme/ gelyk oppervlakte/ kraglyne/ spoorlyn/ telefoon/
Nadeel: Steil hellings/ min water/ moerasse/
3 Identifisering van mynboubedrywighede Uitgrawings/ Mynhoop/ vervoerband/ terrasse/ name van myne/ ou myn/ insakkende
grond
4 Herkenning van vissery
Vishawe/ vissershuise/ fabrieke langs kus
5 Herkenning van Bosbou Bome en bosse/ bebosde gebied/ saagmeule/ uitkyk torings/ brandgordels/ staatsbos/
8 2014 Telematics Graad 12 Geografie
8
(b) SEKONDêRE BEDRYWIGHEDE 1 Beskryf die faktore wat die ligging van die nywerheid beinvloed het. Gelyk grond/ grondstof/ vervoer(noem die tipes)/ krag/ water/ arbeid(woongebiede)/
Mark/ buitewyke/
2 Ligte of swaar nywerhede? Swaar: Ver van SSK/ Spoorvervoer/ grondstof-mynbou/ groot opervlakte
Lig: Naby SSK/ padvervoer/ grondstof-Landbou
(c) TERSIêRE BEDRYWIGHEDE 1 Toeriste aantreklikhede, vakansie oorde, kampeerterreine
Naby strande/ naby pad & spoorlyn/ wynproe/ historiese geboue/ monumente
2 Tipe dienste in omgewing
Elektrisiteitsvoorsiening/ telefoon/ medies/ poskantoor/ opvoedkundig(skole/ kollege/
universiteit) vervoer/ Polisiedienste/ ens. (geboue op kaart)
3 Ontspanningsfasiliteite in gebied?
Bv Gholfbaan/ atletiek/ skietbaan/ Renbaan/ kyk ook na name en funksies op
ortofotokaart
4 Faktore wat ligging van lughawe/vliegveld bepaal Gelyk gebied/ ver van beboude gebied vir veiligheid/ geraas/ padverbinding/
Landelik-stedelike oorgangsone
5 Volg die pad en spoorlyn dieselfde roete? Waarom? Dieselfde? NB invloed van topografie 6 Waarvoor word die dam op die kaart gebruik.? Gee redes
• Drinkwater: Watersuiweringswerke
• Besproeiing: Kanale en vore
• Ontspanning: Jagklub, Hotelle by dam, kampeerterrein, “slipway”, ens.
9Geografie 2014 Telematics Graad 12
9
NEDERSETTINGSGEOGRAFIE: LANDELIK EN STEDELIK (a) LANDELIKE NEDERSETTINGS 1 Landelik of stedelik? Landelik: Primêr/ Stedelik: Sekondêr en Tersiêr/ Noem voorbeelde op kaart en foto 2 Kern of verspreid (PATROON) Kern: geboue naby mekaar
Verspreid: geboue ver van mekaar
3 Faktore wat standplaas van landelike nedersettings bepaal Riviere/ gelyk helling/ vrugbare grond langs riviere/ 4 Faktore wat vorm van nedersettings bepaal
• Linieêr: Pad/rivier
• Rond: sentrale punt
• Kruispad: Paaie wat kruis of bymekaar aansluit
(b) STEDELIKE NEDERSETTINGS 1 Beskryf die faktore wat standplaas van stedelike nedersettings op kaart bepaal het Gelyk oppervlakte/ paaie/ rivier/ spoorlyne/ berge/ see / ens 2 Tipe nedersetting volgens funksie
Sentraleplekdorp of stad: Is dit ‘n nedersetting wat sy omringende platteland
bedien?(Invloedsfeer)
Gespesialiseerde nedersetting: Is dit myndorp/ vakansiedorp/ opvoedkundige dorp
3 Identifiseer die grondgebruiksone by .......... op die kaart/foto
• SSK- Toeganklikheid & funksies
• NYWERHEDE: Lig of swaar / lokaliseringsfaktore (sien ekonomies)
• RESIDENSIëLE GEBIEDE: Hoë inkomstegroep teen helling/ lae inkomste naby
nywerhede
• KLEINHANDEL: In SSK/ geisoleerde winkels in woonbuurte/ Winkelsentrum- hoofpad
• LANDELIK-STEDELIKE OORGANGSONE.: Renbane/ kragstasies/ begraafplase/
gholfbane/ ens
10 2014 Telematics Graad 12 Geografie
10
4 Buitelynvorm en faktore wat buitelynvorm bepaal Linieêr: Berge/ riviere
Stervormig: Paaie
5 Herken straatpatrone en faktore Rooster: gelyk grond/ oudste deel van stad
Onreëlmatig: Teen helling/ nuwe uitbreidings
11Geografie 2014 Telematics Graad 12
11
B E R E K E N I N G E
AFSTAND
FORMULE: Afstand = Kaartafstand x Skaal 100 000
Bereken die lengte van die nasionale pad van A tot B.
B
A
Afstand = 4,8cm Afstand = Kaartafstand x Skaal 100 000 = 4,8 x 50 000 100 000 = 4,8 2 = 2,4 km
STAP 1 Meet afstand op kaart in cm
STAP 2 Stel in Formule
STAP 3 Antwoord in km
4,8cm
12 2014 Telematics Graad 12 Geografie
12
OPPERVLAKTE
FORMULE: Oppervlakte = Lengte x Breedte
Bereken die Oppervlakte van Blok X. 3cm 5cm
Lengte = 5 cm x 50 000 100 000 = 2,5 km Breedte = 3 cm x 50 000 100 000 = 1,5 km Oppervl = l x b = 2,5 x 1,5 = 3,75 km²
STAP 1 Bereken lengte van blok
in cm
STAP 2 Bereken breedte van blok
in cm
STAP 4 Antwoord in km²
STAP 3 Stel in Formule
X
13Geografie 2014 Telematics Graad 12
13
GRADIëNT
FORMULE: Gradiënt = VI (Verskil in hoogte ) HE (Horisontal Afstand)
Bereken die Gradiënt van C na D.
460 – 340 = 120m Afstand = Kaartafstand x Skaal 100 000 = 4,8 x 50 000 100 000 = 2,4 km = 2 400m
Gradiënt = Verskil in hoogte (VI) Afstand
= 120m 2 400m = 1 20
= 1:20
STAP 1 Bereken verskil in Hoogte
STAP 2 Bereken Afstand
STAP 5 Antwoord in as ‘n verhouding
STAP 4 Stel in Formule en
vereenvoudig
C D
220m 460m 4,8cm
STAP 3 Herlei na METER
14 2014 Telematics Graad 12 Geografie
14
MAGNETIESE DEKLINASIE Magnetiese deklinasie is die verskil tussen ware noord en magnetiese noord (op kompas). Mag N Ware N
Suid Gemiddelde magnetiese deklinasie 23° 53’ wes van ware noord (Julie 2002). Gemiddelde jaarlikse verandering 6’ weswaarts. Bereken die magnetiese deklinasie vir 2009. 2009 – 2002 = 7 jaar 6’ x 7 jaar = 42’ weswaarts 23° 53’ + 42’ 23° 95’ = 24° 35’ wes
STAP 1 Bereken verskil in jare
STAP 2 Bereken totale verandering
STAP 3 Tel by of trek af by
magnetiese deklinasie
Kyk na die volgende wanneer jy met Mag deklinasie werk: 1 Wat is die gem Mag deklinasie ( in grade en minute)? 2 In watter rigting is die Mag deklinsie 3 Watter jaar was die Mag Deklinasie verskaf? 4 Wat is die gemiddelde jaarlikse verandering(in minute)? 5 In watter rigting is die jaarlikse verandering? 6 Vir watter jaar moet die Mag Deklinasie bereken word?
STAP 4 Onthou: Daar word met
minute gewerk. Dit kan dus nie meer as 60 wees nie!
STAP 3 NB: VIR SUID-AFRIKA Indien die verandering WESWAARTS is, word dit BYGETEL. Indien die verandering OOSWAARTS is, word dit AFGETREK
W E N K Magnetiese deklinasie kan maklik bereken word indien jy die gegewens in die berekening TEKEN. Jy sal dan ‘n geestelike beeld van die berekening vorm
W e s
O o s
15Geografie 2014 Telematics Graad 12
15
Algemene foute en voorstelle vir die verbetering van die individuele vrae in Vraestel 2 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Voorstelle vir verbetering
(a) Leerders moet nie net weet wat die verskillende tipes landvorme en hellings is nie, maar hulle moet ook in
staat wees om dit op die kaart en in die omliggende omgewing te identifiseer.
(b) Leerders moet weet hoe om die inligting wat aan die onderkant van die kaart verskaf is te gebruik,
byvoorbeeld projeksie wat gebruik word op die kaart, kaartsimbole, magnetiese deklinasie, kontoerinterval
en kaart-kode te trek, want dit sal die beantwoording van Vraag 1 vergemaklik.
(c) Die gebruik van konvensionele tekens moet beklemtoon, word en leerders moet die sleutel van die kaart
bestudeer voordat hulle probeer om vrae te beantwoord. Meer take op die konvensionele tekens kan die
leerders help. VRAAG 2: BEREKENINGE EN TOEPASSING Voorstelle vir verbetering Die volgende oefeninge / aktiwiteite kan onderneem word om uitdagings te bowe te kom met betrekking tot
die berekening van gradient: • Berekening probleme opgelos kan word deur middel van deurlopende oefening. Berekening probleme
nie opgelos kan word as leerders beperkte oefeninge gegee. • Van tyd tot tyd leerders moet oefeninge op berekeninge gegee word. Dit kan as huiswerk gegee word
en in die klas gemerk gemerk word. • Maak seker dat alle moontlike berekeninge word gedek en dat leerders weet hoe om die stappe te
volg wanneer hulle berekeninge doen omdat punte vir stappe van berekeninge toegeken word. • Die volgende formule moet gebruik word by die berekening van gradiënt. Neem asseblief kennis dat
daar nog ander variasies op hierdie formule is wat gebruik kan word om 'n gradiënt te bereken. Gebruik ‘n formule, waar al die stappe wat nodig is gedek word om volpunte te kry wanneer gradiënt bereken word.
• Ten einde gradiënt te bereken, moet 'n mens eers die vertikale interval bereken en dan die
horisontale ekwivalent. Vertikale interval is die verskil in hoogte tussen twee gegewe punte op 'n
kaart. Horisontale ekwivalent is die afstand in die werklikheid, in meter, tussen dieselfde twee punte
op die kaart.
• Verwys na die volgende voorbeeld, wat is die vraag wat in die November 2012 vraestel, dws Vraag
2.1.3: Bereken die gemiddelde gradiënt van die helling tussen punthoogte 1797 en punthoogte 2263
in ruit A10 op die topografiese kaart. Toon AL die berekeninge
VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE
Voorstelle vir verbetering
(a) Gereelde en korrekte gebruik van geografiese konsepte sal die leerders se begrip daarvan verbeter.
(b) Deurlopende integrasie van die inhoud kennis met kaartwerk moet so vroeg as graad 10 en 11
ingestel word.
(c) Gereelde werkkaarte sal leerders in staat stel om hul kaartlees en interpretasie -vaardighede te
verbeter.
(d) Leerders moet blootgestel word aan vorige eksamenvraestelle waar soortgelyke vrae en vrae van die
korrekte moeilikheidsgrade gestel word.
16 2014 Telematics Graad 12 Geografie
16
(e) Oefeninge oor landvorme en dreineringspatrone op topografiese kaarte moet identifiseer word
wanneer hierdie begrippe in die klas op die teorie geleer toegepas moet word.
(f) Oefeninge om buitelynvorme van nedersettings, straatpatrone en grondgebruiksones te identifiseer
op topografiese kaarte moet geword terwyl daardie konsepte in teorie geleer word.
(g) Leerders moet geleer word dat die skaal afstande beïnvloed tussen die soortgelyke punte wanneer dit
gemeet word op die topografiese kaart en die ortofotokaart. Onderwysers moet dit beklemtoon dat die
skaal van die topografiese kaart 1:50 000 is, terwyl die skaal van 'n ortofotokaart 1:10 000 is.
(h) Leerders moet geleer word hoe om die topografiese kaart met die ortofotokaart te oriënteer.
VRAAG 4: Geografiese Inligtingstelsels (GIS)
Voorstelle vir verbetering • GIS konsepte moet binne die konteks onderrig word. Alhoewel dit belangrik is vir leerders om die
begrippe te ken en in staat sal wees om hulle te definieer wanneer dit vereis word, moet die leerders in staat wees om die konsepte in praktiese alledaagse situasies toe te pas. Leerders moet dus bewus wees van die feit dat GIS net nie bestaan uit teorie en definisies nie, maar eerder prakties toegepas kan word op die gegewe kaartsituasies.
• Leerders word aangeraai om scenario's te skep en uitgedaag te word oor hoe om kennis toe te pas op hul begrip van konsepte en GIS kennis toe te pas op die verskillende onderwerpe (integrasie). Daar sal van leerders verwag word om:
• GIS in vloedvoorkomingsmaatreëls (buffering) toe te pas; • GIS vir die keuse van 'n terrein vir die ontwikkeling van 'n nedersetting (inligtingslae) te gebruik;
• 'n Nuwe kaart van die verskillende tipes en kaartgroottes (data-integrasie) kan ontwikkel;
• Moet weet dat GIS ‘n bydra kan lewer om sosiale en omgewingskwessies op te los en
• Moet bewus wees dat GIS gebruik kan word om verskeie kwessies te bestuur, bv. rampe, misdaad, ens.
• Leerders moet GIS-kennis oor die verskillende onderwerpe kan integreer. Leerders kan gevra word om GIS konsepte in KLIMAAT EN WEER, fluviale prosesse, mense en plekke en mense en hul behoeftes te pas.
• Deur dit te doen, sal leerders weet dat GIS ‘n bydrae kan lewer in die oplos van sosiale en omgewingsuitdagings. (d) Verwys na die vorige NSS-vraestelle om 'n idee te kry van hoe GIS vrae aangewend word.
Onderrigbenaderings moet dienooreenkomstig aangepas word. (e) Leerders kan blootgestel word aan selfone wat oor GPS beskik.